Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fahrenheit 9/11
Fahrenheit 9/11 [boodskap #100625] |
Thu, 09 December 2004 00:04  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien nou net dat Michael Moore se Fahrenheit 9/11 het die nominasie
van die "People's Choice Awards" gekry as een van Amerika se mees
gewilde flieks van die jaar.
Hoe vreeslik ironies snaaks is dit nie? Veral omdat die People's
Choice gewoonlik 'n baie goeie indikasie is van wat "mainstream"
Amerikaners dink en voel.
Ek haal aan:
"Fahrenheit 9/11" has been nominated by the People's Choice Awards as
the American public's "Favorite Film of the Year." The five nominees
were chosen from a poll of thousands of Americans in mid-to-late
November. The other nominees for best film are "Spiderman 2," "The
Incredibles," "Eternal Sunshine of the Spotless Mind" (with Jim
Carrey), and "Shrek 2." It is the first time ever a documentary has
been nominated for best film by the People's Choice Awards.
The People's Choice Awards are considered, among all the awards shows,
to be the one which most accurately reflects the "mainstream" public
opinion in the United States
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100626 is 'n antwoord op boodskap #100625] |
Thu, 09 December 2004 08:41   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dalkies net 'n geval dat die mense wat die moeite doen om vir so iets te
stem, in die minderheid is? Ek moet nog een fliek, CD of boek vind wat die
'ingeligde' kritici in die media as goed aanskryf, en wat ek ook goed of
interessant vind. Jy kry dieslefde ding onder amper enige sektor. Vat
motors. Die media beskou bv 'n Lnad Rover as die beste 4x4x Far en as jy
in die bos leef en die goed elke dag ry, dan is dit maklik die Kakste
4x4xVerre.
"Katryn" skryf in boodskap news:265fr09qh8iu85hjt51bg0rfn8hg8pmmos@4ax.com...
> Ek sien nou net dat Michael Moore se Fahrenheit 9/11 het die nominasie
> van die "People's Choice Awards" gekry as een van Amerika se mees
> gewilde flieks van die jaar.
> Hoe vreeslik ironies snaaks is dit nie? Veral omdat die People's
> Choice gewoonlik 'n baie goeie indikasie is van wat "mainstream"
> Amerikaners dink en voel.
>
> Ek haal aan:
> "Fahrenheit 9/11" has been nominated by the People's Choice Awards as
> the American public's "Favorite Film of the Year." The five nominees
> were chosen from a poll of thousands of Americans in mid-to-late
> November. The other nominees for best film are "Spiderman 2," "The
> Incredibles," "Eternal Sunshine of the Spotless Mind" (with Jim
> Carrey), and "Shrek 2." It is the first time ever a documentary has
> been nominated for best film by the People's Choice Awards.
>
> The People's Choice Awards are considered, among all the awards shows,
> to be the one which most accurately reflects the "mainstream" public
> opinion in the United States
>
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100639 is 'n antwoord op boodskap #100626] |
Fri, 10 December 2004 03:45   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf:
> Dalkies net 'n geval dat die mense wat die moeite doen om vir so iets te
> stem, in die minderheid is?
Ja, dit is natuurlik heel moontlik. Ons Secretary of Inquisition sal
sekerlik eersdaags meer lig kan werp op hoe dit moontlik was dat
hierdie liberale snert nogsteeds in omgang is.
;-)
> Ek moet nog een fliek, CD of boek vind wat die
> 'ingeligde' kritici in die media as goed aanskryf, en wat ek ook goed of
> interessant vind. Jy kry dieslefde ding onder amper enige sektor. Vat
> motors. Die media beskou bv 'n Lnad Rover as die beste 4x4x Far en as jy
> in die bos leef en die goed elke dag ry, dan is dit maklik die Kakste
> 4x4xVerre.
Ja wel, there is no virtue of being in the mainstream of anything if
the mainstream is incomprehensible and useless, n`e?
Tensy mens natuurlik soos James Dickey, een van Atlanta, GA se groot
seuns sou gesê het, saam met die ander wil verdrink.
Elkgeval, happy holidays almal.
