| Hoekom? [boodskap #100919] |
Ma., 10 Januarie 2005 12:41  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die koerante was gister en vandag vol van die Australiër wat verdrink het
toe hy probeer het om iemand wat al 10 jaar lank in 'n watergraf is, te gaan
uithaal.
Nou wil ek graag weet hoekom - wat is die verskil om onder water begrawe te
wees of onder grond?
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #100926 is 'n antwoord op boodskap #100923] |
Ma., 10 Januarie 2005 15:34   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die "lyk" wat uitgehaal wou word is al 10 jaar daar - net 'n stuk geraamte
in 'n duikpakkie. Nou is daar twee - 'n oue en 'n nuwe.....
--
Groetnis
Annette
"Blokkies" skryf in boodskap news:cru316$jmb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Omdat 'n verrotenden mens die water kan besmet en in die grond is jy kompos.
>
> "Annette" wrote in message
> news:crtv55$c1g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die koerante was gister en vandag vol van die Australiër wat verdrink het
>> toe hy probeer het om iemand wat al 10 jaar lank in 'n watergraf is, te
>> gaan
>> uithaal.
>> Nou wil ek graag weet hoekom - wat is die verskil om onder water begrawe
>> te
>> wees of onder grond?
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #100996 is 'n antwoord op boodskap #100994] |
Sa., 15 Januarie 2005 12:07   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis glo naby Kuruman - die derde diepste varswater gat in die wêreld
--
Groetnis
Annette
"@rogers.com" skryf in boodskap news:loydnTy1HdbYp3XcRVn-qw@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Die koerante was gister en vandag vol van die Australiër wat verdrink het
>> toe hy probeer het om iemand wat al 10 jaar lank in 'n watergraf is, te gaan
>> uithaal.
>
> Dit was vandag voorbladnuus op die Globe en Mail
> hier in Kanada. Met 'n groot foto van die duiker en
> selfs 'n foto van die ou wat tien jaar gelede verdrink
> het. Waar is Boesmansgat grot in die Noordelike
> Kaap?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #100997 is 'n antwoord op boodskap #100995] |
Sa., 15 Januarie 2005 12:09   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja, ek is bly dat die plek nou lykloos is, sodat daar nie nog 'n lewe
verloor word om die lyke daar uit te haal nie.
'n Program oor die video wat gevind is van sy laaste 24 minute op aarde gaan
Dinsdagaand op e-tv vertoon word.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:icmdnY_MK__MMnXcRVn-uA@is.co.za...
> Annette sal bly wees om te hoor dat toe hulle die toue optrek toe's beide
> die nuwe lyk 'n die ou lyk vasgehaak aan daai tou en die gat is nou
> lykloos....
> "@rogers.com" wrote in message
> news:loydnTy1HdbYp3XcRVn-qw@rogers.com...
>>
>> "Annette" skryf
>>
>>> Die koerante was gister en vandag vol van die Australiër wat verdrink het
>>> toe hy probeer het om iemand wat al 10 jaar lank in 'n watergraf is, te gaan
>>> uithaal.
>>
>> Dit was vandag voorbladnuus op die Globe en Mail
>> hier in Kanada. Met 'n groot foto van die duiker en
>> selfs 'n foto van die ou wat tien jaar gelede verdrink
>> het. Waar is Boesmansgat grot in die Noordelike
>> Kaap?
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #101002 is 'n antwoord op boodskap #101001] |
Ma., 17 Januarie 2005 05:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die vraag is natuurlik of dit die lyk van Dreyer is, want die skedel van die
geraamte wat saam met Shaw opgedryf het, was sonder skedel:))
--
Groetnis
Annette
>
>> Dis glo naby Kuruman - die derde diepste varswater gat in die wêreld
>
>
> Die episode was mind blowing om heel ander redes as wat daar gebeur
> het, maar eerder omdat dit, wel, die hele aard van ons realiteit
> bevraagteken - of so iets.
> Ek is nie seker wat dit presies se of vra nie, maar hier is dit:
>
> 'n Jong duiker met die van van Dreyer daal 10 jaar gelede af na benede
> 200 meter in een van die diepste duike nog. Iets gaan verkeerd en hy
> sterf.
>
> Tien jaar later (dis nou verlede jaar) duik 'n Australiese diep duiker
> daar af om nof 'n rekord op te stel en kom toevallig af op Dreyer se
> lyk. Niemand kon dit nog vind nie. Hy merk dit en keer 'n maand of wat
> later terug om dit uit te haal.
> Hy sien Dreyer se ouers. Mense vind mekaar op vlakke en persoonlike
> geskiedenis is op die punt om voltooi te raak.
>
> Die Aussie duiker, ene Shaw, en 'n groot span waaronde polisieduikers
> daal weer af om die lyk uit te haal. Dis 'n reuse operasie want die
> mense moet in stadiums afgaan en opkom. Dit vat ure om af te gaan ek
> op te gaan. 'n Dekompressie-kamer word ook soontoe geneem om te help
> om hulle te laat oorleef van die duik.
