Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is 'n Afrikaner?
Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #9979] |
Wed, 16 July 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> On Tue, 15 Jul 97 06:10:45 GMT, jon...@anon.ac.za (Jonnie) wrote:
>
>> Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oë is jy nader
>> aan 'n ware Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om
>> te wees!!
>
> Wat is 'n "ware Afrikaner"?
>
> (In jou oe"?)
>
> Waaraan moet hy of sy voldoen?
Koos, ek vermoed dat jy die vraag gevra het om 'n
opening te kry om Jonnie by te kom.
Ek sou egter baie graag wou verneem wat jou
uiteensetting van 'n "ware Afrikaner" is. En ek soek
nie 'n opening om jou by te kom nie! Ek is regtig
begaan om jou, Gloudina en die-sulkes se siening
te bestudeer.
Ek dink dat die vraag wat jy gevra het, geweldig
belangrik is. Daarom het ek die onderwerp
verander van "Vensters in Suid Afrika" na
"Wat is 'n Afrikaner?".
Hierdie vraag is vir meer as 'n honderd jaar deur
miljoene Afrikaners gevra. Etlike duisende het
selfstandig 'n antwoord daarop probeer vind.
Sommige antwoorde is deur honderduisende
nagepraat. Dog, dit lyk nie asof 'n klinkklare
antwoord bestaan nie. Daarom kan ons gerus
steeds probeer om die regte antwoord te vind.
Ek bestudeer hierdie vraag self alreeds vir meer
as dertig jaar asook die duisende antwoorde wat
mense daarop probeer gee het. In die tydperk het
ek diep onder die indruk gekom dat die antwoorde,
insluitend myne, te veel eienskappe probeer vasle
het. Ek het ook diep onder die indruk gekom dat
die Afrikaanse taal deel van die antwoord moet wees.
Laastens het ek diep onder die indruk gekom dat
die antwoord deeglik rekening moet hou met
menslike kreatiwiteit.
Jy sal opmerk dat ek nie jou vraag vra nie. Met ander
woorde, ek gebruik nie die woord "ware" voor die woord
"Afrikaer" in "Wat is 'n Afrikaner?" nie. As die woord
"ware" ingevoeg word soos wat jy gedoen het, moet ons
ook die vraag "Wat is 'n valse Afrikaner?" kan beantwoord.
Hierdie vraag se antwoorde het Afrikaners geweldige skade
berokken.
Dit laat my dink aan 'n tragiese geval wat in 1969 op Maheri
plein op Potchefstroom gebeur het. Wyle John Vorster het
'n politieke vergadering gehou. Ek kan nie mooi onthou of die
HNP reeds gestig was nie. In ieder geval, die vergadering
was bedoel om enige ander beskrywing van 'n Afrikaner as
die NP s'n in die kiem te smoor. Met ander woorde, die idee
was om valse Afrikaners te ontmasker. Vraetyd vra 'n immigrant
toe heel onskuldig en opreg vir Vorster "Wat is 'n Afrikaner". Ek
het die man geken. Hy wou bitter graag 'n Afrikaner word, maar
kon nooit die wese van die Afrikaner kleinkry nie. Arme man.
Skaars het hy gaan sit, of 'n klomp brekers sak op hom toe.
Kakebeen af, ribbes af, gesig potblou - dis wat sy soeke hom
toegeval het.
Soos ek dit hedendaags sien, is 'n Afrikaner 'n mens wat
begaan is oor die toekoms van mense wat Afrikaans praat.
Met ander woorde, 'n persoon wat nie begaan is oor die
toekoms van enige mens wat Afrikaans praat nie, is nie
'n Afrikaner nie.
Let op dat my beskrywing nie ras, godsdiens, geskiedenis,
grondgebied, kultuur, opvoeding, status, ouderdom, geslag
of taalvaardigheid inbou nie.
Let ook op dat my beskrywing transitief en nie refleksief is nie.
Vandaar dat 'n Afrikaner iemand is wat vir ander mense
omgee.
Let ook op dat my beskrywing eerder proses ("becoming") as
struktuur ("being") vasvat. Met ander woorde, 'n Afrikaner
is eerder 'n wordingmens as 'n ismens. Vandaar dat die
toekoms vir die Afrikaner so belangrik is.
Let ook op dat my beskrywing identiteit vasvat. Die beskrywing
gaan oor mense wat Afrikaans praat, maak nie saak of hulle
eerste, tweede of derde taal sprekers is nie. Die kwessie van
mense wat ander tale praat, word nie in die identiteit opgeneem
nie, maar vloei eerder daaruit.
Ek sou graag my beskrywing ook wou geformuleer het as:
'n Afrikaner is 'n mens wat omgee vir Afrikanerskap.
Ongelukkig is dit so dat die betekenis en krag van die
agtervoegsel "-skap" vir ons grootliks verlore gegaan het.
Dink maar aan die woord Christenskap om te verstaan wat
ek bedoel. Die "-skap" kom van die woord "skep" af. Dit
verwys na 'n geestelike leefwereld wat geskep moet word
- 'n tuiste vir die siel van 'n skeppende mens.
Om alles op te som:
Koos het gevra "Wat is 'n ware Afrikaner".
My eerlike antwoord is:
"'n Afrikaner 'n mens wat begaan is oor die
toekoms van mense wat Afrikaans praat."
Jonnie dink dat Vira 'n Afrikaner is. Ek dink ook so.
Sy voldoen aan my beskrywing.
Alles van die beste.
At de Lange
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10000 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Thu, 17 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wen wrote in article ...
> Sjoe, hierdie is voorwaar 'n tameletjie, maar ek wil ook probeer.
> Ek dink dat Afrikaners 'n duidelik herkenbare groep mense is van
> Europese (self deels Europese of vermengde) afkoms wat almal die
> nuutgevonde taal van Afrika, Afrikaans, as hulle voertaal aanvaar
> het, en wat hulleself sien as deel van die groepering Afrikaner, of
> mense wat hulleself tot hierdie groepering skaar.
Wen, ek het so lekker gekry toe ek jou woorde
"ek wil ook probeer" gelees het. Dis die gees!
Lees asseblief my antwoord aan Koos oor sy
omskrywing. Dit lewer tot 'n groot mate repliek op
wat jy te sê het.
> Ek dink nie ons kan wegkom van die oorsprong van die meerderheid
> Afrikanermense nie en dit moet dus deel van die definisie vorm, maar
> miskien nie noodwendig presies soos ek dit gestel het nie. Ek dink
> ook dat daar baie mense is wat deur my (en At) se definisie ingesluit
> sou word wat NIE ingesluit WIL word nie (daarom die 'en' deel) en
> ek wil ook nie mense uitsluit wat WIL deel wees van die Afrikaner
> groepering nie (daarom die 'of' deel).
Lees asseblief my antwoord aan Gloudina. Jy is reg dat
die houding van elke mens tot elke omskrywing van Afrikanerskap
uiters belangrik is. Wil 'n mens hom met 'n omskrywing
identifiseer of nie? 'n Omskrywing wat nie met hierdie "wil"
rekening hou nie, is nutteloos.
Hoe lyk dit. Dink jy dat my omskrywing daarmee
rekening hou of nie? Ek herhaal my omskrywing:
"'n Afrikaner 'n mens wat begaan is oor die toekoms
van mense wat Afrikaans praat."
>> Let ook op dat my beskrywing transitief en nie refleksief is nie.
>> Vandaar dat 'n Afrikaner iemand is wat vir ander mense
>> omgee.
>
> Dit maak van Afrikaners 'n baie reine groepering. Ek het 'n
> probleem daarmee. Ons moet die goeie en slegte in ons geledere
> ten minste herken en erken, alhoewel ons hulle gedrag nie hoef
> te aanvaar nie.
Ek verstaan jou probleem. Maar laat my 'n fiktiewe
voorbeeld noem. Ek dink aan twee ouers - die pa
'n geweldadige rower en die ma 'n straatvrou. Sou
jy hulle as "baie onrein" beskou? Die twee mense
se kinders praat Afrikaans. Sou jy dink dat daar twee
sulke mense kan wees wat ten spyte van hulle
onreinheid begaan is oor hulle kinders se toekoms
nie?
Een van die bekendste argumente teen aborsie is
Beethoven. Ek het bogenoemde fiktiewe voorbeeld
ontleen aan feite rondom sy eie lewe. Dank die
Vader dat aborsie in sy dae nog 'n groot onding was.
Ek het bywoorde "omgee" en "begaan" gebruik om die
eienskap "medemenslikheid" te vermy, maar dit tog te
impliseer. Jy onthou seker nog hoe Leendert my aan
die strot gegryp het toe ek die woord "mensskap"
voorgestel het in die plek van die woordoorbedonderende
"medemeslikheid". Jy met jou insig in die Zoeloe kultuur
behoort te begryp dat "ubuntu" en "mensskap" mekaar
direk vertaal. Ongelukkig het Leendert my streng daarop
gewys dat die woord "messkap" nie bestaan nie en
daarom nie gebruik mag word nie. Ek wonder of Leendert
wat so sensitief oor fascisme is, nou sal begryp dat
fascisme selfs in taalgebruik kan voorkom, dat dar iets
soos "Afrikaanse fascisme" is. Hy is nogal die persoon
wat arme Gloutina so deeglik bykom oor haar "Afrikaner
fascisme".
Ek dink nie dat mensskap 'n rein begrip is nie. Jy het
in elk geval met my lank terug geargumenteer dat ubuntu
nie 'n rein begrip is nie. Mensskap is 'n omsluitende
(inklusiewe) begrip. Dit bevat wat onrein en rein is. Maar
daar is wel iets aan "mensskap", "omgee" of "begaan"
uniek is. Dit is 'n begrip van 'n baie ho"e orde wat nie maklik
ontluik nie.
>> Jonnie dink dat Vira 'n Afrikaner is. Ek dink ook so.
>> Sy voldoen aan my beskrywing.
>
> Hier kom ons nou by 'n interessantheid uit. Jonnie het gesê dat
> Vira nader aan 'n ware Afrikaner is as Gloudina. Onder my definisie
> sou dit kon beteken dat Vira meer 'n Afrikaner WIL wees as Gloudina.
> Nou wonder ek of dit akkuraat is ... askies maar ek kan nie help om te
> glimlag nie ...
Weet jy, die Vira is opreg. Sy het haar verheug nie
omdat Jonnie gesê het dat sy 'n "ware Afrikaner"
is nie, maar omdat sy net die Afrikaner raakgesien
het. Gaan kyk mooi wat sy aan Gloudina gesê het.
Sy het lekker gekry toe sy sien dat Jonnie omgee vir
haar toekoms omdat sy Afrikaans praat. Hiermee
het Jonnie eintlik homself probeer identifiseer as 'n
Afrikaner - al moes dit gebeur in die proses om Vira
as 'n "ware Afrikaner" te identifiseer.
Of wat skryf ek nou Vira. Toemaar, Jonnie het eintlik
twee vlie"e in een klap vermorsel.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10003 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Thu, 17 July 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> Het jy geweet baie mense sê meer mense van nie Europese oorsprong as
> mense van Europese oorsprong praat Afrikaans as eerste taal?
Ek dink jy maak hier 'n fout - ek sou saamstem as die bewering is dat baie
meer mense van nie- europese oorsprong Afrikaans praat as mense van
europese oorsprong - maar nie as eerste taal nie.
