Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » VSA paspoorte
Re: VSA paspoorte [boodskap #100286 is 'n antwoord op boodskap #100270] |
Fri, 12 November 2004 08:31   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:8987p01bc9709racukuinckkqvrs57dru7@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> . ek kan
>> eenvoudig nie saam met 'n "Kerry" gaan wat talle beleidsrigtings navolg
>> wat
>> heeltemal teen my geloof indruis nie.
>
> Dankie vir jou antwoord, Basjan. Ek sal later vanmiddag graag verder
> wil gesels. Wou net gou op hierdie spesifieke stelling reageer, want
> dit is iets wat ek al so baie gehoor het die laaste paar weke veral,
> en wat veral bygedrae het tot my totale verslae en hartseer oor die
> uitslag van ons verskiesing. Ek het darem nie my polse gesny nie,
> maar amper. ;-)
> Wat ek wou sê is dat persoonlik verkies ek Kerry se
> geloofsoortuigings, en wat my veral beindruk het was toe hy gesê het
> dat hy bid dat ons aan God se kant is. Vergelyk dit nou met Bush se
> arrogante stelling van dat God is aan sy kant.
> Ek weet nie of jy die verskil tussen die 2 se siening kan insien, en
> die implikasie daarvan kan verstaan soos ek dit begryp nie?
> Volgens my het Kerry duidelik onderskeid kon tref tussen staat en
> geloof/kerk. Dit was juis die sterkte van Amerika - die skeiding
> tussen kerk en staat. Bush en sy cronies wat van Reagan se dae af
> kom, is besig om daardie skeiding te vernietig, en dit is vir my 'n
> bittere realiteit. Maar elkgeval....
Katryn, jy het 'n baie goeie punt beet. Die ideaal is juis die skeiding van
kerk en godsdiens, maar dit is 'n baie moeilike pil om te sluk vir baie van
ons Christene. En dit erken ek ruiterlik!
Die probleem is dat mens een wyse glo en dat jou geloof nie op ander
afgedruk kan word nie. Maar as die politiek (regering) beleid implementeer
wat teen jou geloof indruis, raak die ding 'n taai tameletjie. Dit is
maklik om te sê dat dit elke individu se eie reg op keuse moet wees, maar
vir baie Christene, wat hulleself NIE die reg toe-eien om sekere dinge te
doen NIE, is dit moeilik om te aanvaar dat ander mense dinge kan doen wat
reguit indruis teen wat ek/hulle as Christene glo.
Dit is op die ou einde vrek moeilik. Maar ek sien jou punt absoluut in en
waardeer jou moeite om ook in te sien waar ek vandaan kom!
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA paspoorte [boodskap #100288 is 'n antwoord op boodskap #100277] |
Fri, 12 November 2004 08:40   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:i4s7p0hfp7jpfgqilosdnjsnef2ot6l6jv@4ax.com...
> Maar wat ek graag sal wil hoor is watter "talle beleidsrigtings" van
> die Demokrate kan jy nie mee vereenselwig nie?
Die beleidrigtings het meesal te make met morele standpunte (al is Bush nie
'n engel nie, Gloudina!). In terme van finansies, belasting, mediese sorg,
en verdediging, moet ek toegee dat Bush en kie skrikwekkend kan voorkom vir
baie mense!
> Elkgeval, Kerry het "civil unions" ondersteun. Iets wat ek ook sterk
> ten gunste voor is. Weereens, let op die verskil tussen 'n "civil
> union" wat op staatsregte berus en die "huwelik" wat 'n morele en
> teologiese kwessie is.
Baie goeie punt en ek kan selfs saamstem hier. Gegee dat mens 'n individu
se reg tot keuse voorstaan, dan is "civil unions" die perfekte oplossing,
want soos jy sê, die huwelik raak 'n teologiese issue en definisie. Maar ek
sal myself ook verraai deur voor te gee dat ek saamstem dat homoseksualisme
aanvaarbaar vir my is. Maar ek stel dit reguit ook, dit is nie vir my erger
as baie van die sondes wat ek al gepleeg het nie. Maar as mens alle sonde
oor dieselfde kam moet skeer...
Basjan
|
|
|
Re: VSA paspoorte [boodskap #100289 is 'n antwoord op boodskap #100275] |
Fri, 12 November 2004 08:46   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:so2dnQK-x-mOdQ7cRVn-tg@rogers.com...