>
> Iets gaan verkeerd en Shaw kom nie op nie. Hy het ook daar gesterf.
> Later doen van die duikers opruimingswerk met toue ens en Shaw sowel
> as Dreyer se lyke dryf na bowe.
>
> Dir tragiek gryp almal met reg aan.
>
> Nou vir die laaste stukkie. Dreyer se ouers beplan om sy as in die gat
> te strooi.
>
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #101003 is 'n antwoord op boodskap #101001] |
Ma., 17 Januarie 2005 05:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek vind weer die artikels in gister se koerante oor die "redes" wat
diepduikers gee hoekom hulle kwansuis dit sou doen.
Die een beweer die absolute donkerte en stilte is 'n wonderlike
ondervinding, 'n ander beweer die adrenalien pomp elke keer as hy lewendig
terugkeer, want dan het hy die dood weereens geflous, en 'n derde een beweer
sy besweer haar vrese en leer haarself ken terwyl sy aan 'n tou die donker
dieptes aandurf.
--
Groetnis
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:5lllu0l158neou06c4pi1ru5v7i2j3teu9@4ax.com...
>
>
>
>
>> Dis glo naby Kuruman - die derde diepste varswater gat in die wêreld
>
>
> Die episode was mind blowing om heel ander redes as wat daar gebeur
> het, maar eerder omdat dit, wel, die hele aard van ons realiteit
> bevraagteken - of so iets.
> Ek is nie seker wat dit presies se of vra nie, maar hier is dit:
>
> 'n Jong duiker met die van van Dreyer daal 10 jaar gelede af na benede
> 200 meter in een van die diepste duike nog. Iets gaan verkeerd en hy
> sterf.
>
> Tien jaar later (dis nou verlede jaar) duik 'n Australiese diep duiker
> daar af om nof 'n rekord op te stel en kom toevallig af op Dreyer se
> lyk. Niemand kon dit nog vind nie. Hy merk dit en keer 'n maand of wat
> later terug om dit uit te haal.
> Hy sien Dreyer se ouers. Mense vind mekaar op vlakke en persoonlike
> geskiedenis is op die punt om voltooi te raak.
>
> Die Aussie duiker, ene Shaw, en 'n groot span waaronde polisieduikers
> daal weer af om die lyk uit te haal. Dis 'n reuse operasie want die
> mense moet in stadiums afgaan en opkom. Dit vat ure om af te gaan ek
> op te gaan. 'n Dekompressie-kamer word ook soontoe geneem om te help
> om hulle te laat oorleef van die duik.
>
> Iets gaan verkeerd en Shaw kom nie op nie. Hy het ook daar gesterf.
> Later doen van die duikers opruimingswerk met toue ens en Shaw sowel
> as Dreyer se lyke dryf na bowe.
>
> Dir tragiek gryp almal met reg aan.
>
> Nou vir die laaste stukkie. Dreyer se ouers beplan om sy as in die gat
> te strooi.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #101007 is 'n antwoord op boodskap #101005] |
Ma., 17 Januarie 2005 17:14   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Is dit nie maar net die versugting van die individu om anders te wees as die
man langs hom nie? Almal van ons probeer iets spesiaal te wees. Sommiges
slaag maklik ander nie so maklik nie en as hy/sy dan wil uitstyg, dan moet
hy/sy iets doen wat besonders is. Party klouter berge, ander geboue en
pale, ander spring uit vliegtuie uit, ander speel sport. Die een spel is
maar net gevaarliker as die ander. Maar ek moet sê dat as jy 'n nag in die
woestyn beleef het wat absoluut geluidloos is want daar is geen naggeluide
nie, is 'n kopskoonmaak-sessie soos min. Dit los jou met jou eie gedagtes
sonder enige invloede van buite.
"@rogers.com" skryf in boodskap news:qtKdncG74LXKNXbcRVn-gg@rogers.com...
>
> "Annette" skryf.
>
>> Ek vind weer die artikels in gister se koerante oor die "redes" wat
>> diepduikers gee hoekom hulle kwansuis dit sou doen.
>> Die een beweer die absolute donkerte en stilte is 'n wonderlike
>> ondervinding, 'n ander beweer die adrenalien pomp elke keer as hy lewendig
>> terugkeer, want dan het hy die dood weereens geflous, en 'n derde een beweer
>> sy besweer haar vrese en leer haarself ken terwyl sy aan 'n tou die donker
>> dieptes aandurf.
>
> Ja, in die artikel hier in die Globe en Mail oor dié
> insident het hulle ook ander diepte-duikers, soos
> in Kanada, aangehaal vir die redes hoekom mense
> sulke dinge doen. En die redes was omtrent presies
> dieselfde as wat jy hierbo aanhaal.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #101008 is 'n antwoord op boodskap #101007] |
Ma., 17 Januarie 2005 17:16   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
En boonop baie veiliger as om 200m onder water te gaan.
