Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans
Afrikaans [boodskap #101010] Ma, 17 Januarie 2005 18:43 na volgende boodskap
petrus[2]  is tans af-lyn  petrus[2]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
          NUUSKOMMENTAAR: Maandag 17 Januarie 2005
         Ons sal nie gaan lê, ons sal nie Engels word

Lord Charles Somerset en die Britse empaaier kon dit nie doodkry nie.
Milner,
medemoordenaar van 26 duisend Boerevroue en kinders en sy ingevoerde
kindergarden kon dít nie vermoor nie. Die oorgeplante Skotse predikante wat
ons siele moes kom verengels, moes kop gee en, soos 'n Vader Kestell, selfs
deel van die Boerevolk word.

Thabo Mbeki en die ANC sal dit ook nie regkry nie. Ons het nie bes gegee vir
Britse Engels nie en ons sal ook nie die knie buig voor Afrika-Engels nie.
Ons
sal sorg dat ons kinders Afrikaans bly, al verloor ons soos in enige stryd
slagoffers en swakkelinge langs die pad.

As dit by Afrikaans kom, veg die Boerevolk voort. Ons mag aan die begin
oorbluf gewees het, maar al die tekens is daar dat ons mense aan die opruk
is. Ons wen ook goeie en al meer veldslae.

Soos lord Charles Somerset wou, so wil die ANC ook die howe verengels en
veral Afrikaans daar uitgeskakel kry. Hulle poging om Afrikaans as taal
waarin
die hofrekords genotuleer word, af te skaf, kon tot dusver danksy die
verbete
weerstand van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans nie slaag nie. Hulle
sou hulle teen die hooggeregshof, die Grondwetlike hof en die Grondwet
vasloop daarmee.

Pas het 'n prokureur van Verwoerdburg, mnr Morn, Gouws, 'n klinkende
oorwinning vir Afrikaans in die Engelse Durban behaal. Getransformeerde
landdros K Suliman het aanvanklik geweier om vonnis ten gunste van sy
kli?nt in 'n siviele geding te gee omdat die hofstukke in Afrikaans ingedien
was. Hy het amptelik navraag gedoen waarom die hofstukke in Afrikaans is
en nie in Engels nie.

Mnr Gouws het voet by stuk gehou, geweier om die hofstukke in Engels te
laat indien. Hy het dit net so, met die navraag en al weer in Afrikaans
ingedien. Nadat die aangeleentheid heelwat opslae in die media gemaak het,
veral oor Radio Pretoria, moes landdros Suliman bes gee en het hy die vonnis
sonder verdere probleme toegestaan.

Voorvalle soos hierdie sal natuurlik aanhoudend voorkom, veral namate
diegene op die regbank en selfs daarvoor hulle eie voorkeur vir
Afrika-Engels
wil laat geld.
Maar ons glo sulke pogings is nie net teen die grondwet nie, maar 'n
skending
van elke Afrikaanssprekende se reg op 'n regverdige verhoof.

Die poging om Afrika-Engels die enigste onderrigtaal in ons skole te maak,
begin ook die wind van voor kry. Deur die land heen word pogings om die
paar Afrikaansmedium-skole wat oorgebly het ook deur transformasie te
verengels, in die howe teengestaan. Suksesse is al behaal, maar die stryd
duur voort.

Ons het selfs getalle aan ons kant. Afrikaans is volgens Statistiek
Suid-Afrika
2001 die huistaal van altesame amper ses miljoen mense, 5 983 426 om
presies te wees. Onder hulle is 2-komma-5 miljoen wittes, maar ook 19-
duisend Asiate, 253-duisend swartes en 3-miljoen bruinmense.

Soos een van ons belangrikste taalstryders, prof Jaap Steyn, egter onlangs
opgemerk het, Afrikaanstaliges kan net iets bereik as hulle druk kan
uitoefen
en die mag van maghebbers kan beperk. Daarom loop die taalstryd hand aan
hand met die bevrydingstryd van die volk.
Re: Afrikaans [boodskap #101012 is 'n antwoord op boodskap #101010] Ma, 17 Januarie 2005 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jan 2005 20:43:38 +0200, "petrus"  wrote:

> Soos lord Charles Somerset wou, so wil die ANC ook die howe verengels en
> veral Afrikaans daar uitgeskakel kry.

Dude, het Afrikaans in Somerset se tyd al bestaan?
Re: Afrikaans [boodskap #101013 is 'n antwoord op boodskap #101010] Ma, 17 Januarie 2005 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"petrus" skryf

>             NUUSKOMMENTAAR: Maandag 17 Januarie 2005
>            Ons sal nie gaan lê, ons sal nie Engels word
>
>  Lord Charles Somerset en die Britse empaaier kon dit nie doodkry nie.
>  Milner,
>  medemoordenaar van 26 duisend Boerevroue en kinders en sy ingevoerde
>  kindergarden kon dít nie vermoor nie. Die oorgeplante Skotse predikante wat
>  ons siele moes kom verengels, moes kop gee en, soos 'n Vader Kestell, selfs
>  deel van die Boerevolk word.

Maar rsaboy Frikkie Potgieter en sy soort sal dit
regkry. Die einste "Boerevolk" sal dit regkry. Want
hulle buig hulle knie voor buitelandse reaksionêre
elemente, wat Engels as voertaal gebruik.

Die Ruiter in die Dag
Re: Afrikaans [boodskap #101036 is 'n antwoord op boodskap #101013] Di, 18 Januarie 2005 15:38 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - hulle volg bloot jou voorbeeld na ...
(Oeps maar die geheue is kort - moet die Noord Amerikaanse winter wees....)
Vorige onderwerp: Super 12
Volgende onderwerp: Vragie op vrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:27:35 MGT 2024