Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: [AFRIKAANS:5407] Wat is 'n liberalis? (fwd)
Re: [AFRIKAANS:5407] Wat is 'n liberalis? (fwd) [boodskap #5134] Wo, 03 Januarie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Nico van der Dussen" Dink ek het geskryf:

>>

Ai, ja... en ons het so baie vryheid van spraak gehad in die vorige
bestel ne^?
Is die veranderde woord dalk "kaffer"? Sover ek weet is dit nie 'n
verbode woord nie.
Wat wel onder die grondwet beskerm word is mense se waardigheid. Ek
reken dit het miskien meer met goeie maniere en beskaafdheid te doen
as met beperkinge. Toe ek klein was, het my ma my vryheid om my pap
oor die tafel na my suster te gooi, ook beperk.

Ernie Wentzel het een keer in 'n artikel in 'n tydskrif (ek dink dit
was Dennis Becket se Frontline in die beginjare) 'n omskrywing van 'n
liberalis gegee as min of meer iemand wat glo aan die handhawing van
die reg vir elkeen om sy lewe te kan lei soos hy wil.

In die Emerican Heritage Dictionary staan die volgende: " A political
theory founded on the natural goodness of human beings and the
autonomy of the individual and favoring civil and political liberties,
government by law with the consent of the governed, and protection
from arbitrary authority."

Dit klink vir my baie great.
( Wie op aarde was Gerhard Beukes?)
Vorige onderwerp: Die Broederbond in die 21ste eeu
Volgende onderwerp: Re: [AFRIKAANS:5396] Tik van Omega en delta (fwd)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:52:15 MGT 2024