Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Hondename
Re: Oor Jesus - Dankie [boodskap #55836 is 'n antwoord op boodskap #55828] So, 20 Januarie 2002 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, dankie vir jou antwoorde. Jy het vir my BAIE gegee om oor
te dink en te bepeins, en sommer selfs antwoorde op sommige van my
ongevraagde vrae.

Ek het begin om sommige van jou boodskappe te antwoord, maar nou moet
ek eerlik erken dat ek voel so effe ongemaklik want ek het eenvoudig
nie genoeg agtergrondskennis oor die oosterse gelowe om enigsins 'n
sinvolle debat met jou te kan voer nie.
Maar weereens, baie dankie. Dit was veral lekker om in Afrikaans
hieroor te gesels.
Re: Oor Jesus - Dankie [boodskap #55840 is 'n antwoord op boodskap #55836] So, 20 Januarie 2002 23:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Maar weereens, baie dankie. Dit was veral lekker om in Afrikaans
> hieroor te gesels.

Dis reg. Ek het aangeneem jy wil ernstige
antwoorde hê. Ek hoop dat ander mense ook
aan die besprekings sal deelneem.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #55846 is 'n antwoord op boodskap #55828] Ma, 21 Januarie 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Daar is verskillende teorieë oor die oorsprong
> van die leer wat Christus begin het om te versprei.
> (Een daarvan is dat hy in die jare voordat hy dertig
> geword het, in aanraking gekom het met leringe uit die
> vallei van die Indus en dat van sy oortuigings gebore
> is in dieselfde bakermat as dié van die Hindus en die
> Buddhiste. Ander sien die oorsprong van sy leringe as
> gewortel in die oortuigings van die talle "mystery"
> religions van die midde-ooste en Griekeland.
> Dit maak nie saak waar hierdie gedagtes vandaan kom
> nie. Dit maak eintlik nie eens saak of Christus werklik in
> vlees en bloed op die aarde geleef het nie. Wat vir my
> saak maak, is wát geglo word. Wááraan geglo word. Wanneer
> Christene glo dat die Liefde red, dit is al wat tel. Deur
> te glo dat die Liefde, deur vir jou begin skoon te was, jou
> "red," dit is wat tel. Deur te glo dat Christus ( die Liefde)
> vir jou gesterf het sodat jy kan "lewe," dit is wat tel. Dit
> word dan 'n "experiental" sielkundige realiteit.

DIT maak juis saak - die Christen glo dat Christus na die aarde gekom
het, soos voorspel in die ou testament, gebore is, gekruisig is (dus
opgeoffer vir ons sondes), gesterwe het en bergrawe is. Dat hy dan na
drie dae opgestaan het, en opgevaar het na die hemel.

Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.
Re: Oor Jesus [boodskap #55879 is 'n antwoord op boodskap #55846] Ma, 21 Januarie 2002 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Jan 2002 09:03:34 +0200, Lou wrote:

Gloudina:
>> Dit maak nie saak waar hierdie gedagtes vandaan kom
>> nie. Dit maak eintlik nie eens saak of Christus werklik in
>> vlees en bloed op die aarde geleef het nie. Wat vir my
>> saak maak, is wát geglo word. Wááraan geglo word. Wanneer
>> Christene glo dat die Liefde red, dit is al wat tel. Deur
>> te glo dat die Liefde, deur vir jou begin skoon te was, jou
>> "red," dit is wat tel. Deur te glo dat Christus ( die Liefde)
>> vir jou gesterf het sodat jy kan "lewe," dit is wat tel. Dit
>> word dan 'n "experiental" sielkundige realiteit.
>

> Lou:
> DIT maak juis saak - die Christen glo dat Christus na die aarde gekom
> het, soos voorspel in die ou testament, gebore is, gekruisig is (dus
> opgeoffer vir ons sondes), gesterwe het en bergrawe is. Dat hy dan na
> drie dae opgestaan het, en opgevaar het na die hemel.

Danielle:
Lou, my oorspronklike vraag het gegaan oor Jesus in 'n historiese
konteks - veral gesien teen 'n Hellenistiese (Griekse) agtergrond.
Alles wat jy hier noem oor wat die Christen glo, was (en word) ook
geglo deur allerande verkillende groepe mense/gelowe eeue gelede.
Gaan kyk gerus weer na daardie lys van parallelle.

> Lou:
> Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
> Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.

Wel, as iemand van die Christelike geloof 'n beter
antwoord/verduideliking op my vrae het, sal ek dit baie waardeer.
Intussen het ek nog net Gloudina se antwoorde, en ek het veral gehou
van "dit maak saak wát geglo word en wááraan geglo word"; asook " Dit
is nie hoe jy glo nie, of wat jy glo nie, maar wat jy begeer om te glo
om 'n bepaalde doel te bereik".

Ja, ek hou gewoonlik ook niks daarvan as mense hulle geloof proseleer
nie, maar die keer het ek gevra. Pertinent gevra.

Die onderwerp is oop, en almal mag en kan mos hulle opnies gee? :-)
Re: Oor Jesus [boodskap #55881 is 'n antwoord op boodskap #55879] Ma, 21 Januarie 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

>> Lou:
>> Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
>> Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.

> Ja, ek hou gewoonlik ook niks daarvan as mense hulle geloof proseleer
> nie, maar die keer het ek gevra. Pertinent gevra.

Dis natuurlik weer Lou se aanname dat Buddhisme
my "geloofsraamwerk" is. Ek het oor en oor al op
hierdie groep verduidelik dat my man en ek deel
is van 'n groep wat die Nyingma-stroom van Tibetaanse
Buddhisme bestudeer. Ek noem my nie 'n Buddhis nie.
Ek maak dit duidelik elke keer as ek 'n ortodokse
Buddhis ontmoet. Maar op hierdie stadium van my lewe
is ek geinteresseer in spirituele praktyke wat werk.
Daarom interesseer hierdie Tantriese stroom van die
Buddhisme vir my. En, soos ek vantevore gesê het,
hierdie studie van wat werk, laat my weer opnuut vars
verstaan wat 'n praktisenende Christen, wat glo in die
redemptiewe krag van die Liefde (caritas),ondervind.

Ek wil net hier byvoeg dat daar soveel strome van
Buddhisme is, dat mens nie alles oor een kam kan skeer
nie. Die Buddhisme wat hulle byvoorbeeld in Suid-Oos
Asië beoefen ( Theravada) is soos Protestantisme teenoor
Katolisisme wanneer jy dit vergelyk met Tibetaanse
Buddhisme. Selfs binne die Tibetaanse raamwerk is daar
vier strome. Die Dalai Lama is byvoorbeeld 'n Gelugpa.
Wat alles onderlê, dink ek kan mens sê, is die woorde
van Gautama Buddha (wat omtrent 500 jaar voor Christus
gelewe het) - The Four Noble Truths:
(1) All existence is characterized by suffering
(2) The cause of suffering is craving or desire
(3) Through the elimination of craving suffering
can be brought to an end.
(4) The eightfold path is the means for the ending
of suffering.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #55906 is 'n antwoord op boodskap #55881] Di, 22 Januarie 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Danielle wrote:
>
>>> Lou:
>>> Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
>>> Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.
>
>> Ja, ek hou gewoonlik ook niks daarvan as mense hulle geloof proseleer
>> nie, maar die keer het ek gevra. Pertinent gevra.
>
> Dis natuurlik weer Lou se aanname dat Buddhisme
> my "geloofsraamwerk" is. Ek het oor en oor al op
> hierdie groep verduidelik dat my man en ek deel
> is van 'n groep wat die Nyingma-stroom van Tibetaanse
> Buddhisme bestudeer. Ek noem my nie 'n Buddhis nie.

Maar meeste van jou redenasies berus tog daarop? Geloofsraamwerk dus?

> Ek maak dit duidelik elke keer as ek 'n ortodokse
> Buddhis ontmoet. Maar op hierdie stadium van my lewe
> is ek geinteresseer in spirituele praktyke wat werk.
> Daarom interesseer hierdie Tantriese stroom van die
> Buddhisme vir my. En, soos ek vantevore gesê het,
> hierdie studie van wat werk, laat my weer opnuut vars
> verstaan wat 'n praktisenende Christen, wat glo in die
> redemptiewe krag van die Liefde (caritas),ondervind.

