Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Toere
Toere [boodskap #78132] Do, 22 Mei 2003 13:28 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
eindeloos.

Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.

Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.

Elaine
Re: Toere [boodskap #78135 is 'n antwoord op boodskap #78132] Do, 22 Mei 2003 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ooooeeee, ek het vergeet van die Serengeti en Malawie en die Masai Mara. Ek
sien die toeragentskap het ook 'n 7 WEKE toer beskikbaar wat jou omtrent na
al die plekke toe vat (ek sien dat Namib en Kenia o.a. nie ingesluit is
nie). Ek kan in elke geval nie vir 7 weke lank weggaan nie. "Decisions,
decisions"

E

"Elaine" skryf in boodskap news:3eccd086$0$229@hades.is.co.za...
> Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
> nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
> ry?
Re: Toere [boodskap #78137 is 'n antwoord op boodskap #78132] Do, 22 Mei 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor Gaboen is so 'n gawe plek - en ek self sal graag na Egipte wil gaan.
Het julle die program Sondagaand gesien oor die piramides en die sterre?
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3eccd086$0$229@hades.is.co.za...
> Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
> nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
> ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
> toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
> weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
> eindeloos.
>
> Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
> Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
> behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
> hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.
>
> Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
> het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.
>
> Elaine
>
Re: Toere [boodskap #78148 is 'n antwoord op boodskap #78137] Do, 22 Mei 2003 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - as ek my sê kon laat geld is daar 'n aantal onderwerpe wat ek
nooit weer op TV wil sien nie. Dit is:
piramides / sfinks
slange
krokodille
mummies
sokker...

"Annette" skryf in boodskap news:bail26$4pp8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek hoor Gaboen is so 'n gawe plek - en ek self sal graag na Egipte wil gaan.
> Het julle die program Sondagaand gesien oor die piramides en die sterre?
> Annette
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3eccd086$0$229@hades.is.co.za...
>> Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
>> nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
>> ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
>> toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
>> weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
>> eindeloos.
>>
>> Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
>> Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
>> behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
>> hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.
>>
>> Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
>> het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.
>>
>> Elaine
>>
>
Re: Toere [boodskap #78149 is 'n antwoord op boodskap #78148] Do, 22 Mei 2003 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat het jy teen sokker en krokodilletjies?:))
Lyk my jy het te veel geskrik met The Mummy and The Mummy 2:

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3eccf62f$0$226@hades.is.co.za...
> Annette - as ek my sê kon laat geld is daar 'n aantal onderwerpe wat ek
> nooit weer op TV wil sien nie. Dit is:
> piramides / sfinks
> slange
> krokodille
> mummies
> sokker...
>
> "Annette" wrote in message
> news:bail26$4pp8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek hoor Gaboen is so 'n gawe plek - en ek self sal graag na Egipte wil gaan.
>> Het julle die program Sondagaand gesien oor die piramides en die sterre?
>> Annette
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3eccd086$0$229@hades.is.co.za...
>>> Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
>>> nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
>>> ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
>>> toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
>>> weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
>>> eindeloos.
>>>
>>> Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
>>> Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
>>> behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
>>> hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.
>>>
>>> Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
>>> het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.
>>>
>>> Elaine
>>>
>>
>
Re: Toere [boodskap #78150 is 'n antwoord op boodskap #78137] Do, 22 Mei 2003 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Egipte? Jaaaa, nou daar's 'n idee waaraan ek nie gedink het nie! Nee, ek
het nie die program gesien nie, op waffer stasie was dit?

E

"Annette" skryf in boodskap news:bail26$4pp8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek hoor Gaboen is so 'n gawe plek - en ek self sal graag na Egipte wil gaan.
> Het julle die program Sondagaand gesien oor die piramides en die sterre?
> Annette
Re: Toere [boodskap #78151 is 'n antwoord op boodskap #78148] Do, 22 Mei 2003 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sokker en slange ja ek stem saam, maar ek geniet Discovery se programme oor
Egipte. Hopeloos te veel ure al voor die T.V. gemors om iets op Discovery
te kyk :-))

E

"Jonas" skryf in boodskap news:3eccf62f$0$226@hades.is.co.za...
> Annette - as ek my sê kon laat geld is daar 'n aantal onderwerpe wat ek
> nooit weer op TV wil sien nie. Dit is:
> piramides / sfinks
> slange
> krokodille
> mummies
> sokker...
Re: Toere [boodskap #78157 is 'n antwoord op boodskap #78150] Vr, 23 Mei 2003 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sondagaand op Mnet se Carte Blanche
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3ecd11b2$0$225@hades.is.co.za...
> Egipte? Jaaaa, nou daar's 'n idee waaraan ek nie gedink het nie! Nee, ek
> het nie die program gesien nie, op waffer stasie was dit?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bail26$4pp8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek hoor Gaboen is so 'n gawe plek - en ek self sal graag na Egipte wil gaan.
>> Het julle die program Sondagaand gesien oor die piramides en die sterre?
>> Annette
>
Re: Toere [boodskap #78162 is 'n antwoord op boodskap #78157] Vr, 23 Mei 2003 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek kyk maar bittermin Carte Blanche.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bak4pm$khr8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sondagaand op Mnet se Carte Blanche
> Annette
Re: Toere [boodskap #78170 is 'n antwoord op boodskap #78132] Vr, 23 Mei 2003 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek net so 'n straaltjie bypiepie: Hierdie lang Afrika-toere is met
hierdie groot lorries waarin van die mense verwag word om hul kant te
bring....en hulle vat ook nie mense bo 35 jaar nie, mits hulle fiks en
gesond is. Dan is daar die bustoere wat deur verskeie plekke in Afrika
gaan, maar op ons land sal jy 'n keuse kry want die plek is te groot om net
sommer so te woerts-warts. Daar is wel toere wat begin in die suide van
die land by Ais-Ais, Ludertitz en die plekke en dan opwerk na boontoe, via
Sossusvlei na Swakopmund op die kus. Dan gaan hulle ook 'n draai maak in
die Etoshapanne [fotogenies die beste wildtuin in die wêreld] en dan kom
hulle weer via Windhoek na die Suide toe terug. Wat in SA beeldskoon is,
is egter die Augrabieswatervalle by Upington.

