Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Arbeidersprobleme
Arbeidersprobleme [boodskap #101407] Di, 15 Februarie 2005 06:47 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir die van julle wat eie besighede het en sukkel met arbeid en verwante
probleme, kyk bietjie na hierdie een: Hierdie arbeider werk al vele jare
vir die werkgewer vir 'n maandelikse salaris en aanvanklik was daar geen
fout te vinde met sy werk nie. Toe vat die drankduiwel hom en hy begin al
meer half gesuip by die werk aankom of partykeer bly hy dae weg van die werk
af as hy op 'n suip 'spree' gaan. Uiteindelik word hy afgedank.
Hy vars uit en word weer in diens geneem aangesien hy so 'n goeie
werker is, maar hierdie keer as 'n dagloner, juis om hom op die nou pad te
probeer hou sover dit die drank aangaan. Daag hy op vir werk en is nie
dronk nie, dan kan hy werk en word hy aan die einde van die dag betaal.
Kom hy babelaas of dronk by die werk, draai hy om en gaan huis toe. Dit
het baie goed gewerk vir meer as 'n jaar, maar nou het die man 'n
nierprobleem ontwikkel. Hy gaan na die staatsklinieke toe en hulle stop
hom vol antibiotika en boek hom 'n paar dae af. Niks help eintlik regtig
nie. Hy word toe na 'n dorpsdokter toe gestuur op die firma se koste en
die man reken hulle moet sorg dat die man by 'n uroloog kom, want 'n GP kan
nie sommer so die oorsaak vasstel nie, maar dis iets tussen sy penis se punt
en sy lewer wat nie lekker is nie. Hy wou weet of die man kwaai drink want
dit is algemene gevolge van suip.
Nou, net om die man te sien, wil die uroloog R750 hê. Vir sy toetse
vra hy 'n verdere R250 en as hy moet bloed trek en dit toets, dan gaan dit
amper nog 'n R1000 kos. Dán sal hy besluit of die man 'n operasie moet kry
en/of waarmee gaan hy hom dokter. Dis alles goed en wel, maar die feit bly
staan dat die oorsprong van al die probleme drank is en hulle drink die
goedkoop 'kaalgat' wyn wat die wynmakers in Upington en daai plekke op
Namibië 'dump' en dan is daar nog oneerlike ouens wat die wyn aanhelp met
dinge soos methanol. Hulle verkoop die wyn in kanne van 20 liter. Wat
help dit jy betaal 'n moerse lot geld vir die gesondmaak van 'n man wat
sodra hy uit die hospitaal uitstap, net weer gaan suip?
Re: Arbeidersprobleme [boodskap #101408 is 'n antwoord op boodskap #101407] Di, 15 Februarie 2005 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet ma haar bloedtoetse is Suidwes laat doen - nou die dag se paar
toetsies het R1453 gekos ( sewe toetse).
Nietemin - behalwe vir die onmiddelike koste waarin jy vaskyk van die snaar
wat hierdie verdriet op 'n manier oor homself gebring het ( alkoholisme is
mos 'n siekte), sal julle moet dink aan die langtermyn - duur weeklikse
koppeling aan 'n niermajien totdat hy na 'n operasie met iemand anders se
een nier sal rondloop, wat heelwaarskynlik ook opgekoffie sal raak as hy
gaan aanhou om die papsak te slaan.
Skiet hom dood. Dan gaan minder mense op die lange duur ly:))

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:VMWdnUAmXvapEIzfRVn-sQ@is.co.za...
> Vir die van julle wat eie besighede het en sukkel met arbeid en verwante
> probleme, kyk bietjie na hierdie een: Hierdie arbeider werk al vele jare
> vir die werkgewer vir 'n maandelikse salaris en aanvanklik was daar geen
> fout te vinde met sy werk nie. Toe vat die drankduiwel hom en hy begin al
> meer half gesuip by die werk aankom of partykeer bly hy dae weg van die werk
> af as hy op 'n suip 'spree' gaan. Uiteindelik word hy afgedank.
