| natgooi [boodskap #147786] |
Sa., 19 April 2025 06:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24153 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
natgooi
Afbreking: nat•gooi
Samestelling: nat + gooi
Werkwoord: gooi nat, natgooi
Verlede tyd: het natgegooi
Betekenis:
• Om water op iets te gooi of te spuit.
Gebruik:
• Sy gooi die tuin nat.
• Het jy die petunias natgegooi?
Sinoniem:
• aanklam
• begiet
• besproei
• bevogtig
• irrigeer
• natlei
• natmaak
• natspuit
• water
Vertaling:
Engels: to water
Nederlands: natgooien, hozen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|