Maar die kwessie van "europese oorsprong" is in elk geval 'n sot spul. Is
jy "van europese oorsprong" as jy 'n druppel europse bloed het? - dit
beteken dat feitlik alle "so-called coloureds" is van europese oorsprong.
Is jy van "europese oorsprong" as jy geen druppel bloed behalwe europese
het nie? Dit sou beteken dat die meerderheid Afrikaners (insluitende FW, ET
ens) _nie_ van "europese oorsprong" is nie. (Dit sou ook beteken dat 'n
groot persentasie Europeërs, insluitende feitlik alle Spanjaarde,
Portugese, Italianers, en groot getalle Nederlanders en Belge ook nie "van
europese oorsprong" is nie).
In elk geval, sover ek weet is die meerderheid Afrikaans-eerstetaalsprekers
maar aan die witterige kant - dis nou tensy die emigrasiesyfers erger is as
wat ek dink, of tensy mens Mark Orkin se syfers van sy onlangse sogenaamde
"sensus" as geloofwaardig beskou. (In my eie geval het ek myself as
Afrikaanssprekend aangegee, maar my ras as "onbekend". maar ek dink nie dis
waar sy probleme met die bevolkingsgetalle ingesluip het nie :-)
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10005 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Thu, 17 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> On 16 Jul 1997 07:14:46 GMT, "AM de Lange"
> wrote:
>
> > Koos het gevra "Wat is 'n ware Afrikaner".
>> My eerlike antwoord is:
>> "'n Afrikaner 'n mens wat begaan is oor die
>> toekoms van mense wat Afrikaans praat.">>
>
> My vraag was baie meer opreg as wat jy dalk dink.
Ek het jou vraag nooit anders as opreg bedink nie. Maar
partykeer maak jy dit vir my moeilik om jou nie van
onopregtheid te verdink nie. Dit is omdat ek en jy nie
op dieselfde manier dink nie. Ek probeer om te keer dat
ek 'n sin losruk uit alles wat 'n ander mens geskryf het
en dan 'n tirade daarom te weef. Ongelukkig is dit nie so
maklik nie.
> My reaksie was teen iemand wat iemand anders wat met hom of haar
> verskil as "die ander mense" klassifiseer teenoor "ons, die
> Afrikaners".
Ek voel baie soos jy. Maar meeste van presies die mense
teen wie jy dit het, voel ook soos ek en jy! Vra hulle gerus
uit om seker te maak. Wat 'n gekke spul! Ons jaag almal
mekaar se gevoelens op om presies dieselfde rede! Die
enigste oorsaak vir so 'n toestand is dat ons almal nie genoeg
weet nie. Met ander woorde, ons moet van mekaar leer!
Sou ons naspeur presies wat dit is wat veroorsaak dat ons
gevoelens so gou opvlam oor Afrikanerskap, sal ons ontdek
dat dit die gevolg is van VERSKILLENDE UITSLUITENDE
OMSKRYWINGS (spektrum eksklusiewe definisies)
van Afrikanerskap. Let op dat die woorde in hoofletters van
germaanse herkoms is terwyl die woorde in hakies van
romaanse herkoms is. Die woorde in hoofletters verklap
die oorsprong van die opvlam van gevoelens veel makliker
as die woorde in hakies. Die twee woorde "uitsluitende
omskrywings" is 'n teenstrydigheid (paradoks). Die eerste
woord sluit uit en die tweede woord sluit in. Om hierdie
teenstrydigheid te ontdek in die twee woorde "eksklusiewe
definisies" is heel omslagtiger omdat ons eers die herkoms
(etimologie) van die twee romaanse woorde moet navors.
Sulke navorsing is kinderspeletjies wanneer ons woorde
van germaanse herkoms gebruik omdat Afrikaans basies
'n germaanse taal is. (My kleindogter van 5 kan dit al soen.)
Teenstrydighede skep entropie wat dan eerstens geopenbaar
moet word as wanorde van wording. As iemand ontken dat
daar vandag enige 'chaos of becoming' by die begrip van
Afrikanerskap is, is so persoon dig. Eers daarna kan die
tweede openbaring van geskepte entropie plaasvind en wel as
orde van is. Eers dan kan ons vasstel wat regtig/waarlik 'n
Afrikaner is.
> Dis 'n baie ou stry-meganisme wat gewoonlik uitwriemel uit die
> verantwoordelikheid om 'n antwoord op 'n vraag te gee.
Jy is reg om die "stry" raak te sien. Onthou nou net dat dit
entropie skep wat eers wanorde word voordat orde kan kom.
Die chaos kom vanself (outomaties), maar nie die orde nie.
Daar is sewe essensies waaraan voldoen moet word voordat
'n oplossing of ho"er orde kan ontluik ('emerge'). as daar nie
genoegsaam aan elkeen voldoen kan word nie, sal daar nie
'n ontluiking wees nie, maar 'n verval na 'n laer orde of meer
probleme as oplossings. Dit is presies wat jou woorde
"gewoonlik uitwriemel uit die verantwoordelikheid om 'n antwoord
op 'n vraag te gee".
> Dit se: "jy is anders en wat jy dink en argumenteer tel dus nie".
> (En hoekom is hy of sy "anders" in die eerste plek? Omdat hy verskil
> en ander argumenteer gewoonlik!!)
Jy is reg. Een van die sewe essensies van kreatiwiteit is juis
die handhawing van verskeidenheid! Daarom moet jy jou
opponente se reg om van jou te verskil, verdedig. Dis essensieel.
> Dis 'n cheap manier van reageer en ek haat dit.
Dis 'n onkreatiewe manier van regeer. Dis die basiese probleem
van politiek. Politici moet kreatiwiteit onderduk om te kan regeer.
> Die vraag is baie ernstig - al is dit net omdat dit gewoonlik die
> beste vraag is om die soort intimidasie-struktuur aan flarde te laat
> val.
Pragtig gestel. Die "stry" vraag kan gebruik word om entropie te
skep wat chaos word en uiteindelik eerder verval as ontluiking
word. Dit is 'n kragtige manier om 'n orde wat onvolwasse is (nie al
sewe die essensies handhaaf nie) aan die kaak te stel. Dis hoekom
die pen magtiger is as die swaard.
> Wat dink ek is 'n Afrikaner? Ek het tot die slotsom gekom dat 'n
> Afrikaner iemand is wat Afrikaans praat en hom of haar vrywillig met
> daardie taal-omgewing assosieer.
Jou definisie is beslis veel meer inklusief as wat dit eksklusief
is. Tog het dit nog eksklusiwiteit. Volgens jou is iemand wat nie
Afrikaans kan praat nie, nie 'n Afrikaner nie. Wat van mense wat
nie Afrikaans kan praat nie, maar geweldig omgee vir die toekoms
van mense wat wel Afrikaans praat. Wat van immigrante? Ek het
drie maande gelede 'n Portugees wat uit Brasili"e ge"emmigreer het
anderkant Thabazimbi raakgeloop. Hy wou 'n Afrikaner word, maar
die Afrikaners se uitkyk kon hom nie akkomodeer nie. Sy twee
kinders is in 'n Afrikaanse skool geplaas, maar hy het begin wonder
of hulle nie maar terug moes gaan nie. Gelukkig kon ek hom
moed inpraat.
> Baie naby aan jou omskrywing.
>
> Ek dink die term "ware" Afrikaner is 'n drog-term wat daarop gemik is
> om te "divide and rule".
Jy is reg. Daar is net twee moontlikhede: 'n persoon is of 'n
Afrikaner of nie 'n Afrikaner nie. Daar is nie grade of klasse van
Afrikaners nie. Selfs iemand wat Afrikaans praat, maar eintlik
niks meer omgee vir die toekoms van enige ander mens wat
Afrikaans praat nie, selfs al sou die persone omgee vir ander
mense se toekoms, is NIE meer 'n Afrikner NIE.
> Dit voorvereis dat daar nie verskil in mening onder Afrikaners mag
> wees nie.
Nee. Eers het jy verskeidenheid erken, nou ontken jy dit. Dit gaan
tot chaos in jouself lei en uiteindelik heel moontlik 'n verval eerder
as 'n ontluiking. Moenie sê dat jy gewaarsku is nie.
> Maar sonder verskil in mening sal die Afrikanerdom waarskynlik baie
> vinnig opdroog en sterf.
Aha. Ek was toe verkeerd. Dit was toe 'n "aha" (ontluiking) eerder as
'n "ehe" (verval).
> Ek is 'n Afrikaner. Jy ook. Carl Niehaus ook. Jakes Gerwel ook. Eugene
> Terre'Blanche ook. Jannie Momberg ook. Jaap Marais ook. FW ook. en so
> aan. Ek wens net die swart Afrikaners kan na vore kom.
Dit sal soos 'n vloedgolf kom as ons omskrywing van
Afrikaner hulle nie weerhou nie.
> Ons praat almal Afrikaans uit keuse as eerste taal. En lees dit.
Moet nou nie begin om tweede en derde taal sprekers uit
te sluit nie. Ons moet gedurig waak om ons elk nie so gou
in die voet te skiet nie. Vir 'n persoon om 'n Afrikaner te wees,
het niks te doen met hoe goed daardie persoon Afrikaans
praat nie. Dit het alleen maar te doen of daardie persoon
begaan is oor die toekoms van mense wat Afrikaans praat.
Daar is baie mense wat graag Afrikaers wil wees, maar wat
self weens taalherkoms, ouderdom, aanleg en geleentheid
dit moeilik vind om Afrikaans selfs net as 'n derde taal te
praat. Moenie hulle uitsluit nie.
Baie dankie vir jou bydrae. Ek het dit geniet.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10012 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 18 July 1997 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
vi...@iafrica.com (V) writes:
> Wat vir my belangrik is, is meer as net die taal en die studie daarvan.
> Afrikaners as *mense* is anders as ander mensegroepe. Hulle het hulle eie
> identiteit as groep. Nes ander nasionaliteite 'n groepsidentiteit het.
>
> Om 'n Afrikaner met die gebruik van sy taal te beskryf is vir my miskien te
> akademies. Die hart van die Afrikaner, sy manier van dink, reageer, dinge
> doen, sin van humor, ens., is alles aspekte wat hom anders maak
> Vira.
>
Vira,
Jy het 'n probleem. Jy het gedink jy het nou 'n groep
mense gevind waar jy "tuis" kon voel, maar nou vind jy
uit dat daar in die groep ook mense is soos ek, wat weier
om die beskrywing van my Afrikanerskap oor te laat aan
mense soos Johnnie. (Dieselfde het gebeur met Dietrich
Bonhöffer, wat nie toegelaat het dat oom Hitler sy Duits-
heid omskryf nie, en toe daarvoor gesterf het, iets wat ek
te bangbroek gewees het om te doen.)
Weet dus, Afrikaners is 'n hardnekkige, intelligente en
diverse klomp. Moet nooit dink dat jy alles van hulle weet
of verstaan nie. En wees baie versigtig om tussen hulle
kant te kies.
What goes around comes around.
Gloudina
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10013 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 18 July 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange wrote in article
...
