Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » VSA paspoorte
Re: VSA paspoorte [boodskap #100286 is 'n antwoord op boodskap #100270] Vr, 12 November 2004 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8987p01bc9709racukuinckkqvrs57dru7@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> . ek kan
>> eenvoudig nie saam met 'n "Kerry" gaan wat talle beleidsrigtings navolg
>> wat
>> heeltemal teen my geloof indruis nie.
>
> Dankie vir jou antwoord, Basjan. Ek sal later vanmiddag graag verder
> wil gesels. Wou net gou op hierdie spesifieke stelling reageer, want
> dit is iets wat ek al so baie gehoor het die laaste paar weke veral,
> en wat veral bygedrae het tot my totale verslae en hartseer oor die
> uitslag van ons verskiesing. Ek het darem nie my polse gesny nie,
> maar amper. ;-)
> Wat ek wou sê is dat persoonlik verkies ek Kerry se
> geloofsoortuigings, en wat my veral beindruk het was toe hy gesê het
> dat hy bid dat ons aan God se kant is. Vergelyk dit nou met Bush se
> arrogante stelling van dat God is aan sy kant.
> Ek weet nie of jy die verskil tussen die 2 se siening kan insien, en
> die implikasie daarvan kan verstaan soos ek dit begryp nie?
> Volgens my het Kerry duidelik onderskeid kon tref tussen staat en
> geloof/kerk. Dit was juis die sterkte van Amerika - die skeiding
> tussen kerk en staat. Bush en sy cronies wat van Reagan se dae af
> kom, is besig om daardie skeiding te vernietig, en dit is vir my 'n
> bittere realiteit. Maar elkgeval....

Katryn, jy het 'n baie goeie punt beet. Die ideaal is juis die skeiding van
kerk en godsdiens, maar dit is 'n baie moeilike pil om te sluk vir baie van
ons Christene. En dit erken ek ruiterlik!

Die probleem is dat mens een wyse glo en dat jou geloof nie op ander
afgedruk kan word nie. Maar as die politiek (regering) beleid implementeer
wat teen jou geloof indruis, raak die ding 'n taai tameletjie. Dit is
maklik om te sê dat dit elke individu se eie reg op keuse moet wees, maar
vir baie Christene, wat hulleself NIE die reg toe-eien om sekere dinge te
doen NIE, is dit moeilik om te aanvaar dat ander mense dinge kan doen wat
reguit indruis teen wat ek/hulle as Christene glo.

Dit is op die ou einde vrek moeilik. Maar ek sien jou punt absoluut in en
waardeer jou moeite om ook in te sien waar ek vandaan kom!

Basjan
Re: VSA paspoorte [boodskap #100287 is 'n antwoord op boodskap #100273] Vr, 12 November 2004 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:S7ydnWiT9KJSeA7cRVn-3Q@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Al wat ek sê is dat ek nie die moord van 'n kind kan goedkeur omdat die
>> kind in die lewe dalk gaan swaarkry nie. Ek glo gewoon dat ek nie reg
>> het op daardie besluit nie (selfs as "moeder" nie.)
>
> Dis nou
> vir hierdie soort vroue wat jy wil preek, Basjan. Ek
> dink jy moet dit liewer aan vroumense oorlaat om
> te besluit wat vroumense wil hê.

Ek verstaan en dit is een van die praktiese redes wat ek al baie gehoor het
om aborsie wettig te maak. My probleem kom in juis by die punt in tyd VOOR
die daad (aborsie) self gepleeg word. Is dit enige mens/vrou se reg om 'n
lewe binne in haar te neem? Dit is die oer-oue stry tussen pro-life en
pro-choice ondersteuners...

Ek verstaan wel hierdie praktiese punt van jou, maar my beswaar kom in voor
dit nog plaasgevind het, by die besluit.

