Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gary Botha
Gary Botha [boodskap #100117] Vr, 05 November 2004 03:19 na volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hy moes om persoonlike redes onttrek uit die SA-A span, glo nie n geval van
suur druiwe dat hy nie n Bok is nie. Sal interessant wees om te sien of hy
die uitnodiging aanvaar om vir die Barbarians teen die All Blacks te speel
en of sy persoonlike situasie skielik verander het....

Nou ja, Bokke wen seker more met so 10 punte?
Tot later
Joeboy
Re: Gary Botha [boodskap #100126 is 'n antwoord op boodskap #100117] Vr, 05 November 2004 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gee hom die voordeel van die twyfel maar ek wonder darem of dit nie 'n
geval is van wag vir wat in die toekoms gaan gebeur nie. As hy vir die
A-span of die Bokspan speel, kan hy nooit weer vir 'n ander land se
nasionale span speel nie. Ek sal nie verbaas wees as 'n land hom koop vir
hulle nasionale span nie. Dis duidelik dat sy toekoms sover dit die
Bokspan aangaan, nie veel van 'n kans het nie, en al word hy ook gekies,
gaan hy die reserwebank blinkvryf want die Bokkaptein moet so lank moontlik
op die veld bly. As ek hy is, maak ek die keuse tussen die All Blacks of
die Aussies en verkas..... Dieslelfde geld vir Brits van die Leeus.

"Joeboy" skryf in boodskap news:cmergn$h9i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hy moes om persoonlike redes onttrek uit die SA-A span, glo nie n geval
> van
> suur druiwe dat hy nie n Bok is nie. Sal interessant wees om te sien of hy
> die uitnodiging aanvaar om vir die Barbarians teen die All Blacks te speel
> en of sy persoonlike situasie skielik verander het....
>
> Nou ja, Bokke wen seker more met so 10 punte?
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Gary Botha [boodskap #100129 is 'n antwoord op boodskap #100117] Vr, 05 November 2004 11:01 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 5 Nov 2004 05:19:42 +0200, "Joeboy" wrote:

> Nou ja, Bokke wen seker more met so 10 punte?

Die weervoorspelling in Wallis is vir 'n stil sonnige dag.
As dit so uitwerk en die veld is droog en alles loop reg gaan die
telling meer as dit wees.
Vorige onderwerp: Mandela
Volgende onderwerp: Twee vrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:25:36 MGT 2024