Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe verlig is ek
Hoe verlig is ek [boodskap #101342] Do, 10 Februarie 2005 14:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
word.
Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:

--
Groetnis
Annette
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101343 is 'n antwoord op boodskap #101342] Do, 10 Februarie 2005 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Waar is Ferdinand Rabie?

"Annette" skryf in boodskap news:cufpr2$b8l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
> word.
> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101344 is 'n antwoord op boodskap #101343] Do, 10 Februarie 2005 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy vry iewers:)
--
Groetnis
Annette

"Deneile" skryf in boodskap news:cufrq6$gfa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waar is Ferdinand Rabie?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:cufpr2$b8l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
>> word.
>> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>>
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101346 is 'n antwoord op boodskap #101344] Do, 10 Februarie 2005 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
skyt iewers in die tuin

"Annette" skryf in boodskap news:cugcs8$l2m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hy vry iewers:)
> --
> Groetnis
> Annette
> "Deneile" wrote in message
> news:cufrq6$gfa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar is Ferdinand Rabie?

>> "Annette" wrote in message
>> news:cufpr2$b8l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
>>> word.
>>> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>>>
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101354 is 'n antwoord op boodskap #101342] Vr, 11 Februarie 2005 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sommige joernaliste weet nie veel van hoe howe werk en regters dink
nie. Hulle reageer emosioneel en as die regter dat die beskuldigde
help om sy verhaal te vertel, dink hulle hy is "nice" met hom en
daarom gaan hy hom vryspreek.
Intussen wil die regter net seker maak dat hy die beskuldigde se volle
storie hoor. Dis sy job en hy moet besluit om die ou se lewe te
verwoes of nie - of grond van weergawes van wat vermoedelik gebeur
het.

On Thu, 10 Feb 2005 16:01:47 +0200, "Annette" wrote:

> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
> word.
> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101360 is 'n antwoord op boodskap #101354] Vr, 11 Februarie 2005 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoo Boy!! Jy maak darem nou 'n hele klomp aanvegbare stellings.
1) Sal 'n redakteur 'n onervare verslaggewer stuur om oor so 'n
hoëprofielsaak verslag te lewer?
2) Agv die regsgevegte hier in die Kaap, is dit duidelik dat alle regters
nie dieselfde dink tov skuldigbevinding en strawwe nie , dus elkeen se
persoonlike opinie.
3) Volgens die onbetroubare koerante het die regter wel aan Mosterd gesê dat
hy minder streng met hom sal wees tydens sy finale betoog, as wat hy met
opgeleide regslui sou wees.
4) Die regter het van die staat se regsverteenwoordiger ge-eis om te bewys
dat 'n senior ondersoekbeampte ook 'n vrederegter is.
5) Die onbetroubare koerante het ook berig dat die regter verklaar het dat
hy slegs 'n vonnis kan vel op bewyse, nie bespiegelings nie.
6) Verder het die onbetroubare koerante berig dat die regter gesê het die
Konings-egpaar mag slegs die hof toespreek indien daar 'n skuldigbevinding
is.

Dus volgens wat die regter gesê het, en volgens die interpretasie van die
onervare en onbetroubare verslaggewers, was daar wel goeie rede om te
verwag dat daar 'n verminderde vonnis sou wees agv onnoselheid, weiering om
te getuig, of pleinweg ooglopende gebrek aan die nodige varkies op hok

Gelukkig is die vonnis vandag gevel - 100 jaar tronkstraf.
So hopenlik hoef ons nooit weer van hom te hoor, of in sy bakkies vas te kyk
nie.
--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:vspo019nfkj0scjidjro0dj67765gh5ef9@4ax.com...
>
> Sommige joernaliste weet nie veel van hoe howe werk en regters dink
> nie. Hulle reageer emosioneel en as die regter dat die beskuldigde
> help om sy verhaal te vertel, dink hulle hy is "nice" met hom en
> daarom gaan hy hom vryspreek.
> Intussen wil die regter net seker maak dat hy die beskuldigde se volle
> storie hoor. Dis sy job en hy moet besluit om die ou se lewe te
> verwoes of nie - of grond van weergawes van wat vermoedelik gebeur
> het.
>
>
>
> On Thu, 10 Feb 2005 16:01:47 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
>> word.
>> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101364 is 'n antwoord op boodskap #101342] Vr, 11 Februarie 2005 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
> word.
> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:

Kan iemand vir my verduidelik wat Ferdinand Mostert
gedoen het?

Gloudina
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101365 is 'n antwoord op boodskap #101360] Vr, 11 Februarie 2005 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Feb 2005 14:04:22 +0200, "Annette" wrote:

> Hoo Boy!! Jy maak darem nou 'n hele klomp aanvegbare stellings.
> 1) Sal 'n redakteur 'n onervare verslaggewer stuur om oor so 'n
> hoëprofielsaak verslag te lewer?

Obviously het hy.

> 2) Agv die regsgevegte hier in die Kaap, is dit duidelik dat alle regters
> nie dieselfde dink tov skuldigbevinding en strawwe nie , dus elkeen se
> persoonlike opinie.

Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
nakom nie, sien hy sy gat.

> 3) Volgens die onbetroubare koerante het die regter wel aan Mosterd gesê dat
> hy minder streng met hom sal wees tydens sy finale betoog, as wat hy met
> opgeleide regslui sou wees.

En ook reg so want hy MOET weet wat Mosterd se. Onthou; Mosterd was
NOG NIE SKULDIG BEVIND NIE.
Jy kan mos nie iemand wat bloot aangekla is daarvan weerhou om sy kant
van die storie te vertel nie.
'n Regter durf ook nie toelaat dat die burokrasie van watter
detail-vorme 'n betoog moet aanneem bepaal dat iemand wat nie vertroud
is met die vorme nie, nie sy kant van die saak kan vertel nie? Dan
word die saak mos beslis nie op weergawes van gebeure nie. Dan kan
iemand mos skuldig wees bloot omdat hy nie die klein hofgewoontes
geken het nie.
Mosterd het geen regsverteenwoordiging gehad nie. Dit was sy keuse
ingevolge ons reg.

> 4) Die regter het van die staat se regsverteenwoordiger ge-eis om te bewys
> dat 'n senior ondersoekbeampte ook 'n vrederegter is.

As dit ter saaklike feite is en dit is bewysbaar, is dit reg om dit te
vereis.

> 5) Die onbetroubare koerante het ook berig dat die regter verklaar het dat
> hy slegs 'n vonnis kan vel op bewyse, nie bespiegelings nie.>

So wat is jou probleem daarmee? DIe rgter KAN NET 'n vonnis op bewese
feite fel en NIE op bespiegelinge nie.
Dis was, by the way, 'n strafsaak en die bewyslas is "bo redelike
twyfel" . Dit beteken as daar ENIGE redelike twyfel is dat hy dit dalk
nie gedoen het nie, dan loop die beskuldigde.

> 6) Verder het die onbetroubare koerante berig dat die regter gesê het die
> Konings-egpaar mag slegs die hof toespreek indien daar 'n skuldigbevinding
> is.

As hulle nie kern-getuies oor die misdaad is nie, is dit mos 100% reg.
En hulle is nie kern-getuienis nie. Hulle was in Holland toe die
misdaad gebeur het.

Voor daar 'n skuldigbevinding is, is die aangeklaagde ONSKULDIG want
daar is nog nie 'n skuldigbevinding nie. Dan hou die hof hom besig met
die insamel van feite om te kan beslis of daar 'n misdaad was en of
daar bo redelike twyfel bewys kan word die ou het dit gedoen.
Die egpaar is nie getuies nie dus KAN HULLE NIE die hof toespreek nie.
Hulle ken nie eers die aangeklaagde nie!

> Dus volgens wat die regter gesê het, en volgens die interpretasie van die
> onervare en onbetroubare verslaggewers, was daar wel goeie rede om te
> verwag dat daar 'n verminderde vonnis sou wees agv onnoselheid, weiering om
> te getuig, of pleinweg ooglopende gebrek aan die nodige varkies op hok

Sien al die punte hierbo. Dit lyk of die joernalis wel baie, baie
oningelig was en sy of haar lesers nie ten volle ingelig het nie.

> Gelukkig is die vonnis vandag gevel - 100 jaar tronkstraf.
> So hopenlik hoef ons nooit weer van hom te hoor, of in sy bakkies vas te kyk
> nie.

So die joernalis was dan mos verkeerd, of hoe?
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101368 is 'n antwoord op boodskap #101364] Vr, 11 Februarie 2005 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gaan lees hier
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13& art_id=qw1074272761788B252
en dan die ene
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13& art_id=qw1108117263327B263

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> Kan iemand vir my verduidelik wat Ferdinand Mostert
> gedoen het?
>
> Gloudina
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101369 is 'n antwoord op boodskap #101364] Vr, 11 Februarie 2005 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Feb 2005 08:00:41 -0500, "@rogers.com" wrote:

"Annette" skryf
>
>> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
>> word.
>> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>
> Kan iemand vir my verduidelik wat Ferdinand Mostert
> gedoen het?

Opgechommie met 'n Hollandse toeris, haar toe in 'n bergpas vermoor en
haar goed gevat.
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101370 is 'n antwoord op boodskap #101342] Vr, 11 Februarie 2005 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Gaan tannie Winnie ook nou tronk toe of kry sy 'n askies - hoe werk dit? Sy
is dan nou vir eers nie vrygespreek nie en aansoek om appel is ook verwerp,
maar die pikkewyne kan dalk direk Bloemfontein toe gaan. Hoeveel kanse? Kat
het nege lewens ... plus ...

As so klein sakie so baie tyd moet neem dan is die vlerkies ook nog lank nie
geknip vir die "TravelGate" se deelnemers nie.

