Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Murrayfield
Murrayfield [boodskap #100475] Ma, 29 November 2004 00:13 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
10 uit 10 aan Naas Botha wat onmiddelik na die wedstryd (en Nick Mellett in
die S/Times vandag) kon sê dat Skotland nie as van internasionale standaard
gereken kan word nie. Gode sy dank sal die Argentydnse span nie op volle
sterkte kan wees a.s. week nie....

Dis beter om teen 'n goeie Engelse/Ierse span te verloor as om teen so 'n
kranklike vyftien te wen

Habana kan dalk voortaan op meriete in die eerste 15 gekies word - 'n
welkome vervanging vir Paulse....
Re: Murrayfield [boodskap #100481 is 'n antwoord op boodskap #100475] Ma, 29 November 2004 06:16 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja wragtag, die Skotte het omtrent gestaan en kyk as die Bokke deurhardloop!
Dié toets was geen standaard om aan te meet nie, maar ek moet sê van die
nuwelinge in die span het meer lus vir die wedstryd gelyk. Wat habana
aanbetref, moes hy lankal in die span gewees het [en Paulse al drie jaar
gelede nie meer nie!] maar op senter waar die Bokke dringend iemand nodig
het wat die voordeellyn kan aanval sonder om hom des merdes te hol teen 'n
teenstander [a la Joubert en Barry!]. Wat my bietjie laat wonder het was
daai Natalse toutjiehaar flank wat in Schalkie se plek gespeel het en heel
suksesvol gelyk het vir dit wat ek kon sien. Dit het my met die vraag
gelaat: Schalk is vinnig by die afbreekpunt.....maar wen hy die bal?
Mens sal wedstryde moet analiseer vir daardie ene. Miskien moet ons Rassie
vra vir so 'n 'toutjie'?

"Jonas" skryf in boodskap news:cocq1g$jh7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 10 uit 10 aan Naas Botha wat onmiddelik na die wedstryd (en Nick Mellett
> in
> die S/Times vandag) kon sê dat Skotland nie as van internasionale
> standaard
> gereken kan word nie. Gode sy dank sal die Argentydnse span nie op volle
> sterkte kan wees a.s. week nie....
>
> Dis beter om teen 'n goeie Engelse/Ierse span te verloor as om teen so 'n
> kranklike vyftien te wen
>
> Habana kan dalk voortaan op meriete in die eerste 15 gekies word - 'n
> welkome vervanging vir Paulse....
>
Vorige onderwerp: Re: Tutu. En toe .
Volgende onderwerp: Re: Jake White se probleempie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 21:03:45 MGT 2024