Die praktiserende Christen glo in die liefde van Christus - die een
faktor wat jy elke keer uitlos. EN anders as 'n baie ander gelowe
verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.
Bv. die moordenaar langs Christus aan die kruis.
Re: Oor Jesus [boodskap #55907 is 'n antwoord op boodskap #55879] Di, 22 Januarie 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle wrote:
>
> On Mon, 21 Jan 2002 09:03:34 +0200, Lou wrote:
>
>
>> Lou:
>> DIT maak juis saak - die Christen glo dat Christus na die aarde gekom
>> het, soos voorspel in die ou testament, gebore is, gekruisig is (dus
>> opgeoffer vir ons sondes), gesterwe het en bergrawe is. Dat hy dan na
>> drie dae opgestaan het, en opgevaar het na die hemel.
>
> Danielle:
> Lou, my oorspronklike vraag het gegaan oor Jesus in 'n historiese
> konteks - veral gesien teen 'n Hellenistiese (Griekse) agtergrond.
> Alles wat jy hier noem oor wat die Christen glo, was (en word) ook
> geglo deur allerande verkillende groepe mense/gelowe eeue gelede.
> Gaan kyk gerus weer na daardie lys van parallelle.

Danielle - ek het dit nie teen wat jy sê nie - eerder is dit oor die
feit dat Gloudina probeer om die boedisme en christen geloof gelyk te
stel deur Christus uit de prentjie te neem. Die Christen glo in Christus
en dit waarvoor hy na die aarde gekom het en nie in een of ander
nebulous liefde nie.

>
>> Lou:
>> Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
>> Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.
>
> Wel, as iemand van die Christelike geloof 'n beter
> antwoord/verduideliking op my vrae het, sal ek dit baie waardeer.
> Intussen het ek nog net Gloudina se antwoorde, en ek het veral gehou
> van "dit maak saak wát geglo word en wááraan geglo word"; asook " Dit
> is nie hoe jy glo nie, of wat jy glo nie, maar wat jy begeer om te glo
> om 'n bepaalde doel te bereik".

Watter antwoorde soek jy? Dat daar nie paralelle tussen Christelik
geloof en die Hellinisties geloof nie? Die paralelle mag daar wees - en
dit is nogal maklik as jy abstrak genoeg dink om paralelle tussen
enigiets te vind - byvoorbeeld die Katoliek wat die moeder Maria op 'n
platform as tussenganger tot Christus plaas is sekerlik vergelykbaar
met die voorvader geeste van die inheemse Afrika gelowe. Net so kan jy
sekerlik die San wat 'n operwese ervaar met die bestaan van God in
Christelike/Joodse konteks vergelyk. Maar ek verskil met haar oor hoe jy
glo - dit is die grondslag van die Christelike en ook dan die Joodse
geloof - dat daar slegs een God is - en my geloof se duidelik vir my dat
die enigste manier waarop ek die hiernamaals kan bereik - is deur te glo
dat God sy seun Christus as my redder gestuur het. Dit is dus in die
konteks belangrik vir my 'Wááraan' jy glo.

Aangaande jou verwysings na Paulus - 'n predikant het eenkeer dit so
verduidelik - en ek hoop ek onthou reg - dat jy die geskiedkundige
konteks waarin hy opgetree het moet in ag neem - dus moes hy die nuwe
Christene benader uit hul verwysings raamwerk en dus verwys na terme wat
vir hulle sin sou gemaak het.
Re: Oor Jesus [boodskap #55943 is 'n antwoord op boodskap #55906] Di, 22 Januarie 2002 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

. Ek noem my nie 'n Buddhis nie.

>
> Maar meeste van jou redenasies berus tog daarop? Geloofsraamwerk dus?

> Die praktiserende Christen glo in die liefde van Christus - die een
> faktor wat jy elke keer uitlos. EN anders as 'n baie ander gelowe
> verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.

Jy kan argumenteer tot jy blou in die gesig
is, maar dit maak nog nie van my 'n Buddhis
nie. Maar ek vind dat Kompassie/Liefde/
Caritas die algemene deler in beide hierdie
godsdienstige strome is, en dit veroorsaak dat
ek in my geestelike lewe dit as my rigsnoer
moet neem. Net soos Christene deesdae yoga
neem en nie dink dis van vreemde Oosterse
oorsprong nie, kan Christene ook baat by die
denkwyses en geestelike oefeninge wat mens
in Buddhisme kry. En net soos byvoorbeeld
die Moslems vyf keer op 'n dag bid, kan
Christene by hulle en by Buddhiste leer wat
die belangrikheid van ekstensiewe meditasie is.
As ek terugkyk op my kinderdae, is die boekevat
en die gebed op ons knieë by die kombuistafel
van baie meer belang as al die ranting en raving
in die kerke oor hoe Protestante die wysheid in
pag het en alle ander gelowe die stoel missit.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #55969 is 'n antwoord op boodskap #55906] Wo, 23 Januarie 2002 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2002 09:12:45 +0200, Lou wrote:

> . EN anders as 'n baie ander gelowe
> verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.
> Bv. die moordenaar langs Christus aan die kruis.

Net so terloops - weet jy hoe verskriklik baie interpretasies daar is
vir hierdie storie van die dief langs Christus aan die kruis?
Afhangende of jy protestant, katoliek, ortodoks of pentecostal of
charismaties ens, is.
Groot stryery het al hieruit onstaan. En wat of waar is hierdie
paradys waarna verwys word?
Onthou Jesus het gesê dat hulle later DIESELFDE DAG saam in die
paradys sou wees. Maar die dief het mos eers 2 dae later as Jesus
gesterf? En volgens die bybel het Jesus eers afgedaal na die "hel" om
die geeste wat daar aanghou was te verlos. (Death where is thy
sting..) Ai, ek kan nie meer so mooi alles onthou nie en praat sommer
so uit die vuis uit.
Re: Oor Jesus [boodskap #55971 is 'n antwoord op boodskap #55907] Wo, 23 Januarie 2002 05:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2002 09:12:53 +0200, Lou wrote:

> Watter antwoorde soek jy? Dat daar nie paralelle tussen Christelik
> geloof en die Hellinisties geloof nie?

Nee, net wat maak Jesus so spesiaal vir Christene. Maar ek weet nou
die antwoord daarop. (Of ek moet eerder sê ek is aan die begin van
die verstaan/begryps proses)

Lou, ek dink ek doen dinge agteruit - ek was 'n "wedergebore christen"
tot sowat 7 (miskien meer) jaar gelede. Dit is natuurlik 'n begrip
wat baie fundamentalistiese protestante en katolieke se wenkbroue laat
lig (ek is bewus daarvan - maar ek dink dat Tobie en Thys weet wat ek
hier bedoel)
Maar mens bereik maar soms 'n doodloopstraat en dan gooi mens soms die
baba met die drinkwater uit en probeer jouself oortuig dat God nie
bestaan nie. En so veruil ek toe seker een hel van onkunde vir 'n
ander ene. Maar nou ja -...:-)
Oor Paulus [boodskap #55981 is 'n antwoord op boodskap #55907] Wo, 23 Januarie 2002 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2002 09:12:53 +0200, Lou wrote:

> Aangaande jou verwysings na Paulus - 'n predikant het eenkeer dit so
> verduidelik - en ek hoop ek onthou reg - dat jy die geskiedkundige
> konteks waarin hy opgetree het moet in ag neem - dus moes hy die nuwe
> Christene benader uit hul verwysings raamwerk en dus verwys na terme wat
> vir hulle sin sou gemaak het.

Nee weet jy - ek dink nogal dat Paulus redeneer juis uit sy EIE
verwysingsraamwerk. Maar ek kan insien wat en waarom die persoon dit
andersom probeer verduidelik het.

Dalk is die Christelike geloof 'n sinkretistiese geloof (vermenging
tot 'n soort van eenheidsvorm van verskillende geloofsmotiewe).
Die simbool van die vis kom byvoorbeeld van Orfisme (Orpheus was 'n
visserman) Ander aspekte van Paulus wat baie duidelik Orfies was, is
byvoorbeeld sy sieninge oor die onthouding van seks, vleis en wyn
veral. Die Orphics het 'n baie sterk ontwikkelde sin van "sonde" en
"skuldgevoel" gehad, daarom die onthoudings stories (dink ek)
Ek dink amper hulle het ook in reinkarnasie geglo, maar ek is nou nie
seker wat Paulus se sienswyses hieroor spesifiek was nie.

Maar reinkarnasie is 'n taboe teorie vir Christene, nè?
Re: Oor Jesus [boodskap #55983 is 'n antwoord op boodskap #55943] Wo, 23 Januarie 2002 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> . Ek noem my nie 'n Buddhis nie.