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100642 is 'n antwoord op boodskap #100639] |
Fri, 10 December 2004 13:55   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf
> Ja, dit is natuurlik heel moontlik. Ons Secretary of Inquisition sal
> sekerlik eersdaags meer lig kan werp op hoe dit moontlik was dat
> hierdie liberale snert nogsteeds in omgang is.
Ek dink nie jy moet so terneergedruk wees oor die
stand van sake in die VSA nie. Ek lees nou die dag
'n analise van hoe mens die huidige gemoedstoestand
in die VSA moet interpreteer. Jy moet nie kyk na die
klein meerderheid van mense wat vir Bush gestem het
nie, maar na die amper helfte van die land wat nie met
Bush se waardes en beleid saamstem nie. Hierdie
helfte, wat sogenaamde "liberaal" is, se waardes word
al hoe meer die norm in die VSA. Twintig dertig jaar
gelede is die kwessie van gays en lesbians eenvoudig
onder die mat ingevee, nou word dit openlik
bespreek. Hier is nou 'n VSA soldaat wat asiel in
Kanada vra, wat sê dat hy nie opgelei is om op
vrouens en kinders te skiet nie, maar beweer dat
hy in Baghdad bevele gehad het om te skiet op
enigiets wat lyk na gevaarlik, en dat hy nie meer in
die VSA wil bly nie. As hierdie soort sentiment
meer wydversprei raak in die VSA, sal die
atmosfeer moet verander.
Ek dink dit help dat die Amerikaners die voorbeeld
van 'n verligte staat net langs hulle het. ( Ons gaan
eersdaags, saam met Nederland en België,
dieselfde seks-huwelike wettig maak in Kanada,
as 'n federale staat. Sekere provinsies het dit alreeds
gewettig.) Ek merk op dat die late night television
ouens, wat altyd neerhalende grappe oor Kanada
se agterlikheid gemaak het, nou 'n ander deuntjie
sing. Dit word nou die plek waar mens gaan vir
griepinspuitings.
Gloudina
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100643 is 'n antwoord op boodskap #100642] |
Fri, 10 December 2004 14:53   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:aP6dnUVJDdYONCTcRVn-2Q@rogers.com...
> Ek dink nie jy moet so terneergedruk wees oor die
> stand van sake in die VSA nie. Ek lees nou die dag
> 'n analise van hoe mens die huidige gemoedstoestand
> in die VSA moet interpreteer. Jy moet nie kyk na die
> klein meerderheid van mense wat vir Bush gestem het
> nie, maar na die amper helfte van die land wat nie met
> Bush se waardes en beleid saamstem nie. Hierdie
> helfte, wat sogenaamde "liberaal" is, se waardes word
> al hoe meer die norm in die VSA.
-----Hou my vas dat ek my nie vrek lag nie! As ek nou al ooit strooi uit
jou bek hoor vloei het, dan hoor ek dit nou. Die Republikeine steel die
Deomokrate se regering van die SuperHoer en sy vrou af [wat niemand gedink
het kan ooit gebeur nie en almal tjank luidelik saam oor daar dan m��s
gekroek gewees het] en toe op die hitte van daai 'verneuk' plus die feit dat
'n president dan kon waag om teen die wil van sy ingeligde rekenaarvolk EN
die grote, bange Kanada agterna, dit kon waag om te gaan oorlog maak EN om
dan die nuwe verkiesing met 'n groter en duidelike meerderheid te
wen.........is selfs meer as wat 'n slim ou soos Michael Moore kan wegpraat
en hy vir die oomblik maar bes kan gee...............Maa r ingestap met
slepende robbevoete van al die duidende diere wat in haar verligde land elke
jaar vrekgeslaan word, kom antie Gloudina en vertel daars eintlik nog hoop
vir hulle. Watch net Kanada, ons sal vir julle wys hoe dinge gedoen moet
word: Stap julle net voor, ons volg julle al die pad!!! Die dag wat die
VSA gatvol raak vir Kanada, spoeg hy hom uit soos 'n klaargevrete mosdop....
