Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kontinentale Drywing " deur CHARLES DURAND
" Kontinentale Drywing " deur CHARLES DURAND [boodskap #101226] Wo, 02 Februarie 2005 13:53
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand

Warrelwind

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Vorige onderwerp: Uit " Kwatryne " deur I.D. du PLESSIS
Volgende onderwerp: " Die Kalksteengroef " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:27:30 MGT 2024