Ek aanvaar jou punt. :)

>
>>
>> Maar meeste van jou redenasies berus tog daarop? Geloofsraamwerk dus?
>
>> Die praktiserende Christen glo in die liefde van Christus - die een
>> faktor wat jy elke keer uitlos. EN anders as 'n baie ander gelowe
>> verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.
>
> Jy kan argumenteer tot jy blou in die gesig
> is, maar dit maak nog nie van my 'n Buddhis
> nie.

Waar het ek gesê jy IS 'n Buddis? Ek het slegs gesê dat jy die
Christendom vanuit 'n Buddistiese raamwerk beoordeel ssos wat ek ander
godsdienste uit my Christelike raamwerk beoordeel. Soos in jou volgende
sinne.

> Maar ek vind dat Kompassie/Liefde/
> Caritas die algemene deler in beide hierdie
> godsdienstige strome is, en dit veroorsaak dat
> ek in my geestelike lewe dit as my rigsnoer
> moet neem. Net soos Christene deesdae yoga
> neem en nie dink dis van vreemde Oosterse
> oorsprong nie, kan Christene ook baat by die
> denkwyses en geestelike oefeninge wat mens
> in Buddhisme kry. En net soos byvoorbeeld
> die Moslems vyf keer op 'n dag bid, kan
> Christene by hulle en by Buddhiste leer wat
> die belangrikheid van ekstensiewe meditasie is.
> As ek terugkyk op my kinderdae, is die boekevat
> en die gebed op ons knieë by die kombuistafel
> van baie meer belang as al die ranting en raving
> in die kerke oor hoe Protestante die wysheid in
> pag het en alle ander gelowe die stoel missit.

Die probleem met georganiseerde Godsdiens is - en dit gebeur orals - as
jy mense forseer om te bid, mediteer, sing, hammmm etc. word dit later
net 'n herhaling of patroon van lewe en gaan die ervaring verby. Soos
Sondagskool - jy doen dit baie maal net omdat jy moet.

Nog steeds vermy jy egter my punt - daar mag parralelle tussen Buddisme
en Christendom wees - soos die boodskap van Liefde - maar die verskille
is veel groter as dit. Om dus 'n gemengde Buddisties/Christelike
godsdiens te skep verloor jy die belangrikste deel van Christen wees -
Christus en heel moontlik soortgelyk by die Buddisme.

Maar dit is maklik om as jy buite beide staan - soos jy beweer om te
doen - om die verskille te ignoreer.
Re: Oor Jesus [boodskap #55985 is 'n antwoord op boodskap #55969] Wo, 23 Januarie 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle wrote:
>
> On Tue, 22 Jan 2002 09:12:45 +0200, Lou wrote:
>
>> . EN anders as 'n baie ander gelowe
>> verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.
>> Bv. die moordenaar langs Christus aan die kruis.
>
> Net so terloops - weet jy hoe verskriklik baie interpretasies daar is
> vir hierdie storie van die dief langs Christus aan die kruis?
> Afhangende of jy protestant, katoliek, ortodoks of pentecostal of
> charismaties ens, is.
> Groot stryery het al hieruit onstaan. En wat of waar is hierdie
> paradys waarna verwys word?
> Onthou Jesus het gesê dat hulle later DIESELFDE DAG saam in die
> paradys sou wees. Maar die dief het mos eers 2 dae later as Jesus
> gesterf?

Volgens die Joodse gebruik moes die liggame afgehaal word voordat die
Sondag aanbreek - daarom die gebruik om die gekruisigdes se bene te
breek. Christus was reeds dood - spies in die sy ens. Dus het hulle
dieselfde dag gesterf - ek het probeer om soos in die geloofsbelydenis
die 'neergedaal na die hel' gedeelte te kry - www.bybel.co.za - maar
afdaal, hel, afgedaal ens gee geen resultate. Sal tog iemand moet vra
maar dit is 'n interesante punt.

Net so - is daar 'n hel of is dit slegs die toestand waarin jy sal
verkeer as jy dood is en weet dat jy vir altyd sal moet kners op jou
tanne omdat jy nie geglo het toe jy nog gelewe het nie? Blykbaar raak
dit nogal 'n warm :) bespreking.

Interesante preek wat ek onlangs gehoor het - hoe kan God orals wees -
die predikant het dit verduidelik dat anders as met mense is God - en
die predikant bespiegel - nie vas aan tyd en plek is nie, en dat waar
mense dus op een oomblik ineen plek kan wees is dit nie op Hom van
toepassing nie. Amper soos 'n tydmasjien :)

Ander debat wat aan die gang is - het Christus uit die dood opgestaan of
het Hy in 'n geestelike vorm verskyn voor sy opvaarding?
Re: Oor hamme [boodskap #55989 is 'n antwoord op boodskap #55983] Wo, 23 Januarie 2002 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 09:23:47 +0200, Lou wrote:

> Die probleem met georganiseerde Godsdiens is - en dit gebeur orals - as
> jy mense forseer om te hammmm etc.

Skuus Lou, maar hoe forseer mens iemand om te hammmm? Kan Jode
hammmm??

:-)))))
Kerke [boodskap #55990 is 'n antwoord op boodskap #55983] Wo, 23 Januarie 2002 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 09:23:47 +0200, Lou wrote:

> Die probleem met georganiseerde Godsdiens is - en dit gebeur orals - as
> jy mense forseer om te bid, mediteer, sing, hammmm etc. word dit later
> net 'n herhaling of patroon van lewe en gaan die ervaring verby.

Hierdie herhaling is nogal interessant. Baie Charismatiese kerke
gebruik dit ook. Hulle sing 'n liedie oor en oor en oor en oor en oor
en...wel OOR! En hoe langer die liedjie herhaal word, hoe meer
"geestelik" raak die gemeente. En baie keer sal dit dan oorslaan na
glossolalia (sing of praat in tale)
Re: Oor Jesus [boodskap #55992 is 'n antwoord op boodskap #55985] Wo, 23 Januarie 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 09:37:50 +0200, Lou wrote:

> Volgens die Joodse gebruik moes die liggame afgehaal word voordat die
> Sondag aanbreek - daarom die gebruik om die gekruisigdes se bene te
> breek. Christus was reeds dood - spies in die sy ens. Dus het hulle
> dieselfde dag gesterf -

Ek moet gaan slaap (dis al oor 3 in die oggend) - maar lees gou wat jy
sê..:-)
Miskien is jy reg hier hoor. Ek weet nou nie waarom ek gedink het dat
die diewe eers 'n paar dae later dood is nie. Ek onthou iets van die
bene wat gebreek was sodat hulle nie kon weghardloop nie- dit was
nadat hulle verbaas was omdat Jesus toe alreeds dood was - daarom het
hy net die spies in die sy gekry om seker te maak Hy is dood, maar die
diewe se bene was gebreek.
Ek is amper seker dis soos ek die storie onthou...sal dit moet gaan
opsoek iewers! :-)

Wag - as ek nou aan die res van jou boodskap ook gaan begin antwoord,
gaan ek heelnag opbly. Chat weer more..:-)
Re: Oor Jesus [boodskap #55995 is 'n antwoord op boodskap #55985] Wo, 23 Januarie 2002 08:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 09:37:50 +0200, Lou wrote:

> dieselfde dag gesterf - ek het probeer om soos in die geloofsbelydenis
> die 'neergedaal na die hel' gedeelte te kry - www.bybel.co.za - maar
> afdaal, hel, afgedaal ens gee geen resultate. Sal tog iemand moet vra
> maar dit is 'n interesante punt.

Dit lyk na 'n lekker skakel om vinnig goeters op te soek. Ek het
"neergedaal" ingetik, en Efesiers 4:9 gekry:
Maar d¡t: Hy het opgevaar -- wat beteken dit anders as dat Hy
ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Re: Kerke [boodskap #56002 is 'n antwoord op boodskap #55990] Wo, 23 Januarie 2002 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle,

Jy roer nou diep en ver. Dit is bekend dat hierdie gebruik massa opsweping
van emosie in die hand werk (massa hipnose). Mense raak op 'n geestelike
"high" en kan SO oorweldig word daardeur dat hulle hul bewusyn kan verloor
(uitpass). Die verduideliking is dan menigmaal dat die persoon met die
Heilige Gees vervul was. Daar volg dan ook gewoonlik wonderbaarlike geloofs
genesings tydens hierdie diens (ek wou se ritueel) te midde van 'n babelse
gebrabbel in tale.

Been there, done that. Dis net jammer dat die siekte of toestand homself
maar net weer manifesteer sodra die adrenalien uitgewerk het. Die n/g ken my
kind se storie - ek gaan dit nie van vooraf begin nie. Wel, - gelukkig was
pa daar om die stukke op te tel - terwyl die prediker tougestaan het by die
bank om sy kollekte bordjie te deponeer.