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100644 is 'n antwoord op boodskap #100639] |
Fri, 10 December 2004 15:06   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek probeer nou hard onthou wat was die fliek wat gemaak was in die Kongo van
destyds....Africa Adieu, of so iets. As jy dink 9/11 was interessant,
gaan kyk bietjie na die werklike anderkant van Afrika en dit laat lyk 'n
dokumentêr soos 9/11 na lou skottelgoedwater. Ek kan uit eie ondervinding
onthou van 'n jong Angolese vrou wat met haar arms om haar lyf gevou wat met
bloedbevlekte klere bedek is en haar voete so deurgeloop was dat sy
bloedmerke op die helipad se sement gemaak het. Later sou ons hoor dat sy
verwagtend was en dat die foetus met 'n mes uit haar uitgesny is. Hoe sy
oorleef het, het die dokters stom gelaat, maar ek wens ek kon vir jou die
haat in die vrou se oë weergee as na enige swart mens gekyk het.
Hierdie is nie 'n anti-swart storie nie! Wat ek wil sê is dat alles so
op TV en op die rekenaarskerm maar net na speletjies en heel onskuldig lyk.
Ou Moorer, na aanleiding van sy vet lyf, was seker nie 'n dag in die weermag
as 'n vegtende nie....hoe kan hy werklik ooit 'n perspektief hê. Dink vir
jouself: As jy in 'n gebied is waar kinders gebruik word dmv
selfmoordbomme, ens. Glo my, as soldaat kry jy vinnig die dringende
behoefte om daai grootmense wat hul kinders in lafhartige dade voorstoot
omdat hulleself te bang is daarvoor, bloedkeel te gee. Wag tot die dag kom
dat jy belewe hoe 'n paar honderd siviele mense in rye doodgeskiet is
[tereggestel is] en so halfwas in 'n sloot toegegooi is........dán kry jy
perspektief. Die res is alles net lippetaal!
"Katryn" skryf in boodskap news:ui5ir0hrur5dqmgro51dne7ea1295m0lg7@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100647 is 'n antwoord op boodskap #100642] |
Fri, 10 December 2004 18:28   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf:
> Ek dink nie jy moet so terneergedruk wees oor die
> stand van sake in die VSA nie. Ek lees nou die dag
> 'n analise van hoe mens die huidige gemoedstoestand
> in die VSA moet interpreteer. Jy moet nie kyk na die
> klein meerderheid van mense wat vir Bush gestem het
> nie, maar na die amper helfte van die land wat nie met
> Bush se waardes en beleid saamstem nie. Hierdie
> helfte, wat sogenaamde "liberaal" is, se waardes word
> al hoe meer die norm in die VSA.
Dit is 'n moontlike manier om na die situasie te kyk, en hoopvol te
wees, maar op die stadium is ek pessimisties genoeg om te dink dat dit
die begin van die einde is.
Bedoelende dat ek weer van mening is dat hierdie "konserwatiewe"
ideologie van die ultra-regses wat ons land geskaak het, het al vir
baie jare hulle pionne reggeskuif en in plek gekry. En dat dit juis
hulle waardes was wat stadig maar seker die norm begin raak het.
After all hulle het selfs die media (tv, radio en tot 'n groot mate
seker 90% van koerante) nou totaal in hulle sakke. Dan Rather was die
laaste doring in die vlees, en is nou suksesvol verwyder. Daar is
NIEMAND oor wat die ander kant van die saak ooit meer sal kan uitwys
nie. Of ten minste probeer uitwys nie. Die pendulum het heeltemal na
die een kant geswaai, en dit gaan lank neem voor dit weer na die
middel beweeg.
Ek is ook van mening dat hierdie groep " neo-conservatives" is eintlik
'n oorblyfsel van die ultra-regse ideologie wat oorgebly het na WW2.
Regse ekstremiste aan die regse kant soos Stalinists tipe van
Kommunisme ekstremiste aan die linkerkant was/is.
Behalwe dat die linkse ekstremistre effektief en suksesvol
gemarginaliseerd en gedemoniseerd was en word tot so mate dat hulle
omtrent geen invloed meer oorhet in ons samelewing nie. Daarteenoor
het die post-WWII samelewing nooit werklik die regse groepe en hulle
ideologie'e geneutraliseer nie. Dit was maar altyd daar, in die
agtergrond, tot so paar jaar gelede, en nou is hulle weer aan beheer.
As mens nou hierdie mense wat hierdie regse ideologie aanhang koppel
met die sterk fundamentalistiese neiging wat nog van die Puriteine se
dae afkomstig is, en nooit werklik uit ons samelweing verdwyn het nie,
dan sien jy watter stewige fondasie hierdie moderne neo-konserwatiewe
beweging vir hulleself geskep het hier in Amerika. Karl Rove, die
duiwel homself , het presies geweet wat hy doen. Skaakmat.
