Tuis » Lekker » Kos & resepte » Kaas en wyn
| Kaas en wyn [boodskap #101445] |
Di., 15 Februarie 2005 18:34  |
Joeboy
Boodskappe: 54 Geregistreer: Februarie 2003
|
Volle Lid |
|
|
Hi, ons beplan n kaas-en-wyn vir my suster se 40ste. Ons sal seker maar n
bietjie vleis ook erens inpas, dink aan "buffalo wings" en so aan. Miskien
ook n paar rogbrode met smere. Het enige een ondervinding van so n affere?
Ek het raad nodig oor hoeveel om van watter soorte kaas te koop, hoeveel wyn
en beskuitjies en ook enige ander raad wat sal help. Daar sal 40 volwassenes
wees sonder kinders.
By voorbaat
Joeboy
|
|
|
|
|
|
| Re: Kaas en wyn [boodskap #101449 is 'n antwoord op boodskap #101445] |
Wo., 16 Februarie 2005 04:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Inderdaad bestaan 'n kaas en wynpartytjie nie net uit kaas en wyn nie.
Wyn - kry so ten minste 3 5l dooswyn - rooi, witdroog en stein.
Bier - so 3 dosyn.
Eetgoed:
Kaas - Brie, Camembert, Cheddar, Soetmelk en bloukaas is gewoonlik die
gewildste - twee blokke van elk behoort genoeg te wees.
Vleis - klein frikkadelletjies, partytjieworsies en hoenderboudjies is
gewoonlik baie gewild.
Dips soos soetmostert, blatjang en avokado is gewild.
Brood - daar is deesdae verskeie mooi brode beskikbaar wat die tafel laat
mooi lyk, en ook lekker smaak.
Beskuitjies: Bacon Kips en waterbeskuitjies.
Smere - botter, olyfmargarien, ten minste twee patees, soos byv hoenderlewer
en snoek.
Konfyt - groenvykonfytstukke verdwyn gewoonlik die gouste, korrelkonfyt,
tamatiekonfyt.
Ander - 'n skinkbord met olywe, rou repies wortels, sampioene, agurkies,
klein gaar artappeltjies, klein samoosas, ens.
Koffie en koeksisters.
--
Groetnis
Annette
"Joeboy" skryf in boodskap news:cutfau$3ge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi, ons beplan n kaas-en-wyn vir my suster se 40ste. Ons sal seker maar n
> bietjie vleis ook erens inpas, dink aan "buffalo wings" en so aan. Miskien
> ook n paar rogbrode met smere. Het enige een ondervinding van so n affere?
> Ek het raad nodig oor hoeveel om van watter soorte kaas te koop, hoeveel wyn
> en beskuitjies en ook enige ander raad wat sal help. Daar sal 40 volwassenes
> wees sonder kinders.
>
> By voorbaat
> Joeboy
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kaas en wyn [boodskap #101486 is 'n antwoord op boodskap #101449] |
Wo., 16 Februarie 2005 19:32  |
Joeboy
Boodskappe: 54 Geregistreer: Februarie 2003
|
Volle Lid |
|
|
Baie dankie, dink ek sal nou n ordentlike paartie kan hou!!
Joeboy
"Annette" skryf in boodskap news:cuuho0$pr2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Inderdaad bestaan 'n kaas en wynpartytjie nie net uit kaas en wyn nie.
> Wyn - kry so ten minste 3 5l dooswyn - rooi, witdroog en stein.
> Bier - so 3 dosyn.
>
> Eetgoed:
> Kaas - Brie, Camembert, Cheddar, Soetmelk en bloukaas is gewoonlik die
> gewildste - twee blokke van elk behoort genoeg te wees.
> Vleis - klein frikkadelletjies, partytjieworsies en hoenderboudjies is
> gewoonlik baie gewild.
> Dips soos soetmostert, blatjang en avokado is gewild.
> Brood - daar is deesdae verskeie mooi brode beskikbaar wat die tafel laat
> mooi lyk, en ook lekker smaak.
> Beskuitjies: Bacon Kips en waterbeskuitjies.
> Smere - botter, olyfmargarien, ten minste twee patees, soos byv hoenderlewer
> en snoek.
> Konfyt - groenvykonfytstukke verdwyn gewoonlik die gouste, korrelkonfyt,
> tamatiekonfyt.
> Ander - 'n skinkbord met olywe, rou repies wortels, sampioene, agurkies,
> klein gaar artappeltjies, klein samoosas, ens.
> Koffie en koeksisters.
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Joeboy" wrote in message
> news:cutfau$3ge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hi, ons beplan n kaas-en-wyn vir my suster se 40ste. Ons sal seker maar n
>> bietjie vleis ook erens inpas, dink aan "buffalo wings" en so aan. Miskien
>> ook n paar rogbrode met smere. Het enige een ondervinding van so n affere?
>> Ek het raad nodig oor hoeveel om van watter soorte kaas te koop, hoeveel
> wyn
>> en beskuitjies en ook enige ander raad wat sal help. Daar sal 40
> volwassenes
>> wees sonder kinders.
>>
>> By voorbaat
>> Joeboy
>>
>
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Aug. 01 08:24:47 UTC 2026
|