Basjan
Re: VSA paspoorte [boodskap #100288 is 'n antwoord op boodskap #100277] Vr, 12 November 2004 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:i4s7p0hfp7jpfgqilosdnjsnef2ot6l6jv@4ax.com...

> Maar wat ek graag sal wil hoor is watter "talle beleidsrigtings" van
> die Demokrate kan jy nie mee vereenselwig nie?

Die beleidrigtings het meesal te make met morele standpunte (al is Bush nie
'n engel nie, Gloudina!). In terme van finansies, belasting, mediese sorg,
en verdediging, moet ek toegee dat Bush en kie skrikwekkend kan voorkom vir
baie mense!

> Elkgeval, Kerry het "civil unions" ondersteun. Iets wat ek ook sterk
> ten gunste voor is. Weereens, let op die verskil tussen 'n "civil
> union" wat op staatsregte berus en die "huwelik" wat 'n morele en
> teologiese kwessie is.

Baie goeie punt en ek kan selfs saamstem hier. Gegee dat mens 'n individu
se reg tot keuse voorstaan, dan is "civil unions" die perfekte oplossing,
want soos jy sê, die huwelik raak 'n teologiese issue en definisie. Maar ek
sal myself ook verraai deur voor te gee dat ek saamstem dat homoseksualisme
aanvaarbaar vir my is. Maar ek stel dit reguit ook, dit is nie vir my erger
as baie van die sondes wat ek al gepleeg het nie. Maar as mens alle sonde
oor dieselfde kam moet skeer...

Basjan
Re: VSA paspoorte [boodskap #100289 is 'n antwoord op boodskap #100275] Vr, 12 November 2004 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:so2dnQK-x-mOdQ7cRVn-tg@rogers.com...
>
> En as hierdie mense nou
> wil lede wees van die kerk van Christus, dan
> preek julle klomp vir hulle dat hulle nie welkom
> is nie, want hulle familiewaardes strook nie
> met julle s'n nie.

Ek dink dis hier waar jy die pot missit. ENIGE persoon wat sondig en nie sy
sonde as sulks erken nie, het ek 'n probleem mee. Dit geld vir iemand wat
homself loslaat tussen prostitute en dink dis maar oraait, vir 'n vrou wat
aanhoudend begeer en nie dink dis sleg nie en 'n seun wat vloek en dink dis
cool. Die erkenning van sonde is die eerste stap na vergifnis. Iemand wat
gay is, is enige tyd welkom by my, maar slegs as hy kan erken dat dit 'n
sonde is vir die Here. Maar dan dink ons sekerlik anders hieroor, soos die
poste hierbo bewys...

> Gelukkig is die gety besig om te draai. Hulle het
> alreeds 'n openlike gay biskop in New England
> êrens. En hy word ondersteun deur heteroseksuele
> ledemate.

Jy sien dit as 'n verandering ten goede, ek sien dit as 'n groot verandering
ten slegte. Ek sien dit as deel van die afval van die tyd waarin ons woon.
'n Tyd waarin alles aanvaarbaar word onder die vaandel van individuele/mense
reg. Ek sien ons nog steeds as wesens met (morele) grense, grense wat jy
wel in wil kan oorsteek, maar wat jou duur te staan kan kom...

Basjan
Re: VSA paspoorte [boodskap #100290 is 'n antwoord op boodskap #100289] Vr, 12 November 2004 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Jy sien dit as 'n verandering ten goede, ek sien dit as 'n groot
> verandering ten slegte. Ek sien dit as deel van die afval van die tyd
> waarin ons woon. 'n Tyd waarin alles aanvaarbaar word onder die vaandel
> van individuele/mense reg. Ek sien ons nog steeds as wesens met (morele)
> grense, grense wat jy wel in wil kan oorsteek, maar wat jou duur te staan
> kan kom...

