Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karmenaadjie
karmenaadjie [boodskap #133259] So, 30 Augustus 2020 18:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
karmenaadjie
Afbreking: kar•me•naad•jie


Selfstandige naamwoord: karmenaadjie
Meervoud: karmenaadjies

Betekenis:
• Vars vleis wat aan die bure geskenk word as daar geslag is.
• Vleis wat vir 'n spesiale doel uitgekies is, bv. om te braai.

Gebruik:
• Die dag wanneer die bure slag, stuur hulle weer 'n karmenaadjie terug, en so bly vars vleis in omloop en word die minimum vermors.

Spreekwoord:
• Iemand op sy karmenaadjie gee. [Iemand op sy sitvlak pak slae gee.]

Afgelei:
• kalfskarmenaadjie

Vertaling:
Frans: carbonade
Engels: meat chop, cutlet
Nederlands: karmenaadje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leergierig
Volgende onderwerp: aandklok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:45:46 MGT 2024