Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Philips en so meer
Re: Philips en so meer [boodskap #5138] Do, 04 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
<<<'n Sjinese werker in die konstruksiebedryf word glo sowat $1 per
"dag betaal. Dan werk die werker 'n skof van 12 uur 6 dae van die week en hy doen
"dit met 'n glimlag.

"Die Suid-Afrikaanse maatskappye kan net nie meeding teen sulke lae lone nie.
"Dis hard, maar ons mense het nog baie om te leer.

"Antonie>>>>

Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
behoorlik te werk nie!
(Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
vir R80 te gaan koop.)
En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
magtag! Niks is verniet nie!
En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
kan gaan terwyl ONS moet betaal!

(...iets is fucked up hier....al is dit net die bytende agterdog dat
'n onsuksesvolle kommunistiese staat in SA waarskynlik 'n beter opsie
vir die werkers onder bespreking sal wees as 'n R80-wêreld .)

NS. Ek neem aan jou vriende sal ook bereid wees om die geld te maak
wat die "bosses" in China maak. Met dieselfde karre te ry. In
dieselfde huise te bly en dieselfde infrastrukture te he en dieselfde
winkels en dieselfde koopkrag onder die verbruikers!

Oor Philips: Kan iemand dalk sê of hulle 'n spesiale "deal" met die
vorige regering gehad het?
Was hulle operasies in die jare sewentig/tagtig soveel meer winsgewend
as vandag? Die uitvoere soveel beter? Die arbeid soveel goedkoper? Of
was daar ander faktore wat dit vir hulle voordelig gemaak het om hier
te bly?

Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
beter maatskappye.
Re: Philips en so meer [boodskap #5145 is 'n antwoord op boodskap #5138] Vr, 05 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jaap Verhoeven  is tans af-lyn  Jaap Verhoeven
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote in soc.culture.south-africa.afrikaans about "Re: Philips en so meer":
> <<<'n Sjinese werker in die konstruksiebedryf word glo sowat $1 per
> "dag betaal. Dan werk die werker 'n skof van 12 uur 6 dae van die week
> en hy doen
> "dit met 'n glimlag.

Bull. Hij moet het wel met een glimlach doen, anders wordt ie ontslagen.
Voor hem tien anderen.

> "Die Suid-Afrikaanse maatskappye kan net nie meeding teen sulke lae
> lone nie.
> "Dis hard, maar ons mense het nog baie om te leer.

Bull no. 2. Het is veel beter om het opleidingsniveau van die
werknemers te verhogen, zodat ze veel efficienter werken en zo hun
hoge loon kunnen rechtvaardigen.

> "Antonie>>>>
>
> Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
> oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
> Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
> donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
> behoorlik te werk nie!
>
> (Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
> vir R80 te gaan koop.)
> En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
> magtag! Niks is verniet nie!
> En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
> onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
> maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
> kan gaan terwyl ONS moet betaal!
>
> (...iets is fucked up hier....al is dit net die bytende agterdog dat
> 'n onsuksesvolle kommunistiese staat in SA waarskynlik 'n beter opsie
> vir die werkers onder bespreking sal wees as 'n R80-wêreld .)

Is communisme dan nog niet dood, zelfs in ZA?

> NS. Ek neem aan jou vriende sal ook bereid wees om die geld te maak
> wat die "bosses" in China maak. Met dieselfde karre te ry. In
> dieselfde huise te bly en dieselfde infrastrukture te he en dieselfde
> winkels en dieselfde koopkrag onder die verbruikers!

Tja, dat vergeten de lage-lonen-promotors er altijd bij te vertellen. ;-)

> Oor Philips: Kan iemand dalk sê of hulle 'n spesiale "deal" met die
> vorige regering gehad het?
> Was hulle operasies in die jare sewentig/tagtig soveel meer winsgewend
> as vandag? Die uitvoere soveel beter? Die arbeid soveel goedkoper? Of
> was daar ander faktore wat dit vir hulle voordelig gemaak het om hier
> te bly?

Philips heeft ook de nodige fabrieken uit West-Europa naar O. Eur. en Azie
verplaatst. Daar kan men hier ook alleen maar bij toekijken. Het is een
internationale trend bij over de hele wereld, die eigenlijk ook wel zijn
positieve kanten heeft.

Ik denk dat nu de economie van ZA opengegooid wordt, het belangrijk is om
op zoek te gaan naar de sterke punten van ZA. Dat is in de tijd van de
apartheid nooit gebeurt, en moet nu worden ingehaald. Feit blijft dat aan de
produktie van televisies tegenwoordig niets valt te verdienen, en het is
de kunst om goede alternatieven te vinden.

> Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
> dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
> beter maatskappye.

