Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opstandig
opstandig [boodskap #147892] So., 04 Mei 2025 09:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opstandig
Afbreking: op•stan•dig
Samestelling: opstand + -ig


Byvoeglike naamwoord: opstandig
Vergrotende trap: opstandiger
Oortreffende trap: opstandigste
Attributief: opstandige

Betekenis:
• Wat dwarstrekkerig is; geneig is om teen gesag te verset.

Gebruik:
• Die seun is opstandig en luister nie na sy ouers nie.

Sinoniem:
• aggressief
• befoeterd
• dwarstrekkerig
• koppig
• militant
• omgekrap
• onregeerbaar
• oproerig
• parmantig
• rebels
• wederstrewig
• weerbarstig

Afgelei:
• opstandigheid

Vertaling:
Engels: rebellious, insubordinate
Nederlands: opstandig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nagraads
Volgende onderwerp: praterig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 22:22:42 UTC 2025