Mens kan nounie veralgemeen en se dat alle Charismatiese kerke so is nie, en
dis nie my doel nie. Ek skryf suiwer oor 'n persoonlike ervaring.

HK

"Danielle" skryf in boodskap news:qsqs4uop96b4i9thrta13qkeco3nk4nsdl@4ax.com...
> On Wed, 23 Jan 2002 09:23:47 +0200, Lou wrote:

>
> Hierdie herhaling is nogal interessant. Baie Charismatiese kerke
> gebruik dit ook. Hulle sing 'n liedie oor en oor en oor en oor en oor
> en...wel OOR! En hoe langer die liedjie herhaal word, hoe meer
> "geestelik" raak die gemeente. En baie keer sal dit dan oorslaan na
> glossolalia (sing of praat in tale)
>
Re: Kerke [boodskap #56003 is 'n antwoord op boodskap #56002] Wo, 23 Januarie 2002 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My ma glo in geloofsgenesing, omdat dit haar 'n rukkie gehelp het, en sy
staan daarby dat sy weer siek geword het omdat sy getwyfel het of sy werklik
heeltemal gesond is.
Ek darenteen is heeltemal skepties oor geloofsgenesing - op die wyse wat dit
deur die Profeet Joshua van Lagos beoefen word.- lyk vir my alte veel na 'n
geldmaakspul.
Ek dink wel dat mens met gebed - al is dit alleen in die binnekamer - beter
kan word.
Die feit bly egter - hoe sinies dit ook al mag klink - dat ons almal een of
ander tyd, vroeër of later, sal sterf.
En as dit nie jou tyd is om te gaan nie, geloofsgensing of te not, dan sal
jy nie gaan nie.
Annette ( hoe's daai vir 'n rots in die bos?)

Hantamkind skryf in boodskap news:9Ew38.78053$HW3.94246@newsfeeds.bigpond.com...
> Danielle,
>
> Jy roer nou diep en ver. Dit is bekend dat hierdie gebruik massa opsweping
> van emosie in die hand werk (massa hipnose). Mense raak op 'n geestelike
> "high" en kan SO oorweldig word daardeur dat hulle hul bewusyn kan verloor
> (uitpass). Die verduideliking is dan menigmaal dat die persoon met die
> Heilige Gees vervul was. Daar volg dan ook gewoonlik wonderbaarlike geloofs
> genesings tydens hierdie diens (ek wou se ritueel) te midde van 'n babelse
> gebrabbel in tale.
>
> Been there, done that. Dis net jammer dat die siekte of toestand homself
> maar net weer manifesteer sodra die adrenalien uitgewerk het. Die n/g ken my
> kind se storie - ek gaan dit nie van vooraf begin nie. Wel, - gelukkig was
> pa daar om die stukke op te tel - terwyl die prediker tougestaan het by die
> bank om sy kollekte bordjie te deponeer.
>
> Mens kan nounie veralgemeen en se dat alle Charismatiese kerke so is nie, en
> dis nie my doel nie. Ek skryf suiwer oor 'n persoonlike ervaring.
>
> HK
>
> "Danielle" wrote in message
> news:qsqs4uop96b4i9thrta13qkeco3nk4nsdl@4ax.com...
>> On Wed, 23 Jan 2002 09:23:47 +0200, Lou wrote:
>
>>
>> Hierdie herhaling is nogal interessant. Baie Charismatiese kerke
>> gebruik dit ook. Hulle sing 'n liedie oor en oor en oor en oor en oor
>> en...wel OOR! En hoe langer die liedjie herhaal word, hoe meer
>> "geestelik" raak die gemeente. En baie keer sal dit dan oorslaan na
>> glossolalia (sing of praat in tale)
>>
>
Re: Oor hamme [boodskap #56004 is 'n antwoord op boodskap #55989] Wo, 23 Januarie 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee hulle humm!!!!!! Dit is nou as hulle nie die arabiere bommmm nie.
(ok ek weet dit is nie snaaks nie)

Saartjie wrote:
>
> On Wed, 23 Jan 2002 09:23:47 +0200, Lou wrote:
>
>> Die probleem met georganiseerde Godsdiens is - en dit gebeur orals - as
>> jy mense forseer om te hammmm etc.
>
> Skuus Lou, maar hoe forseer mens iemand om te hammmm? Kan Jode
> hammmm??
>
> :-)))))
Re: Kerke [boodskap #56006 is 'n antwoord op boodskap #56003] Wo, 23 Januarie 2002 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Die feit bly egter - hoe sinies dit ook al mag klink - dat ons almal een of
> ander tyd, vroeër of later, sal sterf.
> En as dit nie jou tyd is om te gaan nie, geloofsgensing of te not, dan sal
> jy nie gaan nie.

En as jy dertig duisend meter bo die aarde is en dit die vlieenier se
tyd is om te gaan?

-- When I die I want to go peacefully in my sleep like my uncle, and not
screaming like the passengers in his car. --
Re: Kerke [boodskap #56007 is 'n antwoord op boodskap #56006] Wo, 23 Januarie 2002 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis mos wanneer mens van daardie wonderwerke lees - van die oorlewendes.:))
Jy is darem outyds Lou - daardie vliegtuie vlieg meestal op autopilot, en
dan is daar sommer nog 'n hulpvlieënier ook, net vir ingeval:)))

Annette

Lou skryf in boodskap news:3C4EA6AA.93B2E326@lous.zzn.com...
> Annette wrote:
>>
>> Die feit bly egter - hoe sinies dit ook al mag klink - dat ons almal een of
>> ander tyd, vroeër of later, sal sterf.
>> En as dit nie jou tyd is om te gaan nie, geloofsgensing of te not, dan sal
>> jy nie gaan nie.
>
> En as jy dertig duisend meter bo die aarde is en dit die vlieenier se
> tyd is om te gaan?
>
> -- When I die I want to go peacefully in my sleep like my uncle, and not
> screaming like the passengers in his car. --
Re: Kerke [boodskap #56008 is 'n antwoord op boodskap #56006] Wo, 23 Januarie 2002 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis mos wanneer mens van daardie wonderwerke lees - van die oorlewendes.:))
Jy is darem outyds Lou - daardie vliegtuie vlieg meestal op autopilot, en
dan is daar sommer nog 'n hulpvlieënier ook, net vir ingeval:)))

Annette

Lou skryf in boodskap news:3C4EA6AA.93B2E326@lous.zzn.com...
> Annette wrote:
>>
>> Die feit bly egter - hoe sinies dit ook al mag klink - dat ons almal een of
>> ander tyd, vroeër of later, sal sterf.
>> En as dit nie jou tyd is om te gaan nie, geloofsgensing of te not, dan sal
>> jy nie gaan nie.
>
> En as jy dertig duisend meter bo die aarde is en dit die vlieenier se
> tyd is om te gaan?
>
> -- When I die I want to go peacefully in my sleep like my uncle, and not
> screaming like the passengers in his car. --
Re: Kerke [boodskap #56009 is 'n antwoord op boodskap #56007] Wo, 23 Januarie 2002 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ha - imagine this (Dorothy se ma?) - :) - vlieenier, hartaanval, val
vooroor op die stuurstang en daar duik die 767 met 300 passasiers al
skreeuend na moeder aarde terwyl die hulp vlieenier vasgesuig sit op die
toilet :) - Eeeeeeeeeeeaaaaaaaauuuuuuuu - .

Makliker - die oorlaaide lorrie bestuurder wat by van Reenens pas afkom
het sy laaste sekondes opgebruik, jy en jou gesin is heel opgewek op pad
terug na gangsters paradise en dan s^ e vroulief 'Ry daai lorrie nie
bietjie vinnig nie' ... en jou agterklein niggie wat jy nog
nooit gesien het nie erf jou hele boedel.

Ek vir een glo nie aan die as dit jou tyd is, is dit jou tyd nie. Dit is
nou soos die uitverkiesings leer - jy kan nie rerig jou toekoms
beinvloed nie - alles wat met jou gebeur is vooruitbestem - en jy moet
maar net saam met die stroom gaan. Dus ek kan maar bungy spring met 'n
ou geraffelde tou - as dit nie my tyd is nie sal die tou hou en as dit
my tyd is sal selfs 'n nuwe tou breek -'BUNGEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!
oeps?!'-

Maar dan - ek was al verkeerd gewees. Nie baie nie - net daai een keer
in Graad een - gedog dit was 'n wind :D.