"Elaine" skryf in boodskap news:3eccd086$0$229@hades.is.co.za...
> Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
> nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
> ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
> toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
> weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
> eindeloos.
>
> Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
> Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
> behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
> hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.
>
> Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
> het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.
>
> Elaine
>
Re: Toere [boodskap #78171 is 'n antwoord op boodskap #78170] Vr, 23 Mei 2003 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou sê hulle moenie mense bo 40 saamvat nie. 'n Ou van sê 38 is nog fris
en heel moontlik gesond. Ek ken mense van 25 wat slegter lyk as baie
38-jariges. Ek's in elk geval nog binne die ouderdomsbeperking :-))
Ek wil in Afrika infoeter, moenie vra hoekom nie, ek's net lus. Ek oorweeg
die 14-dae Gorilla toer.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ecdffbc.0@news1.mweb.co.za...
> Laat ek net so 'n straaltjie bypiepie: Hierdie lang Afrika-toere is met
> hierdie groot lorries waarin van die mense verwag word om hul kant te
> bring....en hulle vat ook nie mense bo 35 jaar nie, mits hulle fiks en
> gesond is. Dan is daar die bustoere wat deur verskeie plekke in Afrika
> gaan, maar op ons land sal jy 'n keuse kry want die plek is te groot om net
> sommer so te woerts-warts. Daar is wel toere wat begin in die suide van
> die land by Ais-Ais, Ludertitz en die plekke en dan opwerk na boontoe, via
> Sossusvlei na Swakopmund op die kus. Dan gaan hulle ook 'n draai maak in
> die Etoshapanne [fotogenies die beste wildtuin in die wêreld] en dan kom
> hulle weer via Windhoek na die Suide toe terug. Wat in SA beeldskoon is,
> is egter die Augrabieswatervalle by Upington.
Re: Toere [boodskap #78172 is 'n antwoord op boodskap #78170] Vr, 23 Mei 2003 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Wat in SA beeldskoon is,
> is egter die Augrabieswatervalle by Upington.

Jy sal tevergeefs soek vir die
Aughrabiesvalle by Upington.
Dat iemand wat in Namibië bly,
nou so 'n stupid fout kan maak.
Dis dié dat ek dink jy weet nie
regtig hoe en hoe hoog springbokke
spring nie.

Tant Hessie van Onseepkans
Re: Toere [boodskap #78173 is 'n antwoord op boodskap #78171] Vr, 23 Mei 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle stel 'n algemene beperking, moenie vra hoekom hulle nou juis op 35
besluit het nie, maar ek reken hulle het seker maar ondervinding van die
storie?

"Elaine" skryf in boodskap news:3ece13bd$0$229@hades.is.co.za...
> Ek sou sê hulle moenie mense bo 40 saamvat nie. 'n Ou van sê 38 is nog fris
> en heel moontlik gesond. Ek ken mense van 25 wat slegter lyk as baie
> 38-jariges. Ek's in elk geval nog binne die ouderdomsbeperking :-))
> Ek wil in Afrika infoeter, moenie vra hoekom nie, ek's net lus. Ek oorweeg
> die 14-dae Gorilla toer.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ecdffbc.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ek net so 'n straaltjie bypiepie: Hierdie lang Afrika-toere is met
>> hierdie groot lorries waarin van die mense verwag word om hul kant te
>> bring....en hulle vat ook nie mense bo 35 jaar nie, mits hulle fiks en
>> gesond is. Dan is daar die bustoere wat deur verskeie plekke in Afrika
>> gaan, maar op ons land sal jy 'n keuse kry want die plek is te groot om net
>> sommer so te woerts-warts. Daar is wel toere wat begin in die suide van
>> die land by Ais-Ais, Ludertitz en die plekke en dan opwerk na boontoe, via
>> Sossusvlei na Swakopmund op die kus. Dan gaan hulle ook 'n draai maak in
>> die Etoshapanne [fotogenies die beste wildtuin in die wêreld] en dan kom
>> hulle weer via Windhoek na die Suide toe terug. Wat in SA beeldskoon is,
>> is egter die Augrabieswatervalle by Upington.
>
Re: Toere [boodskap #78177 is 'n antwoord op boodskap #78172] Vr, 23 Mei 2003 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag foei antie! Hierdie wys mos net weer dat jy as snotkop in daai omgewing
was en ook nie veel meer weet nie.....wat my vermoede bevestig van jou
herkoms. Maak nie saak nie, Kanaalape, of Upingtonners, praat almal van
dat Augrabies by Upington is, alhoewel dit so 'n 127km na die westekant
geleë is.....die een is niks sonder die ander nie, gryp jy dit?
Heel toevallig ken ek Augrabies baie goed en het hom al onder film
gesteek dat die stof draai en heelwat van daai fotos is al gepubliseer, so
moet nie verder stres of ek dan nie sou weet waar die 'Valle is nie! Van
al die SA [LW nie Namibië nie!]bewaringsgebiede is daar net een plek waar jy
beter foto's kan neem as by Augrabies [weer eens LW nie landskapfotos nie,
wild] is so 'n paar honderd kilo's oos van Upington in die Gemsbokpark waar
seker die beste versameling van groot roofvoëls in Suider-Afrika is. Ook
die leeus in die Kalahari is besonders en gróót.....uh, so ook die
springbokke wat in die Kalahari groter word as enige plek anders....selfs
groter as in die Namib.
.....en hoe hoog hulle spring? Ai antie, die enigste ding wat in jou lewe
spring is seker as jy die ou man met 'n naald bykom? Dis die dat die ou
kop aan iets anders as die gediggies kan dink?
skryf in boodskap news:3ECE1D4B.4000008@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Wat in SA beeldskoon is,
>> is egter die Augrabieswatervalle by Upington.
>
> Jy sal tevergeefs soek vir die
> Aughrabiesvalle by Upington.
> Dat iemand wat in Namibië bly,
> nou so 'n stupid fout kan maak.
> Dis dié dat ek dink jy weet nie
> regtig hoe en hoe hoog springbokke
> spring nie.
>
> Tant Hessie van Onseepkans
>
Re: Toere [boodskap #78180 is 'n antwoord op boodskap #78173] Vr, 23 Mei 2003 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker. Wat sal ek ook nou weet. Is die gidse ook almal onder 35?

