Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Botsing tussen die ANC en COSATU
Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100516 is 'n antwoord op boodskap #100527] |
Wed, 01 December 2004 12:26  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tot op hede toe het die ANC daarin kon slaag om COSATU leierloos te laat
deur goed besoldigde regeringsposte en sakegeleenthede aan die COSATU
leierskap te gee. Mense soos Jay Naidoo, Tities Mbolweni ens.
COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.
|
|
|
|
|
|
Re: Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100628 is 'n antwoord op boodskap #100567] |
Thu, 09 December 2004 09:34  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Miskien is hy spyt oor hy homself nie verryk het toe hy die kans gehad het
nie? Waar is die dae dat 'n staatsamptenaar wat R8,50 per dag kan eis vir
'n middagete wat hy op pad is en dit nie eis nie omdat hy nie in die middag
eet nie? Wat van 'n segment van die staatsdiens wat ek goed ken waar daar
in 12 jaar nie 'n enkle geval van bedrog ooit aangemeld of verhoor was nie?
Vandag? Daar is nie 'n departement in Nam se regering wat nie onder die
een of ander geregtelike ondersoek vir bedrog is nie. Jy praat bloot van
die blankes wat onder die politieke sisteem voorregte gehad het wat die
swart mense nie gehad het nie, ons praat van bloot kriminele oortredings wat
aan die orde van die dag is is alle staatsdepartemente.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:sth1r0dg01mgkv246k2b77smq4ngatcdva@4ax.com...
>
>
> Eintlik is ou Jonas al die jare so bitter omdat hy homself nie meer
> kan verryk nie, lyk dit.
>
>
> On Thu, 2 Dec 2004 07:02:04 -0500, "@rogers.com"
> wrote:
>
>> "Jonas" skryf
>>> COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
>>> ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde
>>> geleenthede
>>> vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.
>> Dit is natuurlik 'n witnerf se interpretasie van wat
>> aangaan. Jy kan nie sien dat dit doodnormale
>> gisting is in die politieke kookpot van die land
>> tussen die meer konserwatiewe ANC en die
>> meer sosialistiese Cosatu nie. Dis dié soort
>> normale uitmaseling wat deur die halfeeu van
>> apartheid onderdruk is binne swart geledere,
>> en wat die ANC so 'n oorweldigende mags-
>> posisie in SA gegee het ( die bed gemaak deur
>> die apartheidsvaders vir hulle nageslag om in
>> te lê.) Noudat "wit" politiek irrelevant geword
>> het, gaan die normale magsposisionering tussen
>> faksies maar net voort. Ons sien dit gedurig
>> hier by ons.
>> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 20:41:24 UTC 2025
|