Tuis » Lekker » Kos & resepte » Eiervrug vir beginners
|
|
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100933 is 'n antwoord op boodskap #100929] |
Mon, 10 January 2005 23:59   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf
> Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
> gaar te maak en voor te sit?
Simon, ek is die laaste een wat vir jou reseppe moet
gee. Maar aangesien niemand anders dit nou wil doen
nie, hier is my stuiwer in die armbeurs. Eiervrug is baie
gesond en baie laag in kalorieë en mens word aangemoedig
om dit te eet.
Baie mense maak dit as chips deur dit in klein skyfies te
sny, en dit dan met sout te vryf om die bitterheid bietjie
uit te kry, en dit dan in olie te braai. Maar die olie maak
dit natuurlik ongesond. Beter is om dit in relatiewe klein
stukkies te sny, taamlik welig te bestrooi met sout, en dit
dan in die oond te bak ( met skil en al.)
Die vorm waarin ons dit taamlik gereeld eet, is egter
as gekerriede eiervrug, wat ek moet bieg ek in klein
maat by ons lokale health food store koop. Maar hier
is die resep uit "Moosewood Cookbook" waarby
baie Kanadese sweer:
Eggplant Curry
Preparation time 45 minutes
2 to 3 tbs butter and/or peanut oil
1 tbs mustard seeds
2 tbs sesame seeds
2 tsp cumin seeds
one and a half cups chopped onion
one and a half to two tsp salt
2 tsp turmeric
one quarter tsp cayenne
2 medium eggplants cut into 1-inch slices
water as needed
2 cups frozen or fresh green peas
optional : 1 small bunch fresh cilantro, minced.
( 1) Heat butter or oil over medium heat in a very large,
deep skillet or Dutch oven. Add seeds, and saute until they
begin to pop.
(2) Add onion, salt, turmeric and cayenne. Cook, stirring
occasionally, for 8 to 10 minutes, or until the onion is translucent.
(3) Add eggplant and salt. Cook, stirring from the bottom
regularly, for 15 to 20 minutes - until the eggplant is soft.
You might need to add a little water if the mixture is too dry.
Cover the pan between stirrings.
(4) Steam the peas until they are just tender and bright green.
Serve the curry over rice, topped with peas and freshly minced
cilantro.
As jy lui soos ek is, koop dan vir jou een van hierdie kerrie-
mengsels in 'n winkel, waar al die kerrie-bestandele alreeds
in is. Dan sal die proses baie korter wees.
Mens kan eiervrug ook byvoeg by enige soort mengsel. Die
effense bitter smaak wat dit gewoonlik het, kan jy verhoed deur
die ente taamlik diep af te sny, en die stukke eiervrug in 'n bietjie
sout te vryf.
Die Middeloosterse " Baba Ganouj" is 'n dip wat van eiervrug
gemaak word.
a little oil, for the baking sheet
1 medium (7 inch) eggplant
2 medium cloves garlic, minced
quarter cup fresh lemon juice
quarter cup sesame tahini
half a tsp of salt
black pepper or cayenne to taste
olive oil for the top
freshly minced parsley for the top
(1) Preheat oven to 350 F. Lightly oil a baking sheet
(2) Slice the eggplant in half lengthwise, and place face-
down on the baking sheet. Bake for 30 minutes or until
very tender. Cool until comfortable to handle.
(3) Scoop out the eggplant pulp, and discard the skin.
Place the pulp in a foor processor or blender, and add the
garlic, lemon juice, tahini and salt. Purée until smooth.
(Another alternative is to mash by hand, leaving the eggplant
a little chunky.)
(4) Transfer to an attractive serving dish, cover tightly,
and chill. Drizzle the top with a little olive oil adn sprinkle
with minced parsley just before serving. Serve with
crackers.
Gloudina
|
|
|
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100934 is 'n antwoord op boodskap #100929] |
Tue, 11 January 2005 00:24   |
news[3]
Boodskappe: 61 Geregistreer: January 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:W8KdneN2O_LiVH_cRVn-uw@is.co.za...
Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
gaar te maak en voor te sit?