Ons betree nou 'n nuwe era en ek dink die wereld gaan heel anders lyk
oor 'n paar jaar. Hoe kan ek nie depressief wees hieroor nie?
Elkgeval, dis maar net my mening en hipotese, en geensins bedoel om te
beteken dat ek weet wat die waarheid en werklike stand van sake is
nie.
> . Dit word nou die plek waar mens gaan vir
> griepinspuitings.
Ja, ongelukkig kan 'n groot persentasie Amerikaners nie bekostig om
Kanada toe te reis vir hulle inspuitings nie. Om die waarheid te sê
kan hulle dit nie bekostig om siek te wees nie.
elkgeval,
your inferior in scholarship and your superior in humility,
Opting, as always, for the poor, I remain
untriumphantly yours.
;-)
|
|
|
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100654 is 'n antwoord op boodskap #100649] |
Sun, 12 December 2004 15:39   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf:
> En uiteindelik kan die Amerikaners nie
> meer so hooghartig praat dat hulle die "beste
> gesondheidstelsel" in die wêreld het nie.
Ag nee wat, jy laat dit nou klink asof Kanada veel beter is, en almal
weet julle het ook maar reuse probleme met julle stelsel. Die baie
bekende Longwoods verslag vertel dan natuurlik ook 'n heel ander
storie.
En buitendien, volgens die WHO was julle maar 30ste uit 191 lande op
die lys wat julle gesondheidsdienste betref.
Mense wat wel kan spog oor hulle gesondheidsdienste is Frankryk, wat
jaar na jaar die beste in die wereld vaar. Kort op hulle hakke is
gewoonlik Itali"e, dan San Marino, Andorra, Malta en Singapore.
Gaan kyk maar hier:
http://www.who.int/health-systems-performance/
Julle vaar ook baie slegter as die VSA wanneer dit by
pasient-veiligheid kom. Nee wat, daar is heeltemal teveel probleme
met 'n heeltemal sosiale gesondheidstelsels soos wat julle het. Ek
verkies een duisend maal eerder die gesondheidstelsel wat die
Demokrate hier voorgestel het, wat 'n gesonde mengsel van
staatsbeheerde dienste en privaat dienste was. Elkgeval, dit kan 'n
ingewikkelde gesprek raak, want daar is soveel verskillende fassette
wat 'n rol speel.
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100658 is 'n antwoord op boodskap #100655] |
Tue, 14 December 2004 00:15   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag, asseblief tog. Kanada is veel beter as die VSA as dit by die bekamping
van griep hierdie jaar kom, sou selfs jy moet toegee. En vir die man in die
straat wat nie private gesondheidsassuransie kan bekostig nie, is Kanada
'n paradys. Enige boemelaar van die straat af kan by 'n hospitaal inloop en
vry bedien word. In die VSA is daar miljoene mense wat net soos in 'n
derde-wêreldse land leef sonder enige mediese onderskraging.
Dat Kanada wel probleme het, is te wagte van 'n sosialistiese gesond-
heidsnetwerk. Veral omdat sommige mense in die verre Noorde in
afgesonderde plekke bly.
Gloudina
Ek praat elke dag by my werk oor die foon met Kanadese boekuitgewers, en
begin nou stadigaan uit te figure wie is wie en wat in Kanada. Ek vind die
Franssprekendes is meer subtiel en vriendeliker veral as ek eerste my paar
sinnetjies in Frans praat, en dan vra of ek mag oorslaan na Engels, dan is
hulle sommer baie nice.
(dit is nou net my opinie Gloudina, soos ek dinge waarneem, ek mag
heeltemaal verkeerd wees).
Die Engelssprekendes is deur die bank meeste anti -Amerikaans. Die ander
seker ook, maar hulle het die goeie maniere om dit nie te noem nie.
Soos vandag toe ek met n man in Toronto praat (n Engelse) en hy amper
dadelik vir begin vertel (nadat hy agtergekom het ek het n aksent) hoe dom
die Amerikaners is, en hoe hulle niks weet wat in die wereld aangaan nie.
