Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koffiewinkel vs Moffie
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100468 is 'n antwoord op boodskap #100463] |
Sat, 27 November 2004 18:44   |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 27 Nov 2004 08:13:59 +0200, "Suidwester" wrote:
> Wat die berig aanbetref is Juan reg, Ellie. Die vrou het haar Chritelike
> siening as 'n rede gegee vir haar weiering om die groep te ontvang. Die
> doel van my skrywe weer was nie om haar motiewe te bevraagteken nie, maar
> wel die redes hoekom die publiek [vergeet nou vir 'n oomblik van die
> gay-groepering] kan aandring op die reg om 'n besigheid te betree en HULLE
> reëls op daardie besigheid toe te pas? As die eienaar nie daarvan hou nie
> het hy volgens die algemene gevoel geen reg om enigiets te doen om die
> situasie tot 'n stop te bring nie want dan diskrimineer hy?
> Wat ek vra is: Hoekom is besigheid altyd 'n 'one-way street' sover dit
> die publiek aangaan? Ek meen, as 'n besigheidsman iets aanbied, het die
> publiek die vrye reg om te besluit of hy daarvan hou of nie. Niemand dwing
> iemand om iets te koop nie! As die besigheidsman egter sien dat die
> klandisie wat belangstel in sy besigheid is nie gewens, of dalk skadelik vir
> sy algemene besigheid, mag hy volgens die publieke opinie nie weier om 'n
> persoon te bedien nie want dan diskrimineer hy! Hoeveel keer het jy al
> gehoor, of self gesê dat jy nie by 'n sekere winkel wil 'shop' nie want dis
> 'n kak plek? Sal jy 'n winkeleienaar dieselfde grasie gee om vir jou te sê
> dat hy wil jou nie bedien nie want jy's 'n kak kliënt?
> Net om weer te sê: My redenasie is nie oor 'n ou mag moffie of
> nie.....dit was oor die reg van die besigheidseienaar om 'n ongemaklike
> situasie te probeer vermy.
Wat sê die Suidafrikaanse wetgewing in hierdie geval, Suidwester? Kan
in Suid-Afrika die eienaar van 'n openbare geleentheid 'n byeenkoms
van homoseksuele skors in sy eie saak net omdat hierdie mense
homoseksueel is? Wat skryf die burgerregte in Suid-Afrika hiervan?
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100478 is 'n antwoord op boodskap #100468] |
Mon, 29 November 2004 06:00   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet nie wat sê die wet hieroor nie en ek dink nie dit staan beskyf in
enige wetgewing nie. Sekerlik is daar twee kante van die saak, soos altyd.
As 'n groep homo's 'n plek bespreek vir 'n homoseksuele-motief byeenkoms en
hulle sê niks vir die eienaar van die plek nie, dan kan dit sekerlik ook
wantvoorstelling wees? My argument is dat die eienaar van 'n besigheid
[perseel, winkel, stoor, watookal] die reg het om te besluit of hy met
iemand wil besigheid doen. Vraag en aanbod. As hy nie wil nie [dit kan
wees oor die man nie 'n spul jillende kinders of vroumense kan hanteer nie
en vir dieslefde red nie ook 'n spul homoseksuele nie] is dit sy reg om te
sê: "Nee dankie, ek stel nie belang in jou geld nie." Onthou ek praat
van privaatbesigheid. Praat jy van publieke plekee soos stadsale,
munisipale sportgronde, ens. dan is jy by publieke eiendom en sekerlik kan
jy geen groep bloot agv van die groepsoriëntering wegwys nie.
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:daihq0d0i34asgvs4q1e62hctqeh82f1p1@4ax.com...
> On Sat, 27 Nov 2004 08:13:59 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>> Net om weer te sê: My redenasie is nie oor 'n ou mag moffie of
>> nie.....dit was oor die reg van die besigheidseienaar om 'n ongemaklike
>> situasie te probeer vermy.
>
> Wat sê die Suidafrikaanse wetgewing in hierdie geval, Suidwester? Kan
> in Suid-Afrika die eienaar van 'n openbare geleentheid 'n byeenkoms
> van homoseksuele skors in sy eie saak net omdat hierdie mense
> homoseksueel is? Wat skryf die burgerregte in Suid-Afrika hiervan?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100488 is 'n antwoord op boodskap #100478] |
Mon, 29 November 2004 17:33   |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Nov 2004 08:00:28 +0200, "Suidwester" wrote:
> Ek weet nie wat sê die wet hieroor nie en ek dink nie dit staan beskyf in
> enige wetgewing nie. Sekerlik is daar twee kante van die saak, soos altyd.