> Hy vars uit en word weer in diens geneem aangesien hy so 'n goeie
> werker is, maar hierdie keer as 'n dagloner, juis om hom op die nou pad te
> probeer hou sover dit die drank aangaan. Daag hy op vir werk en is nie
> dronk nie, dan kan hy werk en word hy aan die einde van die dag betaal.
> Kom hy babelaas of dronk by die werk, draai hy om en gaan huis toe. Dit
> het baie goed gewerk vir meer as 'n jaar, maar nou het die man 'n
> nierprobleem ontwikkel. Hy gaan na die staatsklinieke toe en hulle stop
> hom vol antibiotika en boek hom 'n paar dae af. Niks help eintlik regtig
> nie. Hy word toe na 'n dorpsdokter toe gestuur op die firma se koste en
> die man reken hulle moet sorg dat die man by 'n uroloog kom, want 'n GP kan
> nie sommer so die oorsaak vasstel nie, maar dis iets tussen sy penis se punt
> en sy lewer wat nie lekker is nie. Hy wou weet of die man kwaai drink want
> dit is algemene gevolge van suip.
> Nou, net om die man te sien, wil die uroloog R750 hê. Vir sy toetse
> vra hy 'n verdere R250 en as hy moet bloed trek en dit toets, dan gaan dit
> amper nog 'n R1000 kos. Dán sal hy besluit of die man 'n operasie moet kry
> en/of waarmee gaan hy hom dokter. Dis alles goed en wel, maar die feit bly
> staan dat die oorsprong van al die probleme drank is en hulle drink die
> goedkoop 'kaalgat' wyn wat die wynmakers in Upington en daai plekke op
> Namibië 'dump' en dan is daar nog oneerlike ouens wat die wyn aanhelp met
> dinge soos methanol. Hulle verkoop die wyn in kanne van 20 liter. Wat
> help dit jy betaal 'n moerse lot geld vir die gesondmaak van 'n man wat
> sodra hy uit die hospitaal uitstap, net weer gaan suip?
>
Re: Arbeidersprobleme [boodskap #101430 is 'n antwoord op boodskap #101408] Di, 15 Februarie 2005 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie van die papsak slaan nie....hier slaat hulle sommer by die kan
vol. En as daar eers methanol by die kaalgat is, dan rev 'n Damara in die
rooi in na 'n paar slukke. Nee wat, ons los hom maar vir die
staat.....maar die staat gee nie om nie!

"Annette" skryf in boodskap news:cus83a$g3j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien moet ma haar bloedtoetse is Suidwes laat doen - nou die dag se
> paar
> toetsies het R1453 gekos ( sewe toetse).
> Nietemin - behalwe vir die onmiddelike koste waarin jy vaskyk van die snaar
> wat hierdie verdriet op 'n manier oor homself gebring het ( alkoholisme is
> mos 'n siekte), sal julle moet dink aan die langtermyn - duur weeklikse
> koppeling aan 'n niermajien totdat hy na 'n operasie met iemand anders se
> een nier sal rondloop, wat heelwaarskynlik ook opgekoffie sal raak as hy
> gaan aanhou om die papsak te slaan.
> Skiet hom dood. Dan gaan minder mense op die lange duur ly:))
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:VMWdnUAmXvapEIzfRVn-sQ@is.co.za...
>> Vir die van julle wat eie besighede het en sukkel met arbeid en verwante
>> probleme, kyk bietjie na hierdie een: Hierdie arbeider werk al vele jare
>> vir die werkgewer vir 'n maandelikse salaris en aanvanklik was daar geen
>> fout te vinde met sy werk nie. Toe vat die drankduiwel hom en hy begin al
>> meer half gesuip by die werk aankom of partykeer bly hy dae weg van die werk
>> af as hy op 'n suip 'spree' gaan. Uiteindelik word hy afgedank.
>> Hy vars uit en word weer in diens geneem aangesien hy so 'n goeie
>> werker is, maar hierdie keer as 'n dagloner, juis om hom op die nou pad te
>> probeer hou sover dit die drank aangaan. Daag hy op vir werk en is nie
>> dronk nie, dan kan hy werk en word hy aan die einde van die dag betaal.