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ece1d44.0@news1.mweb.co.za...
> Hulle stel 'n algemene beperking, moenie vra hoekom hulle nou juis op 35
> besluit het nie, maar ek reken hulle het seker maar ondervinding van die
> storie?
Re: Toere [boodskap #78181 is 'n antwoord op boodskap #78177] Vr, 23 Mei 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ag foei antie! Hierdie wys mos net weer dat jy as snotkop in daai omgewing
> was en ook nie veel meer weet nie.....wat my vermoede bevestig van jou
> herkoms. Maak nie saak nie, Kanaalape, of Upingtonners, praat almal van
> dat Augrabies by Upington is, alhoewel dit so 'n 127km na die westekant
> geleë is

Vir enigiemand wat omtrent vyftig kilometers
van Aughrabies af gebore is ( op 'n eiland wat
omring was van die waters wat met Aughrabies afge-
spoel het) praat jy, en die Upingtonners, helder
twak as julle sê dat die Aughrabiese Valle "by
Upington" is.
In die ou dae was daar altyd die storie dat
daar duisende diamante is in die gat wat die valle
regonder in die rivierloop gemaak het. As ek reg
onthou, is daar geduik om te sien of dit waar is.
Is dit 'n storie wat deesdae nog in omgang is?

Gloudina
Re: Toere [boodskap #78187 is 'n antwoord op boodskap #78180] Vr, 23 Mei 2003 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens sien hulle oral ry hier by ons.....en dit lyk of die meisies op die
lorrie beurte maak om die bestuurder te 'dryf'? Klink of dit lekker kan
raak....

"Elaine" skryf in boodskap news:3ece2ebe$0$229@hades.is.co.za...
> Seker. Wat sal ek ook nou weet. Is die gidse ook almal onder 35?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ece1d44.0@news1.mweb.co.za...
>> Hulle stel 'n algemene beperking, moenie vra hoekom hulle nou juis op 35
>> besluit het nie, maar ek reken hulle het seker maar ondervinding van die
>> storie?
>
Re: Toere [boodskap #78188 is 'n antwoord op boodskap #78181] Vr, 23 Mei 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir 'n gediggiekundige is darem ook toe wees! Vat 'n deursnit van 'n 1000
mense in SA en vra vir hulle waat a. Augrabies [let op spelling] en b.
Upington is. 99% sal vir sê waar Upington is en weinig Augrabies. So, as
jy vir iemand verduidelik waar Augrabies is, dan storie jy hom sommer daar
by Upington man. Jinne, ons ry op pad Suidwes toe verby Upington en gaan
slaap op Augrabies net vir die lekker....so 'n 250km draai, maar wat die
hel, wat is kilometers in ons land?
skryf in boodskap news:3ECE3458.8040409@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ag foei antie! Hierdie wys mos net weer dat jy as snotkop in daai omgewing
>> was en ook nie veel meer weet nie.....wat my vermoede bevestig van jou
>> herkoms. Maak nie saak nie, Kanaalape, of Upingtonners, praat almal van
>> dat Augrabies by Upington is, alhoewel dit so 'n 127km na die westekant
>> geleë is
>
>
> Vir enigiemand wat omtrent vyftig kilometers
> van Aughrabies af gebore is ( op 'n eiland wat
> omring was van die waters wat met Aughrabies afge-
> spoel het) praat jy, en die Upingtonners, helder
> twak as julle sê dat die Aughrabiese Valle "by
> Upington" is.
> In die ou dae was daar altyd die storie dat
> daar duisende diamante is in die gat wat die valle
> regonder in die rivierloop gemaak het. As ek reg
> onthou, is daar geduik om te sien of dit waar is.
> Is dit 'n storie wat deesdae nog in omgang is?
>
> Gloudina
>
Re: Toere [boodskap #78192 is 'n antwoord op boodskap #78187] Vr, 23 Mei 2003 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, wel jy slaap immers in tente, en met al die harde werk en die sweetendes
om jou. Ai die natuur sal seker maar oorneem. Dink net as jy pelle maak
met so lekker sterk bulletjie op so toer, dan hoef jy nie self jou tent op
te slaan nie!

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ece3ae7.0@news1.mweb.co.za...
> Mens sien hulle oral ry hier by ons.....en dit lyk of die meisies op die
> lorrie beurte maak om die bestuurder te 'dryf'? Klink of dit lekker kan
> raak....
Re: Toere [boodskap #78195 is 'n antwoord op boodskap #78188] Vr, 23 Mei 2003 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

So, as
> jy vir iemand verduidelik waar Augrabies is, dan storie jy hom sommer daar
> by Upington man.

En storie jy nou vir hom verby Upington
as hy van die Boland na die valle wil gaan
kyk? Is daar nie 'n vinniger manier op
daar uit te kom as om 'n groot omdraai
oor Upington te maak nie.

Tant Hessie van Springbok
Re: Toere [boodskap #78201 is 'n antwoord op boodskap #78195] Sa, 24 Mei 2003 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wys jou net jy moes minder donkiekarre gery het in jou jare daar en dan sou
jy dalk die paaie geken het! Daar's basies net twee manier om by Augrabies
uit te kom....van die ooste oor Upington of dan van die ver westekant van
die pad af van Kaapstad op na Noordoewer toe en dan gooi jy weer daar
regs....in die rigting van Upington! Die beste pad vir die Kapenaars bly
steeds oor Kakemas en dan Upington! Augrabies is 'n klein kolletjie op 'n
kaart. As jy nou meer van die veld geweet het, dan sou jy verstaan het dat
mens kyk na 'n landskap eerstens na jou groot merkers en dan na die
kleinere. So, begrip een: Augrabies is om en by Upington. Begrip twee:
Waar by Upington? Reg wes, NET 127km. Gou-gou, vir al daai mooi!
skryf in boodskap news:3ECE5B61.5000703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> So, as
>> jy vir iemand verduidelik waar Augrabies is, dan storie jy hom sommer daar
>> by Upington man.
>
>
> En storie jy nou vir hom verby Upington
> as hy van die Boland na die valle wil gaan
> kyk? Is daar nie 'n vinniger manier op
> daar uit te kom as om 'n groot omdraai
> oor Upington te maak nie.
>
> Tant Hessie van Springbok
>
Re: Toere [boodskap #78203 is 'n antwoord op boodskap #78201] Sa, 24 Mei 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Daar's basies net twee manier om by Augrabies
> uit te kom....van die ooste oor Upington of dan van die ver westekant van
> die pad af van Kaapstad op na Noordoewer toe en dan gooi jy weer daar
> regs....in die rigting van Upington! Die beste pad vir die Kapenaars bly
> steeds oor Kakemas en dan Upington!