> As 'n groep homo's 'n plek bespreek vir 'n homoseksuele-motief byeenkoms en
> hulle sê niks vir die eienaar van die plek nie, dan kan dit sekerlik ook
> wantvoorstelling wees? My argument is dat die eienaar van 'n besigheid
> [perseel, winkel, stoor, watookal] die reg het om te besluit of hy met
> iemand wil besigheid doen. Vraag en aanbod. As hy nie wil nie [dit kan
> wees oor die man nie 'n spul jillende kinders of vroumense kan hanteer nie
> en vir dieslefde red nie ook 'n spul homoseksuele nie] is dit sy reg om te
> sê: "Nee dankie, ek stel nie belang in jou geld nie." Onthou ek praat
> van privaatbesigheid. Praat jy van publieke plekee soos stadsale,
> munisipale sportgronde, ens. dan is jy by publieke eiendom en sekerlik kan
> jy geen groep bloot agv van die groepsoriëntering wegwys nie.
Ja-ja, ek verstaan jou wel, Suidwester! Maar hoe gaan juriste in
Suid-Afrika hierdie kwessie oplos as hulle 'n klag kry oor 'n
eksploitant van 'n openbare geleentheid wat 'n byeenkoms van
homoseksuele wil teëhou in sy eie saak? Is hier dalk 'n juris aanwesig
op hierdie nuusgroep?
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100498 is 'n antwoord op boodskap #100485] |
Tue, 30 November 2004 09:43   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:pfydnRWlyqIDtjbcRVn-rw@rogers.com...
>
> Dierbaarheid. Dis nie wat my pa gedoen het met sy twee
> ploegperde wat duidelik baie lief vir mekaar was nie. Sodra
> die een wat van die ander geskei was ( net een perd kon voor
> die ploeg trek as hulle tussen die wingerdstokke ploeg) weer
> by die ander een uit kon kom, dan het hulle lank met hulle nekke
> teen mekaar gestaan en vryf.
----Jitte my antie, maar jy kan kak praat as die behoefte jou tref! Daar
is nie 'n beter woord daarvoor vir wat jy nou kwytgeraak het nie! Jy ken
emosies toe aan 'n dier, in die eerste plek. In die tweede plek is daar
nie iets soos moffie-diere nie. Agv inteling
begin jy genetiese afwykings op diere kry en die kleintjies word dan
trassie-bokke genoem. Van hulle is tweeslagtig, ens. Die enigste manier
om dit reg te kry en te verhoed dat jy massiewe geldelike skade optel, is om
al die trassie-diere te slag of uit te skiet en te sorg met selektiewe
teling dat die gene weer regkom en die diere sterker maak.
> Soos ek ouer word, begin ek meer en meer voel dat die mens
> baie groot onreg teenoor diere pleeg. Al daardie koeie en
> perde wat so in stalle opgehok moes staan vir die gebruik van
> die mens. Al die honde en katte wat so opgehok moet sit hier
> in ons woonstelgebou net vir die delicatessen van 'n klomp
> ou mense. Ek kan skaars voor een van daardie winkels
> staan waar hulle hondjies en katjies in die vensters vertoon.
> Ek raak naar op my maag van al die dieremishandeling.
-----Is die diere nie op aarde vir die gebruik deur die mens nie. Dit kan
sonder mishandeling gedoen word [dis nou as jy Kanada en sy robuitwissing
buite rekening laat!]. Ek sal egter bly wees om te hoor dat jy vir 'n slag
iets doen aan die saak en:
1. Nie meer enige vleis eet nie.
2. Nie meer enige vis eet nie [visse wat doodsmoor in die bote na dit
gevang is vrek 'n veel meer wrede dood as 'n bees of 'n skaap wat 'n skoot
in die kop kry in 'n slagpale. 'n Vis versmoor stadig en dit kan maklik
tot 30 minute duur voor dit dood is.
3. Geen hoendervleis meer nie.
4. Geen eiers meer nie.....weet jy hoe word die henne op hok gehou om net
eiers te lê tot hulle vrek is?
5. Geen suiwel meer nie.....melk, kaas, botter. alles kom van diere af
wat op hokke staan.
6. Selektief enige plantprodukte eet sodat jy net dit aankoop wat nie met
dieremis bemes word nie anders ondersteun jy mos die mishandeling van diere!