>> Kom hy babelaas of dronk by die werk, draai hy om en gaan huis toe. Dit
>> het baie goed gewerk vir meer as 'n jaar, maar nou het die man 'n
>> nierprobleem ontwikkel. Hy gaan na die staatsklinieke toe en hulle stop
>> hom vol antibiotika en boek hom 'n paar dae af. Niks help eintlik regtig
>> nie. Hy word toe na 'n dorpsdokter toe gestuur op die firma se koste en
>> die man reken hulle moet sorg dat die man by 'n uroloog kom, want 'n GP kan
>> nie sommer so die oorsaak vasstel nie, maar dis iets tussen sy penis se punt
>> en sy lewer wat nie lekker is nie. Hy wou weet of die man kwaai drink want
>> dit is algemene gevolge van suip.
>> Nou, net om die man te sien, wil die uroloog R750 hê. Vir sy toetse
>> vra hy 'n verdere R250 en as hy moet bloed trek en dit toets, dan gaan dit
>> amper nog 'n R1000 kos. Dán sal hy besluit of die man 'n operasie moet kry
>> en/of waarmee gaan hy hom dokter. Dis alles goed en wel, maar die feit bly
>> staan dat die oorsprong van al die probleme drank is en hulle drink die
>> goedkoop 'kaalgat' wyn wat die wynmakers in Upington en daai plekke op
>> Namibië 'dump' en dan is daar nog oneerlike ouens wat die wyn aanhelp met
>> dinge soos methanol. Hulle verkoop die wyn in kanne van 20 liter. Wat
>> help dit jy betaal 'n moerse lot geld vir die gesondmaak van 'n man wat
>> sodra hy uit die hospitaal uitstap, net weer gaan suip?
>
Re: Arbeidersprobleme [boodskap #101437 is 'n antwoord op boodskap #101407] Di, 15 Februarie 2005 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is daar nie siekteversekering nie?

"Suidwester" skryf in boodskap news:VMWdnUAmXvapEIzfRVn-sQ@is.co.za...
> Vir die van julle wat eie besighede het en sukkel met arbeid en verwante
> probleme, kyk bietjie na hierdie een: Hierdie arbeider werk al vele jare
> vir die werkgewer vir 'n maandelikse salaris en aanvanklik was daar geen
> fout te vinde met sy werk nie. Toe vat die drankduiwel hom en hy begin al
> meer half gesuip by die werk aankom of partykeer bly hy dae weg van die werk
> af as hy op 'n suip 'spree' gaan. Uiteindelik word hy afgedank.
> Hy vars uit en word weer in diens geneem aangesien hy so 'n goeie
> werker is, maar hierdie keer as 'n dagloner, juis om hom op die nou pad te
> probeer hou sover dit die drank aangaan. Daag hy op vir werk en is nie
> dronk nie, dan kan hy werk en word hy aan die einde van die dag betaal.
> Kom hy babelaas of dronk by die werk, draai hy om en gaan huis toe. Dit
> het baie goed gewerk vir meer as 'n jaar, maar nou het die man 'n
> nierprobleem ontwikkel. Hy gaan na die staatsklinieke toe en hulle stop
> hom vol antibiotika en boek hom 'n paar dae af. Niks help eintlik regtig
> nie. Hy word toe na 'n dorpsdokter toe gestuur op die firma se koste en
> die man reken hulle moet sorg dat die man by 'n uroloog kom, want 'n GP kan
> nie sommer so die oorsaak vasstel nie, maar dis iets tussen sy penis se punt
> en sy lewer wat nie lekker is nie. Hy wou weet of die man kwaai drink want
> dit is algemene gevolge van suip.