Ek neem aan jou kanse om 'n nag in die woesryn te oorleef is 100% beter as
'n diepwater fuiker s'n om weer daglig te sien.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:vPudneDomaLIS3bcRVn-oQ@is.co.za...
> Is dit nie maar net die versugting van die individu om anders te wees as die
> man langs hom nie? Almal van ons probeer iets spesiaal te wees. Sommiges
> slaag maklik ander nie so maklik nie en as hy/sy dan wil uitstyg, dan moet
> hy/sy iets doen wat besonders is. Party klouter berge, ander geboue en
> pale, ander spring uit vliegtuie uit, ander speel sport. Die een spel is
> maar net gevaarliker as die ander. Maar ek moet sê dat as jy 'n nag in die
> woestyn beleef het wat absoluut geluidloos is want daar is geen naggeluide
> nie, is 'n kopskoonmaak-sessie soos min. Dit los jou met jou eie gedagtes
> sonder enige invloede van buite.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:qtKdncG74LXKNXbcRVn-gg@rogers.com...
>>
>> "Annette" skryf.
>>
>>> Ek vind weer die artikels in gister se koerante oor die "redes" wat
>>> diepduikers gee hoekom hulle kwansuis dit sou doen.
>>> Die een beweer die absolute donkerte en stilte is 'n wonderlike
>>> ondervinding, 'n ander beweer die adrenalien pomp elke keer as hy lewendig
>>> terugkeer, want dan het hy die dood weereens geflous, en 'n derde een beweer
>>> sy besweer haar vrese en leer haarself ken terwyl sy aan 'n tou die donker
>>> dieptes aandurf.
>>
>> Ja, in die artikel hier in die Globe en Mail oor dié
>> insident het hulle ook ander diepte-duikers, soos
>> in Kanada, aangehaal vir die redes hoekom mense
>> sulke dinge doen. En die redes was omtrent presies
>> dieselfde as wat jy hierbo aanhaal.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #101015 is 'n antwoord op boodskap #101008] |
Di., 18 Januarie 2005 07:43  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Behalwe natuurlik as jou fô by fô besluit om te kalf en jy's alleen.....
MAAR, bygesê baie van die mense wat die woestyn inneuk is mense met baie
geld vir 'n fênsie 4x4 wat hulle almagtig laat voel teryl daai duikers wat
so diep duik, almal spesialiste is op hulle gebied. Dit maak dit baie
veiliger. Hoeveel mense sien jy doodgaan in Formule 1? Hoeveel mense
gaan daagliks dood op die paaie. Dit beteken dat wedrenne veiliger is as
die oop pad.
"Annette" skryf in boodskap news:csgsgb$he6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En boonop baie veiliger as om 200m onder water te gaan.
> Ek neem aan jou kanse om 'n nag in die woesryn te oorleef is 100% beter as
> 'n diepwater fuiker s'n om weer daglig te sien.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:vPudneDomaLIS3bcRVn-oQ@is.co.za...
>> Is dit nie maar net die versugting van die individu om anders te wees as die
>> man langs hom nie? Almal van ons probeer iets spesiaal te wees. Sommiges
>> slaag maklik ander nie so maklik nie en as hy/sy dan wil uitstyg, dan moet
>> hy/sy iets doen wat besonders is. Party klouter berge, ander geboue en
>> pale, ander spring uit vliegtuie uit, ander speel sport. Die een spel is
>> maar net gevaarliker as die ander. Maar ek moet sê dat as jy 'n nag in die
>> woestyn beleef het wat absoluut geluidloos is want daar is geen naggeluide
>> nie, is 'n kopskoonmaak-sessie soos min. Dit los jou met jou eie gedagtes
>> sonder enige invloede van buite.
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:qtKdncG74LXKNXbcRVn-gg@rogers.com...
>>>
>>> "Annette" skryf.
>>>
>>>> Ek vind weer die artikels in gister se koerante oor die "redes" wat
>>>> diepduikers gee hoekom hulle kwansuis dit sou doen.
>>>> Die een beweer die absolute donkerte en stilte is 'n wonderlike
>>>> ondervinding, 'n ander beweer die adrenalien pomp elke keer as hy lewendig
>>>> terugkeer, want dan het hy die dood weereens geflous, en 'n derde een beweer
>>>> sy besweer haar vrese en leer haarself ken terwyl sy aan 'n tou die donker
>>>> dieptes aandurf.
>>>
>>> Ja, in die artikel hier in die Globe en Mail oor dié
>>> insident het hulle ook ander diepte-duikers, soos
>>> in Kanada, aangehaal vir die redes hoekom mense
>>> sulke dinge doen. En die redes was omtrent presies
>>> dieselfde as wat jy hierbo aanhaal.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
|
|
|
|