Op die meeste forums sal jy dit moeilik vind om nuwe onderwerpe te plaas of om op
bestaandes te reageer, tensy 'n administrateur jou toelaat. Vir jou om dus deel te kan
neem aan die besprekings, sal jy moet registreer. Sodoende sal jy ook toegang
verkry na baie ander funksies op die forum, soos:
- E-poskennisgewings wanneer iemand jou boodskappe antwoord.
- Pasgemaakte handtekening, avatar, persoonlike etiket, ens.
- Die vermoë om privaat boodskappe aan een of meer lede van die forum te
stuur.
- Jy sal 'n tydsone kan kies sodat die forum se tyd ooreenstem met dié van die
streek waarin jy woon.
Tensy dit anders gespesifiseer word, is die registrasie vir die forum heeltemal
gratis. Slegs 'n minimum inligting word vereis, soos jou e-posadres en 'n
noemnaam van jou keuse.
Indien COPPA (
Children's Online Privacy Protection Act) aangeskakel is en jy
jonger as 13 jaar oud is, moet jou wettige ouer/voog toestemming gee voordat
die rekening gebruik kan word om boodskappe te plaas. 'n Vorm sal moet ingevul word
wat jy na 'n gegewe e-posadres moet stuur.