Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Spesiale karakters in Afrikaans - 'n makliker metode
Spesiale karakters in Afrikaans - 'n makliker metode [boodskap #34621] Do, 21 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Leon  is tans af-lyn  Leon
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
As jy baie Afrikaans tik, en jy's moeg daarvan om die Alt-kodes in te tik
vir karakters soos ë, ö, é, ens., dan is daar 'n maklike oplossing (LW: dit
werk in Windows 2000 en Windows NT - wat die ander betref weet ek nie).

Dit werk soos 'n tikmasjien se dooie toetse. D.w.s. as jy 'n ê wil tik, dan
tik jy eers 'n ^ en dan 'n e. Wanneer jy die ^ tik, sal daar niks gebeur
nie, maar wanneer jy die e tik, sal daar 'n ê verskyn. Só kan jy enige
karakter maak met die volgende karakters:

' (akuut)
" (deeltekens)
` (gravis)
^ (kappie)

saam met enige klinker.

As jy die karakter wil hê en nie die samestelling nie, druk net 'n spasie
direk ná die karakter.

INSTRUKSIES:

- Control Panel
- Regional Options
- Input Locales
- onder Input Languages, kliek Add
- onder Keyboard Layout/IME, kies United States-International
- (die Input Locale kan so bly, of English (UK) wees vir sekere
spellcheckers om te werk)
- kliek OK
- highlight die opsie wat onder Keyborad laoyout/IME "United
States-International" sê, en kliek Set as Default
- Opsioneel: kies onder-aan "Enable indicator on taskbar" as jy tussen die
gewone stelsel en dié stelsel wil omskakel (veral as jy programmering doen
wat ' en " gebruik). Sódoende sal daar 'n blou blokkie wat EN wys in jou
taskbar verskyn en jy kan daarop kliek om te wissel tussen die twee stelsels
(of L-Alt + Shift druk).
- kliek OK

Dit behoort in alle programme te werk. Onthou, om dit af te sit of om vinnig
tussen die twee stelsels te wissel, druk net L-Alt + Shift of gebruik die
taskbar as jy die opsionele tickbox gekies het soos hierbo genoem.
Re: Spesiale karakters in Afrikaans - 'n makliker metode [boodskap #35271 is 'n antwoord op boodskap #34621] Sa, 07 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Leon" wrote:

> As jy baie Afrikaans tik, en jy's moeg daarvan om die Alt-kodes in te tik
> vir karakters soos e, o, e, ens., dan is daar 'n maklike oplossing (LW: dit
> werk in Windows 2000 en Windows NT - wat die ander betref weet ek nie).

Baie dankie vir hierdie raad. Nou wil ek graag weet hoe kry ek dit reg om 'n in
MS Word korrek in te tik sodat die apostroof nie in 'n aanhalings teken
verander nie?

Colin
Vorige onderwerp: 'n kappie ?
Volgende onderwerp: SPAM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 10:46:14 MGT 2024