Ek wil nou nie teveel met jou stry nie,
maar my seun wat 'n paar jaar gelede in
Kaapstad vir 'n MBA studeer het, het
tweekeer met daardie "pad van Kaapstad
na die Noordoewer" gery, eenkeer om
op die Oranje te gaan kanoe, eenkeer om
op te ry na die Etosha-panne toe. Ek
dink nie daardie pad is so ver aan "die
westekant" soos jy dit maak nie. Met die
terugkom van Etosha het hulle wel oor
Upington en Kakamas en Marchand (waar ek
skoolgegaan het) na Augrabies gery, en
toe verder suidwes gery om weer daardie
vorige pad terug Kaapstad toe te reis.
Is daardie pad dan nie nog die kortste een
vir iemand wat net Kaapstad-Augrabies toe
wil gaan nie?
Maar ek hou nog vol, om Upington en
Augrabies sinoniem te maak, is 'n flater wat
net onkundige jy en die klomp toeriste-mal
Upingtonners sal maak.

Tant Hessie van Onseepkans
Re: Toere [boodskap #78205 is 'n antwoord op boodskap #78203] Sa, 24 Mei 2003 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai ou tante, dat een mens nou kan sit en stry net om haar mond te kan
oopmaak! En dan nog te spog met haar laaitie wat vir 'n MBA nogal geswot
het, ook! Jinne, maar wat de f.k het sy MBA studies te doen met die feit
dat hy 'n regte pad ry of nie? Ek kan jou aan 'n hele paar professore
voorstel wat nie eers lekker weet waar hy aldag is nie, so wat het jou
kwalifikasies daarmee te doen? Kyk maar net self in die spieël en
wonder.....
Wat die paaie aanbetref is daar een van twee maniere om vanuit 'die
Kaap' in Upington se wêreld te beland: Die eerste is om op die Suidwespad
noord te ry tot by Springbok en dan gooi jy regs en ry oor Pofadder tot net
voor Kakemas en dan draai jy links op pad na Augrabies. Dan kan jy deur
die Karoo kom via Calvinia en Kenhardt om by presies dieselfde afdraai na
Augrabies uit te kom. Jy ry met so 'n 45º hoek deur die land. Met die
eerste alternatief gaan jy regop en draai dan regs. Watter een die kortste
is, moet jy maar vir iemand met wiskundige agtergrond vir jou vra om te
verduidelik......
Net snaaks dat iemand wat in hierdie wêreld grootgeword het, nie sal
weet dat die afdraaipad naby Kakemas by Alheit is nie en dat die pad ook oor
die Marchand loop na Augrabies toe.....dis juis met die plek wat jy spog dan
gebly het? Ek dink jy lieg lekker, want dan sou jy geweet het hoe steek
dinge in die veraf gebiede soos die Noordweste van SA en Suidwes aanmekaar.
'n Pad is in hierdie groot wêreld nie noodwendig presies, myl vir myl, die
kortste een nie. Die praktiese pad is die een wat praat. Byvoorbeeld,
iemand besluit om Augrabies se wondere te gaan beleef. Gaan jy na die
wêreld toe kan jy nie eenvoudig net aanvaar dat alle geriewe is beskikbaar
en te koop nie. Daar is so 'n paar vragies wat beantwoord moet word, soos
is daar loodvrye petrol op al die klein gehuggies waar jy deurgaan? Sal
daar ys te kope wees [jy sal dit sekerlik nie weet nie, temperature in
hierdie gebied stap maklik 40º toe in die skaduwee in die dag], sal jy dinge
soos brood en vleis kan koop?
Soos jy die trippie beplan en agterkom dat jy kan amper nie hierdie
soort van vrae vra oor 'n klomp klein dorpies waar dinge maar op die beste
wisselvallig is, dan kom jy op die algemene beste antwoord uit: Ry oor
Upington en maak dit jou laaste groot stop vir jou noodsaaklikhede!
Eenvoudig, is dit nie?
Nog 'n vragie net om jou maag verder te versuur: Wat dink jy is
Augrabies anders as toerisme? Die hele plek is toerismegebonde en is onder
die beheer van Natuurbewaring. Sonder toerisme is Augrabies niks en sonder
'n groot sentrum naby hom soos Upington, sal Augrabies ook maar net in die
vergetelheid verdwyn. En moet nie 'n fout maak nie, Upington is omgeklits
van dankbaarheid om so 'n natuurwonder soos Augrabies naby hom te hê want
dit gee besoekers aan daai gebied geleentheid om meer te sien en te beleef.
Daai diamantstorie van jou aan die onderkant van die valle is die
standaard strontstorie wat van enige toeristeblaadjie van Augrabies afgetrek
kan word......die Oranje loop in tye baie skraal en is die oorvloei oor die
waterval nie so sterk nie. Glo my, hulle weet al baie jare of daar
diamante onder die valle is of nie........maar so word legendes gebou vir
mense soos jy..........
skryf in boodskap news:3ECF6F47.8040003@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Daar's basies net twee manier om by Augrabies
>> uit te kom....van die ooste oor Upington of dan van die ver westekant van
>> die pad af van Kaapstad op na Noordoewer toe en dan gooi jy weer daar
>> regs....in die rigting van Upington! Die beste pad vir die Kapenaars bly
>> steeds oor Kakemas en dan Upington!
>
>
> Ek wil nou nie teveel met jou stry nie,
> maar my seun wat 'n paar jaar gelede in
> Kaapstad vir 'n MBA studeer het, het
> tweekeer met daardie "pad van Kaapstad
> na die Noordoewer" gery, eenkeer om
> op die Oranje te gaan kanoe, eenkeer om
> op te ry na die Etosha-panne toe. Ek
> dink nie daardie pad is so ver aan "die
> westekant" soos jy dit maak nie. Met die
> terugkom van Etosha het hulle wel oor
> Upington en Kakamas en Marchand (waar ek
> skoolgegaan het) na Augrabies gery, en
> toe verder suidwes gery om weer daardie
> vorige pad terug Kaapstad toe te reis.
> Is daardie pad dan nie nog die kortste een
> vir iemand wat net Kaapstad-Augrabies toe
> wil gaan nie?
> Maar ek hou nog vol, om Upington en
> Augrabies sinoniem te maak, is 'n flater wat
> net onkundige jy en die klomp toeriste-mal
> Upingtonners sal maak.
>
> Tant Hessie van Onseepkans
>
Re: Toere [boodskap #78207 is 'n antwoord op boodskap #78192] Sa, 24 Mei 2003 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil jou nie onnodig opgewonde maak nie, maar in die Etosha het ek met die
kameras met die lang lense gesit en wag by 'n watergat vir 'n besondere foto
om op te daag dat ek hierdie lorrie met sy toeriste sien opdaag het. Daar
was so 'n paar olifante by die water besig. Die lorrie was een van daai
wat uit die oorlogsdae van Afrika kom, met so 'n uitkykgat in die dak van
die kajuit. Daar het hierdie bom van 'n meisie gestaan en kyk met haar
kamera na die olifante, terwyl sy natuurlik onder op die sitplekke trap.
Wat duidelik was, was dat sy nie kon stilstaan nie.
Soos mens mos maar is, swaai jy die 600mm se bek daardie rigting en sal
jy sien dat die bestuurder besig is om met sy vingers snaakse dinge te doen
om die rant van haar kort-kort afgesnyde jean. Teen die tyd wat jy besef
dat sy nie keer nie en eerder saamwerk, dan is jy óók gereed om tent op te
slaan!!! So, daar is tent opslaan 'n tent opslaan!

