| Beïndruk [boodskap #10102] |
Ma., 28 Julie 1997 00:00  |
v9516778.8....
Boodskappe: 5 Geregistreer: Mei 1997
|
Junior Lid |
|
|
Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!
Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!
vannie PUK-af
George
|
|
|
|
|
|
| Re: Beïndruk [boodskap #10129 is 'n antwoord op boodskap #10102] |
Wo., 30 Julie 1997 00:00  |
v9516778.8....
Boodskappe: 5 Geregistreer: Mei 1997
|
Junior Lid |
|
|
In article "AM de Lange" writes:
> From: "AM de Lange"
> Subject: Re: Beïndruk
> Date: 28 Jul 1997 12:28:34 GMT
> George skryf in artikel
> ...
>> Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
>> nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
>> hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
>> gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
>> meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
>> kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!
>>
>> Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
>> sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!
> George,
> Om op die kantlyn te sit en net te lees wat geskryf
> word op die NG, is nie hoe 'n opbouende leesgroep
> werk nie. Dit vereis dat almal wat die NG lees
> 1 skeppend moet deelneem
Dankie At, dit is my plan om nog skeppend deel te neem, maar voor ek met my
voet in my mond sit wil ek eers die kat goed uit die boom uitkyk. Ek sê
nie daarmee dat ek NOOIT op tone sal trap nie, so leer 'n mens, maar om
blindelings by 'n ng (soos met enige ander geselskap) in te val en begin
praat is nou ook nie my styl nie. Maar wees verseker daarvan dat ek weer
sal deelneem!! :)
Groete
George
|
|
|
|