| loskrap [boodskap #147262] |
Vr., 03 Januarie 2025 15:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loskrap
Afbreking: los•krap
Samestelling: los + krap
Werkwoord: krap los, loskrap
Verlede tyd: het losgekrap
Betekenis:
• Om iets, deur daaraan te krap, los te kry.
Gebruik:
• Sy krap die prys los.
• Hy het die stukkies vleis wat aan die pan vassit losgekrap.
Sinoniem:
• losskrop
Vertaling:
Engels: to scrape loose
Nederlands: loskrabben
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|