So, wat bly vir jou oor? Nog ander tjol wat jy wil kwytraak?
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100505 is 'n antwoord op boodskap #100502] |
Tue, 30 November 2004 14:46   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:d-Odnd8ACbeJ4jHcRVn-2A@rogers.com...
>
> Ek sou nie dink dat bemesting soos jy dit beskrywe dieremishandeling
> is nie. Ek dink nie die diere sal omgee as hulle afvalprodukte gebruik
> word vir bemesting nie. Miskien sal die miskruiers omgee. Nie die
> koeie nie.
---Ai my antie, dat jy niks weet van boerdery en waar die plaasprodukte
vandaan kom, is baie duidelik. As jy nie 'n bees se produkte gebruik nie,
hoekom sal iemand dit nog aanhou? En as niemand dit aanhou nie, waar gaan
jy aan die mis kom? Die hele ding is 'n siklus.
> En in hierdie tyd wanneer ons aanmekaar hoor van die gevare
> van vleis met die malkoeisiekte ensovoorts, dink ek dat jy tweekeer
> moet dink voordat jy vleis, veral beesvleis, in jou mond in sit.
----Daar is baie stories oor rooivleis en die eerste ding waar ek jou wil
platslaan is die feit dat beesvleis veel minder skadelik as bv. skaapvleis
is as mens oor die hoeveelheid vet in die vleis praat. Dan is daar die
storie dat vleis jou cholesterol opjaag....wat niemand einlik oor stry nie,
maar eet is 'n willekerige aksie en jy kan vleis in matige hoeveelhede
inneem. Net so is alreeds bepaal dat die 'goeie' cholesterol in vleis deur
die vriesproses afgebreek word. En verder wil ek vir jou sê dat mens leef
net een keer en as jy dit kan geniet om haaskos vir die res van jou lewe te
eet 'n dit te geniet, dan wonder ek ernstig oor jou! Vat bv.
alkohol....daar's niks goeds aan nie en tog drink die mense hom. Net so
gaan meer mense in 'n maand dood in motorongelukke as wat daar in 5 jaar
vrek aan hulle harte agv. cholesterol-verwante hartsiektes...........en tog
ry ons almal nog ons karre?
En net vir die humor. So 'n jaar of wat gelede nooi van my familie ons
uit om saam te kom braai by 'n verjaardagpartytjie. Ons weet egter dat die
dogter en 'n vegatari�r is en dat die kos op die 'braai' alle snaakse
groentes en goete gaan wees. Ek en my swaer het besluit dat ons so nie
gaan oorlewe nie en het vir ons 'n paar lekker skaapchops en 'n vetrib in 'n
'cooler box' gegooi en gereël met die ou wat langs die mense bly dat ons
daar ons vleisie skelm kan braai sodat ons nie die mense affronteer nie.
Wel, so gemaak, maar die wind was verkeerd en toe daai eerste vet begin
braai en die reuk van die braaivleis tref die spul by die partytjie, toe
loer die spul al vir mekaar. Die een meisiekind se maag het so 'n harde
gor-geluid gemaak dat almal dit kon hoor. Ons het toe maar omgesluip na
ons braaiplek toe en dit was nie lank nie toe's die helfte van die mense van
die partytjie ook daar en soebat vir n happie braaivleis!
Vir wat wil jy vir ewig lewe, antie? 'n Vervelige lang lewe is nie
naastenby wat 'n kort lekker vol lewe kan wees nie!
|
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100518 is 'n antwoord op boodskap #100506] |
Wed, 01 December 2004 05:46   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:qf2dnc0n0tJGFjHcRVn-hQ@rogers.com...
> In Indië, waar meeste godsdienstige Hindoes vegetariërs is,
> word beeste as "heilig" beskou en word hulle toegelaat om
> orals rond te loop. Nou kan mens dink die mense is mal
> en vreeslik "godsdienstig." Maar 'n fyn wetenskaplike
> analise van hierdie verskynsel kom tot die konklusie dat
> die bees 'n noodsaaklike bestanddeel is van die voortsetting
> van 'n gesonde landboukultuur.
