Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plagiaat
Plagiaat [boodskap #101171] Ma, 31 Januarie 2005 05:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Na verlede jaar se wye mediadekking van twee joernaliste wat in artikels
plagiaat gepleeg het, sonder om erkenning te gee an die oorspronklike
skrywer, sou mens dink dat dat dit die einde van die storie sou wees.Toe
nie - 'n sekere Pamela Jooste het 'n boek geskyf, en op verskeie plekke
woord vir woord stukke herhaal wat in Sunday Times verskyn het, sonder om
aan hulle of die skrywer erkenning te gee.
Haar verweer is dat sy nie geweet het sy pleeg plagiaat nie, en dat sy
jammer is.
Nou wonder mens hoeveel geld sy gemaak het met vorige boeke, en gaan maak
met hierdie boek ( dit het 'n literêre prys gekry), met ander mense se
idees, gedagtes en sinsbou, en dit vir haarself toegeëien het.
Plagiaat kom al 'n lang pad met ons - een van my Afrikaanse professors se
doktorale proefskrif is teruggetrek toe daar bevind is hy het met
voorbedagte rade plagiaat gepleeg.

--
Groetnis
Annette
Re: Plagiaat [boodskap #101216 is 'n antwoord op boodskap #101171] Wo, 02 Februarie 2005 00:04 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Iemand" sê vir my "hulle" moet 'n bietjie na die studiemateriaal by sekere
Universiteite gaan kyk - ek verbeel my UNISA se naam is vermeld - maar, ek
is nie seker nie.
Daar is klaarblyklik manne/meisies wat mildelik kennis "deel".
Vorige onderwerp: Re: Ons is amper daar ( Engels)
Volgende onderwerp: Die goeie oue tyd? ( Engels)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 19:16:14 MGT 2024