"Elaine" skryf in boodskap news:3ece48d5$0$229@hades.is.co.za...
> Ja, wel jy slaap immers in tente, en met al die harde werk en die sweetendes
> om jou. Ai die natuur sal seker maar oorneem. Dink net as jy pelle maak
> met so lekker sterk bulletjie op so toer, dan hoef jy nie self jou tent op
> te slaan nie!
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ece3ae7.0@news1.mweb.co.za...
>> Mens sien hulle oral ry hier by ons.....en dit lyk of die meisies op die
>> lorrie beurte maak om die bestuurder te 'dryf'? Klink of dit lekker kan
>> raak....
>
Re: Toere [boodskap #78209 is 'n antwoord op boodskap #78207] Sa, 24 Mei 2003 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ek wil jou nie onnodig opgewonde maak nie, maar in die Etosha het ek met die
> kameras met die lang lense gesit en wag by 'n watergat vir 'n besondere foto
> om op te daag dat ek hierdie lorrie met sy toeriste sien opdaag het

Suidwester, ek hoop jy weet dat jy met
jou amper pornografiese relase, wat altyd
oor seksuele dinge gaan, die portret vir
ons ander skep van jou as 'n eensame ou
wat maar moet sit en kyk terwyl ander hulle
lewens lewe. Jy dink jy is macho as jy sulke
stories praat, maar enige sielkundige sal
vir jou vertel dat dit die teenoorgestelde
uitwerking op jou lesers het. Dink daaraan.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Toere [boodskap #78210 is 'n antwoord op boodskap #78205] Sa, 24 Mei 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Jinne, maar wat de f.k het sy MBA studies te doen met die feit
> dat hy 'n regte pad ry of nie?

Net dit, dat hy tussen 'n klomp intelligente
mense sit. Mense wat uit verskillende lande
gekom het om in Kaapstad te studeer, mense
wat die land wou sien, en heelwaarskynlik
die beste inligting gehad het om van punt A
na punt B te kom. Hulle wou by Noord-oewer
gaan kanoe. Hulle ry reg noord. Hulle wil
vir Etosha sien. Hulle ry reg noord. Wat is
verkeerd daarmee?

Tant Hessie van Omdraai
Re: Toere [boodskap #78211 is 'n antwoord op boodskap #78205] Sa, 24 Mei 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Met die
> eerste alternatief gaan jy regop en draai dan regs. Watter een die kortste
> is, moet jy maar vir iemand met wiskundige agtergrond vir jou vra om te
> verduidelik......

Wel, hierdie laaste sin van jou versterk
nou net my opinie van jou. Waarom moet ek
vir 'n wiskundige vra watter een is die
kortste. Enige standerd drie kind sal dit
vir jou kan sê.

Tant Hessie van Pofadder
Re: Toere [boodskap #78212 is 'n antwoord op boodskap #78205] Sa, 24 Mei 2003 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Net snaaks dat iemand wat in hierdie wêreld grootgeword het, nie sal
> weet dat die afdraaipad naby Kakemas by Alheit is nie en dat die pad ook oor
> die Marchand loop na Augrabies toe.....dis juis met die plek wat jy spog dan
> gebly het? Ek dink jy lieg lekker, want dan sou jy geweet het hoe steek
> dinge in die veraf gebiede soos die Noordweste van SA en Suidwes aanmekaar.

Jy praat nou met 'n persoon wat elke
skooldag van haar hoërskool-lewe die
pad tussen Marchand en Kakamas oor
Alheit gery het. Ek dink nog jy praat
kaf om vir iemand in Kaapstad te vertel
dat hy oor Upington moet gaan om by die
Augrabiese valle uit te kom. Dit maak
alleen sin vir mense wat uit die ooste
van die land kom, of mense wat na die
Kalahari park gaan en dan 'n draai by
die valle wil gooi.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: Toere [boodskap #78213 is 'n antwoord op boodskap #78205] Sa, 24 Mei 2003 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Daai diamantstorie van jou aan die onderkant van die valle is die
> standaard strontstorie wat van enige toeristeblaadjie van Augrabies afgetrek
> kan word......die Oranje loop in tye baie skraal en is die oorvloei oor die
> waterval nie so sterk nie. Glo my, hulle weet al baie jare of daar
> diamante onder die valle is of nie........maar so word legendes gebou vir
> mense soos jy..........