---Jy probeer nou net om jouself uit 'n gat uit te redeneer en dit gaan nie
werk nie. Jy praat van klein gemeenskappies en bestaansekonomie�.. Kyk
meer oor die algemeen. Hoekom sal enige boer op 'n redelike plaas 300 bees
aanhou en net vir bemesting en die heiligheid van die koeie? Dit mag vir
jou as 'n verassing kom, maar meeste ouens wat boer, doen dit om 'n bestaan
te maak. Nie almal is tevrede om vir die res van sy lewe in 'n pondok te
plak nie en wil vorder in die lewe. As almal nie meer vleis eet nie, gaan
daar geen ekonomiese rede wees om diere aan te hou nie en dan is die siklus
verbreek. Is dit so moeilik om te verstaan?
Nie alleen voorsien dit die
> bevolking van melk nie,
----O, julle's darem reg om 'n deel van die dier se produksie te gebruik?
Die deel wat jou pas?
maar ook van bemesting en word
> laasgenoemde ook as vuurmaaksel gebruik. Buitendien
> word die bees ook as pakdier en werkdier gebruik. As
> die mense nie-vegetariërs was, sou hulle al lankal al die
> diere opge-eet het.
----He-he! In watter eeu is jou verbeelding nou? Die dae wat die bees as
trek- en pakdier gebruik was is darem seker al so 80 jaar gelede! Naby jou
geboorte, dié dat jy dit nog onthou! Wat die opvreet aanbetref, is jy reg.
As jy nog in Afrika was sou jy dit self ondervind het hoe die kommersiële
boere produseer dat die stof spat en die bestaansboere vreet dat die stof
spat! Wat sou hulle sonder ons gedoen het?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100538 is 'n antwoord op boodskap #100537] |
Thu, 02 December 2004 05:39   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anite, kom ek maak 'n stelling: Geen gewilde staatsleier kan 'n goeie 'n
effektiewe landsleier wees nie. Jy kan nie die hele tyd die publiek almal
tevrede stel nie en die skelmer politici gebruik 'n front-man as die 'fall
guy'. Bush vat sommer die kak self. Dit sê nogal iets van dié ou! As
mens kyk na ou Clinton wat sy tyd omgespyker het. Gewild ja, 'n hoer ook!
"@rogers.com" skryf in boodskap news:EPmdnab-cIGRCjPcRVn-hA@rogers.com...
>
> "Ellie" skryf
>
>> Vertel eers van Bos se besoek in Ottawa Gloudina, dit het nie veel gehelp
>> nie dink ek, betogings en mense wat hom haat. Ek hoop hy het darem
> sommige
>> van die optogte gesien sodat hy kan sien hoe ongewild hy is.
>
> Die besoek word hier in die media beskryf as "cozy." Dis duidelik
> dat die Wit Huis uit hulle pad gaan "to mend fences" en die nuwe
> Liberale Eerste Minister, Paul Martin, gaan ook uit sy weg om te
> wys dat daar goeie betrekkings is tussen die twee lande. Maar daar
> sal definitief nie Kanadese soldate in Irak veg nie. Heelwaarskynlik
> Kanadese onder Verenigde Volke vaandel help met die verkiesings.
> Die betogings was maar glo baie besadig. Net vanoggend toe hy
> vroeg vertrek na Halifax, was daar glo 'n klomp baie agressiewe
> ouens voor sy hotel. Maar hy is seker so gewoond aan betogers,
> selfs in die VSA, dat dit hom seker nie veel gesteur het nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100546 is 'n antwoord op boodskap #100544] |
Thu, 02 December 2004 12:08   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat al dit met die prys van eiers te doene? Clinton is wat jy sal noem 'n
manlike tert wat enige ding wat pote het, behalwe stoele en tafels, sal
spyker en sy vrou staan blykbaar nie ver agter as dit by 'n skelm gelukkie
kom nie. So jy reken maak nie saak wat die man se moraliteit is nie en wie
hy spyker nie, solank hy net die ekonomie regkry? Jy sê ook die Demokrate
lief hoere? JY lief ook hoere? Bliksem, maar jy is aan't openbare
vandag! Duidelik pas jy dieselfde beginsels ook toe oor die tjol wat jy al
jare volhou oor apartheid. So as ou PW dalk meer in die openbaar gespyker
het, sou hy dalk 'n kans gehad het dat jy hom sy beleid kon vergewe? Wow!
"@rogers.com" skryf in boodskap news:9qudnW8M4YaNnDLcRVn-og@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> As
>> mens kyk na ou Clinton wat sy tyd omgespyker het.
> Gewild ja, 'n hoer ook!