Plein onbeskof as jy my vra, veral as jy besigheid praat met iemand. Vir
vriende of kennise ja, maar nie met n wildvreemde nie.
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100661 is 'n antwoord op boodskap #100658] |
Tue, 14 December 2004 01:58   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" skryf
.> Ek praat elke dag by my werk oor die foon met Kanadese boekuitgewers, en
> begin nou stadigaan uit te figure wie is wie en wat in Kanada. Ek vind die
> Franssprekendes is meer subtiel en vriendeliker veral as ek eerste my paar
> sinnetjies in Frans praat, en dan vra of ek mag oorslaan na Engels, dan is
> hulle sommer baie nice.
> (dit is nou net my opinie Gloudina, soos ek dinge waarneem, ek mag
> heeltemaal verkeerd wees).
Ja, die Franse element in die Kanadese bevolking
is 'n werklike aanwins. Hulle is gewoonlik die mense
wat die beste doen in die Olimpiese Spele, en hulle
kultuurbydraes is ook aanmerklik, veral as mens
in ag neem dat hulle nie 'n groot persentasie van die
bevolking uitmaak nie.
Wanneer mens van Kanadese praat, moet jy in ag
neem dat die Kanadese bevolking 'n baie kosmolitiese
spul is, met baie mense wat eerste generasies is uit
die Verre Ooste en die Nabye Ooste en die
Karibbiese See area. Daar is byvoorbeeld groot
aantalle swart Kanadese in Montreal wat Frans vlot
praat, wat veral van Haiti kom. ( Jean Bertrand
Aristide het sy opleiding in Montreal gehad.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100664 is 'n antwoord op boodskap #100662] |
Tue, 14 December 2004 05:39   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hel Gloudina, jy is 'n konstante bron van 'n lekker lag. Natuurlik sal die
Engelsprekende Kanadese anti-Amerikaans wees! Is die grootste deel van
hulle nie juis mense wat dit nie in ander lande kon maak nie, toe kom plak
hulle in Kanada nie? Seker oor die die eerste keuse, die VSA, hulle nie
wou vat nie? Jyself is sekerlik nie deel van die fyner Franse deel van
Kanada nie? Soos wat jy gal braak oor die VSA is die Yankees, naas die
blanke Suid-Afrikaners, die grootste skyf vir jou nyd. Jy kort 'n
sielkundige pêl..........
"@rogers.com" skryf in boodskap news:F4adnQYHC5Si1CPcRVn-rw@rogers.com...
>
> "Ellie" skryf
>
>> Die Engelssprekendes is deur die bank meeste anti -Amerikaans. Die ander
>> seker ook, maar hulle het die goeie maniere om dit nie te noem nie.
>> Soos vandag toe ek met n man in Toronto praat (n Engelse)
>
> Wel, die Toronto-ouens is bekend dat hulle bietjie arrogant
> is. Dis nie te verskoon as iemand vir jou vertel hoe onkundig
> die Amerikaners is nie. Mens moet onderskei tussen die
> Konserwatiewe Party-Kanadese ( meeste eentalig Engels-
> sprekend) wat baie meer pro-Amerikaans is as die deursnee
> Kanadees wat vir die Liberale Party stem.
> Ongelukkig was 'n sekere soort Amerikaner baie anti-
> Kanadees die afgelope tyd, en het dit die Kanadese meer
> anti-Amerikaans gemaak deur ongeveer vir Kanadese
> met gevolge te dreig, omdat Kanada nie saamveg in
> Irak nie. Daar is ook teenstand teen die Amerikaners
> se intensie "to weaponize space," en mens moet die
> Kanadese verskoon dat hulle op die oomblik nie
> vreeslik lief is vir die konsep "Amerikaner" nie ( iets
> wat hulle met baie ander mense in die wêreld deel.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100666 is 'n antwoord op boodskap #100664] |
Tue, 14 December 2004 16:21   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> Hel Gloudina, jy is 'n konstante bron van 'n lekker lag. Natuurlik sal die
> Engelsprekende Kanadese anti-Amerikaans wees!
