Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Veerblaaie
Veerblaaie [boodskap #101028 is 'n antwoord op boodskap #101037] Di, 18 Januarie 2005 15:52 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een van
die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net onder
stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die een
kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf van
'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy bedoel:
wardrobes, of kaste.
Re: Veerblaaie [boodskap #101037 is 'n antwoord op boodskap #101028] Di, 18 Januarie 2005 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Wat roes dit dan so daar by julle, wat veroorsaak dit?

"Suidwester" skryf in boodskap news:ZIydnblfK-ExiXDcRVn-jQ@is.co.za...
> Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een
> van die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net
> onder stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die
> een kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
> polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
> kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
> 'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
> Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf
> van 'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy bedoel:
> wardrobes, of kaste.
>
Re: Veerblaaie [boodskap #101052 is 'n antwoord op boodskap #101054] Wo, 19 Januarie 2005 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, die rooigety is nie so algemeen nie, dalk so een of twee keer per jaar
en nie altyd vreeslik erg nie. Dit was veel erger in die verlede. Die
vergroot van die woestyn moet met 'n knippie sout geneem word want op die
oog af mag dit dalk so lyk as jy na sigbare tekens kyk, maar dis nie so
'einfach' nie. 'n Skip wat in die laat 19de eeu aan ons kus gestrand het
en waar geskryf staan dat die diamantdelwers in die wrak in die spoelwater
van die see gebly het tot die kos en die drank op die skip op was, lê daai
wrak nou meer as 'n kilometer weg van die waterkant af. Die rede is egter
dat die winde van die Namib waai sand en as jy 'n obstruksie van daai winde
plaas dan hol die winde rondom die obstruksie, maak vortekse en gooi die
sand reg aan die wind-skadukant van die objek. Omdat die winde uit die
binneland die sand-draende winde is, vorm die duin aan die seekant van die
objek....soos daai skip!
Interessant is die feit dat die damme gebou in die groot riviere van
ons land, verhoed dat spoelsand saam met die stormwater die see haal. Die
sand is veronderstel om die see in te spoel en dat die branders dit weer
uitwerk en neerslag gee op die strande. Swakopmund moes die afgelope jare
sand aanry omdat hul sandstrande sonder sand geraak het oor die gety sand
wegvat en daar is niks om dit aan te vul nie.