Natuurlik dink ek nie dat daar wel so
baie diamante in die poel onder die
valle is nie. As daar wel was, sou
hulle al lankal dit probeer opbring het
met moderne tegnologie.
Buitendien dink ek het die diamante
wat met die Oranje/Gariep afgespoel het
van Kimberley se wêreld, afgespoel duisende
en duisende (miskien miljoene?) jare gelede.
Want die loop van die Oranje was nie altyd
waar hy nou is daar in die geweste waar ek
grootgeword het nie. Dit was 'n hele klomp
kilometers verder suid. In die vroeë gedeelte
van die twintigste eeu het mense vir aluviale
diamante in die heuwels suid van die rivier
gegrawe. Teen die tyd dat ek 'n klein kind
was, het hulle al opgehou daar grawe, maar ons
as kinders het nog in die gate gaan speel waar
hulle dekades vantevore gegrawe het. Niemand
het meer diamantjies daar gekry nie, maar ons
het gereeld klein robyne daar opgetel. Robyne
word glo altyd gevind waar daar diamante is in
alluviale grond. Wonder of hulle ook robyne aan
die mond van die rivier oes?

Tant Hessie van Oranjemund
Re: Toere [boodskap #78217 is 'n antwoord op boodskap #78207] Sa, 24 Mei 2003 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
geehehehehehehehehehe. Sommer so daar tussen allie mense????

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ecf8ac3.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil jou nie onnodig opgewonde maak nie, maar in die Etosha het ek met die
> kameras met die lang lense gesit en wag by 'n watergat vir 'n besondere foto
> om op te daag dat ek hierdie lorrie met sy toeriste sien opdaag het. Daar
> was so 'n paar olifante by die water besig. Die lorrie was een van daai
> wat uit die oorlogsdae van Afrika kom, met so 'n uitkykgat in die dak van
> die kajuit. Daar het hierdie bom van 'n meisie gestaan en kyk met haar
> kamera na die olifante, terwyl sy natuurlik onder op die sitplekke trap.
> Wat duidelik was, was dat sy nie kon stilstaan nie.
> Soos mens mos maar is, swaai jy die 600mm se bek daardie rigting en sal
> jy sien dat die bestuurder besig is om met sy vingers snaakse dinge te doen
> om die rant van haar kort-kort afgesnyde jean. Teen die tyd wat jy besef
> dat sy nie keer nie en eerder saamwerk, dan is jy óók gereed om tent op te
> slaan!!! So, daar is tent opslaan 'n tent opslaan!
Re: Toere [boodskap #78218 is 'n antwoord op boodskap #78205] Sa, 24 Mei 2003 23:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
So van grade gepraat.
Ons ontmoet eendag 'n ou wat saam met ons in dieselfde kantoor werk. Hy
stel homself voor as Doktor Maddams. Die een ou is nie links nie en vra vir
hom:
"Het jy 'n naam? Of is jou voornaam Doktor?", van daar af het ons hom
Robert genoem!

Elaine

"Suidwester" wrote:
Jinne, maar wat de f.k het sy MBA studies te doen met die feit
> dat hy 'n regte pad ry of nie? Ek kan jou aan 'n hele paar professore
> voorstel wat nie eers lekker weet waar hy aldag is nie, so wat het jou
> kwalifikasies daarmee te doen? Kyk maar net self in die spieël en
> wonder.....
Re: Toere [boodskap #78219 is 'n antwoord op boodskap #78210] Sa, 24 Mei 2003 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy geweet dat daar mense is wat aan MENSA behoort wat iets so
doodgewoons soos trokdrywers of straatveërs is? Jy hoef nie 'n graad te hê
om te bewys jy's intelligent nie. En daarby bedoel ek nou niks by jou seun
nie, ek sê maar net dat daar baie mense daarbuite is wat nie grade het nie,
maar nie 'n enkele tree hoef terug te staan vir ouens wat grade het nie.

E

wrote:
>
> Net dit, dat hy tussen 'n klomp intelligente
> mense sit.
>
> Tant Hessie van Omdraai
>
Re: Toere [boodskap #78220 is 'n antwoord op boodskap #78219] So, 25 Mei 2003 01:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Jy hoef nie 'n graad te hê
> om te bewys jy's intelligent nie. En daarby bedoel ek nou niks by jou seun
> nie, ek sê maar net dat daar baie mense daarbuite is wat nie grade het nie,
> maar nie 'n enkele tree hoef terug te staan vir ouens wat grade het nie.

En wie preek nou vir wie hier. Die mees
intelligente mens wat ek in my lewe ontmoet
het, was my eie pa. Hy is in Namakwaland op
'n plaas gebore, het nooit na 'n "skool"
gegaan nie, het sy lees en skryf by reisende
plaasonderwysers geleer. Hy moes fyn berekenings
doen as boer, omdat hy die erfwerkers wat sy
wingerstokke gevleg het, moes betaal volgens
die aantal stokke wat hulle daardie dag gevleg
het. Ek vind toe uit dat hy sy eie sisteem
van optel, vermenigvuldig en deel ontwerp het,
wat niks te doen gehad het met die manier waarop
ons skool geleer is nie.
Maar om nou vir alle mense wat vir grade
studeer uit te maak as morone, soos Suidwester
wil doen, is nou ook onkundig en agteraf. Veral
mense wat alreeds werk en dan vir 'n MBA gaan
studeer, het hare op hulle tande. Daar is natuurlik
MBA's en MBA's.