Wys hoe min jy weet. Was jy al ooit in Kanada? Die kanse
dat 'n eentalige Engelssprekende wit Kanadees PRO-
Amerikaans sal wees, is baie goed. Eentalige Engels-
sprekende wit Kanadese hier in Ontario veral het dieselfde
soort mentaliteit as die state in die VSA waar die Republikeine
meestal die sterkste is. ( Ek hoor iemand by die Gemini-awards
- Kanada se Oscar-ekwivalent - noem die VSA nou "Jesus
Land.") Wit eentalige Engelssprekende Kanadese stem
gewoonlik konserwatief hier, en is nou taamlik lief vir
George Bush en sy skiet en donder born again filosofie.
Maar die oorgrote meerderheid Kanadese is nie baie
lief vir George Bush nie. Sewentig persent van
Kanadese was teen die herverkiesing van Bush.
Ons het op die oomblik 'n Liberale Regering. Die
vorige eerste minister, Jean Chretien, was aktief kil
teenoor George Bush, want hy het gevoel dat die VSA
Kanada probeer manipuleer, deur allerhande dreigemente
te maak oor moontlike gevolge as Kanada nie saamveg in
Irak nie. Die huidige eerste minister, Paul Martin, probeer
meer tegemoetkomend wees, maar weier nog om deel te
neem aan die "coalition of the willing." Kanadese is ook
gekant teen die "weaponization of space" wat die VSA
nou aktief op Kanada probeer afdruk. Kanada is in die
slegte posisie dat dit alreeds lid is van NORAD, en nie
so maklik nee kan sê nie, want anders word die Norad-
stelsel verswak.
Gloudina
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100669 is 'n antwoord op boodskap #100661] |
Tue, 14 December 2004 23:46   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LpmdnQF8A8sO2iPcRVn-uQ@rogers.com...
"Ellie" skryf
.> Ek praat elke dag by my werk oor die foon met Kanadese boekuitgewers, en
> begin nou stadigaan uit te figure wie is wie en wat in Kanada. Ek vind die
> Franssprekendes is meer subtiel en vriendeliker veral as ek eerste my paar
> sinnetjies in Frans praat, en dan vra of ek mag oorslaan na Engels, dan is
> hulle sommer baie nice.
> (dit is nou net my opinie Gloudina, soos ek dinge waarneem, ek mag
> heeltemaal verkeerd wees).
Ja, die Franse element in die Kanadese bevolking
is 'n werklike aanwins. Hulle is gewoonlik die mense
wat die beste doen in die Olimpiese Spele, en hulle
kultuurbydraes is ook aanmerklik, veral as mens
in ag neem dat hulle nie 'n groot persentasie van die
bevolking uitmaak nie.
Wanneer mens van Kanadese praat, moet jy in ag
neem dat die Kanadese bevolking 'n baie kosmolitiese
spul is, met baie mense wat eerste generasies is uit
die Verre Ooste en die Nabye Ooste en die
Karibbiese See area. Daar is byvoorbeeld groot
aantalle swart Kanadese in Montreal wat Frans vlot
praat, wat veral van Haiti kom. ( Jean Bertrand
Aristide het sy opleiding in Montreal gehad.)
Gloudina
Ek sou nie eintlik vir Jean Betrand noem as n goeie uitvoerproduk nie, hy is
die verpersoonlikheid van korrupsie. En ek wil nie vir Kanada en Amerika
vergelyk nie, maar ons is eintlik meer van n melting pot as julle, so mens
moet nooit veralgemeen as jy van Amerikaners praat nie, ons het mense van
omtrent elke land dinkbaar hier.
-e-
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100671 is 'n antwoord op boodskap #100666] |
Tue, 14 December 2004 23:53   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com"
. Die huidige eerste minister, Paul Martin, probeer
meer tegemoetkomend wees, maar weier nog om deel te
neem aan die "coalition of the willing." Kanadese is ook
gekant teen die "weaponization of space" wat die VSA
nou aktief op Kanada probeer afdruk. Kanada is in die
slegte posisie dat dit alreeds lid is van NORAD, en nie
so maklik nee kan sê nie, want anders word die Norad-
stelsel verswak.
Gloudina
==============================
Ek weet nie wat die probleem is nie, lees hier:
http://www.norad.mil/index.cfm?fuseaction=home.welcome
North American Aerospace Defense Command
"Deter, Detect, Defend." That is the motto of the men and women who serve in
the North American Aerospace Defense Command. Since 1958, Canadians and
Americans have been partners in protecting the airspace of Alaska, Canada
and the contiguous 48 United States. The mission has evolved over the years.
