Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laerskool Mikro, Kuilsrivier
Laerskool Mikro, Kuilsrivier [boodskap #101313] Wo, 09 Februarie 2005 13:45 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek gaan om de dood nie daardie ander snaar in Engels vertel wat oor 'n
Afrikaanse saak gaan nie.
Hier is die feite soos ek dit sien.
1) Laerskool Mikro is 'n Afrikaanse medium skool.
2) Op die eerste skooldag daag daar toe 23 ouerpare op wat aandring dat hul
kinders in Engels geskool moet word.
3) Daar is 'n dubbelmediumskool binne loopafstand van Mikro.
4) Twee ouerpare het besluit om hul telge na die ander skool te neem.
5) Die kinders is voorlopig in 'n klas geplaas, en 'n onderwyseres gee vir
hul klas in Engels.
6) Sy het 'n verklaring gemaak, wat in die hof voorgelees is, wat verklaar
dat 80% van hierdie kinders se huistaal Afrikaans is, en dat hul glad nie
verstaan wat sy hulle in Engels onderrig nie.

7) My mening - 23 pare ouers, wat heelwaarskynlik teen betaling toelaat dat
hulle 'n politieke speelbal word.
Hulle kon al verlede jaar met die skoolhoof in aanraking gekom het, en hy
sou hulle vertel het dis 'n Afrikaans-medium skool. Nou word die skool
gedwing deur die ouers, en met indryping en blatante ondersteuning van
Cameron Dugmore, om skielik op openingsdag 'n klaskamer en 'n Engelse
leerkrag te organiseer. Hoeveel enkeltalige Engelse, Zoeloe, Xhosa en Sotho
skole is daar nie wat nie aan sulke blatante politieke speletjies onderwerp
word nie.

--
Groetnis
Annette
Re: Laerskool Mikro, Kuilsrivier [boodskap #101321 is 'n antwoord op boodskap #101313] Do, 10 Februarie 2005 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Zuben el-genubi  is tans af-lyn  Zuben el-genubi
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dis nou 'n saak waarvoor ek bereid sal wees om te betoog, hierdie.

Die MEC vir onderwys, Meneer Dugmore dans toe met 'n ANC-vlag buite die hof
rond in 'n vurige betoging, terwyl die saak binne dien. Me Helen Zille van
die DA sê dis 'n berekende ANC-aanslag teen Afrikaanse skole. Toegegee,
miskien slaan sy bietjie politieke munt daaruit, maar dit klink waar as 'n
mens hoor dat 'n grootkop in die ANC wat verkies het om langs 'n Afrikaanse
skool aan die Rand te gaan woon, skielik aandring dat die skool sy kinders
in Engels moet akkommodeer.

Die saak word natuurlik bemoeilik deur die politieke bagasie wat aan
Afrikaans klou, maar dis sekerlik nie die taal se skuld nie.

Ek glo dat baie van die sukses wat Afrikaanse skoolkinders in die
matriekeksamen behaal het, te danke is daaraan dat hulle moedertaalonderrig
ontvang het. Inisiatiewe soos hierdie kan op die lang duur daartoe lei dat
Afrikaanse onderrig verwater word of aan die agterspeen moet suig, en ek glo
mens moet dit hand en tand beveg.

Maar hoe?

"Annette" skryf in boodskap news:cud46t$otr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek gaan om de dood nie daardie ander snaar in Engels vertel wat oor 'n
> Afrikaanse saak gaan nie.
> Hier is die feite soos ek dit sien.
> 1) Laerskool Mikro is 'n Afrikaanse medium skool.
> 2) Op die eerste skooldag daag daar toe 23 ouerpare op wat aandring dat hul
> kinders in Engels geskool moet word.
> 3) Daar is 'n dubbelmediumskool binne loopafstand van Mikro.
> 4) Twee ouerpare het besluit om hul telge na die ander skool te neem.
> 5) Die kinders is voorlopig in 'n klas geplaas, en 'n onderwyseres gee vir
> hul klas in Engels.
> 6) Sy het 'n verklaring gemaak, wat in die hof voorgelees is, wat verklaar
> dat 80% van hierdie kinders se huistaal Afrikaans is, en dat hul glad nie
> verstaan wat sy hulle in Engels onderrig nie.
>
> 7) My mening - 23 pare ouers, wat heelwaarskynlik teen betaling toelaat dat
> hulle 'n politieke speelbal word.
> Hulle kon al verlede jaar met die skoolhoof in aanraking gekom het, en hy
> sou hulle vertel het dis 'n Afrikaans-medium skool. Nou word die skool
> gedwing deur die ouers, en met indryping en blatante ondersteuning van
> Cameron Dugmore, om skielik op openingsdag 'n klaskamer en 'n Engelse
> leerkrag te organiseer. Hoeveel enkeltalige Engelse, Zoeloe, Xhosa en Sotho
> skole is daar nie wat nie aan sulke blatante politieke speletjies onderwerp
> word nie.
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Laerskool Mikro, Kuilsrivier [boodskap #101323 is 'n antwoord op boodskap #101321] Do, 10 Februarie 2005 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
"Koot" skryf in boodskap news:cuf0lf$p4n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nou 'n saak waarvoor ek bereid sal wees om te betoog, hierdie.
>
> Die MEC vir onderwys, Meneer Dugmore dans toe met 'n ANC-vlag buite die hof
> rond in 'n vurige betoging, terwyl die saak binne dien.