>
> Jy vergeet natuurlik dat die Clinton administrasie
> in die tyd tussen die Bush-vader en Bush-seun
> vir die eerste keer in 'n lang tyd die VSA fiskaal
> gesond gemaak het, meer ingekry het as wat
> hulle uitgegee het, en op verskillende plekke
> vrede bewerkstellig het ( alhoewel hy in Bosnië
> oorlog gemaak het, en Bin Laden probeer skiet
> het in Afghanistan.) Ek weet nie of jy bewus
> daarvan is nie, maar Clinton en sy vrou is
> geliefde figure hier in die VSA, selfs dink ek
> onder die deursnee Amerikaner wat nie
> eintlik Demokraat stem nie.
> Ek sien die Republikeine begin nou onder
> mekaar stry.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100552 is 'n antwoord op boodskap #100550] |
Fri, 03 December 2004 06:10   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mqCdnV9ovbdMGzLcRVn-jQ@rogers.com...
>
> Dis darem so snaaks vir my dat jy gedurig sit en
> praat oor hoe "mans" nou maar oor die tou m��t
> trap as vroumense net die minste 'n stukkie vlees
> wys. Dit is vir my so snaaks dat jy so in detail
> beskryf wat jy somtyds afloer wat ander mans met
> vroue doen.
----Hou jou oog op die bal, ou antie. Hierdie het niks te doen met wat ek
toevalig sien nie en ek is ook nie die president van die VSA nie. Mens sou
dink dat morele integriteit hoog op die lys van die pos se kwalifikasies
staan?
Maar as dit nou by Clinton kom, dan
> is hy nou skielik 'n tert.
---Nou wat noem jy so 'n ou wat sy magsposisie misbruik om vroumense by te
kom?
> Ek dink dis meer immoreel wat George Bush en
> sy trawante in Irak doen, waar duisende en duisende
> onskuldige Irakiërs sterf in die strate, as om nou en
> dan "bietjie oor die tou te trap."
---So, as dit jou pas dan is owerspel 'meer vergeweefbaar' as 'n president
wat sy werk doen? Met die samewerking en goedkeuring van sy regering en sy
generalestaf? Wat soek jou sogenaamde 'onskuldige' Irakese in die strate?
Duidelik weet jy niks van oorlog nie [weet jy enigiets van enigiets wat jy
nog nie op 'n rekenaarskerm gesien het nie?], maar laat ek jou vertel:
Enige onskuldige mens 'duck' as die skote begin klap en die bomme begin
ontplof.
> En hierdie storie van Hilary Clinton se seksuele
> manewales bestaan ook net in jou benewelde
> en verhitte brein. Daar was wel stories dat sy en
> Vince Forster, wat selfmoord gepleeg het, 'n
> verhouding gehad het, maar oor die algemeen
> dink ek sy is 'n baie waardige lid van die samelewing
----Wys jou net waar lê JOU waardepeiling van jou medemens? Selfs Hillary
se eie ontroue man het gereken dat sy ou vaal vroutjie [dit was nou voor die
'overhaul' om haar blink op te vryf vir die politiek, is 'n wildekat in die
bed en nie tevrede met 'n enkele man se pogings nie. Daarom pas die twee
lekker bymekaar. Hou seker elke Maandagoggend vergadering om te gesels
oor wie hulle gespyker het die afgelope week? Maak dalk soos die cowboys
in die ou dae 'notches' om telling te hou? En jy reken dis meer 'moreel'?
En jy reken jouself as 'n gelowige? Jy lieg vir jouself! Of jy lieg in
die kerk, of jy's so donners lelik jouself dat jy hoop en droom om soos die
Clintons te kan wees. Vertel! Vertel!!!!
> en blykbaar ook taamlik godsdienstig.
----Duidelik is godsdiens vir jou ook net 'n term wat rondgegooi word sodra
dit jou pas. Dalk 'n emosionele kruk? As jy die Clintons se kakkerasie
goedkeur, begrawe maar jou vetman-beeldjie......
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100563 is 'n antwoord op boodskap #100560] |
Fri, 03 December 2004 14:44   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5-adnV4D0_1W7S3cRVn-tA@rogers.com...
>> dit jou pas. Dalk 'n emosionele kruk? As jy die Clintons se
>> kakkerasie
>> goedkeur, begrawe maar jou vetman-beeldjie......
>
> Siedaar, Suidwester, die morele outoriteit
> agter die duin. Iemand wat vryelik praat oor
> hoe vroumense maar moet oppas vir mans,
> want die mans kan hulleself nou nie inhou nie.