>
> Ek het bywoorde "omgee" en "begaan" gebruik om die
> eienskap "medemenslikheid" te vermy, maar dit tog te
> impliseer. Jy onthou seker nog hoe Leendert my aan
> die strot gegryp het toe ek die woord "mensskap"
> voorgestel het in die plek van die woordoorbedonderende
> "medemeslikheid". Jy met jou insig in die Zoeloe kultuur
> behoort te begryp dat "ubuntu" en "mensskap" mekaar
> direk vertaal. Ongelukkig het Leendert my streng daarop
> gewys dat die woord "messkap" nie bestaan nie en
> daarom nie gebruik mag word nie. Ek wonder of Leendert
> wat so sensitief oor fascisme is, nou sal begryp dat
> fascisme selfs in taalgebruik kan voorkom, dat dar iets
> soos "Afrikaanse fascisme" is. Hy is nogal die persoon
> wat arme Gloutina so deeglik bykom oor haar "Afrikaner
> fascisme".
Die beswaar wat ek gehad het, het nie oor die woord "mensskap" gegaan nie.
Dit was 'n ander een (kan nie onthou wast dit was nie).
Toevallig dink ek dat die konstruksie "Mensskap" nogal kan gaan.
My argument was dat die bepaalde konstruksie sekere kenmerke van Afrikaans
as taal ignoreer - bepaald die wyse waarop woorde in Afrikaans "geskep"
word.
In 'n sekere sin is dit 'n tegniese argument - ek argumenteer op "tegniese"
gronde dat jou gebruik van die konstruksie "onafrikaans" is. (Nie dat ek
tegnies - taalkundig - onderlê is om my argument te motiveer nie, ek doen
dit op grond van aanvoeling - ek vermoed dat daar bepaalde algemeen
aanvaarde "maniere" is waarop Afrikaans woorde saamvoeg ens.).
Jy argumenteer dat so 'n beperking jou kreatiwiteit inperk. Jy is heeltemal
korrek. Maar jou argument berus eweneens op "tegniese" gronde - jou
bepaalde konseptualisering van kreatiewe taalgebruik.
Ek is doodgelukkig daarmee. Picasso, verneem ek, het ander, maar ewe
ge-eerde tegniek aangewend in sy kuns as, sê maar Rembrandt. Ek vermoed dat
ek van Rembrandt nie 'n fraksie verstaan van wat daaruit te verstaan is
nie. Maar van Picasso verstaan ek niks. Ek dink dat Rembrandt sy
kreatiwiteit laat beperk het deur die wyse waarop die meeste mense dinge
visueel perseptueer. Picasso het hom nie daardeur laat beperk nie, en
moontlik dinge verbeeld wat Rembrandt nie kon verbeeld nie (ek sou nie kon
sê nie).
Wat wel gebeur het, is dat Picasso se werk deur onlingeligtes maklik verwar
kan word met iets wat nie bedoel is om iets te sê nie - m.a.w. met iets wat
nie 'n "skepping" is nie. Picasso se werk het betekenis slegs binne 'n
bepaalde groep wat ingelyf is in die bepaalde "tegniek" wat hy gebruik -
buite hierdie groep het hy inderdaad niks geskep nie. Ek dink nie dat dit
so maklik met Rembrandt sou gebeur nie.
My argument is dus dat, ook in taal, 'n mens die gevaar loop dat dit wat jy
skep verlore mag gaan as jy besluit om die "tegniek" wat algemeen is onder
die gebruikers van die taal oorboord te gooi. Ek sê geensins dat jy dit nie
"mag" doen nie - ek waarsku bloot op 'n moontlike gevolg.
Daar is 'n verdere moontlike gevolg. 'n Mens kan jou boodskap nie net
verduister nie, maar dit selfs onaanvaarbaar maak deur die tegniek wat jy
gebruik. Ek glo, byvoorbeeld, dat die "fenomenologiese" taalgebruik van
"fundamentele opvoedkundiges" oor drie dekades 'n belangrike oorsaak is
daarvan dat hulle nou sonder steun sit in 'n tydperk waarin hulle onder
politieke druk staan. Ek reken dat hulle bepaalde kyk op sake heel
waarskynlik verlore sal gaan binne die onderwyswetenskap.
Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie - die ironie is dat die nuwe
onderwysowerhede vir die eerste maal werklik begin implementeer wat die
"fundamentaliste" al vir dekades preek - maar uit 'n ander hoek, een wat
filosofies uiters gevaarlike implikasies mag hê.
Die probleem lê daarin dat bitter min mense verstaan wat hulle wil sê. Een
van die redes hiervoor is dat hulle met groot arrogansie oor dekades
volgehou het dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die wyse
waarop hulle dit sê - die mensdom moes maar leer om hulle te verstaan,
idiosinkratiese (en erg "onafrikaanse") taalgebruik en al.
Die gevolg is dat daar geen steunstrukture bestaan vir hul saak nie. Nou
skryf hulle maar gesubsidieerde artikels oor die "einde van die
fundamentele opvoedkunde".
Daar is, dink ek, 'n noodwendige spanning tussen kreatwiteit en konvensie -
een wat al lank bekend is, en waaroor daar rakke vol boeke geskryf is. Ek
is seker dat jou model van kreatiwiteit hierdie spanning baie elegant sal
kan beskryf. Ek vermoed egter dat die lewensvatbaarheid wan 'n skepping -
die kans dat hy "ekologies" sal oorleef, verband hou met die mate waartoe
hy begryp kan word aan die hand van algemene konvensie.
In hierdie konteks dink ek dat jou "skepping" van die woord "mensskap" 'n
veel groter oorlewingskans het as die oorspronklike woord waaroor ek hou
aangevat het (wat dit ookal was. Vermoedelik het jy dieselfde kreatiewe
"tegniese" konvensie gebruik om die twee woorde te skep. "Mensskap" is
egter meer verstaanbaar in terme van die bestaande, algemeen bekende
"tegniese" konvensies van die Afrikaanse taal.
Dus, nee. Ek het jou _nie- daarop gewys dat die woord wat jy gebruik het
"nie bestaan nie en dus nie gebruik mag word nie" My argument was dat die
resultaat van jou woordskepping betekenisloos was aan die hand van die
konvensies waarvolgens _Afrikaanse_ woorde geskep word.
Ek het ook nie 'n probleem daarmee as jy woorde skep volgens enige ander
konvensie nie. Ek het wel 'n probleem daarmee as jy van my verwag om
betekenis daarin te sien aan die hand van die universum van konvensies wat
huidiglik "Afrikaans" is. Dit kan ek nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10014 is 'n antwoord op boodskap #10013] |
Fri, 18 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
>
> AM de Lange wrote in article
> ...
>
>>
>> Ek het bywoorde "omgee" en "begaan" gebruik om die
>> eienskap "medemenslikheid" te vermy, maar dit tog te
>> impliseer. Jy onthou seker nog hoe Leendert my aan
>> die strot gegryp het toe ek die woord "mensskap"
>> voorgestel het in die plek van die woordoorbedonderende
>> "medemeslikheid". Jy met jou insig in die Zoeloe kultuur
>> behoort te begryp dat "ubuntu" en "mensskap" mekaar
>> direk vertaal. Ongelukkig het Leendert my streng daarop
>> gewys dat die woord "messkap" nie bestaan nie en
>> daarom nie gebruik mag word nie. Ek wonder of Leendert
>> wat so sensitief oor fascisme is, nou sal begryp dat
>> fascisme selfs in taalgebruik kan voorkom, dat dar iets
>> soos "Afrikaanse fascisme" is. Hy is nogal die persoon
>> wat arme Gloutina so deeglik bykom oor haar "Afrikaner
>> fascisme".
>
> Die beswaar wat ek gehad het, het nie oor die woord "mensskap" gegaan nie.
> Dit was 'n ander een (kan nie onthou wast dit was nie).
>
> Toevallig dink ek dat die konstruksie "Mensskap" nogal kan gaan.
>
> My argument was dat die bepaalde konstruksie sekere kenmerke van Afrikaans
> as taal ignoreer - bepaald die wyse waarop woorde in Afrikaans "geskep"
> word.
Taalkundig is ek maar dom. Wanneer ek so deur die
Verklarende Afrikaanse Woordeboek blaai, wonder ek
dikwels wat die konstruksiereel is waarvan jy praat.
Party keer wonder ek of daar enige reel was omdat
daar so baie uitsonderinge is.
Nee wat, ek stem nie met jou saam nie. Alle mensreels
deur gewone MENSE gemaak, behoort verbreek te kan
word. Hierdie reels word gemaak om dinge beter te verstaan.
As dit gebeur dat 'n mens iets beter verstaan deur juis 'n
reel te oortree, dan is dit beter om die reel te oortree as
om nie te verstaan nie. Soms moet 'n mens die reel in 'n
persoonlike gedagte eksperiment breek sodat dit nie onveilig
vir ander mense word nie.
Ek dink wel dat verbreking van reels by 'n taal nogal probleme
kan afgee. 'n Taal is 'n belangrike ding om mee te sorg dat
mense mekaar verstaan. Maar dit bly steeds belangriker dat
die mense mekaar sal verstaan as wat die reel nagekom word.
As dit nie so is nie, dan sou Afrikaans nie uit die mengelmoes
van ander tale ontwikkel het nie. Terwyl Afrikaans so aan die
ontwikkel was, was daar nogal heelwat mense wat tirades
gevoer het teen die verbreking van reels. Hierdie tirades was
soos 'n gepoep teen die wind.
> Daar is 'n verdere moontlike gevolg. 'n Mens kan jou boodskap nie net
> verduister nie, maar dit selfs onaanvaarbaar maak deur die tegniek wat jy
> gebruik. Ek glo, byvoorbeeld, dat die "fenomenologiese" taalgebruik van
> "fundamentele opvoedkundiges" oor drie dekades 'n belangrike oorsaak is
> daarvan dat hulle nou sonder steun sit in 'n tydperk waarin hulle onder
> politieke druk staan. Ek reken dat hulle bepaalde kyk op sake heel
> waarskynlik verlore sal gaan binne die onderwyswetenskap.
Gee ons tog 'n bietjie voorbeelde van dit waarteen jy so te
velde trek. Wat het hierdie arme fundamentele opvoedkundiges
gedoen wat hulle eie toekoms so beduiwel het. Is dit regtig net
die taalgebruik van hierdie mense? Hoe seker is jy daarvan?
> Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie - die ironie is dat die nuwe
> onderwysowerhede vir die eerste maal werklik begin implementeer wat die
> "fundamentaliste" al vir dekades preek - maar uit 'n ander hoek, een wat
> filosofies uiters gevaarlike implikasies mag hê.
>
> Die probleem lê daarin dat bitter min mense verstaan wat hulle wil sê. Een
> van die redes hiervoor is dat hulle met groot arrogansie oor dekades
> volgehou het dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die wyse
> waarop hulle dit sê - die mensdom moes maar leer om hulle te verstaan,
> idiosinkratiese (en erg "onafrikaanse") taalgebruik en al.
Nou verstaan ek jou nie meer nie. Jy sê eers:
"Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie."
Dan sê jy dat:
"hulle met groot arrogansie oor dekades volgehou het
dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die
wyse waarop hulle dit sê."
Maar dit is mos ook 'n boodskap. Was die probleem
nie dalk dat hulle boodskappe so teenstrydig was dat
dit onverstaanbaar geword het nie? Met ander woorde,
was hulle probleem dalk nie eerder dat hulle nie omgegee
het dat hulle nie verstaan word deur mense wat nie in
hulle kampie was nie? Of nog anders gestel, was hulle
probleem nie dalk dat hulle fascisme in hulle fundamentele
opvoedkunde bedryf het nie?
