Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reg Ontsê
Reg Ontsê [boodskap #101543] |
Ma., 21 Februarie 2005 11:21  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lyk my die grootste skeeuers vir die reg van mense om gehoor te word, is nou
net so daarteen.
Ons praat van muh Yvonne Malan wat die grootste voorskreeuer was vir die
ere-doktorsgraad vir Bram Fischer, maar nou word daar geëis dat alhoewel Dan
Roodt 'n uitnodiging as spreker na die Woordfees ontvang het, dat sy
uitnodiging terug getrek word of dat hy die kampus verbied word.
Lees dat daar nou op Litnet 'n bespreking is oor die saak onder: Waar moet
die pleister geplak word?
Ek sou sê op almal wat hulle 'n gat in die kop laat praat om hulle nie die
geleentheid te gee om hul eie mening omtrent die boks te vorm nie.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Reg Ontsê [boodskap #101629 is 'n antwoord op boodskap #101545] |
Sa., 26 Februarie 2005 16:04  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anti - lyk my jy is behep met spioene. Nog een van jou verbeeldingsvlugte.
Nee - wat my altyd opval is dat die groot bewakers van die sedes en hoër
morele waardes gewoonlik verrot is op persoonlike vlak. Ek aanvaar dis maar
weereens 'n refleksie op hul eie gebreke.
Anti - jy is ook 'n voorbeeld hiervan. Jy hou jou as die groot kampvegter
vir Afrikaans en Afrikaner voor - maar jou hele gesinnetjie praat net
Engels. Jy het in Natal vir solank gebly en waneer ek verwys na die
diskriminasie teen Afrikaners in Natal, dan ontken jy dit. Bloot omdat jy
nie daar binne Afrikaner-sirkels beweeg het nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Apr. 24 05:09:36 UTC 2025
|