Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe verlig is ek
Hoe verlig is ek [boodskap #101342] |
Do., 10 Februarie 2005 14:01  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
word.
Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101360 is 'n antwoord op boodskap #101354] |
Vr., 11 Februarie 2005 12:04   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hoo Boy!! Jy maak darem nou 'n hele klomp aanvegbare stellings.
1) Sal 'n redakteur 'n onervare verslaggewer stuur om oor so 'n
hoëprofielsaak verslag te lewer?
2) Agv die regsgevegte hier in die Kaap, is dit duidelik dat alle regters
nie dieselfde dink tov skuldigbevinding en strawwe nie , dus elkeen se
persoonlike opinie.
3) Volgens die onbetroubare koerante het die regter wel aan Mosterd gesê dat
hy minder streng met hom sal wees tydens sy finale betoog, as wat hy met
opgeleide regslui sou wees.
4) Die regter het van die staat se regsverteenwoordiger ge-eis om te bewys
dat 'n senior ondersoekbeampte ook 'n vrederegter is.
5) Die onbetroubare koerante het ook berig dat die regter verklaar het dat
hy slegs 'n vonnis kan vel op bewyse, nie bespiegelings nie.
6) Verder het die onbetroubare koerante berig dat die regter gesê het die
Konings-egpaar mag slegs die hof toespreek indien daar 'n skuldigbevinding
is.
Dus volgens wat die regter gesê het, en volgens die interpretasie van die
onervare en onbetroubare verslaggewers, was daar wel goeie rede om te
verwag dat daar 'n verminderde vonnis sou wees agv onnoselheid, weiering om
te getuig, of pleinweg ooglopende gebrek aan die nodige varkies op hok
Gelukkig is die vonnis vandag gevel - 100 jaar tronkstraf.
So hopenlik hoef ons nooit weer van hom te hoor, of in sy bakkies vas te kyk
nie.
--
Groetnis
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:vspo019nfkj0scjidjro0dj67765gh5ef9@4ax.com...
>
> Sommige joernaliste weet nie veel van hoe howe werk en regters dink
> nie. Hulle reageer emosioneel en as die regter dat die beskuldigde
> help om sy verhaal te vertel, dink hulle hy is "nice" met hom en
> daarom gaan hy hom vryspreek.
> Intussen wil die regter net seker maak dat hy die beskuldigde se volle
> storie hoor. Dis sy job en hy moet besluit om die ou se lewe te
> verwoes of nie - of grond van weergawes van wat vermoedelik gebeur
> het.
>
>
>
> On Thu, 10 Feb 2005 16:01:47 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
>> word.
>> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>
|
|
|
|
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101365 is 'n antwoord op boodskap #101360] |
Vr., 11 Februarie 2005 13:09   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 11 Feb 2005 14:04:22 +0200, "Annette" wrote:
> Hoo Boy!! Jy maak darem nou 'n hele klomp aanvegbare stellings.
> 1) Sal 'n redakteur 'n onervare verslaggewer stuur om oor so 'n
> hoëprofielsaak verslag te lewer?
Obviously het hy.
> 2) Agv die regsgevegte hier in die Kaap, is dit duidelik dat alle regters
> nie dieselfde dink tov skuldigbevinding en strawwe nie , dus elkeen se
> persoonlike opinie.
Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
nakom nie, sien hy sy gat.
> 3) Volgens die onbetroubare koerante het die regter wel aan Mosterd gesê dat
> hy minder streng met hom sal wees tydens sy finale betoog, as wat hy met
> opgeleide regslui sou wees.
En ook reg so want hy MOET weet wat Mosterd se. Onthou; Mosterd was
NOG NIE SKULDIG BEVIND NIE.
Jy kan mos nie iemand wat bloot aangekla is daarvan weerhou om sy kant
van die storie te vertel nie.
'n Regter durf ook nie toelaat dat die burokrasie van watter
detail-vorme 'n betoog moet aanneem bepaal dat iemand wat nie vertroud
is met die vorme nie, nie sy kant van die saak kan vertel nie? Dan
word die saak mos beslis nie op weergawes van gebeure nie. Dan kan
iemand mos skuldig wees bloot omdat hy nie die klein hofgewoontes
geken het nie.
Mosterd het geen regsverteenwoordiging gehad nie. Dit was sy keuse
ingevolge ons reg.
> 4) Die regter het van die staat se regsverteenwoordiger ge-eis om te bewys
> dat 'n senior ondersoekbeampte ook 'n vrederegter is.
As dit ter saaklike feite is en dit is bewysbaar, is dit reg om dit te
vereis.
> 5) Die onbetroubare koerante het ook berig dat die regter verklaar het dat
> hy slegs 'n vonnis kan vel op bewyse, nie bespiegelings nie.>
So wat is jou probleem daarmee? DIe rgter KAN NET 'n vonnis op bewese
feite fel en NIE op bespiegelinge nie.
Dis was, by the way, 'n strafsaak en die bewyslas is "bo redelike
twyfel" . Dit beteken as daar ENIGE redelike twyfel is dat hy dit dalk
nie gedoen het nie, dan loop die beskuldigde.
> 6) Verder het die onbetroubare koerante berig dat die regter gesê het die
> Konings-egpaar mag slegs die hof toespreek indien daar 'n skuldigbevinding
> is.
As hulle nie kern-getuies oor die misdaad is nie, is dit mos 100% reg.
En hulle is nie kern-getuienis nie. Hulle was in Holland toe die
misdaad gebeur het.
Voor daar 'n skuldigbevinding is, is die aangeklaagde ONSKULDIG want
daar is nog nie 'n skuldigbevinding nie. Dan hou die hof hom besig met
die insamel van feite om te kan beslis of daar 'n misdaad was en of
daar bo redelike twyfel bewys kan word die ou het dit gedoen.
Die egpaar is nie getuies nie dus KAN HULLE NIE die hof toespreek nie.
Hulle ken nie eers die aangeklaagde nie!
> Dus volgens wat die regter gesê het, en volgens die interpretasie van die
> onervare en onbetroubare verslaggewers, was daar wel goeie rede om te
> verwag dat daar 'n verminderde vonnis sou wees agv onnoselheid, weiering om
> te getuig, of pleinweg ooglopende gebrek aan die nodige varkies op hok
Sien al die punte hierbo. Dit lyk of die joernalis wel baie, baie
oningelig was en sy of haar lesers nie ten volle ingelig het nie.
> Gelukkig is die vonnis vandag gevel - 100 jaar tronkstraf.
> So hopenlik hoef ons nooit weer van hom te hoor, of in sy bakkies vas te kyk
> nie.
So die joernalis was dan mos verkeerd, of hoe?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101384 is 'n antwoord op boodskap #101380] |
Sa., 12 Februarie 2005 17:41  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
O Koek!! Dis snaaks!!
Jou eie breinkind Ferdi?
--
Groetnis
Annette
. Ek het 'n idee
> hy gaan 'n model wees aan die hand waarvan 'n mens die eb en vloei van
> selfbejammering kan illustreer.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Apr. 24 05:09:34 UTC 2025
|