Annette wrote:
>
> Dis mos wanneer mens van daardie wonderwerke lees - van die oorlewendes.:))
> Jy is darem outyds Lou - daardie vliegtuie vlieg meestal op autopilot, en
> dan is daar sommer nog 'n hulpvliëenier ook, net vir ingeval:)))
>
> Annette
>
> Lou wrote in message
> news:3C4EA6AA.93B2E326@lous.zzn.com...
>> Annette wrote:
>>>
>>> Die feit bly egter - hoe sinies dit ook al mag klink - dat ons almal een of
>>> ander tyd, vroeër of later, sal sterf.
>>> En as dit nie jou tyd is om te gaan nie, geloofsgensing of te not, dan sal
>>> jy nie gaan nie.
>>
>> En as jy dertig duisend meter bo die aarde is en dit die vlieenier se
>> tyd is om te gaan?
>>
>> -- When I die I want to go peacefully in my sleep like my uncle, and not
>> screaming like the passengers in his car. --
Re: Oor Jesus [boodskap #56011 is 'n antwoord op boodskap #55971] Wo, 23 Januarie 2002 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Maar mens bereik maar soms 'n doodloopstraat en dan gooi mens soms die
> baba met die drinkwater uit en probeer jouself oortuig dat God nie
> bestaan nie.

Ek dink dat hierdie voorvereiste, om te weet
dat "God" "bestaan" of nie bestaan nie, 'n
soort van struikelblok is in die pad van
baie mense se geestelike lewe. Veral in
Christene se lewens. Dit is omdat hulle onbewus
daarvan is dat hulle hul in 'n filosofiese
klimaat bevind, geskep deur veral Aristoteles
en ander laat-Grieke, wat eintlik nie saamgaan met
met die "filosofie" wat daar in die Nuwe
Testament gevind word nie. In die NT word ons
vertel dat die mens geskape is in die beeld van
God. Christus sê ook dat hy die wynstok is en
ons die lote. Hierdie soort denke het niks te
doen met 'n materialistiese wereldbeeld, waar
die mens nou hier eenkant en "God" daar anderkant
moet wees nie. En tog hang so baie "christene"
hierdie filosofie aan. En dan het hulle probleme
as hulle God, of hulle konsepsie van God, nie
dieselfde is as ander godsdienstige standpunte nie.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #56014 is 'n antwoord op boodskap #55985] Wo, 23 Januarie 2002 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie een is vir my geen debat nie: Jesus het fisies, in die vlees
opgestaan - vgl die hele episode met Thomas. Hy het ook "brood gebreek" met
die Emmausgangers., dws geëet soos 'n normale mens. Sy liggaam was fisies
weg uit die grafkelder uit, net die doeke het agtergebly.

Groete,
Dries Venter

"Lou" skryf in boodskap news:3C4E684E.7DD52F3F@lous.zzn.com...

> Ander debat wat aan die gang is - het Christus uit die dood opgestaan of
> het Hy in 'n geestelike vorm verskyn voor sy opvaarding?
Re: Oor Jesus [boodskap #56016 is 'n antwoord op boodskap #55983] Wo, 23 Januarie 2002 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Maar dit is maklik om as jy buite beide staan - soos jy beweer om te
> doen - om die verskille te ignoreer.

Die verskil tussen jou en my is dat jy die
verskille benadruk, en ek die ooreenkomste.
Ek sien die beklemtoning van 'n sekere
soort Christen dat "hy alleen" die "ware"
God dien, as iets ketters, iets wat bekamp
moet word. Ek dink nie die Nuwe Testament
staaf so 'n houding nie. Dis 'n soort
geloofs-apartheid en jy weet wat ek van
apartheid dink. Ek het verlede Sondag
die World Religion Day wat deur die
Baha'i gereël is bygewoon ( dis deur die
Munisipaliteit van Ottawa tot so 'n dag verklaar)
en dit was 'n intens geestelike ondervinding om
die verskillende gelowe se meestal gebede
te hoor. Ek hoor nog die "Shanti, Shanti"
wat die Hindu-sanger gesing het. Ek dink jy
ontneem van jouself die kans om 'n dieper
ondervinding van die spirituele dimensie te
kry, juis omdat jy arrogant alleen dink dat
jy "die Ware God ken." En vertel my nou, is
jou God die God van die Jode en die Moslems?
As jy "nee" sê, sal jou eie predikant vir jou
doodlag.

Gloudina
Re: Kerke [boodskap #56018 is 'n antwoord op boodskap #56009] Wo, 23 Januarie 2002 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 16:24:53 +0200, Lou wrote:

>
> Ek vir een glo nie aan die as dit jou tyd is, is dit jou tyd nie. Dit is
> nou soos die uitverkiesings leer - jy kan nie rerig jou toekoms
> beinvloed nie - alles wat met jou gebeur is vooruitbestem -

Ek wil nie in die tema betrokke raak nie want hier blyk 'n ligsinnige
gebrabbel te wees oor dinge wat groter is as wat ons ooit sal kan
verstaan
.
Op twee dinge wat gesê is wil ek tog reageer. Annette het gepraat van
genesing. Alhoewel albei werklik bestaan is daar 'n hemelsbreë verskil
tussen 'geloofsgenesing' en Goddelike genesing'. Dit is belangrik dat
onderskei word.

Lou se gesegde wil ek baie versigtig benader want sy manier van praat
maak dit onduidelik of hy in die 'uitverkiesingsleer' glo en of hy
daarmee spot. Tog lyk dit asof hy my siening ondersteun wat so klink:
Enige kerk wat in die uitverkiesingleer glo is sektaries omdat dit
presies is soos mense glo wat glo dat slegs blankes hemel toe gaan.
Mense wat in die uitverkiesing glo asof jy nie regtig jou toekoms kan
beinvloed nie glo in 'n onregverdige god. Die tipe god wat swart mense
uit die hemel sal hou omdat daar by hulle hek 'n 'Slegs vir Blankes'
bordjie is. Die tipe god wat sondaars voorkeur bo suiwer mense gee
omdat daar voor hulle geboorte so besluit is.
Uitverkiesing bestaan wel maar jy maak die keuse.

Hantamkind het 'n baie kritiese siening oor vreemde tale. Hier het ek
baie leiding in die bybel gesoek want ek kon dit nie verstaan dat
mense dit doen (in vreemde tale spreek) nie. Ek het besluit om geen
kritiek daaroor te lewer nie omdat jy nie 'n deel van die bybel kan
glo en die res nie. As jy die bybel lees, sny jy dan 1 Korinthiërs 13
& 14 uit? Glo jy wanneer Paulus in 14:8 së dat hy meer in tale spreek
as die Korinthiërs? Lees 1 Korinthiërs 14:23 en bespreek dit met ons.
So ook verse 27 & 28. En wanneer jy die twee verse lees, dan is dit
duidelik dat die spreker 'n taal praat wat hyself nie verstaan nie.

Hantamkind, glo jy Handelinge 2:4? Laat my toe om myself te herhaal
wanneer ek noem dat dit vir my 'n probleem geskep het en ek dit
opgelos het vir myself deur die bybel nie slegs gedeeltelik nie, maar
heeltemal te glo.

Ns. My aanhalings is uit die 1957 uitgawe (naslaan)

Dave
Re: Oor Jesus [boodskap #56021 is 'n antwoord op boodskap #56014] Wo, 23 Januarie 2002 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 18:23:56 +0200, "Dries Venter"
wrote:

> Hierdie een is vir my geen debat nie: Jesus het fisies, in die vlees
> opgestaan - vgl die hele episode met Thomas. Hy het ook "brood gebreek" met
> die Emmausgangers., dws geëet soos 'n normale mens. Sy liggaam was fisies
> weg uit die grafkelder uit, net die doeke het agtergebly.
>
> Groete,
> Dries Venter

1 Korinthiërs 15 : 4-8

Dave
Re: Oor Jesus [boodskap #56027 is 'n antwoord op boodskap #56016] Do, 24 Januarie 2002 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Maar dit is maklik om as jy buite beide staan - soos jy beweer om te
>> doen - om die verskille te ignoreer.
>
> Die verskil tussen jou en my is dat jy die
> verskille benadruk, en ek die ooreenkomste.
> Ek sien die beklemtoning van 'n sekere
> soort Christen dat "hy alleen" die "ware"
> God dien, as iets ketters, iets wat bekamp
> moet word. Ek dink nie die Nuwe Testament
> staaf so 'n houding nie.

