Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gelofte
Die gelofte [boodskap #100728] Vr, 17 Desember 2004 17:40 na volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
"petrus" skryf in boodskap news:cpqn8u$9e8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Here we stand, before the Holy God of heaven and earth,to make to Him a
> vow that, if He will protect us
>
Hans Willem:
Ai tog Petrus - ken jy vir vir Frikkie ? Frikkie Potgieter ?

Hierdie "gelofte" is 'n ding waarmee ek al vir jare mee wroeg. Teologies,
meen ek, is dit onhaalbaar en onverdedigbaar. Die blote gedagte dat EEN
mens NAMENS ALMAL in
Suid Afrika 'n belofte aan God sou doen, gaan nie af in my boekie nie.
Soos dat MY familie nie eens NABY Bloedrivier sou gewees het nie, Dis
aanmatigend in enige taal. Maar toe ontmoet ek 'n kleinkind van oubaas
Sarel - die "gelofte" Sarel. Ek kwoteer hom verbatim : (Die prof Uys is
van Bloemfontein baie jare gelede)

"Prof Uys se standpunt was dat die Gelofte by Sarel Cilliers se sterfbed
deur Gerdener opgeteken is. Dat die oubaas se geheue nie meer te helder was
nie, is vanselfsprekend. Dat Gerdener as predikant die herinneringe in
kanseltaal sou giet, is net so vanselfsprekend.

Prof Uys het trouens gemeen dat die Gelofte soos hy opgeteken is moontlik
die *gees* van daardie oorspronklike gebed weergegee het, indien dan nie
die presiese woorde nie.

Die probleem is dat die Gelofte vóór Gerdener nêrens opgeteken is nie. Die
oumense het voor in hul Statebybels gewoonlik al die tersaaklike
besonderhede van die familie opgeteken. Toe ek Matriek was, kon ek
byvoorbeeld maklik my hele familiegeskiedenis tot by die Voortrekker
terugspoor.

Ek weet nie van 'n Bybel waarin die oorspronklike Gelofte opgeteken is soos
'n mens dit sou verwag het nie. Wat my die meeste bekommer is dat die
Cilliers-tak van Lindley ná Gerdener se boek oënskynlik alle bewysstukke
wat die teendeel kon bewys stil-stil laat verdwyn het om die
Cilliers-kultus onbesmet voort te sit.

Ek probeer bloot on 'n realis te wees"

Einde van aanhaling - wat die man sê, is bloot dat Gerdener die geleentheid
benut het om 'n volk te kaap vir sy eie sienings. Hierdie storie het 'n
permanente "rift" in die Cilliers familie tweeggebring. Ek glo die
"gelofte" net so min as wat ek glo die maan is van kaas gemaak en ek beskou
my nie
gebonde aan iets wat iemand bedink het nie. Die iemand is GBA Gerdener.

Die aksie is bekend - kerkleiers en politici wat die "volk" laat glo het
volgens "binnekamer" besluite.

Die ander kant van die muntstuk, dat die paar Voortrekkers se oorwinning by
Bloedrivier TOG 'n wonderwerk was, ondersteun ek heelharting maar die kultus
van die "gelofte" verwerp ek Dit was Gerdener se twak.
Re: Die gelofte [boodskap #100729 is 'n antwoord op boodskap #100728] Sa, 18 Desember 2004 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
petrus[1]  is tans af-lyn  petrus[1]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
"ons het jou nie nodig nie, jy is
n slapgat
Re: Die gelofte [boodskap #100730 is 'n antwoord op boodskap #100728] Sa, 18 Desember 2004 00:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf

die kultus
> van die "gelofte" verwerp ek Dit was Gerdener se twak.

Ek was baie geinteresseerd in hierdie stuk. Dis die
eerste keer dat ek daarvan hoor. Ek het altyd gedink
daar bestaan 'n optekening van hierdie "gelofte" vanaf
die dae van die Voortrekkers en Bloedrivier self.
So, Prof. Gerdener, wat eintlik 'n baie eerwaardige ou
was en sover ek weet baie simpatiek was met die lot
van die swartman in SA, het hierdie sogenaamde
gelofte opgeteken toe Sarel Celliers nou al 'n baie
ou man was. Sarel Celliers moes redelik jonk
gewees het ten tye van die Slag van Bloedrivier.
In die vyftigerjare van die 20ste eeu het Prof.
Gerdener nog by die kweekskool klas gegee,
al was hy darem al seker in sy sestigerjare. Dit
voel darem vir my asof daar iets nie klop nie,
wanneer mens by die tydsberekening kom.
Wanneer is Sarel Celliers oorlede, en hoe
oud was hy toe? En hoe oud was Prof.
Gerdener?

Gloudina
Re: Die gelofte [boodskap #100732 is 'n antwoord op boodskap #100729] Sa, 18 Desember 2004 04:18 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
petrus, is jy nie juis eintlik die slapgat nie? Een wat blindelings glo
alles wat hom opgedis word, en nie belangstel om enigiets te bevraagteken
nie? Ek neem aan jy is bekend met Gerdener se skrywes, die dat jy HansWillem
se poging sommer so goedsmoeds afskiet, en hom sommer 'n ongegronde
lybeltjie gee??
--
Groetnis
Annette
>
> "ons het jou nie nodig nie, jy is
> n slapgat
>
Vorige onderwerp: Kaapse Krismiswense
Volgende onderwerp: Bloedskenkings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:43:32 MGT 2024