Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » log
log [boodskap #147890] So., 04 Mei 2025 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24156
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
log
Afbreking: log


Afkorting: log

Betekenis:
• (wiskunde) Verkorting van logaritme.

Gebruik:
log10(1000) = 3, omdat 1000=103.

Vertaling:
Engels: log
Nederlands: log


Byvoeglike naamwoord: log
Vergrotende trap: logger
Oortreffende trap: logste
Attributief: logge

Betekenis:
• Wat so groot en swaar is dat dit moeilik beweeg.

Gebruik:
• Die tannie is besig om log te raak.
• Die logge oom kan nie van sy stoel af opkom nie.

Sinoniem:
• dik
• geset
• lomp
• lywig
• onbeholpe
• swaarlywig

Afgelei:
• logheid

Vertaling:
Engels: clumsy, unwieldy
Nederlands: log


Selfstandige naamwoord: log
Meervoud: logge

Betekenis:
• (histories) 'n Tou met knope en 'n plankie aan die einde om die snelheid van 'n skip te meet.

Gebruik:
• In die ou tyd is die spoed van 'n skip gemeet deur 'n log oorboord te gooi.

Vertaling:
Engels: chip log
Nederlands: log


Werkwoord: log
Verlede tyd: het gelog

Betekenis:
• Om stelselmatig boek te hou van iets (oorspronklik om die spoed van 'n skip te noteer).

Gebruik:
• Die drawwer log die afstand wat hy draf.

Sinoniem:
• neerskryf
• noteer
• opskryf
• opskrywe
• registreer
• vaslê

Afgelei:
• logboek

Vertaling:
Engels: to log
Nederlands: loggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kinds
Volgende onderwerp: nagraads
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 11:19:12 UTC 2025