Maar het hoeft elkaar niet tegen te werken. Groot Brittanie is een land
waar men sinds Thatcher erg hard bezig is om alle lonen en sociale
voorzieningen te verlagen. In Duitsland zijn de lonen onveranderd erg hoog,
terwijl GB nu het lage-lonen-land van de Europese unie is. Toch loopt de
Duitse economie veel beter dan de Engelse.

groeten,

Jaap
Re: Philips en so meer [boodskap #5146 is 'n antwoord op boodskap #5138] Vr, 05 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
a...@rmbmain.rmb.co.za (Ant Man) wrote:
<<<<"Onthou net dat die lewenskoste in Sjina baie laer as hier is...>>>

Maar dit beteken mos dat die hele verbruiker-struktuur daar anders is.
Die "bosses" is ook armer? Dit is dan mos verkeerd om die arbeidskoste
in China as voorbeeld vir SA voor te hou?
Ek neem aan die huur van die geboue in China sal ook goedkoper wees
saam met die lewenskoste met ander woorde die ou wat die gebou laat
bou en dan verkoop of verhuur, sal ook baie minder geld he en sal nie
met 'n nuwe Duitse motor kan ry nie?

<<<"Soos ek bo ges^e het, mens kan nie alles so eenvoudig vergelyk
nie. Mens na die lewenskostes in beide lande kyk. Dit is hier waar SA
se probleem l^e. Lewenskostes is baie duur in hierdie land van ons.
>>>>>


En daarme saam die lewenstandaard seker ook? Gaan die twee nie hand
aan hand nie? M.a.w. 'n mens kan nie werkers he wat jy soos in China
betaal maar 'n winkelsentrum wat lyk soos die VSA nie?

<<<"SA het al sy binnelandse bedrywe beskerm deur ho"e belastings op
ingevoerde goedere te hef.>>>


Met ander woorde: In die verlede het ek Philips - vanwee sy "cosy
little deal" met die regering - te veel vir 'n TV-stel betaal EN van
my belastinggeld is waarskynlik ook aan hulle gegee as subsidies
iewers.
Nou val dit weg en nou loop hulle in 'n "huff". Ek sal nooit weer 'n
Philips-produk koop as ek dit kan verhinder nie. Ek is jammer oor die
wat ek wel gekoop het!
Het Philips ooit 'n poging aangewend om te kyk of hy die fabriek wel
kan hou of was die koorsagtige haas na geld in die ontwikkelende
wereld elders te groot?

<<<..."Verkeerd, die winsmotief bly baas. Daar is tans Duitse
maatskappye wat uit Duitsland onttrek na die Oosbloklande omdat die
arbeid daar goedkoper is. Die moraliteit waarvan jy praat bestaan net
as daar tog wins gemaak kan word. ..>>>>


...as daar tog wins gemaak kan word....Presies wat ek bedoel.
Maatskappye wat redeneer hulle het vir jare baie gevat en gaan in die
toekoms waarskynlik weer vat, nou behoort hulle te kyk of hulle kan
help bou, al is dit teen 'n laer wins. Ek is nie so laf om te verwag
dat hulle teen 'n verlies moet bly nie, maar ek vermoed daar het 'n
koorsigheid ingetree toe die groter syfers gesien is wat 'n skuif sal
meebring.

Die vraag raak soms geldig: "Groot maatskappye het soms net soveel
sosio-politieke mag as regerings, maar aan wie is hulle
verantwoordbaar siende dat die meerderheidsaandeelhouers in die meeste
gevalle ook die direksies is?"

Ferdi
Re: Philips en so meer [boodskap #5147 is 'n antwoord op boodskap #5138] Vr, 05 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
> oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
> Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
> donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
> behoorlik te werk nie!

Onthou net dat die lewenskoste in Sjina baie laer as hier is. 'n Brood, wat hier sowat R2 kos kos dus nie 50 Amerikaanse sent in Sjina nie. Dit sal baie minder wees. Feit van die saak is is dat die werkers op die $1 per dag kan oorleef. Hulle sal seer sekerlik nie luuks kan leef nie maar leef sal hulle kan. Die geboue sal dus nie inmekaar start nie.

> (Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
> vir R80 te gaan koop.)
> En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
> magtag! Niks is verniet nie!
> En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
> onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
> maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
> kan gaan terwyl ONS moet betaal!

Soos ek bo gesê het, mens kan nie alles so eenvoudig vergelyk nie. Mens na die lewenskostes in beide lande kyk. Dit is hier waar SA se probleem l^e. Lewenskostes is baie duur in hierdie land van ons.