Met ander woorde, is ons nie terug by die ou probleem dat
die Afrikaner so maklik fascisties raak nie. Wat veroorsaak
hier in Afrika dat Afrikaners so maklik fascisties raak - dat
hulle eksklusiwiteit (waarvan apartheid 'n voorbeeld is) so ver
dryf. Is dit iets wat in Afrika voorkom? Is dit iets wat hulle net
uit hulself op hulle gebring het? Of is hulle nie erger as ander
soorte mense nie?
> In hierdie konteks dink ek dat jou "skepping" van die woord "mensskap" 'n
> veel groter oorlewingskans het as die oorspronklike woord waaroor ek hou
> aangevat het (wat dit ookal was. Vermoedelik het jy dieselfde kreatiewe
> "tegniese" konvensie gebruik om die twee woorde te skep. "Mensskap" is
> egter meer verstaanbaar in terme van die bestaande, algemeen bekende
> "tegniese" konvensies van die Afrikaanse taal.
Ek was byna seker dat dit die woord mensskap is. Maar
ek dink jy weet dat min van ons afskrifte hou op 'n rekenaar
van dit wat ons geskryf het. Ek hou nie afskrifte van wat
ek op hierdie NG geskryf het nie. Daarom kan ek jou nie weerl^e
nie. Soos my kleindogter sou sê: "Oupa, daardie man het jou
skroewe los gedraai.".
> Ek het ook nie 'n probleem daarmee as jy woorde skep volgens enige ander
> konvensie nie. Ek het wel 'n probleem daarmee as jy van my verwag om
> betekenis daarin te sien aan die hand van die universum van konvensies wat
> huidiglik "Afrikaans" is. Dit kan ek nie.
Net soos Koos al 'n paar dinge gesê het wat vir my baie
diep en wyd strek, het jy darem so pas ook soiets gedoen
met
"Ek het wel 'n probleem daarmee as jy van my verwag om
betekenis daarin te sien aan die hand van die universum
van konvensies wat huidiglik "Afrikaans" is".
Wat jy eintlik skryf, is dat Afrikaans se konvensies veroorsaak
dat jy volgens hulle nie kan verstaan wat ek skryf wanneer
ek 'n woord gebruik wat ek self geskep het nie. As dit is wat
ek dink jy bedoel het, het jy so pas 'n groot stap geneem in
die oplossing van die volgende probleem:
"Hoe kan Afrikaners seker maak dat ander mense
hulle Afrikaans sal verstaan."
Jou stap is om aan te beveel dat 'n mens nie moet staatmaak
op die taalgebruike van Afrikaans nie. Met ander woorde,
moenie dink omdat jy Afrikaans verstaan jy iemand sal verstaan
wat, behalwe vir een woord, in Afrikaans skryf nie.
Uiteindelik is daar iets waarmee ek met jou moet saamstem.
Of het ek soos 'n ander ou dit dikwels doen, jou skrywe versnipper,
'n stukkie daarvan geneem en my eie uitkyk daarin gegiet om
so jou woorde ernstig te verdraai? Of hou jy nie daarvan as ek vir
jou sê dat gebruikte reels soms opgebruik raak nie.
Julle moet maar beoordeel of ek 'n Afrikaner is of nie. Dis iets
wat ek nie wil doen nie omdat ek my nie wil laat inhok nie. In
elk geval is ek seker dat geen mens homself of haarself finaal
kan beoordeel nie. En anders as Vira, gee ek nie eers meer om
oor julle beoordeling nie. Maar dit sê ek vir julle in eenvoudige
Afrikaans: ek raak uiters opstandig wanneer ek 'n reel moet
gebruik wat nie meer enige sin het nie. Dit geld alle sinlose reels,
selfs reels in die kerk en nie net taalreels nie. Ek hou nie van
bagasie nie. Hoe meer bagasie, hoe minder aanpassing. Ek
wens dat meeste Afrikaner so wil word, maar ek weet nie of dit
so 'n goeie ding sal wees nie. Mense met min bagasie is nie juis
iets om oor te spog nie. En Afrikaners wil al te graag spog.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10015 is 'n antwoord op boodskap #10013] |
Fri, 18 July 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Skuus - net om verder toe te lig:
Leendert van Oostrum wrote in article
...
> Daar is 'n verdere moontlike gevolg. 'n Mens kan jou boodskap nie net
> verduister nie, maar dit selfs onaanvaarbaar maak deur die tegniek wat jy
> gebruik. Ek glo, byvoorbeeld, dat die "fenomenologiese" taalgebruik van
> "fundamentele opvoedkundiges" oor drie dekades 'n belangrike oorsaak is
> daarvan dat hulle nou sonder steun sit in 'n tydperk waarin hulle onder
> politieke druk staan. Ek reken dat hulle bepaalde kyk op sake heel
> waarskynlik verlore sal gaan binne die onderwyswetenskap.
>
> Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie - die ironie is dat die nuwe
> onderwysowerhede vir die eerste maal werklik begin implementeer wat die
> "fundamentaliste" al vir dekades preek - maar uit 'n ander hoek, een wat
> filosofies uiters gevaarlike implikasies mag hê.
>
> Die probleem lê daarin dat bitter min mense verstaan wat hulle wil sê. Een
> van die redes hiervoor is dat hulle met groot arrogansie oor dekades
> volgehou het dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die wyse
> waarop hulle dit sê - die mensdom moes maar leer om hulle te verstaan,
> idiosinkratiese (en erg "onafrikaanse") taalgebruik en al.
>
> Die gevolg is dat daar geen steunstrukture bestaan vir hul saak nie. Nou
> skryf hulle maar gesubsidieerde artikels oor die "einde van die
> fundamentele opvoedkunde".
Baie amptenare, veral uit die nuwe "research units" gebruik die term
"fundamental pedagogics" as 'n skelwoord vir onderwysmetodes wat gemik is
op "memoriseer en reproduseer" - die onderwysmetodes wat die norm was (is)
in swart onderwys, en nie onbekend in Afrikaanse skole nie.
Sulke metodes is letterlik die teenoorgestelde van wat die "fundamentele
pedagogiek" voorstaan. Enersyds suggereer die algemene praktyk van hierdie
metodes in skole na soveel jare waarin die meeste onderwysers die
fundamentele pedagogiek moes bestudeer dat die boodskap van die
fundamentele pedagoë hoegenaamd nie deur hul studente verstaan en/of ter
harte geneem is nie. Ek vermoed, hoofsaaklik weens hul idiosinkratiese
taalgebruik.
Andersyds kan omtrent eenigeen nou enige eienskap aan "fundamental
pedagogics" toedig - te min mense verstaan wat hulle gesê het om te weet
wat nonsens is en wat nie. In baie kringe is "fundamental pedagogics" dus
bloot 'n deftige eufimisme vir bantu education. (Die feit dat baie
fundametele pedagoë inderdaad kultuureie onderwys prinsipieel probeer
begrond het is bloot insidenteel).
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10016 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 18 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
> Met die Volkstaatposlys het ek die handoek ingegooi. Ek kyk nog of dit die
> moeite werd is om veel meer van die ewe hardvogtige hoogheiligheid (en
> skynheiligheid) in hierdie NG op te vreet.
Leendert,
Dis nou maar een ding van 'n Afrikaner. Hy/sy vang gereeld
iets aan wat ander Afrikaners grensloos ontstel.
Hoekom goei jy die handdoek in? Aanvaar dit eerder en
benut dit. Ek vermoed jy het dit teen die Volkstaters se
fascisme. Maar jy moet dit in 'n breer perspektief sien.
Gee vir 'n groep Afrikaners 'n -isme soos calvinisme,
liberalisme, modernisme, burokratisisme, rasionalisme,
fatalisme, (maak maar die lys vol) en hulle storm verbete
daarop af soos 'n trop buffels na 'n watergat.
Jy was 'n matroos in jou jonger dae en daarom vermoed ek
dat jy veel meer van ander volke beleef het as ek. Net so
met al die ander Afrikaners in die verstrooiing. Kom sê nou
vir ons hier in Suid Afrika - is daar 'n soort mens wat meer
op loop kan gaan met 'n -isme as 'n groep Afrikaners?
Is dit te wyte aan Afrikaners se hardkoppigheid? Hoekom
is Afrikaners so hardkoppig?
Of is dit te wyte aan Afrikaners se eiesinnigheid? Dit laat
my dink aan die grappie:
Wanneer twee Britte bymekaar kom, stig hulle 'n klub.
Wanneet twee Jode bymekaar kom, stig hulle 'n maatskappy.
Wanneer twwe Afrikaners bymekaar kom, stig hulle af.
Wat gaan in die koppe van Afrikaners aan? Gaan daar niks
aan nie, of gaan daar diep dinge aan wat hulle net so onnosel
vorendag mee kom?
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10036 is 'n antwoord op boodskap #10014] |
Sun, 20 July 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
AM de Lange wrote in article
> Taalkundig is ek maar dom. Wanneer ek so deur die
> Verklarende Afrikaanse Woordeboek blaai, wonder ek
> dikwels wat die konstruksiereel is waarvan jy praat.
> Party keer wonder ek of daar enige reel was omdat
> daar so baie uitsonderinge is.
>
> Nee wat, ek stem nie met jou saam nie. Alle mensreels
> deur gewone MENSE gemaak, behoort verbreek te kan
> word. Hierdie reels word gemaak om dinge beter te verstaan.
> As dit gebeur dat 'n mens iets beter verstaan deur juis 'n
> reel te oortree, dan is dit beter om die reel te oortree as
> om nie te verstaan nie. Soms moet 'n mens die reel in 'n
> persoonlike gedagte eksperiment breek sodat dit nie onveilig
> vir ander mense word nie.
At, ek het te veel respek vir jou denke om aan te neem dat jy een van
daardie mense is wat reken dat taalreëls deur taalkundiges gemaak word.
As jy dus beweer dat taalreëls deur mense gemaak is (ek stem saam - hulle
is) moet ek dus vra - watter mense dink jy het die "reëls" van Afrikaans,
soos hulle tans bestaan, gemaak?
Ek stem ook met jou saam dat reëls gebreek behoort te word in die belang
van beter kommunikasie. My beswaar teen jou aanvanklike konstruksie was dat
dit, volgens my oordeel, nie bygedra het tot beter kommunikasie nie.
>
> Ek dink wel dat verbreking van reels by 'n taal nogal probleme
> kan afgee. 'n Taal is 'n belangrike ding om mee te sorg dat
> mense mekaar verstaan. Maar dit bly steeds belangriker dat
> die mense mekaar sal verstaan as wat die reel nagekom word.
> As dit nie so is nie, dan sou Afrikaans nie uit die mengelmoes
> van ander tale ontwikkel het nie. Terwyl Afrikaans so aan die
> ontwikkel was, was daar nogal heelwat mense wat tirades
> gevoer het teen die verbreking van reels. Hierdie tirades was
> soos 'n gepoep teen die wind.