"Deneile" skryf in boodskap news:csl59b$420$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie vir die besondere Aardykskunde les was nogal opvoedkundig, so is dit
> 'n algemene ding dat rooi gety plaasvind? Nog iets wat ek so 'n paar jaar
> gelede van gelees het is dat die woestyn dele vergroot en dat die kus lyn
> terug trek, daar waar die water vlak eens was is nou woestyn. Op die
> een foto was daar nog 'n merker wat die watervlak aandui maar wat toe reeds
> 'n hele paar meters van die water in woestyn sand gestaan. Is dit so?
> Het 'n clip op die rekenaar wat wys hoe sandkorreltjies sandsteen gevorm
> het totdat die Egiptenare dit die vorm
> gegee het soos ons dit vandag ken as die Sphinx.
>
> Dit is net leeu wêreld nie, maar ook krokodil volgens 'n dame met wie ek
> gewerk het. Haar dogter woon op Katima bedryf 'n steen besigheid en sy sê
> as die (naam vergeet) rivier af kom is dit niks vreemds om vir krokkie in
> hul agterplaas te kry nie.
>
>
> ----- Original Message -----
> From: "Suidwester"
> To: "Deneile Riffel"
> Sent: Tuesday, January 18, 2005 6:22 PM
> Subject: Re: Veerblaaie
>
>
> Die grootste area 'dooie water' onder op die seebodem lê juis langs ons kus
> op so van 100km suid van Walvisbaai af op tot by ongeveer Kaap Kruis so 'n
> 150km noord van Walvisbaai. Die dooie water is is suurstof-arme water.
> die normale wind is Suid-wes en dit dolwe die koue Benguella-seestroom om
> sodat die koue water van onder na bo kom. Draai die wind egter noord en
> waai lank genoeg, dan skuif warmer water uit die noorde vanuit die ewenaar
> se rigting na ons kus. Die plankton in die warm water vrek en begin gis en
> veroorsaak dat die laag suurstof-arme water al 'dikker' word vanaf die
> seebodem en opstyg na die seevlak toe. Die visse probeer terugswem na die
> diepsee toe waar suurstof in die water is, maar baie maak dit nie en vrek.
> Dit word die rooigety genoem, of 'n swaeluitbarsting in ons volksmond. Die
> see word so liggroen van kleur en die stank van die swaelwaterstof wat
> vrygestel word maak dat dit smaak of iemand lekker gepoep het. Die
> swaelwaterstof verbind egter met die suurstof van die lug en vorm dan
> swaelsuur in die lug wat in die mis gedra word en so word saam met kalksteen
> in die woestyn gips gevorm. Ongelukkig is hierdie suurgehalte van die mis
> en die lug die ding wat die groot roes veroorsaak.
> Miskien moet ek ook vir jou sê dat ons tipiese wind vanoor die see kom
> na die land toe, dus word ie klammigheid na die land gedra elke dag. Dit
> gebeur egter ook dat die winde omdraai: Die berugte ooswind, of bergwinde
> soos die weervoorspellers sê, en dit dra sand uit die woestyn na die see
> toe. Die sand werk natuurlik soos 'n 'sandblaster' en 'n kar wat daarin
> beland kan erge skade optel, soos ligte en voorruit wat vaal
> ge-'sandblast'
> kan word. So ook natuurlik die bakwerk. Breek die verf van die bakwerk
> op 'n plek, moet jy keer want verseker gaan dit roes daar.
> Dan is omtrent al ons grootpaaie geteer, maar die paaie na al die lekker
> plekke is grondpaaie en hier op die kus af, soutpaaie. Beide hierdie het
> klippies op at deur die wiele opgetel en geskiet word en as dit 'n kar tref,
> dan is daar 'n nerf-af merk en die klipskade kan maak dat die bakwerk daar
> roes as jy nie vroegtydig keer nie. Die soutpaaie word natuurlik nat en
> snotterig as die mis dit natmaak en die soutgehalte van die sagte pad is
> geweldig hoog en as jy nie die kar afspuit aan die onderkant na jy so 'n nat
> soutpad gery het nie, sal jy dit later baie goed weet aan die roeskolletjies
> wat orals uitslaan....
> Dis leeuwêreld hierdie!
> ----- Original Message -----
> From: "Deneile Riffel"
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Sent: Tuesday, January 18, 2005 1:58 PM
> Subject: Re: Veerblaaie
>
>
>> Wat roes dit dan so daar by julle, wat veroorsaak dit?

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:ZIydnblfK-ExiXDcRVn-jQ@is.co.za...
>>> Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een
>>> van die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net
>>> onder stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die
>>> een kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
>>> polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
>>> kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
>>> 'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
>>> Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf
>>> van 'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy
>>> bedoel: wardrobes, of kaste.
>

>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ZIydnblfK-ExiXDcRVn-jQ@is.co.za...
>> Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een
>> van die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net
>> onder stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die
>> een kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
>> polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
>> kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
>> 'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
>> Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf
>> van 'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy
>> bedoel: wardrobes, of kaste.
>
Re: Veerblaaie [boodskap #101054 is 'n antwoord op boodskap #101052] Wo, 19 Januarie 2005 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die besondere Aardykskunde les was nogal opvoedkundig, so is dit
'n algemene ding dat rooi gety plaasvind? Nog iets wat ek so 'n paar jaar
gelede van gelees het is dat die woestyn dele vergroot en dat die kus lyn
terug trek, daar waar die water vlak eens was is nou woestyn. Op die
een foto was daar nog 'n merker wat die watervlak aandui maar wat toe reeds
'n hele paar meters van die water in woestyn sand gestaan. Is dit so?
Het 'n clip op die rekenaar wat wys hoe sandkorreltjies sandsteen gevorm het
totdat die Egiptenare dit die vorm
gegee het soos ons dit vandag ken as die Sphinx.