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:cufpr2$b8l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
> word.
> Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101376 is 'n antwoord op boodskap #101342] Sa, 12 Februarie 2005 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink Ferdi was 'n vasskopstut.....:))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:d82dnYkKS97QK5DfRVn-ig@is.co.za...
> Hierdie een gaan baie interessant wees as Ferdi dit sou wáág om te antwoord!
> "Jonas" wrote in message
> news:cuk880$aqa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ferdietjiekie skryf:
>> "Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
>> een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
>> nakom nie, sien hy sy gat."
>> Ferdietjiekie - jy het die absolute vermoë om die grootste tjol met die
>> meeste selfvertrou kwyt te raak. Ongeag die onderwerp - sport, die
>> ekonomie,
>> die regte - jy reken jouself as die kenner. Maar ons weet - as jy oor meer
>> kennis beskik het was jy nie 'n vaal besnorde hoernalissie wat duimsuig
>> snert vir 'n pienk koerant geskryf het nie.
>>
>> (Tussen ons - vertel ons bietjie van jou roemryke rugby-loopbaan... Ons
>> wag
>> in spanning.)
>>
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101378 is 'n antwoord op boodskap #101342] Sa, 12 Februarie 2005 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie een gaan baie interessant wees as Ferdi dit sou wáág om te antwoord!

"Jonas" skryf in boodskap news:cuk880$aqa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ferdietjiekie skryf:
> "Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
> een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
> nakom nie, sien hy sy gat."
> Ferdietjiekie - jy het die absolute vermoë om die grootste tjol met die
> meeste selfvertrou kwyt te raak. Ongeag die onderwerp - sport, die
> ekonomie,
> die regte - jy reken jouself as die kenner. Maar ons weet - as jy oor meer
> kennis beskik het was jy nie 'n vaal besnorde hoernalissie wat duimsuig
> snert vir 'n pienk koerant geskryf het nie.
>
> (Tussen ons - vertel ons bietjie van jou roemryke rugby-loopbaan... Ons
> wag
> in spanning.)
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101379 is 'n antwoord op boodskap #101376] Sa, 12 Februarie 2005 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom? Klink hy na 'n dom voorspeler? Hy klink vir my meer na 'n
los-kop!

"Annette" skryf in boodskap news:cuke8d$s8q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek dink Ferdi was 'n vasskopstut.....:))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:d82dnYkKS97QK5DfRVn-ig@is.co.za...
>> Hierdie een gaan baie interessant wees as Ferdi dit sou wáág om te antwoord!
>> "Jonas" wrote in message
>> news:cuk880$aqa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ferdietjiekie skryf:
>>> "Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
>>> een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
>>> nakom nie, sien hy sy gat."
>>> Ferdietjiekie - jy het die absolute vermoë om die grootste tjol met die
>>> meeste selfvertrou kwyt te raak. Ongeag die onderwerp - sport, die
>>> ekonomie,
>>> die regte - jy reken jouself as die kenner. Maar ons weet - as jy oor meer
>>> kennis beskik het was jy nie 'n vaal besnorde hoernalissie wat duimsuig
>>> snert vir 'n pienk koerant geskryf het nie.
>>>
>>> (Tussen ons - vertel ons bietjie van jou roemryke rugby-loopbaan... Ons
>>> wag
>>> in spanning.)
>>>
>
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101380 is 'n antwoord op boodskap #101376] Sa, 12 Februarie 2005 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Shame. Jonas het rerig 'n probleem.
Dit sal interressant wees om hom in lewe lywe te sien. Ek het 'n idee
hy gaan 'n model wees aan die hand waarvan 'n mens die eb en vloei van
selfbejammering kan illustreer.

On Sat, 12 Feb 2005 10:20:36 +0200, "Annette" wrote:

> Ek dink Ferdi was 'n vasskopstut.....:))
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101383 is 'n antwoord op boodskap #101370] Sa, 12 Februarie 2005 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie skryf:
"Regters het baie, baie duidelik riglyne. Die strafreg is een. 'n Ander
een is die betrokke wet wat van toepassing is. As 'n regter dit nie
nakom nie, sien hy sy gat."
Ferdietjiekie - jy het die absolute vermoë om die grootste tjol met die
meeste selfvertrou kwyt te raak. Ongeag die onderwerp - sport, die ekonomie,
die regte - jy reken jouself as die kenner. Maar ons weet - as jy oor meer
kennis beskik het was jy nie 'n vaal besnorde hoernalissie wat duimsuig
snert vir 'n pienk koerant geskryf het nie.

(Tussen ons - vertel ons bietjie van jou roemryke rugby-loopbaan... Ons wag
in spanning.)
Re: Hoe verlig is ek [boodskap #101384 is 'n antwoord op boodskap #101380] Sa, 12 Februarie 2005 17:41 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O Koek!! Dis snaaks!!
Jou eie breinkind Ferdi?

--
Groetnis
Annette
. Ek het 'n idee
> hy gaan 'n model wees aan die hand waarvan 'n mens die eb en vloei van
> selfbejammering kan illustreer.
>
Vorige onderwerp: Humorloos
Volgende onderwerp: Die nuwe Vereenigde Nasies om te verhoog ? vorentoe bou-groei-verstaal-vernuwe advies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 09:01:53 MGT 2024