Die ou argumentjie het ons mos al voorheen gehad - ek sal dus net weer
die volgende stel - dit waarop jy nooit reageer nie - dat in meeste
godsdienste - Christen en sy vertakkinge, Joods, Moslem, Hindu glo dat
hulle die enigste waarheid het en dat daarom alle ander godsdienste
'kettery' is. Die bogenoemde groepe sluit dan ook die meeste
godsdienstige mense in wat uit die definisie van hulle geloof glo hulle
dat hulle Godsdienstige beskouing die regte een is. Ek sou graag jou
stawing dat die NT dit nie ondersteun nie wou sien.

> Dis 'n soort
> geloofs-apartheid en jy weet wat ek van
> apartheid dink. Ek het verlede Sondag
> die World Religion Day wat deur die
> Baha'i gereël is bygewoon ( dis deur die
> Munisipaliteit van Ottawa tot so 'n dag verklaar)
> en dit was 'n intens geestelike ondervinding om
> die verskillende gelowe se meestal gebede
> te hoor. Ek hoor nog die "Shanti, Shanti"
> wat die Hindu-sanger gesing het. Ek dink jy
> ontneem van jouself die kans om 'n dieper
> ondervinding van die spirituele dimensie te
> kry, juis omdat jy arrogant alleen dink dat
> jy "die Ware God ken." En vertel my nou, is
> jou God die God van die Jode en die Moslems?
> As jy "nee" sê, sal jou eie predikant vir jou
> doodlag.

My standpunt - die benadering tot wie God is, het dieselfde onstaan punt
vir Christen, Jood en Moslem - tot op 'n punt - vandaar vertak ons
beskouinge. En DIT is waar die verskille inkom, m.a.w. ons
Christus word glad nie deur die Jood erken nie en die Moslem sien hom as
slegs nog 'n profeet - maar dan laer as M. Per definisie - as ek sou
twyfel oor wie die ware en enigste God is dan is my geloof tog nie wat
dit moet wees nie? Jou standpunt hieroor? ..?

Vir my is daar meer as genoeg diepte in my geloofs lewe en die
spirituele dimensie waar van jy praat is vir my as Christen nie
belangrik nie.
Re: Kerke [boodskap #56028 is 'n antwoord op boodskap #56018] Do, 24 Januarie 2002 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:
>
> On Wed, 23 Jan 2002 16:24:53 +0200, Lou wrote:
>
>>
>> Ek vir een glo nie aan die as dit jou tyd is, is dit jou tyd nie. Dit is
>> nou soos die uitverkiesings leer - jy kan nie rerig jou toekoms
>> beinvloed nie - alles wat met jou gebeur is vooruitbestem -
>
> Ek wil nie in die tema betrokke raak nie want hier blyk 'n ligsinnige
> gebrabbel te wees oor dinge wat groter is as wat ons ooit sal kan
> verstaan

Sorrie.

>
> Lou se gesegde wil ek baie versigtig benader want sy manier van praat
> maak dit onduidelik of hy in die 'uitverkiesingsleer' glo en of hy
> daarmee spot. Tog lyk dit asof hy my siening ondersteun wat so klink:
> Enige kerk wat in die uitverkiesingleer glo is sektaries omdat dit
> presies is soos mense glo wat glo dat slegs blankes hemel toe gaan.
> Mense wat in die uitverkiesing glo asof jy nie regtig jou toekoms kan
> beinvloed nie glo in 'n onregverdige god.

Dit is ook my standpunt - ek het 'n probleem met die feit dat mens met
die verkiesings leer geen sê het in jou uiteinde nie en soos ek dan
tong in die kies probeer sê het.

Dit is hoekom ek soveel simpatie met 'n Judas Iskariot het - as hy vanaf
geboorte vooruitbestem was om Jesus te verraai het hy dus geen sê in
die verraad gehad nie.
Re: Oor Jesus [boodskap #56030 is 'n antwoord op boodskap #55969] Do, 24 Januarie 2002 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Danielle skryf in boodskap news:...
> On Tue, 22 Jan 2002 09:12:45 +0200, Lou wrote:
>

......................... knip ........................

> En volgens die bybel het Jesus eers afgedaal na die "hel" om
> die geeste wat daar aanghou was te verlos. (Death where is thy
> sting..) Ai, ek kan nie meer so mooi alles onthou nie en praat sommer
> so uit die vuis uit.

Dit is nie volgens die Bybel nie.

Dit is volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar dit staan nie in
die Bybel nie.

Daar vlam af en toe 'n debat op oor hierdie frase in die AGB. Een
skool wil dit hê dat dit on-Bybels is, en dat dit vervang moet word
met iets skriftuurliks. Dan is daar 'n anders skool wat die frase
probeer rasionaliseer in iets wat wel Bybels is. In my kerk
byvoorbeeld (Dopper) sê hulle dat dit eintlik beteken dat Jesus die
smarte van die hel ervaar het.

Die ding is natuurlik dat al die geloofsbelydenisse opgestel is deur
feilbare mense, en ook om spesifieke kwessies van daardie tyd aan te
spreek. Die belydenis van Nicea met sy klem op bv "gebore, nie gemaak
nie", neem 'n bepaalde standpunt in oor iets waaroor die mense daardie
tyd baklei het. Waarskynlik is die "neergedaal na die hel" ook iets
wat in die konteks van daardie tyd sin gemaak het. Maar Bybels is dit
nie.

Johnnie
Ongemaklike onderwerp!! [boodskap #56032 is 'n antwoord op boodskap #55879] Do, 24 Januarie 2002 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier is nou wraggies een onderwerp waar ek met groot moeite ook moet my
opinie lig. Voor ek dit kan doen sal ek eers la-a-a-a-ank gaan sit en
uitwerk hoe om dit op papier???, seker sleutelbord, te sit. Dieselfde geld
vir Danielle se parra en lelle wat elders bespreek word :-))))) 'Skuus
Daniehelletjie, ek kon dit nie verhelp nie:-)))))))

"Danielle" skryf in boodskap news:p2ho4us6bk19j1a1hmig7d5g2st4o369b3@4ax.com...
> On Mon, 21 Jan 2002 09:03:34 +0200, Lou wrote:
>
> Gloudina:
>>> Dit maak nie saak waar hierdie gedagtes vandaan kom
>>> nie. Dit maak eintlik nie eens saak of Christus werklik in
>>> vlees en bloed op die aarde geleef het nie. Wat vir my
>>> saak maak, is wát geglo word. Wááraan geglo word. Wanneer
>>> Christene glo dat die Liefde red, dit is al wat tel. Deur
>>> te glo dat die Liefde, deur vir jou begin skoon te was, jou
>>> "red," dit is wat tel. Deur te glo dat Christus ( die Liefde)
>>> vir jou gesterf het sodat jy kan "lewe," dit is wat tel. Dit
>>> word dan 'n "experiental" sielkundige realiteit.
>>
>
>> Lou:
>> DIT maak juis saak - die Christen glo dat Christus na die aarde gekom
>> het, soos voorspel in die ou testament, gebore is, gekruisig is (dus
>> opgeoffer vir ons sondes), gesterwe het en bergrawe is. Dat hy dan na
>> drie dae opgestaan het, en opgevaar het na die hemel.
>
> Danielle:
> Lou, my oorspronklike vraag het gegaan oor Jesus in 'n historiese
> konteks - veral gesien teen 'n Hellenistiese (Griekse) agtergrond.
> Alles wat jy hier noem oor wat die Christen glo, was (en word) ook
> geglo deur allerande verkillende groepe mense/gelowe eeue gelede.
> Gaan kyk gerus weer na daardie lys van parallelle.
>
>> Lou:
>> Wat jy probeer is om die Christelike geloof te af te water na 'n semi
>> Boedistiese geloof - en dit dus by jou geloofs raamwerk in te pers.
>
> Wel, as iemand van die Christelike geloof 'n beter
> antwoord/verduideliking op my vrae het, sal ek dit baie waardeer.
> Intussen het ek nog net Gloudina se antwoorde, en ek het veral gehou
> van "dit maak saak wát geglo word en wááraan geglo word"; asook " Dit
> is nie hoe jy glo nie, of wat jy glo nie, maar wat jy begeer om te glo
> om 'n bepaalde doel te bereik".
>
> Ja, ek hou gewoonlik ook niks daarvan as mense hulle geloof proseleer
> nie, maar die keer het ek gevra. Pertinent gevra.
>
> Die onderwerp is oop, en almal mag en kan mos hulle opnies gee? :-)
>
Re: Oor Jesus [boodskap #56035 is 'n antwoord op boodskap #56030] Do, 24 Januarie 2002 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die kerk waarin ek grootgeword het (Nuwe Protestantse kerk, of dan deesdae
die Evangelies Gereformeerde kerk) het die geloofsbelydenis aangepas om te
lees " en neergedaal het na die onderste dele van die aarde."