----Tante, ek kan nie help dat jy in jou woonstelletjie sit onder 'n hoop
sneeu en nie weet wat in die lewe daar buite aangaan nie. Dat jy 'n
duidelike gebrek aan logika het, die is ook baie duidelik. Wat die meisies
se kleredrag aanbetref, is dit vir my bloot logies dat as jy in die woestyn
wil gaan loop en jy trek nie die regte klere aan wat jou teen sonbrand
beskerm nie en die raak gebrand, dan moet jy nie huil daaroor nie. Jy weet
jy gaan woestyn toe en as jy nie voorsorg tref nie, is jy plein bleddie
stupid. 'n Meisiekind wat saam met die mans suip en uitlokkend aangetrek
is en saam met 'n spul mans in die nag na hul woonstel toe gaan, is nie net
stupid nie, sy's fokken stupid. Steeds dink ek hulle mag haar nie verkrag
nie, maar as die moeilikheid kom, dan is sy ook skuldig aan die hele gemors.
> Suidwester, wat ook nou begin oordeel oor
> mense se geestelike lewens.
> Ek sê weer. Ek dink die immoraliteit van
> onskuldige mense in die strate laat sterwe
> is groter as 'n tydelike seksuele misdryf.
----------'n Sonde is 'n sonde is 'n sonde! Ek weet nie volgens watter
beginsels jy lewe nie, maar as owerspel en hoerery vir jou aanvaarbaar is,
dan waaroor baklei ons? Jou kandidaat is veronderstel om die hoof van
alles te wees, ook die mense wat wag speel oor die moraliteit van die volk.
Hoe de moer kan hy sy werk doen as hy self wild oortree?
> Hier in Kanada vergewe ons seksuele
> misdrywe.
----Wys net hoever in julle moer in is julle.....julle kom dit nie eers
agter nie!
Maar ons vergewe nie vir
> George Bush wat sonder enige goeie rede
> Irak ingeval het en nou duisende mense
> laat sterf nie.
----Ja. Ja, wat dit vir my sê is dat julle die bedelaars in die skaduwee
van die Groot Land en wie se brood julle eet, die se gat lek jy.......of so
gee julle voor en hoop die Demokrate kom weer aan bewind sodat julle weer
dikker kan 'score'. Intussen moor julle robbe en vis uit en dink nie vir
'n oomblik of dit nie dalk nie 'n veel erger misdaad teen die natuur is as
'n paar bommetjies op radikale in Irak nie. 'n Rob is darem ten minste
iets moois.......'n Irakees maak net lekker teikens met daai wit rokke!
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Koffiewinkel vs Moffie [boodskap #100570 is 'n antwoord op boodskap #100566] |
Sat, 04 December 2004 05:47   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sê liewer die Amerikaanse dollar het onder die Repyblikeine na 'n meer
realistiese vlak gedaal, en ek glo jou. Sedert die Reagan-tyd was daar die
Clinton-era ook gewees vir 8 jaar, moet jy nie vergeet nie en dit staaf
presies my standpunt. 'n President is eintlik maar net 'n figure head, of
uitvoerende amptenaar wie se beleidsrigtings en dade grotendeels deur sy
party en partypolitiek bepaal word.
Miskien moet jy meer prakties na Irak kyk. Die mense wat nou daar
inkonk is nie 'n patch teen dit wat onder die Saddam-regime plaasgevind het
nie. Onder Saddam het net 'n sekere groep die werklike poste gekry, nou's
dit meer oop. 'n Ou wat ek ken wat daar werk op die huidige oomblik en so
'n lekker $40 000 per maand daar verdien, reken die Irakese wat nou saamwerk
met die VSA om die nuwe bestel uitgewerk kry, verdien self heel goed.
"Katryn" skryf in boodskap news:ms41r0pqob6h2h61pk77ia9ildoqircb30@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>> .of so gee julle voor en hoop die Demokrate kom weer aan bewind sodat
>> julle weer
>> dikker kan 'score'.
>
> Om die waarheid te sê score die Kanadese en die res van die wereld
> baie dikker met 'n Repug regering aan bewind, en veral die huidige
> spul sedert en van Reagan se tyd.
> Dit is slegs die Amerikaanse bevolking wat swaarkry, en veral die
> armes en werkersklas wat hulle werke verloor en nie mediese sorg het
> en so aan en so voorts, maar die res van die wereld score lekker dik.
> Die res van die wereld behalwe die Irakese natuurlik. Hulle score
> maar dun.
>
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 05:22:30 UTC 2025
|