Until the morning of Sept. 11, 2001, NORAD's focus was almost exclusively
fixed on threats coming toward the Canadian and American borders, not
terrorism in our domestic airspace. Because of that day, NORAD's focus has
increased to include domestic airspace. NORAD's mission is truly global.
Prior to Sept. 11, NORAD was a word that was associated predominately with
the Cold War. The eyes and ears of NORAD were focused on aerospace threats
that may come from sources far away from the shores of Canada and the United
States.
Today, the highly skilled men and women of NORAD use ground-based radar,
airborne radar, satellites, fighter aircraft, proven command structures and
intelligence capabilities to enforce control of the skies over the United
States and Canada.
This website is dedicated to the men and women of the Armed Forces in Canada
and the United States who have given their lives to maintain the freedom we
enjoy in North America. In their names we will continue to "Deter, Detect
and Defend."
|
|
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100677 is 'n antwoord op boodskap #100666] |
Wed, 15 December 2004 05:56   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:paKdnXIWOL0xjCLcRVn-tA@rogers.com...
> Maar die oorgrote meerderheid Kanadese is nie baie
> lief vir George Bush nie.
----Hmm. Ek kry die idee dat Bush en die Amerikaners ook nie juis gek is
oor Kanada nie!
Sewentig persent van
> Kanadese was teen die herverkiesing van Bush.
> Ons het op die oomblik 'n Liberale Regering. Die
> vorige eerste minister, Jean Chretien, was aktief kil
> teenoor George Bush, want hy het gevoel dat die VSA
> Kanada probeer manipuleer, deur allerhande dreigemente
> te maak oor moontlike gevolge as Kanada nie saamveg in
> Irak nie.
----Seker te verwagte as 'n land stappe neem om 'n kontinent in sy geheel
militêr te beskerm en die spul Kanadese trek 'n 'lafaard' op hulle. Wonder
hoe vinnig sal die Kanadese begin pleit vir hulp by die VSA sou daar 'n
terroristiese aanslag op bv Toronto kom? DAN sal daar nie 'n probleem met
samewerking wees nie.
Die huidige eerste minister, Paul Martin, probeer
> meer tegemoetkomend wees, maar weier nog om deel te
> neem aan die "coalition of the willing." Kanadese is ook
> gekant teen die "weaponization of space" wat die VSA
> nou aktief op Kanada probeer afdruk. Kanada is in die
> slegte posisie dat dit alreeds lid is van NORAD, en nie
> so maklik nee kan sê nie, want anders word die Norad-
> stelsel verswak.
----Ja en presies daarom een van die swak skakels is. Die vragie wat julle
blykbaar nie in staat is om te vra nie, is hoekom die VSA daai satelliete
daar wil hê en wat hulle rol is: VERDEDIGING primêr. Julle spul ploerte
weet nie hoe om dankbaar te wees nie. Julle lewens word dag vir dag bepaal
en beveilig deur GPS en waar kom dit vandaan? Direk uit die VSA se
verdedigingstelsels! Wat jy duidelik ook nie begryp nie, is dat om
suksesvol te kan verdedig, moet jy magtiger as die aanvaller wees.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100689 is 'n antwoord op boodskap #100683] |
Wed, 15 December 2004 13:49   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek verstom my oor jou. Aan die een kant kan jy nogal skerp wees, en dan is
jy weer so dom soos 'n spoelklip in die springgety! Militêr het nie die
ANC of Swapo gewen nie....polities ja. EN, as jy by die slagspreke verby
kan kyk, dan sal jy besef dat GROOT apartheid nie veel mee fout was nie.
Dis presies wat elke dag in elke land van die wêreld gebeur en dis bloot
elke mens se reg om sy eie keuse van voorkeur uit te oefen. Vandag, onder
die ANC en Swapo het weining verander aan die alledaagse lewe [as jy nou by
die misdaad en die wanbestuur van die staatsdiens verbykyk] en dis eintlik
presies wat die ou SA regering in oog gehad het: Om 'n manier te vind om
politieke mag oor te gee op 'n vreedsame wyse na die meerderheidstem in die
land, sonder dat die land se sosiale dienste daaronder ly. Toe druk julle
spul hom ryp en toe spat die sop. KLEIN apartheid daarenteen is die
bliksem wat al die moeilikheid gemaak het en waar die politici van die dag
die spoor byster geraak het [en steeds struikel die nuwe swart heersers
amper daagliks oor hom].
