Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Iets om oor na te dink.
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42103 is 'n antwoord op boodskap #41707] |
Wed, 16 May 2001 06:24   |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So jy sal dan nooit 'n ware boedhis kan wees my daai ego van jou nie
skryf in boodskap news:3B01EC7E.5A051798@home.com...
Dries Venter wrote:
die Boeddhis. Hy het 'n baie langer en moeiliker pad om te loop. Want
sy godsdiens sê vir hom: jong, jy moet eers jou ego opgee, dit moet soos
'n saad in die grond val en dan sal jy die koninkryk be-erf. Maar in die
Buddhiste-tradisie praat mens nou nie maar net 'n bietjie oor hierdie
proses van die saad-wat-in-die-grond-val-en-dan-sal-die-nuwe-mens
tevoorskyn- tree nie. Jy word metodes geleer om dit te doen. Selfs in
die Christelike tradisies was daar sulke groepe. Die Jesuits dink ek het
geestelike oefeninge gehad. Ek dink die innige Christen is heelwaarskynlik
iemand wat baie bid, met homself en sy ego worstel en wat gedurig om
genade vra. Ek dink nie wat hy doen is so vreeslik anders as wat 'n
Buddhis doen nie.
> Verder, oor die onstaan van Buddhisme, sê Pears: "It arose against the
> background of Hinduism in the 6th century BC. Its founder (real or
> legendary) being the *Hindu* prince Siddharta Gautama, known as the
> Buddha..." Miskien verstaan ek dit verkeerd, maar dit kom my voor asof
> Buddhisme uit Hinduisme ontwikkel het.
>
Dis die algemene aanname in die verlede gewees. Maar meer en meerdink hulle
dat
die Tantra van die Buddhisme en wat ons nou as Hinduisme
noem, maar oorspronklik dieselfde gewees het ( gewortel in Noord-wes
Indië - daar waar Punjab en Pakistan ongeveer vandag is.) Argeologies
dateer "Hindu Art" baie later as "Buddhist Art."
Ek wil net nou sê: ek het nog nooit voorgegee dat ek 'n "Buddhis" is nie.
Ek weet nie wie my die label op hierdie nuusgroep gegee het nie. Ek het
maar alleen uitgewys dat ander godsdienstige persuasies ook waardige
en waarlike dinge oor die siel kan hê, en dat mens moet ligloop om uit te
skree dat alleen Christene "gered" word. En ek kan getuig dat sedert ons
met 'n buddhiste groep sit en mediteer en dinge leer, het ek 'n baie dieper
insig gekry in die geestelike aanwysings wat mens ook in die Bybel kry.
Ek het ook 'n dieper respek ontwikkel vir praktiserende Katolieke.Dis
die praktiseer van hulle geloof, nie die dinge wat hulle monde spout nie,
wat die verskil maak.
Maar wees gerus. Ek is omring met Christelike simbole. Waar ek aan
die eetkamertafel sit en eet, sien ek 'n triptiek van Hieronymus Bosch.
Die linkerpaneel het Adam en Eva voor die Val, met Christus wat hulle
hande hou. Aan my regterkant is daar ook 'n Adam en Eva in die Paradys,
geskilder deur William Blake. In die sitkamer is daar reproduksies van
bladsye uit William Blake se "Book of Job." As jy dit nie ken nie, doen
vir jouself 'n guns en gaan kyk daarna in enige goeie uitgawe oor die
kuns van William Blake.
Gloudina
|
|
|
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42132 is 'n antwoord op boodskap #42103] |
Thu, 17 May 2001 04:46   |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As ek nou van die geskiedenis lees dan lyk dit my dat Boedisme nie
noodwendig uit Hindoe afgely is nie maar, wel uit India (afgely van die
volgende):
The Buddha was born Siddhartha Gautama, a prince of the Sakya tribe of
Nepal, in approximately 566 BC. When he was twentynine years old, he left
the comforts of his home to seek the meaning of the suffering he saw around
him. After six years of arduous yogic training, he abandoned the way of
self-mortification and instead sat in mindful meditation beneath a bodhi
tree.
On the full moon of May, with the rising of the morning star, Siddhartha
Gautama became the Buddha, the enlightened one.
The Buddha wandered the plains of northeastern India for 45 years more,
teaching the path or Dharma he had realized in that moment. Around him
developed a community or Sangha of monks and, later, nuns, drawn from every
tribe and caste, devoted to practicing this path. In approximately 486 BC,
at the age of 80, the Buddha died. His last words are said to be...
Impermanent are all created things; Strive on with awareness.
Ernest
"Krokkie" skryf in boodskap news:3b021c9b$0$251@helios.is.co.za...
> So jy sal dan nooit 'n ware boedhis kan wees my daai ego van jou nie
>
|
|
|
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42139 is 'n antwoord op boodskap #41707] |
Thu, 17 May 2001 11:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ernest wrote:
> Die argument begin meer en meer klink soos die volgende: "Meer en meer mense
> glo dat die Christen geloof uit die Joodsegeloof onstaan het. Daarby is die
> die Mohamodaan se geloof ook dan dieselfde as die Joodse (want dit was
> een)" - Ernest.