Ek stem saam, en ek herhaal. Vir die laaste maal, want ek kry die indruk
dat jy my doelbewus misverstaan: Dit gaan die om die "reël" nie. Dit gaan
om die konvensies waarvolgens betekenis in die algemeen in die afrikaanse
taak uitgeruil word. Jy het 'n bepaalde voorstel gemaak, waarmee ek nie
saamgestem het nie. Jy het gekies om die feit dat ek van jou verskil as
fascisme af te maak (waarmee ek vrede het). Ek het ook (herhaaldelik)
beklemtoon dat jy welkom is om (soos ek self dikwels doen) die reëls - en
die konvensies te ignoreer. Maar dan moet jy daarmee verlief neem dat almal
jou nie sal verstaan nie, en dat dit jou boodskap onverstaanbaar vir baie
mense mag maak.
>
>> Daar is 'n verdere moontlike gevolg. 'n Mens kan jou boodskap nie net
>> verduister nie, maar dit selfs onaanvaarbaar maak deur die tegniek wat jy
>> gebruik. Ek glo, byvoorbeeld, dat die "fenomenologiese" taalgebruik van
>> "fundamentele opvoedkundiges" oor drie dekades 'n belangrike oorsaak is
>> daarvan dat hulle nou sonder steun sit in 'n tydperk waarin hulle onder
>> politieke druk staan. Ek reken dat hulle bepaalde kyk op sake heel
>> waarskynlik verlore sal gaan binne die onderwyswetenskap.
>
> Gee ons tog 'n bietjie voorbeelde van dit waarteen jy so te
> velde trek. Wat het hierdie arme fundamentele opvoedkundiges
> gedoen wat hulle eie toekoms so beduiwel het. Is dit regtig net
> die taalgebruik van hierdie mense? Hoe seker is jy daarvan?
Ek dink dit was Piet Muller wat hul taalgebruik as "pedagees" beskryf het.
'n Voorbeeld: "aner-ageinende" vir "andragogiese". 'n "Kreatiewe" poging om
Griekse wortels op 'n ander manier aanmekaar te sit en so meer trefkrag te
gee. Die probleem is dat dit 'n aborsie van die Grieks is - as jy die
Griekse wortels volgens die Griekse konvensies aanwend kom jy bloot uit op
"andragogiese". Afrikaans is dit hoegenaam nie. 'n Nuttelose oefening in
deftig praat (wat ek gelukkig net eenmaal by een skrywer teëgekom het). Die
probleem is dat sulke verskynsels algemeen in hul taal is - waar dit
woordskeppings aangaan. "Andragogiese" is reeds 'n tegniese term waarvoor
daar rede mag wees - om dit verder te verjargoniseer is verduisterend,
eerder as verhelderend.
Dan praat ek nog nie van die sinstrukture wat Duits eerder as Afrikaans is
nie, en wat direk uit Heidegger kom.
En ek reken wel dat dit hoofsaaklik hul taalgebruik is wat tot hul
ondergang gelei het / sal lei.
>
>> Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie - die ironie is dat die nuwe
>> onderwysowerhede vir die eerste maal werklik begin implementeer wat die
>> "fundamentaliste" al vir dekades preek - maar uit 'n ander hoek, een wat
>> filosofies uiters gevaarlike implikasies mag hê.
>>
>> Die probleem lê daarin dat bitter min mense verstaan wat hulle wil sê.
> Een
>> van die redes hiervoor is dat hulle met groot arrogansie oor dekades
>> volgehou het dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die wyse
>> waarop hulle dit sê - die mensdom moes maar leer om hulle te verstaan,
>> idiosinkratiese (en erg "onafrikaanse") taalgebruik en al.
>
> Nou verstaan ek jou nie meer nie. Jy sê eers:
> "Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie."
> Dan sê jy dat:
> "hulle met groot arrogansie oor dekades volgehou het
> dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die
> wyse waarop hulle dit sê."
> Maar dit is mos ook 'n boodskap.
Ek het onderskei tussen die boodskap en die medium. Ek is nog nie heeltemal
by die punt waar ek sal toegee dat "the medium is the message" nie - nie in
alle gevalle nie.
> Was die probleem
> nie dalk dat hulle boodskappe so teenstrydig was dat
> dit onverstaanbaar geword het nie? Met ander woorde,
> was hulle probleem dalk nie eerder dat hulle nie omgegee
> het dat hulle nie verstaan word deur mense wat nie in
> hulle kampie was nie? Of nog anders gestel, was hulle
> probleem nie dalk dat hulle fascisme in hulle fundamentele
> opvoedkunde bedryf het nie?
Ek dink nie teenstrydigheid is 'n groot probleem daar nie. Met die
uitsondering van jou eerste sin, dink ek dat jy hier presies sê wat ek gesê
het - en wat jy verklaar dat jy dit nie verstaan nie :-)
[...]
>
> Net soos Koos al 'n paar dinge gesê het wat vir my baie
> diep en wyd strek, het jy darem so pas ook soiets gedoen
> met
> "Ek het wel 'n probleem daarmee as jy van my verwag om
> betekenis daarin te sien aan die hand van die universum
> van konvensies wat huidiglik "Afrikaans" is".
> Wat jy eintlik skryf, is dat Afrikaans se konvensies veroorsaak
> dat jy volgens hulle nie kan verstaan wat ek skryf wanneer
> ek 'n woord gebruik wat ek self geskep het nie. As dit is wat
> ek dink jy bedoel het, het jy so pas 'n groot stap geneem in
> die oplossing van die volgende probleem:
> "Hoe kan Afrikaners seker maak dat ander mense
> hulle Afrikaans sal verstaan."
Wat ek eintlik skryf is dat, wanneer jy buite die konvensies gaan, moet jy
rekening hou met die moontlikheid dat ek nie sal verstaan nie.
>
> Jou stap is om aan te beveel dat 'n mens nie moet staatmaak
> op die taalgebruike van Afrikaans nie. Met ander woorde,
> moenie dink omdat jy Afrikaans verstaan jy iemand sal verstaan
> wat, behalwe vir een woord, in Afrikaans skryf nie.
>
> Uiteindelik is daar iets waarmee ek met jou moet saamstem.
> Of het ek soos 'n ander ou dit dikwels doen, jou skrywe versnipper,
> 'n stukkie daarvan geneem en my eie uitkyk daarin gegiet om
> so jou woorde ernstig te verdraai? Of hou jy nie daarvan as ek vir
> jou sê dat gebruikte reels soms opgebruik raak nie.
>
> Julle moet maar beoordeel of ek 'n Afrikaner is of nie.
Hierdie gesprek het nie daaroor gegaan of jy "'n Afrikaner is of nie". Dit
het gegaan oor 'n bepaalde gebruik van Afrikaans - en sou geldig wees vir
enigeen wat dit probeer doen - Jood, Moor of Indiaan.
> Dis iets
> wat ek nie wil doen nie omdat ek my nie wil laat inhok nie. In
> elk geval is ek seker dat geen mens homself of haarself finaal
> kan beoordeel nie. En anders as Vira, gee ek nie eers meer om
> oor julle beoordeling nie. Maar dit sê ek vir julle in eenvoudige
> Afrikaans: ek raak uiters opstandig wanneer ek 'n reel moet
> gebruik wat nie meer enige sin het nie.
Ek het geen probleem daarmee om reëls oorboord te gooi wat geen sin het
nie. Ek het wel probleme daarmee om reëls oorboord te gooi bloot omdat
hulle reëls is.
In hierdie bepaalde geval was daar in werklikheid nie eens sprake van 'n
bepaalde "reël" nie - in elk geval nie waarvan ek ek weet nie - ek het dit
baie duidelik gestel dat dit indruis teen my gevoel van hoe sinvolle dinge
in Afrikaans gesê word, en ek het gewaarsku dat mense jou mag misverstaan.
> Dit geld alle sinlose reels,
> selfs reels in die kerk en nie net taalreels nie. Ek hou nie van
> bagasie nie. Hoe meer bagasie, hoe minder aanpassing. Ek
> wens dat meeste Afrikaner so wil word, maar ek weet nie of dit
> so 'n goeie ding sal wees nie. Mense met min bagasie is nie juis
> iets om oor te spog nie. En Afrikaners wil al te graag spog.
Ek vermoed, At, dat jy my doelbewus misverstaan. Jou begrip is gewoonlik
veel skerper as wat jy hier aan die dag gelê het.
Ek sal die versoeking weerstaan om hierin ook tekens van fascisme uit te
wys - die speletjie raak afgesaag.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10048 is 'n antwoord op boodskap #10036] |
Mon, 21 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
> At, ek het te veel respek vir jou denke om aan te neem dat jy een van
> daardie mense is wat reken dat taalreëls deur taalkundiges gemaak word.
Leendert, moenie my vlei nie. Vleitaal kan my
'n dikkop laat kry.
Die saak wat jy aanroer, naamlik dat ek hopelik
nie reken dat taalreels deur taalkundiges gemaak
word nie. is heelwat belangrik.
Ek moet self bely dat ek in die skool geleer het
dat die taalkundiges die reels gemaak het en dat
ek na hulle moet luister. Dis eers hier in my
dertigs dat ek besef het dat dit snert is. Al wat die
taalkundiges kan doen, is om reels wat in werking
is, te probeer verwoord.
> As jy dus beweer dat taalreëls deur mense gemaak is (ek stem saam - hulle
> is) moet ek dus vra - watter mense dink jy het die "reëls" van Afrikaans,
> soos hulle tans bestaan, gemaak?
Al die mense wat Afrikaans sinvol praat.
> Ek stem ook met jou saam dat reëls gebreek behoort te word in die belang
> van beter kommunikasie. My beswaar teen jou aanvanklike konstruksie was dat
> dit, volgens my oordeel, nie bygedra het tot beter kommunikasie nie.
Al pratende leer 'n mens. Dankie.
> Ek stem saam, en ek herhaal. Vir die laaste maal, want ek kry die indruk
> dat jy my doelbewus misverstaan:
Nee, ek probeer seker maak dat ek jou nie verkeerd
verstaan nie. Dit doen ek deur te kyk of ek iets anders
kan raaksien as wat jy klaarblyklik sê. Ek probeer jou
dus wel misverstaan om jou beter te kan verstaan. Maar
ek weet dit sal net werk as jy die geduld en vuur het om
terug te antwoord. Dis een eienskap van jou wat ek
baie waardeer.
Weet jy hoe min mense is daar wat 'n mens op hierdie
manier beter kan probeer verstaan.
> Dit gaan die om die "reël" nie. Dit gaan
> om die konvensies waarvolgens betekenis in die algemeen in die afrikaanse
> taak uitgeruil word. Jy het 'n bepaalde voorstel gemaak, waarmee ek nie
> saamgestem het nie. Jy het gekies om die feit dat ek van jou verskil as
> fascisme af te maak (waarmee ek vrede het).
Ek is jammer as ek jou argumente as fascisme
vertolk het.
> Ek het ook (herhaaldelik)
> beklemtoon dat jy welkom is om (soos ek self dikwels doen) die reëls - en
> die konvensies te ignoreer. Maar dan moet jy daarmee verlief neem dat almal
> jou nie sal verstaan nie, en dat dit jou boodskap onverstaanbaar vir baie
> mense mag maak.
Dis alles waar. Maar wat van innoverende denke en
taalgebruik. Maak dit nie 'n einde daaraan nie - bly
by die dinge wat almal verstaan?
