Franse teenwoordigheid in Noord-Amerika [boodskap #5314] |
Sa, 20 Januarie 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir die bespreking oor die hede en toekoms van Afrikaans
in die nuwe Suid-Afrika, mag dit miskien interessant wees
om te kyk na Frans en die Franse teenwoordigheid in Noord-
Amerika.
In Kanada is daar drie belangrike konsentrasies van Frans-
sprekendes: In Manitoba (die afstammelinge van die Franse
voyageurs en pelshandelaars, vermeng met die lokale Indiane
om die Metis-groep te vorm), in Quebec (nie alleen Franse
setlaars nie, maar ook groot getalle van nie-blankes uit Frans-
sprekende lande soos Haiti), en in New Brunswick (deel van die
oorspronklike Acadia, wat ontstaan het as gevolg van die Franse
teenwoordigheid in Noord-Amerika voordat die Engelse aangeland
het en alles probeer oorneem het. Almal is seker bekend met die
hartverskeurende geskiedenis van die Acadians wat nie die "oath
of allegiance" wou sweer aan die Engelse Kroon na die Treaty of
Utrecht in 1713 nie, en toe uitgeskop is. Hulle het suidwaarts
getrek en in Louisiana se bayous hulself gevestig, waar hulle nog
Cajun praat, Cajun musiek maak en Cajun kook.)
In die poging om te verhoed dat Frans ondergaan in die
omringende see van Engels in Noord-Amerika, is daar twee denk-
skole onder die Franssprekendes self. Dit is essensieel wat op
die oomblik aan die gang is in Kanada, en wat in die proses dreig
om Kanada miskien op te breek op die patroon van byvoorbeeld
die Tsjeggiese Republiek en Slovakia. Aan die een kant staan die
Franse wat binne Kanada 'n sterk teenwoordigheid vir Frans soek.
Dit het in die laaste twintig jaar, veral onder Trudeau en later, baie
sukses gehad met wette wat dit nodig maak dat amptenare beide Engels en
Frans moet kan praat, en dat daar "French Immersion" klasse moet wees
vir daardie Engelse ouers wat hulle kinders Frans wil laat leer.
Teen hierdie Federalistiese groep (vandag onder die leiding van
eerste minister Jean Chretien) staan die Parti Quebecois wat
nie kan omgee wat in die res van Kanada aangaan nie, maar hulle eie
onafhanklike staat wil he. (Ongelukkig vir hulle is twee-derdes
van die provinsie bevolk deur die Cree en
ander Indiaanse stamme en verder noord die Inuit. Daar is ook 'n
groot getal mense in Montreal en verder wes wat nie van Kanada
wil afskei nie.) Die P.Q. het in 'n vorige periode toe hulle in
beheer was, drakoniese wette gemaak om Frans te handhaaf -
soos byvoorbeeld dat alles net in Frans moet wees, binne en buite
besighede, en alle verkeerstekens. Alle kinders moes in Frans
skoolgaan, tensy hulle kon bewys dat hulle ouers albei Engels
is. So moes alle Haitiers dus in Franse skole skoolgaan, selfs al
wou hul ouers dat hulle Engels moet leer.
In New Brunswick (wat een-derde Frans is) is daar 'n baie
sagter en suksesvolle toestand van sake. New Brunswick is die
enigste provinsie in Kanada wat offisieel tweetalig is. Daar het
die lokale Franse bevolking 'n suksesvolle alliansie met beide
die vorige Konserwatiewe party en die huidige Liberale party,
en almal is gelukkig, behalwe daardie gewoonlik effens onnosel
afstammelinge van die Engelse wat later op die toneel verskyn
het as die Franse en dink die hele wereld behoort aan hulle.
Dit is natuurlik nodig om te vra : En waar pas die lokale groepe
van Maliseet en Micmac in die prentjie? Dit is 'n ander storie.
So dit is nou die toestand hier in Kanada. Dit lyk vir my asof
die enigste oplossing sal wees om die federale regering se magte
al hoe meer af te takel, totdat die provinsies van Kanada amper
soos die state van die V.S.A. sal wees. Dan, beweer die mense
in die Federale hoek, verloor ons miskien dinge soos Medicare,
wat vrye toegang voorsien vir almal in Kanada, arm of ryk.
Daar is baie mense in Kanada wat wil he die Quebeckers moet
nou maar loop, en sommige verklaar nog ook "good riddance."
Ek persoonlik hou van die Franse element in die Kanadese prent.
Hulle is, net soos die Afrikaners in Suid-Afrika, baie op hul tone
en intelligent en emosioneel en kunstig. Hulle produseer goeie
toneel en letterkundige werke. Montreal is die jaarlikse mekka
vir komediante van oor die hele Noord-Amerika wat hulle self wil
adverteer, en wanneer daar 'n Olimpiese Spele is, is meer as die
helfte van die medaalwenners mense met Franse name. ( Gloudina)
|
|
|