>
> Maak dit nou saak wat die begin was? Wat is die huidige? Sou ons kan sê "Die
> Christen, Jood en Moslem het dieselfde geloof want, hulle was almal een?" Ek
> betwyfel dit, maar tog was die onstaan hoofsaaklik Joods?
>
Ja, hierdie geskiedkundige oorwegings is seker alleen van belang
vir navorsers. Of vir mense wat aanvalle wil maak op die waardig-
heid van so 'n godsdienstige groep. Wat mos die belangrikste is,
is die beoefening van so 'n "geloof."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42274 is 'n antwoord op boodskap #41707] |
Sat, 19 May 2001 12:51   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Tobie wrote:
> Die Vcsv hier in my dorp was besig om leeg te loop.
> totdat die kêrel wat die Vcsv onder sy vlerke
> het, kinders begin inkry het van kerke wat charismata uitlewe.
Kan iemand verduidelik wat die verwysing beteken - "kerke wat
charismata uitlewe." Ek ken natuurlik die woord "charismaties"
en weet dat daar charismatiese bewegings in sekere kerke is.
(Dit bestaan selfs in die Katolieke kerk.) Maar wanneer Tobie
praat van "charismata uitleef" - wat bedoel hy?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42290 is 'n antwoord op boodskap #41707] |
Sat, 19 May 2001 22:07   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> On Fri, 18 May 2001 06:03:54 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> Buddha lê in 'n graf
>>
>> ons Here se graf is leeg ...................
>
> Wat jy hier sê is natuurlik absoluut die waarheid Tobie, maar al is
> dit Gloudina, dink ek dat jy steeds aan haar 'n duidelike(r) antwoord
> verskuldig is. Sê nie dat jy dom is nie Gloudina, maar geniaal soos
> ek is, is selfs ék nie eens seker wat Tobie hier vir jou sê nie. Hoe
> dit verhouding hou met jou vraag nie.
>
Ag, Davie, natuurlik weet ek wat Tobie probeer sê in die
shorthand van sy spesifieke godsdienstige persuasie. Maar
hy weet natuurlik so min van wat "Buddha" werklik is, dat
hy Christus met Buddha "vergelyk." Hy weet nie dat hy
van apples en oranges praat nie. Hy weet nie dat wanneer
daar na Buddha verwys word, daar verwys word na wat
die Christen "die goddelike in ons" sou noem nie. Daar is
vele sogenaamde Buddhas. Hulle is almal aspekte van dit
wat Christene as "die goddelike in ons" sal aandui. Die
belangrikste is die vyf Buddhas wat die vyf energie-sentras
van die mensdom verteenwoordig ( in die Bybel word hulle
die "five living beings" genoem, William Blake noem hulle
die Zoas. Mens kan hulle selfs in sielkundige terme terugvind
in Carl Jung.)
Mens voel natuurlik effens jammer vir Tobie. Want hy
het so 'n kompulsie om ander geestelike rigtings swart te
smeer. Hoekom het hy hierdie kompulsie? Wat probeer hy
bewys?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Iets om oor na te dink. [boodskap #42292 is 'n antwoord op boodskap #41707] |
Sat, 19 May 2001 23:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> On Sat, 19 May 2001 22:07:56 GMT, @home.com wrote:
>
>> William Blake noem hulle
>> die Zoas.
>
> Wag ek wil net weer gaan kyk wat het Danielle ons van Willem Blake
> vertel, Gloudina.
>
Dit sal alles afhang watter pos jy van "haar" lees, wat sy
oor William Blake sê. Op een plek hemel sy hom op tot
in die hoogte. Die volgende pos is "sy" woedend omdat
Blake nou blykbaar alle ketterse soort idees verkondig
het. Sy "gebruik" ongelukkig vir Blake óf om mense te
imponeer óf aan te val. Effens van 'n glibberige kalant dus,
as jy my vra.
Hoekom gaan jy nie reguit na Blake nie? Die hele oeuvre
van Blake is op die Net, en dit sluit in sy tekenwerk.
Sy een werk "The Four Zoas" begin so:
Four Mighty Ones are in every Man;
a Perfect Unity
Cannot Exist. but from the Universal
Brotherhood of Eden
The Universal Man. To whom be
Glory Evermore Amen.
In kanttekeninge langs die reëls word die volgende
versies aangegee: John XVII c 21 & 22 & 23 v
en John I c 14 v.
"The Four Zoas," 'n baie lang werk, eindig so:
.... Urthona rises from the ruinous walls
In all his ancient strength to form the golden armour of science
For intellectual War. The war of swords departed now
The dark Religions are departed now & sweet Science reigns.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kom ons begin 'n tema! [boodskap #42367 is 'n antwoord op boodskap #42347] |
Sun, 20 May 2001 15:43  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 20 May 2001 16:12:12 +0200, "Max" wrote:
> Ek neem aan jy bedoel ek moet 'n fight begin? Ek en sy teen die res van
> julle? Julle sal tweede kom!!!
> ___________________________________________________
> (en jy bars as jy die Boere aanval...! Want dit sal kroek
>> wees)
Want dit is al hoe jy haar sal laat kan saamstem
>> DD
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:47:43 UTC 2025
|