Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die
DS: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die [boodskap #5308] Vr, 19 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:50
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die

nuwe -Reply

Robert Wagenaar verwys na hoe leerlingtalle as 'n wenslikheid aan
Afrikaanse skole. Ek kan slegs praat van voorbeelde waarvan ek weet: by
die skool waar my kind is, was daar 29 kinders in die graad 1-klas, en het
hulle die eerste dag 'n ekstra onderwyseres aangestel - uit die skoolfonds,
vermoed ek - om dit af te bring na 21 per klas, in lyn met die beleid van
klein klasse. By 'n ander baie groter skool is die ratio so 26 per
onderwyseres, ook in graad 1, en is daar sewe klasse, nie vier soos by die
eerste skool nie. Hierdie skole beskou hulleself sekerlik as vol. Nou is die
vraag of hulle gedwing gaan word om die getalle op te skuif, selfs al betaal
hulle (die eerste een in elk geval) van die onderwysers uit skoolgeld?
Sover ek verstaan, word baie van die sportafrigting daar ook deur ouers
gedoen, en baie dinge kom uit hulle sakke uit: die skool is vir baie dinge
nie van die Staat afhanklik nie.

Gerhard.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5607] Re: Afrikaans en Nederlands
Volgende onderwerp: Franse teenwoordigheid in Noord-Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:32:13 MGT 2024