> Nou, net om die man te sien, wil die uroloog R750 hê. Vir sy toetse
> vra hy 'n verdere R250 en as hy moet bloed trek en dit toets, dan gaan dit
> amper nog 'n R1000 kos. Dán sal hy besluit of die man 'n operasie moet kry
> en/of waarmee gaan hy hom dokter. Dis alles goed en wel, maar die feit bly
> staan dat die oorsprong van al die probleme drank is en hulle drink die
> goedkoop 'kaalgat' wyn wat die wynmakers in Upington en daai plekke op
> Namibië 'dump' en dan is daar nog oneerlike ouens wat die wyn aanhelp met
> dinge soos methanol. Hulle verkoop die wyn in kanne van 20 liter. Wat
> help dit jy betaal 'n moerse lot geld vir die gesondmaak van 'n man wat
> sodra hy uit die hospitaal uitstap, net weer gaan suip?
>
Re: Arbeidersprobleme [boodskap #101458 is 'n antwoord op boodskap #101437] Wo, 16 Februarie 2005 06:31 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en nee. Die staat sorg vir gesondheidssorg vir 'n nominale bedrag, MAAR
die kwaliteit van dié dienste is nie van die beste nie. Hulle stop hom net
vol antibiotika. Aan die begin werk dit, maar later is dit 'n groot
probleem.

"Paul" skryf in boodskap news:mbnQd.12239$Xn6.845965@phobos.telenet-ops.be...
> Is daar nie siekteversekering nie?
>
> "Suidwester" schreef in bericht
> news:VMWdnUAmXvapEIzfRVn-sQ@is.co.za...
>> Vir die van julle wat eie besighede het en sukkel met arbeid en verwante
>> probleme, kyk bietjie na hierdie een: Hierdie arbeider werk al vele jare
>> vir die werkgewer vir 'n maandelikse salaris en aanvanklik was daar geen
>> fout te vinde met sy werk nie. Toe vat die drankduiwel hom en hy begin al
>> meer half gesuip by die werk aankom of partykeer bly hy dae weg van die werk
>> af as hy op 'n suip 'spree' gaan. Uiteindelik word hy afgedank.
>> Hy vars uit en word weer in diens geneem aangesien hy so 'n goeie
>> werker is, maar hierdie keer as 'n dagloner, juis om hom op die nou pad te
>> probeer hou sover dit die drank aangaan. Daag hy op vir werk en is nie
>> dronk nie, dan kan hy werk en word hy aan die einde van die dag betaal.
>> Kom hy babelaas of dronk by die werk, draai hy om en gaan huis toe. Dit
>> het baie goed gewerk vir meer as 'n jaar, maar nou het die man 'n
>> nierprobleem ontwikkel. Hy gaan na die staatsklinieke toe en hulle stop
>> hom vol antibiotika en boek hom 'n paar dae af. Niks help eintlik regtig
>> nie. Hy word toe na 'n dorpsdokter toe gestuur op die firma se koste en
>> die man reken hulle moet sorg dat die man by 'n uroloog kom, want 'n GP kan
>> nie sommer so die oorsaak vasstel nie, maar dis iets tussen sy penis se punt
>> en sy lewer wat nie lekker is nie. Hy wou weet of die man kwaai drink want
>> dit is algemene gevolge van suip.
>> Nou, net om die man te sien, wil die uroloog R750 hê. Vir sy toetse
>> vra hy 'n verdere R250 en as hy moet bloed trek en dit toets, dan gaan dit
>> amper nog 'n R1000 kos. Dán sal hy besluit of die man 'n operasie moet kry
>> en/of waarmee gaan hy hom dokter. Dis alles goed en wel, maar die feit bly
>> staan dat die oorsprong van al die probleme drank is en hulle drink die
>> goedkoop 'kaalgat' wyn wat die wynmakers in Upington en daai plekke op
>> Namibië 'dump' en dan is daar nog oneerlike ouens wat die wyn aanhelp met
>> dinge soos methanol. Hulle verkoop die wyn in kanne van 20 liter. Wat
>> help dit jy betaal 'n moerse lot geld vir die gesondmaak van 'n man wat
>> sodra hy uit die hospitaal uitstap, net weer gaan suip?
>
Vorige onderwerp: Heilige tiere en luiperds - HC Bosman
Volgende onderwerp: Waar anders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 19:58:54 MGT 2024