Jy sê dat ek daarmee verlief moet neem. Ek kan
nie. Ek is baie besorg daaroor dat ons mekaar se
ontluikings (nuwe skeppings) kan verstaan nie. Wat
ek wel weet. is dat ons dit al pratende wel kan regkry.
Dis hoekom hierdie nuusgroep vir my so belangrik is.
Hier praat ons ten minste met mekaar.
>> Gee ons tog 'n bietjie voorbeelde van dit waarteen jy so te
>> velde trek. Wat het hierdie arme fundamentele opvoedkundiges
>> gedoen wat hulle eie toekoms so beduiwel het. Is dit regtig net
>> die taalgebruik van hierdie mense? Hoe seker is jy daarvan?
>
> Ek dink dit was Piet Muller wat hul taalgebruik as "pedagees" beskryf het.
> 'n Voorbeeld: "aner-ageinende" vir "andragogiese". 'n "Kreatiewe" poging om
> Griekse wortels op 'n ander manier aanmekaar te sit en so meer trefkrag te
> gee. Die probleem is dat dit 'n aborsie van die Grieks is - as jy die
> Griekse wortels volgens die Griekse konvensies aanwend kom jy bloot uit op
> "andragogiese". Afrikaans is dit hoegenaam nie. 'n Nuttelose oefening in
> deftig praat (wat ek gelukkig net eenmaal by een skrywer teëgekom het). Die
> probleem is dat sulke verskynsels algemeen in hul taal is - waar dit
> woordskeppings aangaan. "Andragogiese" is reeds 'n tegniese term waarvoor
> daar rede mag wees - om dit verder te verjargoniseer is verduisterend,
> eerder as verhelderend.
Ek het self intussen na 'n paar voorbeelde gaan
soek. Hier is 'n tameletjie:
" Slegs daardie essensies waarvan die verwerkliking lei tot
die bevordering van die kind-in-opvoeding se opwegwees
na behoorlike volwassenheid, kan essensies van die
fundamentele pedagodiese strukture wees."
Ek dink die sin beteken: Opvoedkundige essensies is
dinge waarsonder die kind nie waardig volwasse kan
word nie.
>> Nou verstaan ek jou nie meer nie. Jy sê eers:
>> "Die oorsaak hiervan lê nie in hul boodskap nie."
>> Dan sê jy dat:
>> "hulle met groot arrogansie oor dekades volgehou het
>> dat dit wat hulle te sê het, slegs gesê kan word op die
>> wyse waarop hulle dit sê."
>> Maar dit is mos ook 'n boodskap.
>
> Ek het onderskei tussen die boodskap en die medium. Ek is nog nie heeltemal
> by die punt waar ek sal toegee dat "the medium is the message" nie - nie in
> alle gevalle nie.
Al wat ek stel, is dat die medium en die boodskap
mekaar moet aanvul. Die stelling is self 'n boodskap.
As hierdie boodskap en die boodskap per medium
met mekaar bots, lei albei boodskappe daaronder.
Dink aan politici as voorbeeld. Hulle politiek behels
dat mense meer moet produseer en met minder
beloning tevrede moet wees. Maar intussen
produseer hulle al hoe minder terwyl hulle al hoe meer
beloning vir hulleself toe eien.
> Wat ek eintlik skryf is dat, wanneer jy buite die konvensies gaan, moet jy
> rekening hou met die moontlikheid dat ek nie sal verstaan nie.
Goed gestel. Ek aanvaar dit. Maar vir my om te weet
presies wanneer jy my nie sal verstaan nie, sal ek maar
moet eksperimenteer (wat ek intussen gedoen het).
Daarom moet jy maar geduld met my h^e. Dis vir my
baie belangrik om te kan verstaan - om te kan weet.
>> Julle moet maar beoordeel of ek 'n Afrikaner is of nie.
>
> Hierdie gesprek het nie daaroor gegaan of jy "'n Afrikaner is of nie". Dit
> het gegaan oor 'n bepaalde gebruik van Afrikaans - en sou geldig wees vir
> enigeen wat dit probeer doen - Jood, Moor of Indiaan.
Jy is reg. Ek het die sin gebruik om iets te kwalifiseer
wat ek later sou sê. Met ander woorde, ek het nie meer
op jou antwoord gereageer nie. Ek het verder gegaan. Ek
wou my saak stel oor sinlose reels - en het gehoop dat
jy dit sou beantwoord.
>> Dis iets
>> wat ek nie wil doen nie omdat ek my nie wil laat inhok nie. In
>> elk geval is ek seker dat geen mens homself of haarself finaal
>> kan beoordeel nie. En anders as Vira, gee ek nie eers meer om
>> oor julle beoordeling nie. Maar dit sê ek vir julle in eenvoudige
>> Afrikaans: ek raak uiters opstandig wanneer ek 'n reel moet
>> gebruik wat nie meer enige sin het nie.
>
> Ek het geen probleem daarmee om reëls oorboord te gooi wat geen sin het
> nie. Ek het wel probleme daarmee om reëls oorboord te gooi bloot omdat
> hulle reëls is.
Ek wou myself goed uitdruk. Blykbaar het dit nie
gebeur nie. Reels wat sin het, is vir my belangrik.
Reels wat nie sin het nie, is onnodige bagasie.
> In hierdie bepaalde geval was daar in werklikheid nie eens sprake van 'n
> bepaalde "reël" nie - in elk geval nie waarvan ek ek weet nie - ek het dit
> baie duidelik gestel dat dit indruis teen my gevoel van hoe sinvolle dinge
> in Afrikaans gesê word, en ek het gewaarsku dat mense jou mag misverstaan.
>
>> Dit geld alle sinlose reels,
>> selfs reels in die kerk en nie net taalreels nie. Ek hou nie van
>> bagasie nie. Hoe meer bagasie, hoe minder aanpassing. Ek
>> wens dat meeste Afrikaner so wil word, maar ek weet nie of dit
>> so 'n goeie ding sal wees nie. Mense met min bagasie is nie juis
>> iets om oor te spog nie. En Afrikaners wil al te graag spog.
>
> Ek vermoed, At, dat jy my doelbewus misverstaan. Jou begrip is gewoonlik
> veel skerper as wat jy hier aan die dag gelê het.
Wat ek hierbo gestel het, is hoe ek voel en nie hoe
hoe ek jou beoordeel nie.
Ek was twee weke gelede nog in die woestyn. Dis
'n harde wereld waar te veel bagasie enige lewende
ding groot skade kan lei. Terwyl ek in die Numibberge
gewei het, moes ek telke male aan hierdie saak dink.
Dis nou al dertig jaar wat ek so nou en dan skielik
tientalle groot kokerbome sien wat sommer net gevrek
het. Ek het altyd gewonder hoekom. Ek kon nie enige
teken van infeksie kry nie. Ek kon dit in meeste gevalle
nie aan droogte toeskryf nie. Dit was vir my 'n raaisel.
Tot my laaste besoek. Die Namgorab (waarin ook die
Numibberge voorkom), het 'n vreeslike droogte van 18
maande beleef. Ek het aan my dogter gewys hoe die
noorsplante (Euphorbias venenata) dit opgeteken het
in die insnoerings van hulle arms. Geen kokerboom
(Aloe dichotoma) het hiervan gevrek nie.
Toe reen dit van Februarie soos nooit van te vore
geken is nie. Elke week of twee so 10 tot 20 mm tot
die einde van April. Die Namgorab het 'n paradys
geword. Die kokerbome het hulle stamme vol water
geslurp. Hulle het bagasie (water) bymekaar gemaak
soos seldet vantevore. Hulle was tot barstens toe vol,
gereed vir selfs 'n 36 maande se volslae droogte.
Toe kom daardie yskoue weer in Mei waaroor ek toe
geskryf het. Selfs die Numibberge was wit onder die
sneeu, iets wat baie selde gebeur. Die plantselle in
die kokerbome kon dit nie hou nie. Met die afkoeling
het die water in die selle begin ys. Die opgeloste
stowwe in die selsap was so verdun dat hulle nie
vorming van ys kon keer nie. Omdat ys 'n veel groter
volume het as dieselfde massa water, het die selle
begin swel. Maar hulle kon nie verder swel nie. Hulle
kon toe net breek.
'n Maand later was ek ooggetuie van hierdie tragiese
sameloop van omstandighede. Eers 'n waterparadys,
toe 'n yshel. Die omgevalle stompe was nog sopnat.
As ek eers 'n jaar later daar sou uitgekom het, sou
ek net soos vroeer my verwonder het oor hulle heengaan
sonder enige skynbare rede. Nou weet ek - hulle kon nie
hulle bagasie hanteer nie.
> Ek sal die versoeking weerstaan om hierin ook tekens van fascisme uit te
> wys - die speletjie raak afgesaag.
Jy is reg. Ek het die voorkoms van fascisme verder
probeer druk as wat die geval was. Maar dit is omdat
ek so ernstig begaan is oor kreatiwiteit. Fascisme
is 'n direkte ontkenning van een van die sewe
essensies van kreatiwiteit. Met ander woorde, sodra
ons fascisties word, belemmer ons ons kreatiwiteit.
Alles van die beste
At de Lange
>
> Groete, Leendert
>
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10056 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Tue, 22 July 1997 00:00   |
Bossie
Boodskappe: 2 Geregistreer: July 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hier in Duitsland moes ek al dikwels verduidelik wat vir
'n ding ek is.
Vir hulle is "ein Afrikaner" 'n mens uit Afrika (waarmee
ek my sondermeer kan identifiseer, al pas my velkleur nie
by hulle cliche nie), en "Afrikanisch" 'n Afrikataal.
Ons (wit-)mense noem hulle "die Buren" en ons taal
"Burisch".
Ek verduidelik dan dat my taal van 17de-eeuse Nederlands
afstam en 'n eie ontwikkeling ondergaan het, veral in die
isolasie na die anneksasie van die Kaap deur die Britte. Dat
dit nie net deur die wit "Boere" gepraat word nie, maar dat
veral Maleise slawe en die Khoi-Khoin daartoe bygedra het om
dit tot sy huidige skone eenvoud en plooibaarheid te
distilleer (kombuistaal ;-). Daardeur het 'n besondere
"Afrikanisch" onstaan, naamlik Afrikaans.
Ouens soos ET dit besef dit en noem hulleself dus eerder
Boere as Afrikaners. Daarom, en ook omdat "Boer" of
"Boertjie" uit die mond van 'n swartmens neerhalend is, voel
die meerderheid van ons ongemaklik of beledig om so genoem te
word. (Al gekyk wat "boorish" op Engels beteken?;-)
Ons wil dus liewer Afrikaners genoem word, mense wat
Afrikaans praat. Baie van ons lei egter nog aan die
Apartheidsindroom en het probleme om ons as "ein
Afrikaner", 'n Afrika-mens, te identifiseer.
Is dit miskien hoekom ons terme soos "ware Afrikaner"
uitdink?
Groetnis
Bossie
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10058 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Tue, 22 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Griet skryf in artikel
...
> Ek het in Suid-Afrika grootgeword en is op skool as 'n kaaskop beskou.
> Ek het dit later begin glo en kon myself nooit met die Afrikaner
> identifiseer nie.
>
> Groot was die skok toe ek as 'n volwassene my familie in Nederland
> besoek en hulle my as 'n Suid-Afrikaner beskou.
