| rotor [boodskap #138691] |
Sa., 08 Januarie 2022 15:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die rotor van 'n elektriese motor.
rotor
Afbreking: ro•tor
Selfstandige naamwoord: rotor
Meervoud: rotore, rotors
Verkleinwoord: rotortjie
Meervoud van verkleining: rotortjies
Betekenis:
• Die draaiende anker van 'n elektriese motor, dinamo, vonkverdeler, ens.
• Die skroef/vlerk van 'n helikopter of turbine.
Gebruik:
• Die windturbine se rotor het gebreek.
• Die helikopter se rotor draai gevaarlik naby aan die kraglyne.
Sinoniem:
• draaivlerk
• hefskroef
• helikopterskroef
Afgelei:
• rotorskip
• verdelerrotor
Vertaling:
Engels: rotor
Nederlands: rotor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|