Ek dink jy sit die pot mis, as jy dink dat homoseksualisme
en gay en lesbiese families iets nuuts is. 'n Honderd jaar
gelede het hulle lesbiese verhoudings "Boston marriages"
genoem, en Henry James het 'n roman oor so een geskryf.
Hierdie neiging om sulke mense te vervolg is 'n nuwe ding,
hoe meer die ver-regse mense oorneem en hulle sogenaamde
morele kodes wil afdwing op die hele bevolking in die VSA.

Gloudina
Re: VSA paspoorte [boodskap #100292 is 'n antwoord op boodskap #100290] Vr, 12 November 2004 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:K5-dncog5NbzNwncRVn-iA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Jy sien dit as 'n verandering ten goede, ek sien dit as 'n groot
>> verandering ten slegte. Ek sien dit as deel van die afval van die tyd
>> waarin ons woon. 'n Tyd waarin alles aanvaarbaar word onder die vaandel
>> van individuele/mense reg. Ek sien ons nog steeds as wesens met (morele)
>> grense, grense wat jy wel in wil kan oorsteek, maar wat jou duur te staan
>> kan kom...
>
> Ek dink jy sit die pot mis, as jy dink dat homoseksualisme
> en gay en lesbiese families iets nuuts is.

"Nuut" is relatief.

> Hierdie neiging om sulke mense te vervolg is 'n nuwe ding,
> hoe meer die ver-regse mense oorneem en hulle sogenaamde
> morele kodes wil afdwing op die hele bevolking in die VSA.

So ook is "ver-regs" relatief... al wat "ver regs" (in 'n neutedop) is, is
mense wat baie anders as "ver-linkses" voel

Basjan
Re: VSA paspoorte [boodskap #100293 is 'n antwoord op boodskap #100254] Vr, 12 November 2004 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
©-Yêêd, 10 Nov 2004 17:08:17 -0500, "@rogers.com"
wrote:

>
> "Basjan" skryf
>
> Vir
>> my is dit duidelik dat seksuele liefde tussen mans vir die Here ´n
>> afskuwelike daad is (uit die Bybel), maar dan moet ek ook noem dat vloek
>> ook sonde is!
>
> Kan jy vir my aanhaal waar dit in die Nuwe
> Testament spesifiek deur Christus veroordeel
> word. Ek wil nie iets hê uit Paulus nie. 'n
> Uitspraak van Christus sal doen.
>
> Gloudina
>

Ja Gloudina, met die slegslip (©ddp 2004) van julle hindoes
besef jy nie dat Paulus se boeke vir ons as kononiek beskou
word nie. Een van julle mense het vanmôre in my woonstel gewerk,
na ek hom ontbied het ('n ketelmaker, al weet hy nie hoe om ketels te
maaak nie) en met so 'n effe verontwaardige toon in sy stem genoem dat
ek nie veronderstel is om daarvan te weet nie, maar dat julle Hindoes
'n vakansiedag vandag vier. Wanneer ek uitkyk by die venster, sien ek
vuurwerke by die die Casino, so julle het nog boonop besluit om
Dawini dag (of so iets) bydie Casino te vier.

DD
Re: VSA paspoorte [boodskap #100295 is 'n antwoord op boodskap #100293] Vr, 12 November 2004 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

julle Hindoes
sien ek
> vuurwerke by die die Casino, so julle het nog boonop besluit om
> Dawini dag (of so iets) bydie Casino te vier.

Sulke onkundige boersheid moet seker nie
geantwoord word nie. Jou voëlbrein kan seker
nie die verskil tussen Hinduisme en Buddhisme
begryp nie. Maar ek het genoeg respek vir
Hinduisme om te weet dat die dag Diwali
heet.

Gloudina
Re: VSA paspoorte [boodskap #100296 is 'n antwoord op boodskap #100293] Vr, 12 November 2004 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> besef jy nie dat Paulus se boeke vir ons as kononiek beskou
> word nie

Ja, en as dit nou op die herrie afkom, dan sit en haal
julle Paulus se woorde aan waar dit julle pas (onthou,
hy was voor sy ondervinding op die pad van Damascus
'n Fariseër) en vergeet baie maklik al dié dinge wat hy
in byvoorbeeld sy boodskap aan die Korinthiërs gesê
het. Gaan lees eers I Kor 12 met aandag en dan I Kor 13
en dan gaan vat jy die skottel water en was jy-weet-wie
se voete en sommer 'n paar Hindoes se voete ook.