Wat die betekenis daavan is weet ek nie.

HK

"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0201232355.4d20446a@posting.google.com...
>
> Dit is volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar dit staan nie in
> die Bybel nie.
>
> Daar vlam af en toe 'n debat op oor hierdie frase in die AGB. Een
> skool wil dit hê dat dit on-Bybels is, en dat dit vervang moet word
> met iets skriftuurliks. Dan is daar 'n anders skool wat die frase
> probeer rasionaliseer in iets wat wel Bybels is. In my kerk
> byvoorbeeld (Dopper) sê hulle dat dit eintlik beteken dat Jesus die
> smarte van die hel ervaar het.
>
>
> Johnnie
Re: Kerke [boodskap #56037 is 'n antwoord op boodskap #56018] Do, 24 Januarie 2002 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave,

Ja, en daar sit ek toe my voet in dit. Ek het nog altyd die mening gehuldig
dat besprekings van hierdie aard meer tuishoort op nuusgroepe wat toegewyd
is daaraan. Mense wat aan daardie groepe deelneem het "erens" met die saak,
waar dit hier maklik 'n ligsinnige kleur kan kry. Maar nouja...

Ek het eintlik meer wou uitbry op die liedjies wat so oor en oor gesing
word - wat ek sien as 'n medium om die massa opsweep van emosie in die hand
te werk.

Ek gaan nie se of dit reg of verkeerd is nie. As Paulus se hy het in tale
gespreek dan het ek geen rede om te twyfel daaraan nie. Waaraan ek wel
twyfel is die mense wat EK gesien het wat in tale praat. Sommige ouens was
baie duidelik in 'n trans. Ander het ook saamgepraat en so bietjie woorde
geleen van die ander af. Die woord "basitilo" of so-iets het telkens
voorgekom. So asof hulle dit gebruik het wanneer hulle nou nie meer aan 'n
ander woord kon dink nie.

Hoe verifieer mens dit. Moet iemand dit nie kan uitle nie? En hoe verifieer
mens die uitleg wat gegee is, indien enige? Het hierdie ou 'n rympie by die
huis gaan skryf en geleer en kom opsê in die kerk om gesien te word? Wie
weet? Hemel daar was een ou wat my wou "leer" het hoe om in tale te praat.
Sorrie, te dik vir 'n daaler vir my.

Maar Dave, ek gaan nie slapelose nagte daaroor he nie. Dit is nie meer vir
my belangrik nie. Soos ek gese het: been there done that, even got the T
shirt. Ek vra omverskoning as ek enigsinds aanstoot gegee het. Ek volstaan
hiermee.

Hantamkind.

"DD" skryf in boodskap news:2e6u4usn7auo8omt8q1j15jhsd67uvuqeh@4ax.com...
>
> Hantamkind het 'n baie kritiese siening oor vreemde tale. > Hantamkind, glo jy Handelinge 2:4? Laat my toe om myself te herhaal
> wanneer ek noem dat dit vir my 'n probleem geskep het en ek dit
> opgelos het vir myself deur die bybel nie slegs gedeeltelik nie, maar
> heeltemal te glo.
>
> Ns. My aanhalings is uit die 1957 uitgawe (naslaan)
>
> Dave
Re: Oor Jesus [boodskap #56042 is 'n antwoord op boodskap #56027] Do, 24 Januarie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

meeste

> godsdienste - Christen en sy vertakkinge, Joods, Moslem, Hindu glo dat
> hulle die enigste waarheid het en dat daarom alle ander godsdienste
> 'kettery' is.

Ek sou graag jou
> stawing dat die NT dit nie ondersteun nie wou sien.

m.a.w. ons
> Christus word glad nie deur die Jood erken nie en die Moslem sien hom as
> slegs nog 'n profeet - maar dan laer as M. Per definisie - as ek sou
> twyfel oor wie die ware en enigste God is dan is my geloof tog nie wat
> dit moet wees nie? Jou standpunt hieroor? ..?

Jy is verkeerd as jy dink dat Buddhiste byvoorbeeld
dink dat alle godsdienste kettery is. Die Dalai Lama
moedig almal aan om nie hulle eie godsdienstige
agtergrond oorboord te gooi nie. In die Buddhistiese
raamwerk maak die lewe en die dood van Christus
totally sense.
En jy is totaal verkeerd dat alle ander "godsdienste"
dink hulle het die enigste waarheid en dat alle ander
kettery is. Dis jou eie benepe opinie, waarop jy en
ander benepe Christene julle ou ivore torinkie bou van
ons-is-die-engiste-gereddes. In die NT sê dit "in die
huis van my Vader is daar baie wonings." In die Berg-
predikasie kan jy gaan lees wie "gered" word en "wie"
nie. In die NT sê dit nie almal wat vir my "Here, Here"
sê sal in die Koninkryk ingaan nie. Dink daaraan.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #56043 is 'n antwoord op boodskap #56030] Do, 24 Januarie 2002 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johnnie wrote:

In my kerk
> byvoorbeeld (Dopper) sê hulle dat dit eintlik beteken dat Jesus die
> smarte van die hel ervaar het.
>
> Die ding is natuurlik dat al die geloofsbelydenisse opgestel is deur
> feilbare mense, en ook om spesifieke kwessies van daardie tyd aan te
> spreek. Die belydenis van Nicea met sy klem op bv "gebore, nie gemaak
> nie", neem 'n bepaalde standpunt in oor iets waaroor die mense daardie
> tyd baklei het. Waarskynlik is die "neergedaal na die hel" ook iets
> wat in die konteks van daardie tyd sin gemaak het. Maar Bybels is dit

Die intellektuele struikelblok vir hedendaagse
Christene wat moeilikheid het met die "ter helle
neergedaal" het, is natuurlik dat hulle hulself
binne 'n materialistiese wereldbeeld bevind.
Hierdie wereldbeeld is geskep deur hulle laat-
Griekse erfenis, wat praat van die "wereld" as
hier, en die "hel" of "helle" en die "hemel" as
somewhere else. Ander denkrigtings, soos Hindu
en Buddhis en Eerste Nasie Noord-Amerikaners,
struikel nie oor hierdie soort denke nie.
Vir die Buddhis, wat verskillende gevalle "realms"
sien binne die konteks van die daaglikse lewe, is
dit geen struikelblok. En dat Avalokiteshvara in
al hierdie "realms" afdaal om die verlorenes
daarin te "red," is vir die Buddhis deel van
van sy daaglikse praktyk van komtemplasie. As
hy hom in die realm of the hungry ghosts (greed)
bevind, weet hy dat deur die kontemplasie van die
energie van kompassie, hy uit daardie gevalle
toestand sal kan ontsnap. Dus sal die Buddhis geen
moeilikheid hê met die "ter helle neergedaal het"
wat blykbaar so 'n struikelblok vir materialistiese
Christene is nie. ( Eintlik was die vroeë Christelike
leer nie materialisties nie. Die koninkryk is 'n
koninkryk van die gees en nie van die lyflike nie.)

Gloudina
Re: Kerke en gebruik van "tale" [boodskap #56053 is 'n antwoord op boodskap #56037] Do, 24 Januarie 2002 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die bespreking tot dusver gevolg, en my daarvan weerhou om kommentaar
te lewer, weens my persoonlike oortuiging oor die onderwerp.

El self aanbid in 'n charismatiese gemeente.
Ons gemeente vorm deel van die groep New Covenant Ministries International,
'n Suid-Afrikaanse groep wat wêreldwyd Nuwe Testamentiese kerke plant.