Swart Simon
Jy kan dit ook met olyfolie en knoffel bedrup, met swartpeper en sout, en
dan grill jy dit net onder die oond se boonste element (skil kan bo). Dan,
as dit swart gebraai is, haal jy dit uit, sit dit in n papier sakkie en laat
dit rus vir n rukkie, haal dit dan uit, en trek die swart gedeeltes af, en
meng dit in met n salsa, of uie en sampioene - baie lekker. Of jy kan
Griekse mousaka maak, gaan kyk by Google vir n Mousaka resep.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100965 is 'n antwoord op boodskap #100953] |
Wed, 12 January 2005 23:19   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf:
> "Katryn" wrote in message
>> Wil jy weet hoe mens weet wanneer dit manlik of
> vroulik is, of weet jy
>> alreeds?
>
>
> Vertel! Vertel!
LOL, ek is seker jy het vir jouself gesê di'e ene gaan interessant
wees, want hoe de duiwel kan 'n vrug, manlik wees?
Nee, ek weet ook nie rerig nie, maar my ma het vir my gewys dat mens
na die onderkant van die eiervrug moet kyk (die bloeisel kant). Die
sogenaamde "manlike" aubergine is gewoonlik glad met geen indentasie
nie. Die "vroulike" ene het 'n dimpel en is ronder. Soms is dit
nogal moeilik om agter te kom, dan kyk jy vir ene wat 'n langer
"letsel" het. Hoop dit maak sin. Jy sal verstaan as jy die ding
bekyk.
Vir een of ander rede werk die sortering nogal. Probeer gerus en kyk
of jy die verskil kan proe. Ek glo nie dit is net my verbeelding nie,
en ook nie dat dit net verskillende tipes aubergines is nie.
Maar dit is natuurlik heel moontlik. Mens glo mos altyd jou ma (wel
as mens ouer is) En buitendien het Jacques Pepin dit ook vir ons
gewys, en hy sal nie jok nie. ;-)
Waar is Drom? Hy sal seker vir ons beter kan verduidelik van manlike
en vroulike vrugte.
Botanie was nie juis een van my sterk vakke nie. Maar ek kan darem
eiervrugte sex.
;-)
|
|
|
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100966 is 'n antwoord op boodskap #100952] |
Wed, 12 January 2005 23:42   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf:
> "Katryn" wrote in message
>> Die ander dis wat ek baie maak is Ratatouille. Laat
> weet as jy 'n
>> resep daarvoor wil h^e.
>
>
> Asseblief.
Ek maak dit so baie, dat ek nie eens meer weet waar die oorspronlike
resep is nie, maar ek is seker daar sal vele op die Internet wees.
Omdat ek altyd haastig is, doen ek min of meer die volgende:
Skil "manlike" eiervrug en kap in blokkies. (Ek weet mens is
veronderstel om dit eers in skywe te sny, en dan sout oor te strooi,
en dan op 'n bord met 'n gewig daarop (met handoekpapier tussen die
bord en aubergine en gewig) te los vir 'n klomp minute en dan af te
droog en dan eers te gebruik. Maar dit neem tyd, en ek dink dit is
onnodig. Maar doen dit maar gerus as jy dalk gaste kry wat bietjie
fiemieserig is wat smaak betref)
Ek gebruik sowat 2 of 3 zucchini afhangende van die grootte. Kap dit
ook in blokkies.
1 soet groenrissie en 1 ui, en as jy wil, want dit lyk mooi, kan jy
ook 'n geel en oranje soetrissie opkap.
Sowat 3 tamaties (ook opgekap) En weereens, vir fiemieserige gaste
moet jy die skil van die tamatie verwyder, en ook die pitte. Ek doen
dit geensins.
Dit is die basiese bestanddele, maar jy kan byvoeg of weglaat soos dit
jou smaak pas.
Om die storie aanmekaar te sit - gebruik 'n eetlepel of effens meer
olyfolie in in groterige pan. Verhit die olie, en gooi dan al jou
groente daarin. Voeg daarby sowat 1 t sout, peper na smaak, en dan
die kruie wat jy van hou. Ek verkies vars basil en oregano, maar jy
kan ook marjoram gebruik. Of watookal jou smaak pas.
O ja, moenie die knoffel vergeet nie. 1 huisie vars knoffel sal die
meeste mense geukkig hou, maar meer is altyd goed. Roerbraai dan tot
die groente na jou smaak gaar is. Ek hou daarvan nie oorgaar nie,
maar ander mense verkies dit weer sagter en sal dit dus langer braai.
Terloops, dit is heerlik warm of koud.
En ek is seker ek het iets belangriks uitgelaat, so dit sal dalk beter
wees om 'n ordentelike resep iewers te kry op die Internet of in 'n
resepte boek.
Hoop dit help.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 04:46:47 UTC 2025
|