> Oor Philips: Kan iemand dalk sê of hulle 'n spesiale "deal" met die
> vorige regering gehad het?
> Was hulle operasies in die jare sewentig/tagtig soveel meer winsgewend
> as vandag? Die uitvoere soveel beter? Die arbeid soveel goedkoper? Of
> was daar ander faktore wat dit vir hulle voordelig gemaak het om hier
> te bly?

SA het al sy binnelandse bedrywe beskerm deur ho"e belastings op ingevoerde goedere te hef. Dus, al kon mens 'n TV-stel hier te lande kry teen 'n goedkoper prys as die binnelandse produk, het die invoerbelasting die prys opgeskuif sodat die ingevoerde produk dan nou duurder as die binnelandse produk was. Maak dus nie saak wat die binnelandse kosprys van 'n TV-stel was nie, Philips was verseker dat hy 'n wins kon maak want die koper het maar net al hoe duurder betaal vir hul TV's.

Twee dinge maak nou dat Philips die land verlaat: daar is 'n groot sluikhandel in omtrent alle hyandelsware waar mense die invierbelastings omseil. Ten tweede is SA deel van die "GATT" ooreenkoms. Die ooreenkoms is 'n wêreldwye een wat alle lande dwing om weg te doen met invoerheffings en belastings. Binnelandse produkte sal dus nie meer beskerm kan word nie.

>
> Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
> dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
> beter maatskappye.
>

Verkeerd, die winsmotief bly baas. Daar is tans Duitse maatskappye wat uit Duitsland onttrek na die Oosbloklande omdat die arbeid daar goedkoper is. Die moraliteit waarvan jy praat bestaan net as daar tog wins gemaak kan word.

Antonie
Re: Philips en so meer [boodskap #5148 is 'n antwoord op boodskap #5138] Vr, 05 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jaap Verhoeven  is tans af-lyn  Jaap Verhoeven
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ant Man wrote in soc.culture.south-africa.afrikaans about "Re: Philips en so
meer":
>> Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
>> oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
>> Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
>> donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
>> behoorlik te werk nie!
>
> Onthou net dat die lewenskoste in Sjina baie laer as hier is. 'n Brood, wat
> hier sowat R2 kos kos dus nie 50 Amerikaanse sent in Sjina nie. Dit sal
> baie minder wees. Feit van die saak is is dat die werkers op die $1 per dag
> kan oorleef. Hulle sal seer sekerlik nie luuks kan leef nie maar leef sal
> hulle kan. Die geboue sal dus nie inmekaar start nie.

Maar de bakkers en supermarkten kunnen alleen overleven met die hogere
prijzen.

>> (Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
>> vir R80 te gaan koop.)
>> En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
>> magtag! Niks is verniet nie!
>> En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
>> onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
>> maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
>> kan gaan terwyl ONS moet betaal!
>
> Soos ek bo gesê het, mens kan nie alles so eenvoudig vergelyk nie. Mens na
> die lewenskostes in beide lande kyk. Dit is hier waar SA se probleem l^e.
> Lewenskostes is baie duur in hierdie land van ons.

Pfff. Vergelijk het eens met Europa.

> Twee dinge maak nou dat Philips die land verlaat: daar is 'n groot
> sluikhandel in omtrent alle hyandelsware waar mense die invierbelastings
> omseil. Ten tweede is SA deel van die "GATT" ooreenkoms. Die ooreenkoms is
> 'n wêreldwye een wat alle lande dwing om weg te doen met invoerheffings en
> belastings. Binnelandse produkte sal dus nie meer beskerm kan word nie.

Dus moeten die 'binnenlandse produkten' beter worden om de extra
kosten voor de klant te rechtvaardigen.

>>
>> Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
>> dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
>> beter maatskappye.
>>
>
> Verkeerd, die winsmotief bly baas. Daar is tans Duitse maatskappye wat uit
> Duitsland onttrek na die Oosbloklande omdat die arbeid daar goedkoper is.
> Die moraliteit waarvan jy praat bestaan net as daar tog wins gemaak kan
> word.

Tegelijkertijd blijft het Duitse bruto nationaal produkt maar stijgen en
stijgen. De Duitse werkloosheid overigens ook. Europa heeft al dik tien
jaar last van een hoge werkloosheid (die belastinggeld kost in de vorm
van uitkeringen), toch is de welstand ook niet achteruit gegaan.

groeten,

Jaap

--
"Now wait a minute, Rik, there could be a copyright problem. Normally I'm
the one who gets all the chicks."
Re: Philips en so meer [boodskap #5161 is 'n antwoord op boodskap #5138] Ma, 08 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber[2]  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Welkom tot die Nuwe W^ereldorde en -ekonomie.

Multi-nasionale (eintlik "land-ongebonde") firmas
streef na die maksimalisering van wins, en dus die
die optimalisering van produksie en die minimalisering
van koste. Hulle vestig hulle dermate in lande waar
die arbeidskoste van genoeg-geskoolde werkers die
laagste is.