Daar word ook by ons in "tale" gesing, gepraat, ens. Daar is egter een
verskil:

Ons leraar, of een van die ander ouderlinge in die gemeente (ons het net 3)
neem altyd die diens waar, en die een wat "aan diens" is, moet ook die
"orde" handhaaf. Dit werk min of meer so:
Sê nou maar ek is aan't sing (en ja, ons herhaal ook liedere) en onder
leiding van die Heilge Gees "voel" ek dan nou om so in 'n "taal" te praat,
dan gaan ek na die leier toe, en seg aan hom dat ek soiets wil doen. As hy
daarmee gemaklik is, sal hy my vra om voort te gaan. As ek dan nou so in
die "taal" sal praat, dan word daar altyd gevra of daar iemand is wat 'n
uitleg daarvoor het. Sou daar nie iemand wees nie, sal die leier aandui dat
ons dit eers "eenkant skuif" (by wyse van gebrek aan beter bewoording). Die
diens gaan dan voort. Sou daar later miskien iemand wees met 'n
interpretasie, dan sal daardie persoon vorentoe kom en so 'n aanduiding aan
die leier gee, wat dan die persoon die geleentheid sal gee om die uitleg te
bring. Ons leierskap is gesteld daarop dat daar nie sommer so 'n babelse
gebrabbel moet wees nie, want hulle standpunt is dat Paulus juis in 1 Kor
14:26-33 daarop wys dat daar ordelikheid in die dienste moet wees. Die
gebuik van tale in die diens is dan ook primêr om die gemeente op te bou en
te bemoedig.
Ons leierskap waak daarteen dat ons dienste in 'n soppige emosionele
tranedal of massa-histerie ontaard. Iets wat die beeld van die kerk al meer
irrelevant maak in die oë van die wêreld.
Dit het al eenkeer by ons gebeur dat iemand 'n "woord" aan die gemeente wou
bring, en toe die persoon met sy tweede sin wegval, toe het die leier hom
met 'n "Net 'n oomblik asseblief my vriend" ewe rustig maar ferm,
onderbreek, en hom versoek om liewer nie daarmee voort te gaan nie, maar om
met hom te praat daaroor na die diens.
Dit gebeur ook nie in elke diens dat daar iemand in "tale" moet praat/sing
nie. Daar gaan soms maande verby. Ander kere weer dan is daar elke week
iets wat gedeel word.

Ek het al self by meer as een geleentheid musiek gespeel wat nog nooit
geskryf is nie, en 'n hele paar keer al ander mense begelei wat 'n
geestelike lied sing wat ook nog nooit vantevore gehoor is nie. My
persoonlike getuies daaroor is dat dit iets is waarna jy smag met 'n
hunkering, maar die oomblik dat dit gebeur is jy so vrekbang dat jy iets uit
jouself sal doen wat die oomblik sal skaad, dat jy dubbel seker maak dat dit
wat jy doen, reg is. By twee geleenthede het dames na vore gekom wat nog
nooit in die openbaar gesing het nie, en dan speel jy net, en die wonderlike
is dat jy as musikant dan daardie persoon met jou musiek ondersteun, en hom
so dien in dit wat hy/sy aan die gemeente bring om mee op te bou.

Ons dienste is relatief vry van struktuur, maar leierskap verwag dat as jy
iets het wat jy met die gemeente wil deel, dan moet jy dit aan hulle kom
voorlê of uitklaar voordat jy die geleentheid sal kry om dit aan die
gemeente te deel. Of dit 'n skrifgedeelte, 'n lied, profesie of spreek/sing
in "tale" is, hulle wil dit uit-"check". Leierskap is immers daar om die
gemeente te lei as geestelike leiers, en dus ook te waak dat daar nie enige
onsin of valse lering verkondig word nie. Ek het die grootste vrymoedigheid
om in die gemeente so op te tree, want ek weet dat leierskap se herderstaak
so vervul word. En by ons is dit ook nie 'n geval dat net ons leiers se
woord "wet" is nie.
Ons gemeente het een keer so 'n emosionele massa-histerie beleef, maar weens
mense se besware (wat met leierskap bespreek is) is dit gou-gou toegelaat om
'n stille dood te sterf.
Ek was een van die mense wat sommer net na die diens vir hom persoonlik
gaan sê het dat ek nie met sy siening kan saamstem nie. Hy was
Afrikaanssprekend, en het die Afrikaanse vertaling (1933) gebruik, en dit
dan sommer vry vertaal na Engels en daarvolgens sy preek in Engels gedoen.
Als was uit verband en buite konteks gebruik, en dit het my bloed sommer
laat kook. Ek het natuurlik dit eers met die pastoor uitgeklaar, en ons
twee het die prediker toe daaroor aangevat. Hy het toe erken dat hy dalk
bietjie buite verband kon wees, maar het dit afgemaak as dat ons nie "oop"
was vir ander sieninge nie. Ons het hom net daar versoek om maar liewer nie
voort te gaan met die reeks van sy preke nie, en hy moes daarmee tevrede
wees.
Daardie prediker het nie weer by ons 'n preekgeleentheid gekry nie, en ons
het agterna uitgevind dat hy die bediening moes neerlê weens die aard van sy
opruiende preke wat nie skriftuurlik was nie.

Omdat ons 'n Engelse gemeente is, kry mens soms nog ouens wat tog so graag
die King James Ingels wil gebruik.
Word daar vertel van die ou wat ook so wegval met : "Thus sayeth the
Lordeth!" En hy spin 'n hele storie. Nadat daar geen reaksie op sy seggery
was nie was dit glo so vir 'n paar tellings stil. Trek ons vrind toe weer
los: "Thus sayeth the Lordeth: I maketh a mistaketh"

Nou voordat ek ook dalkies moet seg dat ekke aai meike hu mistyke, sal ek
maar groet en afteken...

Thys oppie Bos met nog 'n klip in...
Re: Oor Jesus [boodskap #56055 is 'n antwoord op boodskap #56030] Do, 24 Januarie 2002 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jan 2002 23:55:26 -0800, me...@webmail.co.za (Johnnie) wrote:

>> En volgens die bybel het Jesus eers afgedaal na die "hel" om
>> die geeste wat daar aanghou was te verlos.

> Dit is nie volgens die Bybel nie.

Ai nee, Johannes. :-) Hoe kan jy dan so so stelling maak? :-)

> Dit is volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis, maar dit staan nie in
> die Bybel nie.

1 Petrus 3: 19 " In wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die
geeste in die gevangenis"

(Lees die res om die konteks te kry - maar dit handel juis oor die
kruisiging - verwysings na dood in vlees, maar lewend gemaak in die
gees, en ook konsepte van hades of purgatory vs "hel", ens)
Maar sure, ek erken die griekse mitologiese sieninge hier, asook selfs
egiptiese mites.

Punt is - die konsep kom WEL in die bybel voor - dis die
interpretasies wat verskil! :-)

Ek het gou gaan soek, en hierdie skakel verduidelik nogal goed?

http://www.ldolphin.org/descend.html

> Die ding is natuurlik dat al die geloofsbelydenisse opgestel is deur
> feilbare mense, en ook om spesifieke kwessies van daardie tyd aan te
> spreek. Die belydenis van Nicea met sy klem op bv "gebore, nie gemaak
> nie", neem 'n bepaalde standpunt in oor iets waaroor die mense daardie
> tyd baklei het. Waarskynlik is die "neergedaal na die hel" ook iets
> wat in die konteks van daardie tyd sin gemaak het. Maar Bybels is dit
> nie.

Miskien is jy reg - hoe meer ek oplees oor die verskillende mitologieë
van o.a die Grieke van daardie tyd, maar ook interessant genoeg hoe
sterk die egiptiese mitologie die denkwyses/ervaring van die vroeë
Christene beinvloed het - hoe meer sin begin sekere dinge maak.
Re: Oor Jesus [boodskap #56058 is 'n antwoord op boodskap #56027] Do, 24 Januarie 2002 18:35 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 08:50:27 +0200, Lou wrote:

> My standpunt - die benadering tot wie God is, het dieselfde onstaan punt
> vir Christen, Jood en Moslem - tot op 'n punt - vandaar vertak ons
> beskouinge. En DIT is waar die verskille inkom, m.a.w. ons
> Christus word glad nie deur die Jood erken nie en die Moslem sien hom as
> slegs nog 'n profeet - maar dan laer as M. Per definisie - as ek sou
> twyfel oor wie die ware en enigste God is dan is my geloof tog nie wat
> dit moet wees nie? Jou standpunt hieroor? ..?

Jammer om alweer hier in te voeter.
As God = Jesus = Heilige Gees (drie-eenheid), dan moet jy mos erken
dat dieselfde God van die Jode en Muslims is gelykstaande/dieselfde as
Jesus en die Heilige Gees?
Dus moet jy mos die gevolgtrekking maak dat Jesus is ook die Joodse en
Muslim God? Of probeer jy sê dat jy wel glo dat julle almal wel
dieselfde God aanbid, maar dat die manier waarop julle aanbid is
verskillend?

Ek het al verlede jaar (dink ek) genoem van Karen Armstrong se boeke -
maar veral haar "A History of God". Het jy dit al gelees?
Vorige onderwerp: Hamsters
Volgende onderwerp: 50 50
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:36:12 MGT 2024