Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Covenant: aan Booner
Covenant: aan Booner [boodskap #100748] Di, 21 Desember 2004 10:41 na volgende boodskap
Jack[2]  is tans af-lyn  Jack[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Lees weer: Het hulle gebid vir duisende ander om te sterf of het die
duisende ander wat gesterf het hulle aangeval?

Soos ek die storie verstaan het die boere hulleself verdedig. Dit
beteken hulle het op een plek bly staan en nie die ander aangeval nie.

As ek weet jy kom op my af met wapens en 'n missie om my te kom
doodmaak, sal ek ook bid dat die Here my beskerm en ek sal myself
voorberei om my tot die dood te verdedig om jou dit jou bedoeling is
om my dood te maak. Dit gaan dus hier nie om oog vir oog nie maar om
verdediging en beskerming van eie lewe.

As die voortrekker beweeg het om die Zoeloe's te gaan aanval was dit
'n heeltemal ander verhaal gewees.
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100755 is 'n antwoord op boodskap #100748] Di, 21 Desember 2004 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Booner  is tans af-lyn  Booner
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Maar Porkchop, hulle het daar gebly! Ons bebaarde voorouers het, met
bybels onder die arm, op hulle grond inbeweeg en dit ons plase gemaak.
Ek voel ons was die eintlike agressors.

Maar kolonisasie het orals gebeur en ek wil nie nou die meriete daarvan
betwis nie. Al wat ek wou tuisbring, is dat almal blykbaar nie ewe
geliewe kinders is vir jou Here nie. Dat, as ek die harste bid, ek jou
dood kan wens en dit sal geskiet. Onregverdig! Veral, as jy nog nooit
van die bybel gehoor het nie...
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100757 is 'n antwoord op boodskap #100755] Wo, 22 Desember 2004 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dan praat ons nie eers van die swart en kleurlinghelpers waarvoor daar
blykbaar nie gebid is nie

--
Groetnis
Annette
"Booner" wrote in message
news:1103656186.011787.127490@z14g2000cwz.googlegroups.com.. .
>
> Maar Porkchop, hulle het daar gebly! Ons bebaarde voorouers het, met
> bybels onder die arm, op hulle grond inbeweeg en dit ons plase gemaak.
> Ek voel ons was die eintlike agressors.
>
> Maar kolonisasie het orals gebeur en ek wil nie nou die meriete daarvan
> betwis nie. Al wat ek wou tuisbring, is dat almal blykbaar nie ewe
> geliewe kinders is vir jou Here nie. Dat, as ek die harste bid, ek jou
> dood kan wens en dit sal geskiet. Onregverdig! Veral, as jy nog nooit
> van die bybel gehoor het nie...
>
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100760 is 'n antwoord op boodskap #100755] Wo, 22 Desember 2004 08:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Booner" wrote in message
news:1103656186.011787.127490@z14g2000cwz.googlegroups.com.. .
>
> Maar Porkchop, hulle het daar gebly! Ons bebaarde voorouers het, met
> bybels onder die arm, op hulle grond inbeweeg en dit ons plase gemaak.
> Ek voel ons was die eintlike agressors.
----Mag ek net iets hier bysê? Lees daai ou geskiedenis op en jy sal oral
vind dat die trekkers wat in 'n gebied intrek, onderhandel met die swart
stamhoof/koning, of watookal om 'n transaksie aan te gaan sodat hulle in
vrede kan saambly. Einste Piet Retief het gaan praat toe hulle vermoor is.
>
> Maar kolonisasie het orals gebeur en ek wil nie nou die meriete daarvan
> betwis nie. Al wat ek wou tuisbring, is dat almal blykbaar nie ewe
> geliewe kinders is vir jou Here nie. Dat, as ek die harste bid, ek jou
> dood kan wens en dit sal geskiet. Onregverdig! Veral, as jy nog nooit
> van die bybel gehoor het nie...
----Hier stem ek met jou saam. Dit is darem baie aanmatigend vir 'n enkele
groepie mense om 'n belofte te maak vir 'n toekomstige volk. Maar
uiteindelik kan mens die mense in daai groepie ook nie kwalik neem nie, want
hulle was seker skeitbang en sou seker enigiets doen net om hulleself so
effe te troos of moed in te praat? Dis die spul kerkers wat agterna die
hol uit die hoender gaan ruk het.
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100763 is 'n antwoord op boodskap #100760] Wo, 22 Desember 2004 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Om nie te praat van die politici nie....
--
Groetnis
Annette
> uiteindelik kan mens die mense in daai groepie ook nie kwalik neem nie, want
> hulle was seker skeitbang en sou seker enigiets doen net om hulleself so
> effe te troos of moed in te praat? Dis die spul kerkers wat agterna die
> hol uit die hoender gaan ruk het.
>
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100770 is 'n antwoord op boodskap #100763] Do, 23 Desember 2004 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is nou eintlik die verskil tussen 'n predikant en 'n politikus? Beide
spin stories om ander mense te laat glo en dan vorder hulle geld in
daarvoor. Beide beloof om die armes se lewe gemakliker te maak, en
intussen ry beide met vet Benze en bly in moerse groot huise en verdien
heftige salarisse.

"Annette" skryf in boodskap news:cqc86i$a7u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Om nie te praat van die politici nie....
> --
> Groetnis
> Annette
>> uiteindelik kan mens die mense in daai groepie ook nie kwalik neem nie,
> want
>> hulle was seker skeitbang en sou seker enigiets doen net om hulleself so
>> effe te troos of moed in te praat? Dis die spul kerkers wat agterna die
>> hol uit die hoender gaan ruk het.


