| wederkoms [boodskap #148129] |
So., 01 Junie 2025 19:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wederkoms
Afbreking: we•der•koms
Selfstandige naamwoord: wederkoms
Meervoud: wederkomste
Betekenis:
• Die handeling van weer kom, meestal as verwysing na Christus se verwagte terugkoms na die aarde.
Gebruik:
• Die Bybel profeteer dat daar in die laaste dae voor die wederkoms 'n groot afvalligheid onder Christene sal wees.
Sinoniem:
• oordeelsdag
• terugkeer
• terugkoms
Vertaling:
Engels: return; Second Coming
Nederlands: wederkomst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|