Dit is net leeu wêreld nie, maar ook krokodil volgens 'n dame met wie ek
gewerk het. Haar dogter woon op Katima bedryf 'n steen besigheid en sy sê
as die (naam vergeet) rivier af kom is dit niks vreemds om vir krokkie in
hul agterplaas te kry nie.

----- Original Message -----
From: "Suidwester"
To: "Deneile Riffel"
Sent: Tuesday, January 18, 2005 6:22 PM
Subject: Re: Veerblaaie

Die grootste area 'dooie water' onder op die seebodem lê juis langs ons kus
op so van 100km suid van Walvisbaai af op tot by ongeveer Kaap Kruis so 'n
150km noord van Walvisbaai. Die dooie water is is suurstof-arme water.
die normale wind is Suid-wes en dit dolwe die koue Benguella-seestroom om
sodat die koue water van onder na bo kom. Draai die wind egter noord en
waai lank genoeg, dan skuif warmer water uit die noorde vanuit die ewenaar
se rigting na ons kus. Die plankton in die warm water vrek en begin gis en
veroorsaak dat die laag suurstof-arme water al 'dikker' word vanaf die
seebodem en opstyg na die seevlak toe. Die visse probeer terugswem na die
diepsee toe waar suurstof in die water is, maar baie maak dit nie en vrek.
Dit word die rooigety genoem, of 'n swaeluitbarsting in ons volksmond. Die
see word so liggroen van kleur en die stank van die swaelwaterstof wat
vrygestel word maak dat dit smaak of iemand lekker gepoep het. Die
swaelwaterstof verbind egter met die suurstof van die lug en vorm dan
swaelsuur in die lug wat in die mis gedra word en so word saam met kalksteen
in die woestyn gips gevorm. Ongelukkig is hierdie suurgehalte van die mis
en die lug die ding wat die groot roes veroorsaak.
Miskien moet ek ook vir jou sê dat ons tipiese wind vanoor die see kom
na die land toe, dus word ie klammigheid na die land gedra elke dag. Dit
gebeur egter ook dat die winde omdraai: Die berugte ooswind, of bergwinde
soos die weervoorspellers sê, en dit dra sand uit die woestyn na die see
toe. Die sand werk natuurlik soos 'n 'sandblaster' en 'n kar wat daarin
beland kan erge skade optel, soos ligte en voorruit wat vaal ge-'sandblast'
kan word. So ook natuurlik die bakwerk. Breek die verf van die bakwerk
op 'n plek, moet jy keer want verseker gaan dit roes daar.
Dan is omtrent al ons grootpaaie geteer, maar die paaie na al die lekker
plekke is grondpaaie en hier op die kus af, soutpaaie. Beide hierdie het
klippies op at deur die wiele opgetel en geskiet word en as dit 'n kar tref,
dan is daar 'n nerf-af merk en die klipskade kan maak dat die bakwerk daar
roes as jy nie vroegtydig keer nie. Die soutpaaie word natuurlik nat en
snotterig as die mis dit natmaak en die soutgehalte van die sagte pad is
geweldig hoog en as jy nie die kar afspuit aan die onderkant na jy so 'n nat
soutpad gery het nie, sal jy dit later baie goed weet aan die roeskolletjies
wat orals uitslaan....
Dis leeuwêreld hierdie!
----- Original Message -----
From: "Deneile Riffel"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Tuesday, January 18, 2005 1:58 PM
Subject: Re: Veerblaaie

> Wat roes dit dan so daar by julle, wat veroorsaak dit?
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ZIydnblfK-ExiXDcRVn-jQ@is.co.za...
>> Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een
>> van die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net
>> onder stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die
>> een kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
>> polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
>> kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
>> 'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
>> Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf
>> van 'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy
>> bedoel: wardrobes, of kaste.

