Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Michael Moorer se storie
Michael Moorer se storie [boodskap #100008] |
Tue, 02 November 2004 05:49 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gisteraand op Mnet het hulle die man se eensydige dokumentêr gewys waarin hy
sy bes probeer om Bush te 'vermoor' en dit het my met die volgende gedagtes
gelaat:
1. Dis altyd makliker om ná die wedstryd gespeel is, om die spel te
analiseer en dan vir mense te vertel wat hulle eintlik moes gedoen het.
2. Die probleem met Bin Laden en sy groep kom veel langer terug as die tyd
wat Bush aan bewind was. Gedurende Clinton se bewind het nasionale
sekuriteit sleg tweede gekom in die VSA en wat in NY gebeur het op September
11 was direk die gevolg van die slapgatgeid van die Demokratiese bewind.
3. Moorer beskuldig Bush dat hy die situasie plooi vir besigheid en geld
maak, maar wat doen Moorer homself? Presies dieselfde! Hy gebruik die
situasie om 'n dokumentêr te maak wat vir hom miljoene dollars gemaak het en
ek het nie gehoor dat hy bereid is om al daai geld te skenk vir die lyers
van die Bush-beleid of vir armes nie. Hy eien hom die reg toe om presies
dit te doen waarvan hy die ander beskuldig.
4. As daar mense is wat hierdie drek glo in die VSA, dan is die VSA se
mense dalk nie so gesofistikeerd en gevorderd as wat hulle aan die wêreld
wil voorhou nie?
|
|
|
|
|
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100029 is 'n antwoord op boodskap #100013] |
Tue, 02 November 2004 13:14 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:t9heo0djgob6d0qnl24bdo8c32s0ris3go@4ax.com...
>
> Ek dink dis Moore. Nie Moorere nie?
----Ek dog ek spel kak, maar jy klop my! Toe sit jy nog 'n ekstra 'e'
aan..........
> Anyway, die styl is polemies en nie geskiedskrywing nie.
> Jy moet so daarna kyk.
> Met ander woorde eensydig, maar 'n "legitimate" kant.
-----Skerlik, maar jy as joernalis weet hoe maklik is dit om enige saak
stukkend te skrywe. Jy gaan haal 'n enkele geval van 'n soldaat uit wat
ontevrede is om die een of ander rede [heel moontlik omdat hy persoonlik in
die oorlog self gefaal het] en die maklikste ding om sy eie vernedering weg
te steek, is om teen die oorlog te draai. Die joernaliste suip dit soos
dors woestynhonde op en skryf dat die penne begin rook, maar wat van die
duisende soldate wat heel tevrede is om in Irak te wees? Professionele
mense wat besig is om te doen waarvoor hulle opgelei is en trots is op die
dagtaak wat hulle verrig. So 'n soldaat sal nie eers met iemand soos Moore
praat nie. Gaan 'n bietjie dieper in die spesialiseenhede van 'n weermag
in, dan mag die soldate nie met die pers [of enigiemand anders]oor hulle
werk praat nie. Dit word beskou as 'n breuk in sekerheid en iets waarvoor
jy tronk toe kan gaan vir 12 jaar. Kyk maar in SA. Die
waarheids-kommissie en die bieg van die skuldiges dat die spoeg spat. Van
die hoër mense wat reeds in die publiek se oog was het daar gaan sit en
hanna-hanna om almal tevrede te stel, maar van die WERKLIKE weermag sterk
manne en hul instellings was daar nie 'n enkele lugpoefie op die
waarheidskommissie nie. Hoekom nie? As jy in daardie afdelings wil werk
vir jou land, is die eerste en belangrikste eienskap wat jy moet hê,
lojaliteit teenoor jou land en sy regering. Daar is vele mense met baie
sensitiewe inligting wat lank verby die geheimetydperk is en steeds nie sal
praat nie. Jy is opgelei om nie te praat nie. Daai manne wat wel praat,
is die vrot appels en wie eet lekker aan hom.....daai vetgat Moore!
> Was dit nie vir jou interressant om na al die bomme en die dooies Bin
> Laden so skielik ingeskonde op tv te sien nie?
-----Jy bedoel seker ongeskonde? Ek het nogal gedink dit sal my nie
verbaas as Bush vir Bin Laden aan sy toutjiesbaard kon uitsleep die dag voor
die verkiesing nie, maar dalk het hulle hom nog nie. Gesien uit 'n
militêre oogpunt is dit dalk voordelig vir die VSA om Bin Laden nie te vang
nie? As jy weet wie jou vyand is en waar hy rondhang en jy weet hoe om hom
in te perk, is dalk veel beter as om hom vrek te skiet en van hom 'n
martelaar te maak wat die Moslems aanvuur om nog groter kak aan te jaag.
Met Bin Laden aan beheer is die kans groot dat die aanvalle deur hom beplan
en aangevoor sal word. Met hom kisboude, kan jy dalk honderde kleiner
aanvalle kry en weet jy nie waar om te keer nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100105 is 'n antwoord op boodskap #100083] |
Thu, 04 November 2004 18:45 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 4 Nov 2004 07:51:43 +0200, "Suidwester" wrote:
> Ja foeitog, en toe verloor ou langkakebeen kerry toe nog ook die verkiesing
> en die eerste ding waaroor die mense in Afrika tjank is die feit dat hulle
> nou minder hulp kan verwag van die VSA.
erens het ek gelees dat 80% swart Amerikaners vir Kerry (sou) gestem
het. Dit was voor die verkiesing, so dit was blykbaar gegrond op 'n
tipe menings opname.