Gloudina
Re: Toere [boodskap #78227 is 'n antwoord op boodskap #78210] So, 25 Mei 2003 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, ek sê weer jy openbaar jou boekgebonde aanslag met alles as jy reken
dat bloot kwalifikasies 'n waarborg is vir sukses in praktiese dinge. Die
voordeel is seker dat die ou daaraan glo dat hy die regte ding doen,
alhoewel dit dalk nie die regte een mag wees nie, maar is in elk geval te
windgat om agter te kom hy's verkeerd? Plus, as jy van Kaapstad na Etosha
wil ry is die N7 die regte pad boontoe op pad na Etosha toe, maar as jy
terugkom van die Noorde af en dan wil Augrabies toe, dan sal selfs 'n MBA of
7 doktersgrade jou nie red van f.kken stupid af nie as jy eers suid ry tot
in SA en dan wil wegdraai na Augrabies toe nie! En.....soos die kraai
vlieg van Noordoewer af, want met 'n kar sal jy dit nie kan doen nie [dalk
het jou seun sy mikrolight saamgehad?] is maar net so 'n koel 300km ver!
skryf in boodskap news:3ECFB603.8000102@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Jinne, maar wat de f.k het sy MBA studies te doen met die feit
>> dat hy 'n regte pad ry of nie?
>
>
> Net dit, dat hy tussen 'n klomp intelligente
> mense sit. Mense wat uit verskillende lande
> gekom het om in Kaapstad te studeer, mense
> wat die land wou sien, en heelwaarskynlik
> die beste inligting gehad het om van punt A
> na punt B te kom. Hulle wou by Noord-oewer
> gaan kanoe. Hulle ry reg noord. Hulle wil
> vir Etosha sien. Hulle ry reg noord. Wat is
> verkeerd daarmee?
>
> Tant Hessie van Omdraai
>
Re: Toere [boodskap #78228 is 'n antwoord op boodskap #78211] So, 25 Mei 2003 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Steeds verstaan jy nie. Daar is omtrent nie te kies tussen die lengte van
die paaie nie.....oor Upington is die meer PRAKTIESE.
skryf in boodskap news:3ECFB720.7090705@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Met die
>> eerste alternatief gaan jy regop en draai dan regs. Watter een die kortste
>> is, moet jy maar vir iemand met wiskundige agtergrond vir jou vra om te
>> verduidelik......
>
> Wel, hierdie laaste sin van jou versterk
> nou net my opinie van jou. Waarom moet ek
> vir 'n wiskundige vra watter een is die
> kortste. Enige standerd drie kind sal dit
> vir jou kan sê.
>
> Tant Hessie van Pofadder
>
Re: Toere [boodskap #78230 is 'n antwoord op boodskap #78212] So, 25 Mei 2003 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, jy sal nie toegee nie want jy lieg dat jy opslae maak. Hoe kan jy
gelyktydig op skool in daai omgewing wees en dan ook sommer in Natal ook?
In elk geval, jyken duidelik nie die gebied waar jyself so lank gewoon het
nie, want maak nie saak van watter kant af jy kom nie, is Upington steeds
jou praktiese stop voor jy na die 'Valle toe gaan. Was jy al ooit by
Augrabies? Al wat daar is, is 'n toeristekamp met 'n basiese winkel en
akommodasie in verskeie vorms. As jy soontoe gaan, en jy doen wat 99% van
die mense daar doen, dan gaan jy vleis braai oor wonderlike sonsondergange
en daarvoor het jy voorrade nodig. Jy kan sekerlik tot sekere beperkinge
daarvan by die kamp se winkel koop, maar Upington is jou naaste plek wat
ALLES het.
Miskien moet ons vra wat regtig weet jy van hierdie hele storie, behalwe
om te sit en gorrel soos 'n student wat eerste jaar akedemies en vierde jaar
histories is! Kom jy uit enige rigting na Upington, dis donners warm daar
en nie baie mense se voertuie is toegerus met 'n vrieskas nie. So, kom jy
vanuit die Kalahari sal jy definitief eerste Upington toe ry vir voorrade.
In elk geval....hoeveel keer was JY al by Augrabies? EK kan nie meer
onthou hoeveel kere ek al daar gaan fotos neem het nie!
skryf in boodskap news:3ECFB8AB.4010603@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> Net snaaks dat iemand wat in hierdie wêreld grootgeword het, nie sal
>> weet dat die afdraaipad naby Kakemas by Alheit is nie en dat die pad ook oor
>> die Marchand loop na Augrabies toe.....dis juis met die plek wat jy spog dan
>> gebly het? Ek dink jy lieg lekker, want dan sou jy geweet het hoe steek
>> dinge in die veraf gebiede soos die Noordweste van SA en Suidwes
aanmekaar.
>
> Jy praat nou met 'n persoon wat elke
> skooldag van haar hoërskool-lewe die
> pad tussen Marchand en Kakamas oor
> Alheit gery het. Ek dink nog jy praat
> kaf om vir iemand in Kaapstad te vertel
> dat hy oor Upington moet gaan om by die
> Augrabiese valle uit te kom. Dit maak
> alleen sin vir mense wat uit die ooste
> van die land kom, of mense wat na die
> Kalahari park gaan en dan 'n draai by
> die valle wil gooi.
>
> Tant Hessie van Koekenaap
>
Re: Toere [boodskap #78231 is 'n antwoord op boodskap #78213] So, 25 Mei 2003 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy bietjie opswot waar diamante voorkom.......dis romanties om
te glo die diamante spoel in die rivier af.
skryf in boodskap news:3ECFBBA1.4080305@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> Daai diamantstorie van jou aan die onderkant van die valle is die
>> standaard strontstorie wat van enige toeristeblaadjie van Augrabies afgetrek
>> kan word......die Oranje loop in tye baie skraal en is die oorvloei oor die
>> waterval nie so sterk nie. Glo my, hulle weet al baie jare of daar
>> diamante onder die valle is of nie........maar so word legendes gebou vir
>> mense soos jy..........
>
> Natuurlik dink ek nie dat daar wel so
> baie diamante in die poel onder die
> valle is nie. As daar wel was, sou
> hulle al lankal dit probeer opbring het
> met moderne tegnologie.
> Buitendien dink ek het die diamante
> wat met die Oranje/Gariep afgespoel het
> van Kimberley se wêreld, afgespoel duisende
> en duisende (miskien miljoene?) jare gelede.
> Want die loop van die Oranje was nie altyd
> waar hy nou is daar in die geweste waar ek
> grootgeword het nie. Dit was 'n hele klomp
> kilometers verder suid. In die vroeë gedeelte
> van die twintigste eeu het mense vir aluviale
> diamante in die heuwels suid van die rivier
> gegrawe. Teen die tyd dat ek 'n klein kind
> was, het hulle al opgehou daar grawe, maar ons
> as kinders het nog in die gate gaan speel waar
> hulle dekades vantevore gegrawe het. Niemand
> het meer diamantjies daar gekry nie, maar ons
> het gereeld klein robyne daar opgetel. Robyne
> word glo altyd gevind waar daar diamante is in
> alluviale grond. Wonder of hulle ook robyne aan
> die mond van die rivier oes?
>
> Tant Hessie van Oranjemund
>
Re: Toere [boodskap #78232 is 'n antwoord op boodskap #78218] So, 25 Mei 2003 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Mense wat opgetrek oor hulle kwalifikasies is, is net omdat hulle
voel dat hulle daarsonder niks is nie. 'n Rêrige slim ou het nie nodig om
met sy MBA, of wat ook al, kaartjie voor hom uit te loop net om aanvaar te
word nie! Dis egter vir Gloudine met haar gediggie-kwalifikasies baie
belangrik want dit beteken mos nou nie eintlik veel hierdie tipe van ding
nie.....behalwe in Sub A en Sub B miskien?