Daar is egter iets wat hulle moontlik vergeet het:

Elke produk of diens het op stuk van sake net een
doel . . . verbruik. As die verbruik van jou produk
of diens afneem, gaan voortgesette produksie binnekort
sinneloos word. Dit volg, in die globale ekonomie, dat
diegene wat die produk vervaardig genoeg betaal moet word
sodat hulle van hulle eie produkte kan bekostig.

As jou werker in die "ontwikkelende" land nie die produk kan
bekostig nie, moet dit dan na "ontwikkelde" land uitge-
voer word. In die "ontwikkelde" lande is groot getalle
mense egter werkloos of gaan hulle binnekort werkloos wees,
want hulle betrekkinge is na "ontwikkelende" lande toe uit-
gevoer. Ja, die kapitaalbesitters word ryker en kan die
produkte en dienste bekostig, maar hulle is 'n minderheid.
Miskien moet maatskappye hierdie minderheid met luukse-
goedere bevredig en die massa-mark afskeep? Miskien moet
hulle werkers in "ontwikkelende" lande meer betaal sodat
hulle daar 'n massamark kan skep? . . . maar dan gaan hulle
produksiekoste styg. Miskien is hulle te kortsigtig om te
sien dat koste-besnoeiing net die korttermyn-vraatsug van
die minderheid (kapitaalbesitters) bevredig, terwyl dit oor
die langtermyn tot die nadeel van winsmaksimalisering is?

Maak die bogenoemde enigsins sin?

Hjalmar Gerber
______________
Re: Philips en so meer [boodskap #5162 is 'n antwoord op boodskap #5138] Ma, 08 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
> a...@rmbmain.rmb.co.za (Ant Man) wrote:
>
>
> nie. Mens moet na die lewenskostes in beide lande kyk. Dit is hier waar SA
> se probleem l^e. Lewenskostes is baie duur in hierdie land van ons.
>>>> >>
>
> En daarme saam die lewenstandaard seker ook? Gaan die twee nie hand
> aan hand nie? M.a.w. 'n mens kan nie werkers he wat jy soos in China
> betaal maar 'n winkelsentrum wat lyk soos die VSA nie?

Heeltemal reg. Mens moet egter onthou dat die wêreldekonomie nou ge"integreerd is. M.A.W as daar 'n Sjinese maatskappy is wat bereid is om sy werkers minder te betaal, en bereid is om minder wins op 'n transaksie te neem, kan hul 'n internasionbale tender wen (wat hulle dan ook doen). Die maatskappye wat dus gewoond is om ho"e winste te neem (soos die Suid-Afrikaanse maatskappye) sal dus moet aanpas as hul internasionaal deel wil neem.

Kom ons neem 'n voorbeeld: meeste van die speelgoed wat ek vir my kinders koop word in Sjina gemaak (al dra dit etikette van die VSA en elders). Ek koop dit want die speelgoed kan ek bekostig. Speelgoed wat in Duitsland en Engeland vervaardig word is te duur. Een van die redes waarom dit te duur is oordat die arbeidskostes in Duitsland en Engeland veel duurder as in Sjina is. Pla dit my? Nee want nou het my kinders darem speelgoed. Kan ons in SA speelgoed maak wat so goedkoop is as die wat in Sjina gemaak word? Ek glo nie.

Die vraag is dus: hoe ding 'n maatskappy internasionaal mee indien sy werkers (van die vloerve"ers tot die uitvoerende bestuurder) nie bereid is om minder geld te ontvang nie??? Dit gaan nie net oor internasionale meededinging nie. Kom ons kyk wat het SA reeds verloor of wat gaan hy nog verloor: ek weet van 'n skoenfabriek in Lesotho wat moes sluit omdat die werkers gestaak het oor ho"er lone. Soortgelyk skoene word nou ingevoer (sowat 100 werkers sit nou sonder werk). SAL het al die jare die pryse van vliegkaartjies na SA beheer (alle rederye wat na SA gevlieg het moes dus dieselfde pryse as SAL vra). Nou kos 'n vliegkaarjie van Frankfurt na SA sowat 1500 Duitse mark (dit is +- 'n 12 uur vlug). 'n Kaarjie vanaf Frankfurt na die Bahamas kos sowat 900 mark (dit is 'n 10 uur vlug). Hoe gaan ons toeriste lok as Duitsers vir soveel goedkoper in die Bahamas kan gaan vakansie hou?

Antonie
Vorige onderwerp: Re: [AFRIKAANS:5437] Re: GRONDBESIT, WERKPERMITTE ENS (fwd)
Volgende onderwerp: Apartheid?Apartheid!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:05:44 MGT 2024