>
>

"Suidwester" skryf in boodskap news:ZIydnblfK-ExiXDcRVn-jQ@is.co.za...
> Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een
> van die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net
> onder stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die
> een kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
> polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
> kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
> 'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
> Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf
> van 'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy bedoel:
> wardrobes, of kaste.
>
Die kus se sand [boodskap #101060 is 'n antwoord op boodskap #101054] Wo, 19 Januarie 2005 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester
Omdat die winde uit die binneland die sand-draende winde is, vorm die duin
aan die seekant van die
objek....soos daai skip!
Interessant is die feit dat die damme gebou in die groot riviere van
ons land, verhoed dat spoelsand saam met die stormwater die see haal.

HansWillem
In meer moderne tye is dit Oranjemund se diamantdelwerye wat sorg dat sand
see-in gepomp word waar die Benguellastroom dit Noord voer. Dis volgende
wetenskaplikes die hoofrede hoekom die Pelican Point duin jaarliks omtrent
25 meter see-in groei. In die sestigerjare was die ligtoring omtrent op
die punt van die duin. Dis nou 2,4 kilometer van die punt af. Dit werk
uit op 54 meter groei gemiddeld per jaar sedert 1960 maar in die laaste jare
het dit gestabiliseer op 25 meter.

Ek meen hierdie syfers staaf die effek van riviere se spoelsand wat nou agv
die damme nie meer 'n faktor is nie - is net Oranjemund wat nog sand gooi.
Dus moes die natuur en Oranjemund omtrent in gelyke mate bygedra het.
Re: Die kus se sand [boodskap #101064 is 'n antwoord op boodskap #101060] Do, 20 Januarie 2005 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11120
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bietjie van die punt af, maar nog steeds winderig:))
Wat en hoe bepaal die invloed van die rigting van 'n wind?
Soos ek die sakie sien, is die winde met ons - maar iets bepaal die rigting
en waar dit waai.

--
Groetnis
Annette

"HansWillem" skryf in boodskap news:AbCdnUMfcconAHPcRVn-sw@is.co.za...
> Suidwester
> Omdat die winde uit die binneland die sand-draende winde is, vorm die duin
> aan die seekant van die
> objek....soos daai skip!
> Interessant is die feit dat die damme gebou in die groot riviere van
> ons land, verhoed dat spoelsand saam met die stormwater die see haal.
>
> HansWillem
> In meer moderne tye is dit Oranjemund se diamantdelwerye wat sorg dat sand
> see-in gepomp word waar die Benguellastroom dit Noord voer. Dis volgende
> wetenskaplikes die hoofrede hoekom die Pelican Point duin jaarliks omtrent
> 25 meter see-in groei. In die sestigerjare was die ligtoring omtrent op
> die punt van die duin. Dis nou 2,4 kilometer van die punt af. Dit werk
> uit op 54 meter groei gemiddeld per jaar sedert 1960 maar in die laaste jare
> het dit gestabiliseer op 25 meter.
>
> Ek meen hierdie syfers staaf die effek van riviere se spoelsand wat nou agv
> die damme nie meer 'n faktor is nie - is net Oranjemund wat nog sand gooi.
> Dus moes die natuur en Oranjemund omtrent in gelyke mate bygedra het.
>
So werk wind [boodskap #101074 is 'n antwoord op boodskap #101064] Do, 20 Januarie 2005 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Soos meeste ander goed op aarde word wind ook deur die son veroorsaak.
Wanneer die son een area lekker warm bak word die lug ook warm en omdat warm
lug se digtigheid baie laer is as koue lug, styg dit op moet 'n vet spoed.
(Dit is hierdie opwaartse lugstrome was gliders en asvoëls gebruik om sonder
energie vir ure lank in die lug rond te dryf.) Dit veroorsaak 'n relatiewe
vacuum wat weer lug insuig en siedaar, jy't wind. 'n Baie makliker manier
om wind op te wek is natuurlik om teveel kool of sousboontjies te eet! :)))

