Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Bram Fischer ( Rubriek deur Ferdi Greyling)
Bram Fischer ( Rubriek deur Ferdi Greyling) [boodskap #100219] Di, 09 November 2004 15:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Van hier onder in die strate waar mense hul daaglike bestane op allerlei
wyses maak en versigtig op die sypaadjies loop, altyd op die uitkyk vir
dinge soos taxi's en grypdiewe, kan die ivoortorings van universiteite soms
laf voorkom.

Veral die debatte, gelaai met die cliches van die tyd, wat van die' torings
van babbel (soos Breyten destyds gesê het) afdaal strate toe, kan soms 'n
onaardsheid weerspieel.

Soos die debat wat deesdae van daar ver in die suide opklink - of die
Universiteit van Stellenbosch vir die lank reeds ontslape kommunis adv. Bram
Fischer 'n ere-doktersgraad moet gee of nie.

Die eerste ding om vanaf hier op die strate te laat weet, is dat gewone
mense nie veel waarde heg aan 'n ere-doktorsgraad nie. Hulle het 'n gesonde
verstand soort respek vir byvoorbeeld 'n BA-graad verwerf met eksamens, maar
nie veel
respek vir 'n ere-doktorsgraad nie.

Dis jammer, maar so is dit.

Die meeste mense kan kaf van koring onderskei. Hulle weet soms, baie raar,
maar soms wel, word iemand wat om watter rede ookal nooit gaan studeer het
nie, maar oor jare 'n massiewe kennis opgebou het, die graad gegee wat hom
toekom. Daarvoor is daar respek.

Maar vir die res reken die meeste mense (reg of verkeerd) ere-grade word
gegee omdat geld aan 'n universiteit geskenk is, omdat 'n universiteit hoop
geld sal aan hom geskenk word, omdat die universiteit reken deur 'n graad te
gee sal deure oopgemaak word of 'n verbintenis met 'n maatskappy (of
regering) vasgemessel word (dis natuurlik geld een graad verwyderd) of omdat
die
universiteit 'n soort identiteit wil projekteer.

Dis seker in die laaste kategorie waar besluit is om Bram Fischer te vereer,
jare nadat hy tot op sterwens toe aangehou is en sy as toe weggestrooi is
waar niemand weet nie, nie eers sy familie nie. (En hy het vir die Vrystaat
skrumskakel gespeel!)

Bram Fischer was natuurlik die slim kind van een van die Vrystaat se
bekendste families, mense aan die kern van die Afrikaanse establishment. Hy
het in Engeland gaan studeer, die kommunisme omarm en was later die leier
van die SA Kommunistiese Party.

Toe is hy gevang en aangehou tot sy dood in 1975. Dit was in die opbloei-dae
van apartheid. Die tye van 'n jong Nelson Mandela in die ''Treason Trial'',
stasiebomme, ''Lang Hendrik'' van den Bergh en Jimmy ''dit laat my koud''
Kruger.

Sommiges in die toring van babbel by Stellenbosch meen hy behoort nie 'n
ere-graad te kry nie.

Van hulle sê hy was 'n kommunis en die kommuniste van destyds was Staliniste
en hulle is gruwels wat nie rym met ons grondwet vandag nie.

Wat 'n mens hier pla, is dat die Universiteit van Stellenbosch reeds verlede
jaar 'n ere-graad aan een van Fischer se mede-kommuniste (en dus ook 'n
Stalinis?) van destyds gegee het - Thabo Mbeki, vandag president van ons
land en 'n man wat die mark en menseregte voorstaan.

Niemand het mos verlede jaar daaroor gekla nie?

Daar is ook aangevoer hy kan nie 'n regsgraad kry nie want as kommunis het
hy nie eiendomsreg gerespekteer wat vandag een van ons basiese regte is nie.

Maar Stellenbosch het in 1966 'n ere-doktorsgraad in die regte aan adv. B.J.
Vorster gegee en kyk wat het hy aan van die basiese beginsels van die
Romeins-Hollandse reg gedoen. En in 1976 'n militere graad aan mnr. P.W.
Botha (was hy 'n goeie militêre strateeg?) en in 1979 'n graad in die
filosofie aan dr. Danie Craven.

'n Ander beswaar is dat die graad aan Fischer gatkruip by die huidige
regering is.

Maar waar was dié beswaar toe pres. Mbeki verlede jaar sy graad gekry het?
Of toe oud-pres. Nelson Mandela in 1996 sy graad gekry het? Is dit laat
wakkerskrik? Of is Fischer maar net 'n makliker teiken?

Wat ookal, twee dinge vanaf grondvlak aan die stryendes: Ons weet nie wat
die agenda met die stryery is nie. Ons vermoed dit het nie net met
kommunisme te doen nie want dan sou hulle mos teen Mbeki ook geskreeu het.
Ons wens iemand wil vir ons sê presies hoekom daar sulke heftige besware is.

En dan die volgende - wanneer 'n wit Afrikaner op die sypaadjie van 'n
township met 'n swartman praat wat nog warm onder die hoed is oor apartheid,
praat hy deur 'n kommunikasie-kanaal wat 'n mens gerus maar die Bram
Fischer/Beyers Naude-kanaal kan doop.

Omdat hulle teen oorweldigende druk bly veg het vir gelyke regte en
menswaardigheid vir almal (of een nou 'n kommie was of nie) het miljoene
swartmense oortuig daarvan geraak dat nie alle wit Afrikaners rassistiese
drake is nie.

''En dit is baie", soos daardie ander verwerpte Afrikaner, die digter Peter
Blum, is een van die wonderlikste stukke poësie in Afrikaans, Die
Vuurhoutjie, geskryf het.

Iewers moet iemand seker oor tyd en die oseane van die dood aan Bram Fischer
dankie sê?. (En dalk sommer ook versoening die verlede in begin beoefen?)
Re: Bram Fischer ( Rubriek deur Ferdi Greyling) [boodskap #100241 is 'n antwoord op boodskap #100219] Wo, 10 November 2004 13:46 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die verskil tussen Fischer en die ander ontvangers van ere-doktorsgrade is
dat hulle (Mbeki en Mandela) vir hulle eie mense baklei het. Fischer was 'n
verraaier.
Nie slegs 'n verraaier teenoor sy mede-Afrikaners nie. Lede van die
kommunistiese party van daardie tyd mos hul getrouheid teenoor Moskou sweer.

En Anti, het Ferdietjiekie nie die knaters om sy eie postings te doen nie?
Waarom kleef hy so vas aan die voorskootpante van 'n ou vrou?
Vorige onderwerp: " Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum)
Volgende onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 08:09:18 MGT 2024