"Elaine" skryf in boodskap news:3ed004a1$0$225@hades.is.co.za...
> So van grade gepraat.
> Ons ontmoet eendag 'n ou wat saam met ons in dieselfde kantoor werk. Hy
> stel homself voor as Doktor Maddams. Die een ou is nie links nie en vra vir
> hom:
> "Het jy 'n naam? Of is jou voornaam Doktor?", van daar af het ons hom
> Robert genoem!
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote:
> Jinne, maar wat de f.k het sy MBA studies te doen met die feit
>> dat hy 'n regte pad ry of nie? Ek kan jou aan 'n hele paar professore
>> voorstel wat nie eers lekker weet waar hy aldag is nie, so wat het jou
>> kwalifikasies daarmee te doen? Kyk maar net self in die spieël en
>> wonder.....
>
Re: Toere [boodskap #78233 is 'n antwoord op boodskap #78209] So, 25 Mei 2003 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja antie, en jy het geen humorsin nie. Of het jy dalk vergeet waaroor die
lewe gaan? Ek sien jou soort orals, ou tantes in kerkrokke opgetof met
stywe hare en hulle het net gevry as hulle kinders maak....andersins is dit
mos sonde?
As jy ooit die voorreg het om by 'n watergat in Etosha te beland en jy
weet wat jy doen [daaraan twyfel ek sterk, kinders met MBA's et al!] dan
gaan sit jy vir 'n dag in die hitte en neem waar wat by die watergat
aangaan. Daar is diere en daar is mense.....en beide is maar ook diere!
So deur die dag kom die verskillende motors en ander voertuie met hulle
mense wat vir 'n 'quicky'-besoek aan Etosha is en as hulle net die groot 5
kan waarneem dan is hulle moerse opgewonde. Daar is soveel meer. Maar
hoe sal iemand soos jy dit ooit kan weet?
skryf in boodskap news:3ECFB51C.7070206@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ek wil jou nie onnodig opgewonde maak nie, maar in die Etosha het ek met die
>> kameras met die lang lense gesit en wag by 'n watergat vir 'n besondere foto
>> om op te daag dat ek hierdie lorrie met sy toeriste sien opdaag het
>
>
> Suidwester, ek hoop jy weet dat jy met
> jou amper pornografiese relase, wat altyd
> oor seksuele dinge gaan, die portret vir
> ons ander skep van jou as 'n eensame ou
> wat maar moet sit en kyk terwyl ander hulle
> lewens lewe. Jy dink jy is macho as jy sulke
> stories praat, maar enige sielkundige sal
> vir jou vertel dat dit die teenoorgestelde
> uitwerking op jou lesers het. Dink daaraan.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Toere [boodskap #78234 is 'n antwoord op boodskap #78217] So, 25 Mei 2003 08:33 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Dit was eintlik moerse snaaks en niemand anders het dit eintlik
agtergekom nie.....maar nou sit en kyk almal vir die olifante. Seker maar
daai ding om dit te doen op snaakse plekke? Nou nie dat die oueres onder
ons [kyk Kanada toe! Is dit hoekom daar 'n Canada Dry is?] dit kan
waardeer nie........sy reken ek's 'n alleen vuilgat. Foeitog, en sy lees
gediggies vir haar plesier.......

"Elaine" skryf in boodskap news:3ed003dd$0$231@hades.is.co.za...
> geehehehehehehehehehe. Sommer so daar tussen allie mense????
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ecf8ac3.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek wil jou nie onnodig opgewonde maak nie, maar in die Etosha het ek met die
>> kameras met die lang lense gesit en wag by 'n watergat vir 'n besondere foto
>> om op te daag dat ek hierdie lorrie met sy toeriste sien opdaag het. Daar
>> was so 'n paar olifante by die water besig. Die lorrie was een van daai
>> wat uit die oorlogsdae van Afrika kom, met so 'n uitkykgat in die dak van
>> die kajuit. Daar het hierdie bom van 'n meisie gestaan en kyk met haar
>> kamera na die olifante, terwyl sy natuurlik onder op die sitplekke trap.
>> Wat duidelik was, was dat sy nie kon stilstaan nie.
>> Soos mens mos maar is, swaai jy die 600mm se bek daardie rigting en sal
>> jy sien dat die bestuurder besig is om met sy vingers snaakse dinge te doen
>> om die rant van haar kort-kort afgesnyde jean. Teen die tyd wat jy besef
>> dat sy nie keer nie en eerder saamwerk, dan is jy óók gereed om tent op te
>> slaan!!! So, daar is tent opslaan 'n tent opslaan!
>
Vorige onderwerp: My trippie verlede naweek
Volgende onderwerp: Everest - 50 jaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:46:57 MGT 2024