Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Botsing tussen die ANC en COSATU
Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100516 is 'n antwoord op boodskap #100527] Wo, 01 Desember 2004 12:26 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tot op hede toe het die ANC daarin kon slaag om COSATU leierloos te laat
deur goed besoldigde regeringsposte en sakegeleenthede aan die COSATU
leierskap te gee. Mense soos Jay Naidoo, Tities Mbolweni ens.

COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.
Re: Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100527 is 'n antwoord op boodskap #100516] Wo, 01 Desember 2004 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Dec 2004 04:26:46 -0800, "Jonas" wrote:

> Tot op hede toe het die ANC daarin kon slaag om COSATU leierloos te laat
> deur goed besoldigde regeringsposte en sakegeleenthede aan die COSATU
> leierskap te gee. Mense soos Jay Naidoo, Tities Mbolweni ens.
>
> COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
> ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
> vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.
>

en ek kyk op die boekrakke en toonbanke na die koerantopskrifte
en lag van vooraf met so lekker lag, vir die wittes
wat die holrug geryde storie nog meer holrug ry
met so jammerlike klank in hul selbejammerende stemme
wanneer hulle alweer (met so bietjie hoër toon as gewoonlik) sê
"witmense kan nie saamstaan nie"

DD
Re: Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100545 is 'n antwoord op boodskap #100527] Do, 02 Desember 2004 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
> ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
> vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.

Dit is natuurlik 'n witnerf se interpretasie van wat
aangaan. Jy kan nie sien dat dit doodnormale
gisting is in die politieke kookpot van die land
tussen die meer konserwatiewe ANC en die
meer sosialistiese Cosatu nie. Dis dié soort
normale uitmaseling wat deur die halfeeu van
apartheid onderdruk is binne swart geledere,
en wat die ANC so 'n oorweldigende mags-
posisie in SA gegee het ( die bed gemaak deur
die apartheidsvaders vir hulle nageslag om in
te lê.) Noudat "wit" politiek irrelevant geword
het, gaan die normale magsposisionering tussen
faksies maar net voort. Ons sien dit gedurig
hier by ons.

Gloudina
Re: Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100567 is 'n antwoord op boodskap #100545] Vr, 03 Desember 2004 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik is ou Jonas al die jare so bitter omdat hy homself nie meer
kan verryk nie, lyk dit.

On Thu, 2 Dec 2004 07:02:04 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Jonas" skryf
>
>> COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
>> ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
>> vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.
>
> Dit is natuurlik 'n witnerf se interpretasie van wat
> aangaan. Jy kan nie sien dat dit doodnormale
> gisting is in die politieke kookpot van die land
> tussen die meer konserwatiewe ANC en die
> meer sosialistiese Cosatu nie. Dis dié soort
> normale uitmaseling wat deur die halfeeu van
> apartheid onderdruk is binne swart geledere,
> en wat die ANC so 'n oorweldigende mags-
> posisie in SA gegee het ( die bed gemaak deur
> die apartheidsvaders vir hulle nageslag om in
> te lê.) Noudat "wit" politiek irrelevant geword
> het, gaan die normale magsposisionering tussen
> faksies maar net voort. Ons sien dit gedurig
> hier by ons.
>
> Gloudina
>
Re: Botsing tussen die ANC en COSATU [boodskap #100628 is 'n antwoord op boodskap #100567] Do, 09 Desember 2004 09:34 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is hy spyt oor hy homself nie verryk het toe hy die kans gehad het
nie? Waar is die dae dat 'n staatsamptenaar wat R8,50 per dag kan eis vir
'n middagete wat hy op pad is en dit nie eis nie omdat hy nie in die middag
eet nie? Wat van 'n segment van die staatsdiens wat ek goed ken waar daar
in 12 jaar nie 'n enkle geval van bedrog ooit aangemeld of verhoor was nie?
Vandag? Daar is nie 'n departement in Nam se regering wat nie onder die
een of ander geregtelike ondersoek vir bedrog is nie. Jy praat bloot van
die blankes wat onder die politieke sisteem voorregte gehad het wat die
swart mense nie gehad het nie, ons praat van bloot kriminele oortredings wat
aan die orde van die dag is is alle staatsdepartemente.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:sth1r0dg01mgkv246k2b77smq4ngatcdva@4ax.com...
>
>
> Eintlik is ou Jonas al die jare so bitter omdat hy homself nie meer
> kan verryk nie, lyk dit.
>
>
> On Thu, 2 Dec 2004 07:02:04 -0500, "@rogers.com"
> wrote:
>

>> "Jonas" skryf

>>> COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
>>> ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde
>>> geleenthede
>>> vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.

>> Dit is natuurlik 'n witnerf se interpretasie van wat
>> aangaan. Jy kan nie sien dat dit doodnormale
>> gisting is in die politieke kookpot van die land
>> tussen die meer konserwatiewe ANC en die
>> meer sosialistiese Cosatu nie. Dis dié soort
>> normale uitmaseling wat deur die halfeeu van
>> apartheid onderdruk is binne swart geledere,
>> en wat die ANC so 'n oorweldigende mags-
>> posisie in SA gegee het ( die bed gemaak deur
>> die apartheidsvaders vir hulle nageslag om in
>> te lê.) Noudat "wit" politiek irrelevant geword
>> het, gaan die normale magsposisionering tussen
>> faksies maar net voort. Ons sien dit gedurig
>> hier by ons.

>> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Wit bloed vs swart bloed
Volgende onderwerp: Student Vlaams-Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:16:22 MGT 2024