>
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100774 is 'n antwoord op boodskap #100770] Do, 23 Desember 2004 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En die armes bly arm....
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:sKadnaNcBpM1xVfcRVn-ig@is.co.za...
> Wat is nou eintlik die verskil tussen 'n predikant en 'n politikus? Beide
> spin stories om ander mense te laat glo en dan vorder hulle geld in
> daarvoor. Beide beloof om die armes se lewe gemakliker te maak, en
> intussen ry beide met vet Benze en bly in moerse groot huise en verdien
> heftige salarisse.
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100780 is 'n antwoord op boodskap #100774] Do, 23 Desember 2004 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die arme donners word mos vertel jy moet glo en bly bydra sodat jy hemel
toe kan gaan, maar intussen lag die boodskappers lekker al die pad bank toe.

"Annette" skryf in boodskap news:cqdsi6$s00$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En die armes bly arm....
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:sKadnaNcBpM1xVfcRVn-ig@is.co.za...
>> Wat is nou eintlik die verskil tussen 'n predikant en 'n politikus?
> Beide
>> spin stories om ander mense te laat glo en dan vorder hulle geld in
>> daarvoor. Beide beloof om die armes se lewe gemakliker te maak, en
>> intussen ry beide met vet Benze en bly in moerse groot huise en verdien
>> heftige salarisse.
>
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100783 is 'n antwoord op boodskap #100780] Do, 23 Desember 2004 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor nou die dag jou Prez Sam was jare gelede in 'n geweldige tweestryd
met sy christelike beginsels of hy hom tot geweld sal moet wend om sy mense
na vryheid te lei....
-
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:HeWdneUIF_V64VfcRVn-vA@is.co.za...
> Ja, die arme donners word mos vertel jy moet glo en bly bydra sodat jy hemel
> toe kan gaan, maar intussen lag die boodskappers lekker al die pad bank toe.
> "Annette" wrote in message
> news:cqdsi6$s00$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> En die armes bly arm....
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:sKadnaNcBpM1xVfcRVn-ig@is.co.za...
>>> Wat is nou eintlik die verskil tussen 'n predikant en 'n politikus?
>> Beide
>>> spin stories om ander mense te laat glo en dan vorder hulle geld in
>>> daarvoor. Beide beloof om die armes se lewe gemakliker te maak, en
>>> intussen ry beide met vet Benze en bly in moerse groot huise en verdien
>>> heftige salarisse.
>>
>
Re: Covenant: aan Booner [boodskap #100790 is 'n antwoord op boodskap #100783] Do, 23 Desember 2004 10:16 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink vir my amper soos die ou wat sy boek help skryf het oor die
vryheidstryd en hoe ou Sam sy mense na vryheid gelei het. Daar is nou
alreeds male sonder tal verwys na onakkuraathede in die boek en dat hulle
die geskiedenis probeer regskryf. Die ding wat alles begin het, die
skietery by die ou Lokasie in Windhoek, oor die regte om bier in shebiens te
mag verkoop en eintlik maar 'n Hererovroue-opstand was oor hulle die mense
was wat 'karrie' by die huise gestook en verkoop het....word deur Swapo
vandag vertel as dat ou Sam daar sou wees die nag om die mense aan te hits!
Maar toe maak hy sy naam krater en reken toe dat mediese behandeling vir die
gewonde swartes geweier is deur die blanke owerhede.
Hannes Smith van die Observer is persoonlik aangeval deur ou Sam in die
publiek en Smittie reken ou Sam toe dat die land nie meer groot genoeg is
vir beide van hulle nie en hy gaan hom ontbloot as 'n leuenaar. Wat hy toe
ook gedoen het! Hy besit die grootste private argief in die land en hy het
begin soek na oorlewendes wat in die hospitale gewerk het daardie dag en
twee weke gelede toe looi hy ou Sam. 'n Ou dokter wat die aand in die ou
Bantuhospitaal gewerk het en 'n hereroman geopereer het om 'n koeël uit sy
rug te haal en daarmee sy lewe gered het, die leef nog en hy het nog die
koeël en fotos van daardie tyd. Hy reken ook hulle het deur die nag gewerk
om alle beseerdes te help. Maar dis nie waar ou Sam se lieg ophou nie.
Daar is die Helgate van Lubango waar honderde Swapo afvalliges teen die
kranse afgegooi is waaroor niemand 'n woord spreek nie.
Maar nou vra ek jou: Hoe kan enige mens dit goedkeur dat 'n ander
siviele persoon met 'n bom in 'n straat of 'n gebou onskuldig opgeblaas word
en dan reken dat hy 'n Christen is? Hoe hierdie sogenaamde Christen steeds
vandag die prys vir sy 'vryheid' betaal deur staatskontrakte met arbeid aan
die Chinese te gee ten koste van sy eie mense wat oor die 60% werkloos is?
'n Christen wat 'n R1 biljoen paleis bou terwyl sy mense vrek van die
honger? 'n Christen? Of dalk is hy ook maar net soos die meeste ander
ketters wat die naam 'Christen' gebruik net om 'n 'tag' om die nek te hê om
vir ander mense aan te dui dat hy eintlik 'n goeie mens is?

"Annette" skryf in boodskap news:cqduok$23g$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek hoor nou die dag jou Prez Sam was jare gelede in 'n geweldige
> tweestryd
> met sy christelike beginsels of hy hom tot geweld sal moet wend om sy
> mense
> na vryheid te lei....
Vorige onderwerp: Krismisreen
Volgende onderwerp: Rassisme omgedraai?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 07:19:53 MGT 2024