MAAR, 'n land, ongeag van sy politieke oriëntasie, het 'n plig om te
verrig teenoor sy burgers. Om sy grense te beskerm en om sosiale dienste
te lewer aan sy belastingbetalende burgers. Daarvoor is 'n weermag nodig
en om hom fiks en gesond te hou, moet hy oefen en ontwikkel om sterker te
raak.
Wat jou Irak-storie aanbetref is dit tipiese Gloudistiese twak.
"@rogers.com" skryf in boodskap news:d8udnfYVEdBWt13cRVn-gg@rogers.com...
>
> Jy bedoel soos die apartheidsvaders en hulle leërs magtiger
> was as die ANC ( sê my, wie het gewen?) Soos die shock
> and awe Amerikaners magtiger was as Saddam? ( Sê my,
> wie is besig om in Irak te wen?)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100711 is 'n antwoord op boodskap #100674] |
Fri, 17 December 2004 00:27   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:l-udnT6CFPP7ByLcRVn-qQ@rogers.com...
"Ellie" skryf
> Julle het natuurlik vir ons broodnodig, omdat ons julle nommer een
> uitvoerland is, en julle ons s'n. Maar dis nie n simbiotiese verhouding
> nie, julle is meer afhanklik van ons as andersom.
Ek sou nie so vinnig praat as ek jy is oor hoe
Kanada "afhanklik" is van die Amerikaners
nie. Amerikaners is arrogant genoeg om dit
te dink. Maar julle is afhanklik van ons hout,
van ons olie, afhanklik van ons om vir julle
kandidate te voorsien vir omroepers van
TV programme, om vir julle te voorsien
van komediante. Om die waarheid te sê,
die mees suksesvolle TV program in die
VSA word deur 'n Kanadees geproduseer.
En ons kry dit reg met 'n bevolking van
dertig miljoen mense. Ons het ook die
respek van meeste van die wêreld, iets
wat Amerikaners ongelukkig nie meer
kan sê nie. Moet asseblief nie so neer-
buigend teenoor Kanadese praat nie.
Daar is besighede wat Amerikaanse
studente help om voor te gee dat hulle
Kanadese is.
Gloudina
Goudina, ek wil nie neerbuigend wees teenoor Kanada nie, so ek is jammer as
ek so oorkom, Kanada is een van my persoonlike top 5 lande in die wereld.
Ek dink ook nie dit is nodig dat ek en jy moet sit en ons twee lande
vergelyk nie, dis soos appels en pere. Albei lande het hulle goeie en
slegte punte, nie een is meer belangrik/mooier/slimmer of ryker as die ander
een nie, elkeen het sy meriete, so kom ons praat liewer oor iets anders,
voor ons dalk hier n burgeroorlog ontketen ;-)
|
|
|
|
|
|
Re: Fahrenheit 9/11 [boodskap #100725 is 'n antwoord op boodskap #100722] |
Fri, 17 December 2004 16:13  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nooit gesê dele van die VSA is nie 'n ysgat nie.....dieselfde vraag
geld vir hulle!
"@rogers.com" skryf in boodskap news:MvGdnc8D8IYGXF_cRVn-qA@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Hoekom sal
>> enigiemand vrywillig na daai ysgat toe gaan as daar nie 'n wortel is nie?
>
> Mag ek jou daaraan herinner dat die suidelikste deel van
> Kanada meer suid is as dele van New York staat, en dat
> dit so ver strek as die noorde van Kalifornië, dus meer
> suid as Oregon en Washington? Omtrent die hele staat
> van Michigan is net so ver noord as suid-westelike
> Ontario. Daar is net 'n rivier tussen Detroit en Windsor,
> Ontario. Daar val meer sneeu op Buffalo as wat daar
> op Toronto val. Die hele New England ( waar 'n
> baie groot persentasie van die Amerikaners bly)
> is net so 'n "ysgat" as Kanada.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 04:52:29 UTC 2025
|