>
> En as hierdie mense nou
> wil lede wees van die kerk van Christus, dan
> preek julle klomp vir hulle dat hulle nie welkom
> is nie, want hulle familiewaardes strook nie
> met julle s'n nie.
Ek dink dis hier waar jy die pot missit. ENIGE persoon wat sondig en nie sy
sonde as sulks erken nie, het ek 'n probleem mee. Dit geld vir iemand wat
homself loslaat tussen prostitute en dink dis maar oraait, vir 'n vrou wat
aanhoudend begeer en nie dink dis sleg nie en 'n seun wat vloek en dink dis
cool. Die erkenning van sonde is die eerste stap na vergifnis. Iemand wat
gay is, is enige tyd welkom by my, maar slegs as hy kan erken dat dit 'n
sonde is vir die Here. Maar dan dink ons sekerlik anders hieroor, soos die
poste hierbo bewys...
> Gelukkig is die gety besig om te draai. Hulle het
> alreeds 'n openlike gay biskop in New England
> êrens. En hy word ondersteun deur heteroseksuele
> ledemate.
Jy sien dit as 'n verandering ten goede, ek sien dit as 'n groot verandering
ten slegte. Ek sien dit as deel van die afval van die tyd waarin ons woon.
'n Tyd waarin alles aanvaarbaar word onder die vaandel van individuele/mense
reg. Ek sien ons nog steeds as wesens met (morele) grense, grense wat jy
wel in wil kan oorsteek, maar wat jou duur te staan kan kom...
Basjan
|
|
|
|
|
Re: VSA paspoorte [boodskap #100293 is 'n antwoord op boodskap #100254] |
Fri, 12 November 2004 18:12   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
©-Yêêd, 10 Nov 2004 17:08:17 -0500, "@rogers.com"
wrote:
>
> "Basjan" skryf
>
> Vir
>> my is dit duidelik dat seksuele liefde tussen mans vir die Here ´n
>> afskuwelike daad is (uit die Bybel), maar dan moet ek ook noem dat vloek
>> ook sonde is!
>
> Kan jy vir my aanhaal waar dit in die Nuwe
> Testament spesifiek deur Christus veroordeel
> word. Ek wil nie iets hê uit Paulus nie. 'n
> Uitspraak van Christus sal doen.
>
> Gloudina
>
Ja Gloudina, met die slegslip (©ddp 2004) van julle hindoes
besef jy nie dat Paulus se boeke vir ons as kononiek beskou
word nie. Een van julle mense het vanmôre in my woonstel gewerk,
na ek hom ontbied het ('n ketelmaker, al weet hy nie hoe om ketels te
maaak nie) en met so 'n effe verontwaardige toon in sy stem genoem dat
ek nie veronderstel is om daarvan te weet nie, maar dat julle Hindoes
'n vakansiedag vandag vier. Wanneer ek uitkyk by die venster, sien ek
vuurwerke by die die Casino, so julle het nog boonop besluit om
Dawini dag (of so iets) bydie Casino te vier.
DD
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA paspoorte [boodskap #100327 is 'n antwoord op boodskap #100315] |
Wed, 17 November 2004 22:15  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf
> Ek het altyd verstaan dat die term Hinduism soos gebruik vir Indiese
> gelowe was deur die Arabiere geskep toe hulle die etiket "Hindu" op
> alle non-Muslim gelowe in suidoos Asi"e oos van die Indus vallei,
> geplak het. En dat die term Buddhism en Jainism, insluit.
Dit mag waar wees wat jy sê oor die geskiedkundige
ontwikkeling van die woord Hindoe. ( Dieselfde soort
ontwikkeling wat die woord "kaffer" gehad het, ook
deur die moslems geskep vir almal wat nie moslems
was nie.)
Maar in die moderne tyd kan mens glad nie die
term Hindoeisme en Buddhisme verwar nie. Hulle
"teologiese" en psigologiese denke verskil hemelsbreed
van mekaar. Op die keper beskou, is Hindoeisme eintlik
nader aan die Christelike teologiese denke. Albei glo in
'n siel. En as jy die Bhagavagita lees, sal jy maklik kan
glo dat hulle van 'n "God" praat. Dis iets wat die
Buddhis nie doen nie. Hy glo nie in 'n siel nie. Daar is
vir hom geen isoleerbare "God" nie. Alles bestaan as
"dependent origination" en filosofies het hulle geboorte
gegee aan iets wat baie na aan die relatiwiteitsteorieë is
wat ons vandag het.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 05:22:31 UTC 2025
|