Anagram:

cameron dugmore = rogue commander / commoner argued
Re: Laerskool Mikro, Kuilsrivier [boodskap #101326 is 'n antwoord op boodskap #101321] Do, 10 Februarie 2005 09:06 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat om te doen vra jy? Net gister lees ek dat 80% van die ANC en DA elite
het geen vertroue in ons regstelsel nie.
Ons maak 'n klomp ouers met kindertjies bymekaar, en gaan na die naaste
Engelse- medium skool of etniese skool, en dring aan op 'n Afrikaanse klas
en onderrig in Afrikaans.
Dan teen die tweede week moet aangedring word op ordentlike Afrikanse
onderrig, nie 'n geradbraakte poging van 'n anderstalige nie.
Teen die derde week moet aangedring word dat tegniese vakke deur 'n bevoegde
persoon in Afrikaans aangebied moet word.
Teen die vierde week moet die ander kinders in die skool uitgenooi word om
die Afrikaanse klasse by te woon, omdat hulle beter onderrig kry.
Teen week 5 moet aangedring word op meer klasse wat vir die Afrikaans-medium
leerders beskikbaar gestel moet word weens die aantal belangstellendes.
Teen week 7 moet daar aangedring word op meer Afrikaanse leerkragte vir die
groeiende getal Afrikaans-medium leerders in die skool.
Intussen moet die kinders gehelp word dat dit bars, sodat hul gemiddelde
uitslae, sonder gekroekery, ver bo die van die ander leerlinge van die ander
taal in die skool is.
Nou word die hef in die hand gekry, want die skool het hulle nodig om hul
gemiddelde slaagsyfer op te stoot, sodat die skool nie gesluit word nie.
Intussen kan ons ander geld bymekaarmaak om die wat sukkel se skoolfooie te
betaal, sodat daar nie 'n geldelike vinger gewys kan word nie.
Afrikaanses kan ook by ander-medium skole gaan hulp aanbied vir
buitebedrywighede, en die kinders meer nou as dan in Afrikaans help:))
--
Groetnis
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:cuf0lf$p4n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nou 'n saak waarvoor ek bereid sal wees om te betoog, hierdie.
>
> Die MEC vir onderwys, Meneer Dugmore dans toe met 'n ANC-vlag buite die hof
> rond in 'n vurige betoging, terwyl die saak binne dien. Me Helen Zille van
> die DA sê dis 'n berekende ANC-aanslag teen Afrikaanse skole. Toegegee,
> miskien slaan sy bietjie politieke munt daaruit, maar dit klink waar as 'n
> mens hoor dat 'n grootkop in die ANC wat verkies het om langs 'n Afrikaanse
> skool aan die Rand te gaan woon, skielik aandring dat die skool sy kinders
> in Engels moet akkommodeer.
>
> Die saak word natuurlik bemoeilik deur die politieke bagasie wat aan
> Afrikaans klou, maar dis sekerlik nie die taal se skuld nie.
>
> Ek glo dat baie van die sukses wat Afrikaanse skoolkinders in die
> matriekeksamen behaal het, te danke is daaraan dat hulle moedertaalonderrig
> ontvang het. Inisiatiewe soos hierdie kan op die lang duur daartoe lei dat
> Afrikaanse onderrig verwater word of aan die agterspeen moet suig, en ek glo
> mens moet dit hand en tand beveg.
>
> Maar hoe?
>
> "Annette" wrote in message
> news:cud46t$otr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek gaan om de dood nie daardie ander snaar in Engels vertel wat oor 'n
>> Afrikaanse saak gaan nie.
>> Hier is die feite soos ek dit sien.
>> 1) Laerskool Mikro is 'n Afrikaanse medium skool.
>> 2) Op die eerste skooldag daag daar toe 23 ouerpare op wat aandring dat
> hul
>> kinders in Engels geskool moet word.
>> 3) Daar is 'n dubbelmediumskool binne loopafstand van Mikro.
>> 4) Twee ouerpare het besluit om hul telge na die ander skool te neem.
>> 5) Die kinders is voorlopig in 'n klas geplaas, en 'n onderwyseres gee
> vir
>> hul klas in Engels.
>> 6) Sy het 'n verklaring gemaak, wat in die hof voorgelees is, wat verklaar
>> dat 80% van hierdie kinders se huistaal Afrikaans is, en dat hul glad nie
>> verstaan wat sy hulle in Engels onderrig nie.
>>
>> 7) My mening - 23 pare ouers, wat heelwaarskynlik teen betaling toelaat
> dat
>> hulle 'n politieke speelbal word.
>> Hulle kon al verlede jaar met die skoolhoof in aanraking gekom het, en hy
>> sou hulle vertel het dis 'n Afrikaans-medium skool. Nou word die skool
>> gedwing deur die ouers, en met indryping en blatante ondersteuning van
>> Cameron Dugmore, om skielik op openingsdag 'n klaskamer en 'n Engelse
>> leerkrag te organiseer. Hoeveel enkeltalige Engelse, Zoeloe, Xhosa en
> Sotho
>> skole is daar nie wat nie aan sulke blatante politieke speletjies
> onderwerp
>> word nie.
>>
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Gisteraand
Volgende onderwerp: Kry die Engelse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 20:44:26 MGT 2024