Tant Hessie van Kandahar
Re: VSA paspoorte [boodskap #100302 is 'n antwoord op boodskap #100295] So, 14 November 2004 04:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Nov 2004 15:16:35 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
> julle Hindoes
> sien ek
>> vuurwerke by die die Casino, so julle het nog boonop besluit om
>> Dawini dag (of so iets) bydie Casino te vier.
>
> Sulke onkundige boersheid moet seker nie
> geantwoord word nie. Jou voëlbrein kan seker
> nie die verskil tussen Hinduisme en Buddhisme
> begryp nie. Maar ek het genoeg respek vir
> Hinduisme om te weet dat die dag Diwali
> heet.
>
> Gloudina
>

ôhò... so daar is 'n verskil tussen 'n ateïs en 'n ongelowige.
Re: VSA paspoorte [boodskap #100315 is 'n antwoord op boodskap #100295] Di, 16 November 2004 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Sulke onkundige boersheid moet seker nie
> geantwoord word nie. Jou voëlbrein kan seker
> nie die verskil tussen Hinduisme en Buddhisme
> begryp nie. Maar ek het genoeg respek vir
> Hinduisme om te weet dat die dag Diwali
> heet.

Ek het altyd verstaan dat die term Hinduism soos gebruik vir Indiese
gelowe was deur die Arabiere geskep toe hulle die etiket "Hindu" op
alle non-Muslim gelowe in suidoos Asi"e oos van die Indus vallei,
geplak het. En dat die term Buddhism en Jainism, insluit.
Al hierdie gelowe het wel geevolueer deur interaksie met mekaar, en
Buddhism is gevorm deur 'n swaar invloed van Jainism and Brahmanism.
Interessant dat Gautama darem erge vitrioliese uitlatings gehad het
jeens Brahmans.
Baie soos Christene teen Moslems, net effe erger. ;-)
Re: VSA paspoorte [boodskap #100327 is 'n antwoord op boodskap #100315] Wo, 17 November 2004 22:15 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ek het altyd verstaan dat die term Hinduism soos gebruik vir Indiese
> gelowe was deur die Arabiere geskep toe hulle die etiket "Hindu" op
> alle non-Muslim gelowe in suidoos Asi"e oos van die Indus vallei,
> geplak het. En dat die term Buddhism en Jainism, insluit.

Dit mag waar wees wat jy sê oor die geskiedkundige
ontwikkeling van die woord Hindoe. ( Dieselfde soort
ontwikkeling wat die woord "kaffer" gehad het, ook
deur die moslems geskep vir almal wat nie moslems
was nie.)
Maar in die moderne tyd kan mens glad nie die
term Hindoeisme en Buddhisme verwar nie. Hulle
"teologiese" en psigologiese denke verskil hemelsbreed
van mekaar. Op die keper beskou, is Hindoeisme eintlik
nader aan die Christelike teologiese denke. Albei glo in
'n siel. En as jy die Bhagavagita lees, sal jy maklik kan
glo dat hulle van 'n "God" praat. Dis iets wat die
Buddhis nie doen nie. Hy glo nie in 'n siel nie. Daar is
vir hom geen isoleerbare "God" nie. Alles bestaan as
"dependent origination" en filosofies het hulle geboorte
gegee aan iets wat baie na aan die relatiwiteitsteorieë is
wat ons vandag het.

Gloudina
Vorige onderwerp: SA regering nie konsekwent (rassisties) met behandeling van burgers in buiteland...
Volgende onderwerp: Expat OZ: Alles OK?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:50:15 MGT 2024