>
> Ek het nou die dag lekker gelag toe 'n ex-Nederlander my hier in Kanada
> 'n Afrikaner noem!
Griet,
Ek word hartseer as ek briewe soos joune en Vira
s'n lees - getuienisse van mense wat nie aanvaarbaar
was as Afrikaners nie. Hulle ouers het nie die "ware
taal" gepraat nie. Daar is duisende soos julle.
Onthou, daar is tienduisende bruinmense wat dieselfde
ervaar - mense wat weens hulle herkoms nie as
Afrikaners aanvaarbaar vir party mense is nie. Hulle
ouers het nie die "ware gene" gedra nie.
Maar wat van mense wat nie die "ware godsdiens"
beoefen het nie - die apostoliese en pinkster mense.
Ook hulle het nie aan die destydse definisie van
Afrikaner voldoen nie.
Selfs Afrikaner staatsmanne is nie ontsien nie. Genl
Smuts het aan die verkeerde universiteit (Cambridge)
gestudeer. Hy het sy kinders na die verkeerde skole
gestuur. Hy het met die verkeerde mense vriende
gemaak. In 1948 het die stembus die finale uitspraak
gegee dat hy nie 'n "ware Afrikaner" is nie omdat hy
Apartheid as die grootste mistasting ooit onder Afrikaners
beskou het. Sy eerste woorde nadat hy hierdie uitspraak
verneem het, was: "Ja, Spies, so gaan dit"
> Ek dink dat die mense wat Afrikaans sy naam gegee het het aspris die
> woord Afrika daarin gesit. Dit is 'n taal van Afrika wat in Afrika
> ontstaan het.
Hoe reg is jy nie.
>
> Om 'n Afrikaner te kan wees moet jy jouself met die geskiedenis en
> herkoms van die Afrikaner kan assosieer. Dit moet in jou bloed wees.
> Dit is die definisie vir 'n hele klomp mense.
Was dit nie vir die woord "assosieer" nie, sou ek jou
definisie teen gestaan het. Die woord "assosieer" is
veel omvattender as die woorde "deel van". Maar jou
definisie skep 'n probleem. Dit kyk terug in die verlede.
Die verlede is altyd vir goed verby. Die lewe is
onomkeerbaar (irreversible). Jou definisie hou dus nie
rekening met onomkeerbaarheid nie.
Maar waarom is die verlede belangrik. Omdat ons die
toekoms daarmee skep. Die toekoms kan nooit in die
niks geskep word nie - al is die toekoms vir nou 'n
niks. Daarom moet ons probeer vasstel wat in die
geskiedenis (herkoms) van die Afrikaner essensieel
belangrik is. Met ander woorde, hoeveel essensies is
daar wat 'n mens 'n Afrikaner maak?
Ek het Afrikaners se geskiedenis aandagtig bestudeer.
Ek het ontdek dat vir elke gewaande essensie ("essensie"
wat nie essensieel is nie) daar mense was wat na gees
pynlik gefolter was omdat hulle nie aan die gewaande
essensie voldoen het nie - mense wat ek nogtans as
Afrikaners kon aanvaar. Iemand soos die Engelse dame
Emily Hobhouse het my siel aangegryp. Sy het aan geen
gangbare definisie van 'n Afrikaner voldoen nie. Tog was
sy vir my een van die wonderlikste Afrikaners wat geleef
het. Om vir mense selfs soos sy voorsiening te maak, het
die volgende omskrywing geleidelik by my vorm aangeneem:
"'n Afrikaner is 'n persoon wat omgee vir die toekoms van
mense wat Afrikaans praat".
> Dan is daar mense wat hulself wel met Afrikaners identifiseer en deur
> Afrikaners aanvaar word as mede-Afrikaners. (Solank hulle net nie met
> 'n aksent praat nie)
Weer 'n definisie met gate so groot dat 'n wa daarin kan
draai.
> Eintlik dink ek die Afrikaners is die enigste mense wat so wonder oor
> hulle identiteit. Die Engelssprekende Suid-Afrikaner beskou homself
> lankal nie meer as 'n Engelsman nie!
Griet, dit tref my ook al jare lank dat Afrikaners so
wonder oor hulle identiteit. Ek het al selfs die
moontlikheid ondersoek dat die begrip Afrikaner
nie identiteit kan verseker nie. Met ander woorde,
dat die begrip Afrikaner identiteitloos is. In so 'n
geval moet die begrip Afrikaner (skyn) ernstige botsings
veroorsaak met die begrip Suid Afrikaner (werklik) omdat
die skynbare en die werklike altyd in konflik is. En
niemand kan stry dat daar ernstige botsings tussen
die twee begrippe is nie. Maar is hierdie botsings
die gevolg van die konflik tussen die skynbare en
die werklike? Nee!
Wat ek vandag weet, is dat die begrip Afrikaner
wel identiteit borg, maar ook dat hierdie identiteit
uiters kompleks is. Dit is so kompleks dat enige
poging om dit te ontrafel, gebrekkig sal wees. Maar
hoekom wil ons dit ontrafel? Om 'n hanteerbare beeld
te vorm van 'n Afrikaner. Maar ons het reeds 'n
hanteerbare beeld! Die Afrikaanse taal - so kompleks
in sy eenvoud as wat maar kan kom. Wie anders
as Afrikaners het hierdie taal geskep?
Dit lyk dus voor die handliggend om te definieer dat
'n Afrikaner 'n persoon is wat Afrikaans praat. Maar
soos ek hierbo aangetoon het, hou die definisie nie
rekening met die komplekse identiteit van die
Afrikaner nie. Beide genls Herzog en Smuts het dit
deegliks besef in die laat veertiger jare toe die
Bruinmense die slagoffer van Apartheid geword het.
Hulle was geweldig besorg oor die toekoms van
Bruinmense wat Afrikaans praat. Die twee manne
was Afrikaners sonder weerga. Maar albei is by die
stembusse verwerp omdat hulle nie as "ware Afrikaners"
beskou is nie. Hulle angstige waarskuwings is in
die wind gewerp. En nou sit ons na 50 jaar met die
gebakte pere.
Ek weet ook iets anders deur jare se navorsing.
Identiteit is een van die sewe essensies van
kreatiwiteit. Daarom verbaas dit my nie dat
Afrikaners na hulle identiteit vra nie. Hulle moet dit
doen om kreatief te wees! Maar hulle moet ook iets
anders onthou. Kreatiwiteit het ook brandstof nodig
om te kan ontwikkel. Die omskrywing van 'n
Afrikaner moet hierdie brandstof aandui. Dit
word aangedui deur die woordjie "omgee" in
my omskrywing van 'n Afrikaner.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10059 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Tue, 22 July 1997 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange" writes: > Griet skryf in artikel
>
> Onthou, daar is tienduisende bruinmense wat dieselfde
> ervaar - mense wat weens hulle herkoms nie as
> Afrikaners aanvaarbaar vir party mense is nie. Hulle
> ouers het nie die "ware gene" gedra nie.
>
Ek kry die volgende informasie uit 'n brief geskryf
aan De Kat (Junie 1997) geskryf deur W.W. Odendaal
van Lyttelton:
" 'n Ruk gelede het ek gekyk na die oorsprong van
die term "Afrikaner." Dis vir die eerste keer opge-
teken in die amptelike stukke van die Kaap deur
landdros Starrenburg van Stellenbosch na aanlei-
ding van 'n gebeurtenis op Sondag 6 Maart 1707.
Op daardie dag het vier mans uitbundig opgetree
in die ou meule van Stellenbosch. Starrenburg het
daarop afgekom en... Hendrik Bibouw.. met sy
rottang gestreep, waarop Hendrik Bibouw uitgeroep
het: "Ik ben een Africaander" om daarmee aan te dui
dat hy nie die gesag van die landdros erken nie...Die
landdros was van die Nederlande en hy was van
Afrika....
Hendrik was die oudste seun van Diedloff Biebouw,
afkomstig uit Meckelenburg, wat in 1699 getroud is
met Willemyntjies Adriaanse de Wit van Rotterdam.
Diedloff se oudste kind, Susanna, was egter die dogter
van die slavin Diana, afkomstig uit Madagaskar. Sy
het wel deel van die familie gebly as oudste dogter.
In hierdie gesin is daar baie oor nasionale gevoelens
gepraat. Hulle het gevoel dat hulle nie van Nederland
was nie, maar van Afrika. Die woord "Africaander"
was 'n huishoudelike term...
Wat baie interessant is, is dat Susanna in vandag se
terme 'n Kleurling was en Hendrik 'n blanke. En hoewel
dit die blanke Hendrik was wie se uitroep dat hy 'n Afri-
kaner is die eerste in die geskiedenis geboekstaaf is, was
dit die Kleurling Susanna wat agter die woord self was.
Dis histories verkeerd om die term "Afrikaner aan
kleur te koppel... Die kleurlinge en blankes het..aanspraak
op die term "Afrikaner," maar die kleurling het 'n klein
voorsprong."
(uitgetik deur gloudina bouwer)
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10075 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Thu, 24 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in article ...
> Ek kry die volgende informasie uit 'n brief geskryf
> aan De Kat (Junie 1997) geskryf deur W.W. Odendaal
> van Lyttelton:
> " 'n Ruk gelede het ek gekyk na die oorsprong van
> die term "Afrikaner." Dis vir die eerste keer opge-
> teken in die amptelike stukke van die Kaap deur
> landdros Starrenburg van Stellenbosch na aanlei-
> ding van 'n gebeurtenis op Sondag 6 Maart 1707.
> Op daardie dag het vier mans uitbundig opgetree
> in die ou meule van Stellenbosch. Starrenburg het
> daarop afgekom en... Hendrik Bibouw.. met sy
> rottang gestreep, waarop Hendrik Bibouw uitgeroep
> het: "Ik ben een Africaander" om daarmee aan te dui
> dat hy nie die gesag van die landdros erken nie...Die
> landdros was van die Nederlande en hy was van
> Afrika....
> Hendrik was die oudste seun van Diedloff Biebouw,
> afkomstig uit Meckelenburg, wat in 1699 getroud is
> met Willemyntjies Adriaanse de Wit van Rotterdam.
> Diedloff se oudste kind, Susanna, was egter die dogter
> van die slavin Diana, afkomstig uit Madagaskar. Sy
> het wel deel van die familie gebly as oudste dogter.
Gloudina,
Baie dankie vir die inligting. Ek kon dit seker self in
De Kat gelees het, maar ek lees nie meer die tydskrif
nie. Dit het te veel artikels vanuit dieselfde gesigspunt.
Dis wonserlik om te weet dat die term Afrikaner op 10 jaar
na 300 jaar oud is. Ek dink dat oor tien jaar daar groot
fees gevier moet word. Of is daar iemand wat iets nog
ouer kan raakloop, se so 1698. Dan kan ons reeds
volgende jaar fees vier. Maar as iemand iets raaklop van
voor 1697, sal ek baie vies wees. Om bykans 'n honderd
jaar te wag voordat daar weer fees gevier kan word, is te
veels te lank!
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10123 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Wed, 30 July 1997 00:00   |
bur...
Boodskappe: 33 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Arthur Hagen skryf:
> John schreef ...
> Dit sal daarom vir my interessant wees om te hoor
>> hoeveel ander in hierdie NG `Boer' as neerhalend, of nie,
>> of heeltemaal neutraal, ervaar.