"Annette" skryf in boodskap news:csnfl1$ks2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bietjie van die punt af, maar nog steeds winderig:))
> Wat en hoe bepaal die invloed van die rigting van 'n wind?
> Soos ek die sakie sien, is die winde met ons - maar iets bepaal die rigting
> en waar dit waai.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "HansWillem" wrote in message
> news:AbCdnUMfcconAHPcRVn-sw@is.co.za...
>> Suidwester
>> Omdat die winde uit die binneland die sand-draende winde is, vorm die duin
>> aan die seekant van die
>> objek....soos daai skip!
>> Interessant is die feit dat die damme gebou in die groot riviere van
>> ons land, verhoed dat spoelsand saam met die stormwater die see haal.
>>
>> HansWillem
>> In meer moderne tye is dit Oranjemund se diamantdelwerye wat sorg dat sand
>> see-in gepomp word waar die Benguellastroom dit Noord voer. Dis volgende
>> wetenskaplikes die hoofrede hoekom die Pelican Point duin jaarliks omtrent
>> 25 meter see-in groei. In die sestigerjare was die ligtoring omtrent op
>> die punt van die duin. Dis nou 2,4 kilometer van die punt af. Dit werk
>> uit op 54 meter groei gemiddeld per jaar sedert 1960 maar in die laaste jare
>> het dit gestabiliseer op 25 meter.
>>
>> Ek meen hierdie syfers staaf die effek van riviere se spoelsand wat nou agv
>> die damme nie meer 'n faktor is nie - is net Oranjemund wat nog sand gooi.
>> Dus moes die natuur en Oranjemund omtrent in gelyke mate bygedra het.
>>
>
Re: So werk wind [boodskap #101078 is 'n antwoord op boodskap #101074] Vr, 21 Januarie 2005 06:48 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11120
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
"))) Of om 'n hele spul koeie op een kol aan te hou:))
--
Groetnis
Annette

"Sakkie" skryf in boodskap news:gIqdnVegTqOijW3cRVn-pQ@is.co.za...
> Soos meeste ander goed op aarde word wind ook deur die son veroorsaak.
> Wanneer die son een area lekker warm bak word die lug ook warm en omdat warm
> lug se digtigheid baie laer is as koue lug, styg dit op moet 'n vet spoed.
> (Dit is hierdie opwaartse lugstrome was gliders en asvoëls gebruik om sonder
> energie vir ure lank in die lug rond te dryf.) Dit veroorsaak 'n relatiewe
> vacuum wat weer lug insuig en siedaar, jy't wind. 'n Baie makliker manier
> om wind op te wek is natuurlik om teveel kool of sousboontjies te eet! :)))
>
> "Annette" wrote in message
> news:csnfl1$ks2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Bietjie van die punt af, maar nog steeds winderig:))
>> Wat en hoe bepaal die invloed van die rigting van 'n wind?
>> Soos ek die sakie sien, is die winde met ons - maar iets bepaal die rigting
>> en waar dit waai.
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "HansWillem" wrote in message
>> news:AbCdnUMfcconAHPcRVn-sw@is.co.za...
>>> Suidwester
>>> Omdat die winde uit die binneland die sand-draende winde is, vorm die duin
>>> aan die seekant van die
>>> objek....soos daai skip!
>>> Interessant is die feit dat die damme gebou in die groot riviere van
>>> ons land, verhoed dat spoelsand saam met die stormwater die see haal.
>>>
>>> HansWillem
>>> In meer moderne tye is dit Oranjemund se diamantdelwerye wat sorg dat sand
>>> see-in gepomp word waar die Benguellastroom dit Noord voer. Dis volgende
>>> wetenskaplikes die hoofrede hoekom die Pelican Point duin jaarliks omtrent
>>> 25 meter see-in groei. In die sestigerjare was die ligtoring omtrent op
>>> die punt van die duin. Dis nou 2,4 kilometer van die punt af. Dit werk
>>> uit op 54 meter groei gemiddeld per jaar sedert 1960 maar in die laaste jare
>>> het dit gestabiliseer op 25 meter.
>>>
>>> Ek meen hierdie syfers staaf die effek van riviere se spoelsand wat nou agv
>>> die damme nie meer 'n faktor is nie - is net Oranjemund wat nog sand gooi.
>>> Dus moes die natuur en Oranjemund omtrent in gelyke mate bygedra het.
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Brandstof a la Afrika!
Volgende onderwerp: Dame met die 4x4
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 01 05:25:19 UTC 2022