Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verfoeilik
verfoeilik [boodskap #147776] Do., 17 April 2025 14:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24162
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verfoeilik
Afbreking: ver•foei•lik
Samestelling: verfoei + -lik


Byvoeglike naamwoord: verfoeilik
Vergrotende trap: verfoeiliker
Oortreffende trap: verfoeilikste
Attributief: verfoeilike
Partitief: verfoeiliks

Betekenis:
• Wat so sleg is dat dit verafsku en verag word.

Gebruik:
• Hy wou eers die kannibale doodmaak vir hulle verfoeilike daad, maar besef later dat hulle nie besef hulle pleeg 'n misdaad nie.

Sinoniem:
• aanstootlik
• afskuwelik
• afstootlik
• gruwelik
• haatlik
• skandalig
• smerig
• veragtelik
• vieslik
• vloekwaardig
• walglik
• weersinwekkend

Afgelei:
• verfoeilikheid

Vertaling:
Engels: abominable, detestable, despicable, execrable, outrageous, disgusting, disgraceful, scandalous
Nederlands: verfoeilijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verstreke
Volgende onderwerp: uithuisig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 09:57:31 UTC 2025