Nevermaaind dit, vanmore so omtrent 0930 kom hier 'n bootjie verby.
In ge'escort' met 3 weermag choppers, so moet vir geen oomblik dink
dat die escorts movement nie so ver reik as die weermag nie.
Daars natuurlik nie 'n kans dat ek die bootjie toe nie kliek nie, en
toe gooi dit nog boonop anker ook hier, waar dit nou nog lê.
Al peinsend dat dit van die bekende z.u.m.a. - r500 000 reeks is,
zoom ek dit toe ook so bietjie, om toe te sien dat die
reeksno. F148 is.
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCFrance4757.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCFrance4754.jpg
|
|
|
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100121 is 'n antwoord op boodskap #100105] |
Fri, 05 November 2004 05:53 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" skryf in boodskap news:c9tko094iiav6lb3bnfdt7hv5nk618cm5v@4ax.com...
> On Thu, 4 Nov 2004 07:51:43 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> Nevermaaind dit, vanmore so omtrent 0930 kom hier 'n bootjie verby.
> In ge'escort' met 3 weermag choppers, so moet vir geen oomblik dink
> dat die escorts movement nie so ver reik as die weermag nie.
----Jy moet die 'escorts' hier in Nam sien! Oom Sam en sy Eeerste Minister
beweeg nêrens sonder hul klingende konvooi nie. Elke dag deur Windhoek se
strate na hul 'werkplek' toe. Dis soldate met AK47's wat op die strate
staan, spietkoppe op motorfietse en die string swart karre wat hul groot
ghoeroe vervoer. O, en moenie die Chinese lugafweer kanonnetjie uit die
dertigerjare vergeet nie. Dit kan nie meer 'n duik in 'n drol inskiet nie,
maar dit lyk reg en die plebs op straat word hopelik beïndruk. Die kak kos
ons land jaarliks baie miljoene, maar konvooi die ry hulle. Meer
verstommend dat dit wet is dat as jy bv op pad sou wees van Swakopmund af
binneland toe en jy ry van agter nader aan 'n groep staatsvoetruie wat as 'n
konvooi gereken word, mag jy nie by hulle verby nie. As hulle teen 80km/u
sou ry, dan moet jy agter hulle bly. Gaan jy verby, dan arresteer hulle
jou! Daar was 'n bekende geval van 'n man en sy meisie op hul super bike
wat by so 'n groep voertuie verbygeglip het en hulle is op Usakos
gearresteer toe hulle petrol ingooi.
>
> Al peinsend dat dit van die bekende z.u.m.a. - r500 000 reeks is,
> zoom ek dit toe ook so bietjie, om toe te sien dat die
> reeksno. F148 is.
----Dis nie dalk een van die nuwe bote wat aangekoop is wat daar in Durban
toegerus moet word met sy wapenstelsels nie?
|
|
|
|
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100138 is 'n antwoord op boodskap #100131] |
Sat, 06 November 2004 05:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:6qeno01ehud8hkgijtltmhduorqj0kmt0e@4ax.com...
> On Fri, 5 Nov 2004 07:53:08 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> En wat sou die klag teen sulke mense wees? Dat hulle die
> vermetelheid gehad het om die sp verby te ry? Of bloot
> oortreding van law nr 3 articel a-one of so iets?
----Dis geskrewe wet want jou aksie kan glo 'n potensiële gevaar bring vir
die VIP's. Maar soos die Antie, weet die spul van ons regering duidelik
ook nie veel van sekuriteit nie. Dis alles vertoon en jy moet die hart van
die Owambo's verstaan om dit te verstaan. Vir hulle moet 'n man sy sukses
en mag duidelik wys met oorgroot huis, kar en klere. Hierdie klingelende
konvooie skree 'n uitnodiging aan enige kwaaddoener uit: "Kom skiet my!"
Maar hulle is nie belangrik genoeg om geskiet te word nie, maar darem dink
die gewone swart man op straat hierdie mense in daai karre is nekke.
> Dit is nog steeds hier - met 'n massa mense vanmiddag op 'n
> plesiervaart - heelwaarskynlik Ethekweni raadslede
----Ons ken ook van daai kak. Ons regering het so pas twee van die
gevorderdste helikopters in ontvangs geneem wat luuks ingerig is sodat die
president en sy gardes orals vervoer kan word en in styl arriveer op enige
plek. 'n Meer praktiese helikopter is nie aanvaarbaar nie, dit moet groter
en blinker wees as die 'Boere' s'n. Sommer amper so op die eerste ernstige
vlug op na Owamboland toe met 'n hoop partymense by vir die 'joyride' toe
leer hulle die les wat die SA Lugmag sommer jarre gelede al in owamboland
geleer het. Stof en 'n helikopter se turbines se lemme is nie
speelmaatjies nie en het die stof en sand wat hulle opgewek het deur so
spelend orals in die veld te land, miljoene rande se skade aan die enjins
van die choppers veroorsaak. Vroeër jare het die Lugmag mos filters gemaak
vir beide die Puma's en die Allouettes wat selfs die Franse vervaardigers
stom gelaat het.
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:17:35 UTC 2025
|