>
> Het woord "boer" heeft in Nederland niet altijd een positieve
> bijklank.
>
> Er is een periode geweest in de jaren 60/70 dat de term boer eigenlijk
>
> niet meer werd gebruikt. Een boer was een agrarier,
>
>
Arthur,
Meeste van wat ek te sê het, is waarskynlik ou nuus vir jou, maar ek
gaan maar my eiertjie lê.
In Suid-Afrika word die woord "boer" enersyds gebruik om bloot
te verwys na 'n persoon wat 'n boerdery van een of ander aard bedryf.
In hierdie verband het ek selde beleef dat die woord neerhalend gebruik
word of dat op die beroep neergesien word. Dit word wel soms gesê
dat iemend "boers" is. Hierdie gebruik, dink ek, is aan die uitsterf.
Wat ek interessant vind, is die veranderende gebruik in Nederland.
In Namibië sal 'n Duitse boer bv. na homself verwys as
"ein Farmer" en nie as "ein Bauer" nie (met "Farmer" op 'n Duitse manier
uitgespreek eerder as soos op Engels). Daardeur maak hy 'n onderskeid
tussen die boer in Duitsland en homself wat meer van 'n "rancher" is en
gewoonlik eintlik 'n baie groot "besigheid" bestuur.
Andersyds word "Boer" in 'n amper totaal ander verband gebruik om losweg
te verwys na die Afrikaner en ook die mense wat in die
Anglo-Boere-oorlog
teen die Britte geveg het, waarvan baie boere (van die eerste soort)
was.
Dit is dan sommer vertaal na "boor" en is dikwels neerhalend gebruik.
Vandag hang dit af waar jy staan. As jy van die onlangse bydraes
op die nuusgroep lees, sal jy duidelik sien hoe neerhalend die woord
gebruik kan word. Persoonlik het ek geen probleem daarmee as iemand
my 'n Boer noem nie, hoewel ek verkies om as 'n Afrikaner bekend te
staan. My oupa het as Kaapse rebel en as Boer aan die Anglo-Boere-
oorlog deelgeneem. Jy sal begryp dat mens dan noodwendig 'n spesiale
waarde aan die naam "Boer" heg.
Groete
Sybrand
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10279 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 08 August 1997 00:00  |
bur...
Boodskappe: 33 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
AM de Lange skryf:
> . . . 'n XYZ is ['n] persoon wat omgee vir XYZ-sprekers.
> Die ['n] beteken ABC- of DEF- of ...of XYZ-spreker.)
> Die graad van omgee bepaal EEN OF ANDER TYD die graad van
> aanvaarding.
> . . .
Toe ek vroeër gevra het:
"Wat van 'n mens wat (eweveel) omgee vir die toekoms
van mense wat Afrikaans, Engels en ander tale praat?", het
ek dit baie vaag uitgedruk. Wat ek in jou omskrywing van
Afrikaner wou byhê, is iets soos "meer omgee". Terselfdertyd
het dit my nie heeltemal gemaklik laat voel nie.
Dat die graad van omgee een of ander tyd die graad van
aanvaarding bepaal, maak die saak vir my makliker. Emily
Hobhouse is dan inderdaad 'n baie goeie voorbeeld van
iemand wat ek wil aanvaar. Dat so 'n persoon se lojaliteit
wel op meer as een plek mag lê, is dan nie meer diskwalifiserend
nie.
Dankie
Sybrand
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10280 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 08 August 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...
> Daar is nou al baie oor die onderwerp gepraat, maar lyk
> my, nog nie konsensus nie. Nou wil ek ook 'n bydrae lewer.
>
> Vir my beteken die term `Afrikaners': 'n lid van die Afrikaanse
> kultuur. Dus moet mens voor mens kan bepaal wie 'n Afrikaner
> is eers weet wat die Afrikaanse kultuur is. Dis nie altyd so
> maklik nie. 'n Persoon wat iets goeds doen vir lede van die
> Afrikaanse kultuur is egter nie noodwendig ook lid van die
> kultuur nie. Om lid te wees van 'n kultuur moet mens volgens
> daardie kultuur leef en die gebruike, gelowe en tradisies van
> daardie kultuur he^.
Liewe Stef,
Ek is groot gemaak in jou definisie en het self jare daarin geglo.
Totdat ek eendag tot die besef gekom het dat hierdie definisie
aanleiding gee tot inteling en al die gedrogte wat daarmee
gepaard gaan.
Die definisie lewer 'n tweede probleem. Dis uiters moeilik om selfs
net baastenby te sê wat die Afrikaanse kultuur is omdat hierdie
kultuur so kompleks is. Dis nog moeiliker as om byvoorbeeld te sê
dat 'n Damara skaap bepaal word deur sy miljarde gene sodat by
die vasstelling van enige skaap as 'n moontlike Damara, 'n mens
na al sy gene sal moet kyk.
> Dit staan iemand natuurlik vry om 'n ander kultuur aan te neem as
> sy of haar eie. Sodoende kan iemand van 'n ander kultuur wel
> deel word van die Afrikaanse kultuur, deur sy of haar eie kultuur
> af te le^ en die gebruike en idees van die Afrikaanse kultuur aan
> te neem. Die mate waartoe so persoon slaag word bepaal deur die
> mate waarin lede van die kultuur hierdie persoon as lid van die
> kultuur aanvaar.
Kyk na jou woorde "dit staan iemand natuurlik vry...". Daarmee stamp
jy jou eerste definisie te pletter. Hierdie woorde artikuleer jou eintlike
definisie wat nog verborge is in jou stomkunde. Wat sê die res van
jou paragraaf anders as wat ek in my eie omskrywing probeer vasvang
het:
'n XYZ is ['n] persoon wat omgee vir XYZ-sprekers.
Die ['n] beteken ABC- of DEF- of ...of XYZ-spreker.)
Die graad van omgee bepaal EEN OF ANDER TYD die graad van
aanvaarding.
> Nou is dit so dat die term Afrikaner mettertyd 'n ekstra
> betekenis bygekry het, naamlik: beoefenaar en aanhanger van
> Apartheid.
Apartheid is een van die gedrogte van die inteling waarvan
ek geskryf het. Ek wil liewers nie eers die ander begin
bespreek nie.
> Dit is wat veroorsaak het dat mense wat lede is van
> die Afrikaanse kultuur hulself wil distansieer van die term
> Afrikaner. Om 'n Afrikaner genoem te word is soos om 'n
> bekentenis te teken dat mens deel het aan die skuld van Apartheid.
> Dit is so dat nie al die lede van die Afrikaanse kultuur deel het van
> hierdie skuld nie. Vir sommige mense wat vandag in die buiteland
> sit was hierdie saak dalk die hoofoorweging in die besluit om te
> emmigrasie. Hulle wil nie meer Afrikaners wees nie.
'n Ander gevolg van inteling is 'n besondere vorm van steriliteit,
naamlik spontane aborsie binne dae na bevrugting. Om sulke
aborsies te omseil, word van invitro bevrugting gebruik gemaak
en die sigoot dan in 'n ander baarmoeder geplaas wat nie sal
aborteer nie.
Afrikaners in die verstrooiing is dus nie so dom nie. Hulle het
hulle abortering so vrygespring. Maar asseblief, moenie van
ons hier binne Suid Afrika verwag om steeds dieselfde aborterende
baarmoeder te aanvaar nie.
> Maar dit
> veroorsaak ook dat hulle nie meer lede van die Afrikaanse kultuur
> kan wees nie. Dit is nie net as gevolg van die verwerping van die
> term nie. 'n Mens kan slegs deel van 'n kultuur bly as mens daagliks
> tussen ander lede van daardie kultuur is en daar 'n wisselwerking
> van idees tussen hierdie persoon en die ander lede van die kultuur
> is. 'n Kultuur is nie 'n statiese ding nie. Dit is dinamies en voordurend
> aan die verander.
Pragtig gestel. Maar die woord "wisselwerking" wat jy gebruik het
is soos 'n wiskundige simbool X. Die hele kwessie van chaos, orde
bifurkasie, ontluiking en truvalling pas daar in!!!
Die bifurkasie van chaos na orde het twee moontlikhede, of ontluiking
wat voorwaardelik is, of terugvalling as die voorwaardes nie nagekom
word nie terwyl die entropie en dus chaos steeds aan die opbou is.
Mag die kultuur daarvan behoed word dat sy hierdie voorwaardes
haar kultuurdraers ontsê. Dan ontluik die kultuur nie meer hemel toe
nie, maar word sy 'n terugval na die hel.
> Iemand wat in die buiteland sit sal noodwendig
> mettertyd uit voeling raak met die Afrikaanse kultuur. Sodoende
> sal lede van die Afrikaanse kultuur so 'n buitelander mettertyd nie
> meer as lid van hul kultuur aanvaar nie.
Tye verander. Internet het gekom om te bly. Julle buitelandse
Afrikaners wat omgee vir ons wat hier binnelands Afrikaans
praat, kan ons grootste bondgenoot op aarde wees.
Net twee dinge maak saak:
1 Julle moet vir ons OMGEE, maak nie saak hoe groot of
afskuwelik enige Afrikaanssprekende julle gebreke beskou
nie, maak nie saak of julle volgens hulle van daardie gebreke
genees wil word of nie.
2 Julle moet julle vir UBUNTU (mensskap) beywer, maak nie saak
watter mens met watter kultuur (ras, taal, godsdiens, politiek, ...)
betrek word nie, maak nie saak of mense julle en julle ubuntu
verwerp nie.
Ek kan uit chaos-orde-kompleksiteitteorie vir jou aantoon hoekom
hierdie twee sake lotsbepalend is. (Om die waarheid te sê, dit
woord in my boek gedoen.)
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? [boodskap #10281 is 'n antwoord op boodskap #9979] |
Fri, 08 August 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sybrand Burger wrote in article
...
> Toe ek vroeër gevra het:
> "Wat van 'n mens wat (eweveel) omgee vir die toekoms
> van mense wat Afrikaans, Engels en ander tale praat?", het
> ek dit baie vaag uitgedruk. Wat ek in jou omskrywing van
> Afrikaner wou byhê, is iets soos "meer omgee". Terselfdertyd
> het dit my nie heeltemal gemaklik laat voel nie.
>
> Dat die graad van omgee een of ander tyd die graad van
> aanvaarding bepaal, maak die saak vir my makliker. Emily
> Hobhouse is dan inderdaad 'n baie goeie voorbeeld van
> iemand wat ek wil aanvaar. Dat so 'n persoon se lojaliteit
> wel op meer as een plek mag lê, is dan nie meer diskwalifiserend
> nie.
Liewe Sybrand,
Daar is 'n boek wat jy gerus kan lees, geskryf deur David Bohm
naamlik Creativity and the Implicate Order. Daarin behandel hy
die "backaction of the mind on quantum mecahnical wave functions".
Dit kom basies daarop neer dat die meer komplekse ook die minder
komplekse beinvloed en nie net omgekeerd nie. Werk ons nog die
graad ban intensitiet van 'n komplekse orde by soos wat ek vir jou
gedoen het, begin 'n mens se kop duisel.
Ek is dankbaar dat ek vir jou 'n deur kon oopmaak.
Alles va die beste
At de lange
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:21:55 UTC 2025
|