Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Ek graaf met my geadgtes - Totius
Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25249] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Totius het baue jare gelede soos ons ook maar geworstel met die vrae wat ons
almal van tyd tot tyd teister:

Ek graaf met my gedagtes

Ek graaf met my gedagtes
in die geheimenis,
en soek of daar geen antwoord
op al my raaisels is.

Ek graaf nes in 'n sandhoop
met my: Waarom? en Hoe?
By elke nuwe poging,
dan val die plek weer toe.

Ek graaf; maar elke môre
begin my werk van voor;
ek graaf; maar as ek weg is,
skuif snags die sand daaroor.

"Helaas, die voorgeslagte
(so klink 'n stem in my)
het ook soos jy gegrawe,
maar daar't geen spoor gebly.

"Dus, hou maar op met grawe,
berusting is so soet;
net één ding te gelowe,
en dit is: God is goed!"
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25250 is 'n antwoord op boodskap #25249] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 1999 06:25:05 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Totius het baue jare gelede soos ons ook maar geworstel met die vrae wat ons
|almal van tyd tot tyd teister:
|
|Ek graaf met my gedagtes
|
..........
|"Dus, hou maar op met grawe,
|berusting is so soet;
|net één ding te gelowe,
|en dit is: God is goed!"
|
|
|
|
Ek het op 'n stadium 'n poster gesien en die treffende woorde maal
elke keer in my kop as ek die eerste reel hoor of lees:

"Life is not fair,
But God is good!"
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25343 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 18:18:46 GMT, @sympatico.ca wrote:

|hulle baie makliker en gouer doodgaan.) Ek dink ook
|dat vir iemand wat homself vir 'n Christen uitgee, jy
|moet waak teen hierdie snedige opmerkings teen jou
|medemens.

Sy's toe nooit my medemens nie - sy's toe al die tyd net 'n figuur van spraak
(figure of speech).

|Ek dink nie Christus sou daarvan gehou
|het as jy so oor ander lede van die menslike geslag
|gepraat het nie.
|
Ek neem dan nou aan dat as jy jouself aanmatig om so snedig te praat oor die ou
wit omies, dat jy dan nie Christen is nie. In die geval kan jy dan nie wil
beweer dat jy weet waarvan Christus sou gehou het of nie.

Maar ek hoop maar eerder dis andersom - dat jy wel Christen is, en maar net soos
ek, nie perfek is nie.

En so baai the way - wanneer laas was jy in 'n ouetehuis: ou tannies met nat
broeke kla baie.....
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25344 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 15:15:14 +0200, "Albertus van Wyk" wrote:

|Hel, ek weet nie hoekom mense altyd

Ek dink nie mense doen dit altyd nie.

|tot op 'n punt met al die
|onverklaarbarhede van die lewe worstel en dan skielik net opgee

Ek sou nie sê die ou wat dit geskryf het, het skielik net opgegee nie - ek dink
hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou tannies met nat
broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
ook al mag wees.

|en berusting
|vind of dalk uitchicken met so veralgemening soos "God is goed" nie.

Om te besef dat God goed is, is nie 'n uitchicken nie - dis net positiewe
realiteit wat jou mag terf. Ek sien dit ook nie as 'n goedkeuring van die feit
dat 'n mens jou hoef te berus by alle onregverdighede wat die lewe jou toeswaai
nie - ek dink juis dit gee die positiewe boodskap dat jy onregverdighede met
God se hulp kan omkeer of verander.

| Wat op
|aarde beteken of verklaar dit?

Ek dink niks meer as die letterlike betekenis van die woorde nie. Vat dit op
"face value".
|
|>
|>"Life is not fair,
|>But God is good!"
|
|
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25345 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Albertus van Wyk  is tans af-lyn  Albertus van Wyk
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hel, ek weet nie hoekom mense altyd tot op 'n punt met al die
onverklaarbarhede van die lewe worstel en dan skielik net opgee en berusting
vind of dalk uitchicken met so veralgemening soos "God is goed" nie. Wat op
aarde beteken of verklaar dit?

>
> "Life is not fair,
> But God is good!"
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25346 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 18:18:46 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan, ek vind dit werklik afstootlik in jou geskrywerydat jy altyd sulke snedige
|opmerkings oor vroumense
|maak.

Toemaar, moenie alleen voel nie. Ek vind dit werklik netso afstootlik in jou
geskrywery dat jy altyd sulke snedige opmerkings oor ou wit omies maak.
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25347 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> - ek dink
> hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou tannies met nat
> broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
> ook al mag wees.

Johan, ek vind dit werklik afstootlik in jou geskrywerydat jy altyd sulke snedige
opmerkings oor vroumense
maak. As dit nie jou skoonma is nie, is dit iemand anders
van die vroulike geslag. Ek wonder ook of jy bewus is
van die statistiek wat aandui dat ouer vroue baie meer
gelukkig is en ook baie gesonder is as ouer mans (wat
byvoorbeeld hulle vrouens verloor het, in watter geval
hulle baie makliker en gouer doodgaan.) Ek dink ook
dat vir iemand wat homself vir 'n Christen uitgee, jy
moet waak teen hierdie snedige opmerkings teen jou
medemens. Ek dink nie Christus sou daarvan gehou
het as jy so oor ander lede van die menslike geslag
gepraat het nie.

Gloudina

>
>
> |
>
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25348 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja , die baba met sy badwater by die deur uitgegooi

Krokkie

Pierre Du Plessis wrote in message ...
> My genade - die ou tannie (Gloudina) het nou skoon die dam onder die eend se gat
> uitgeruk!
>
> @sympatico.ca wrote:
>
>> Johan wrote:
>>
>>> - ek dink
>>> hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou tannies met nat
>>> broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
>>> ook al mag wees.
>>
>> Johan, ek vind dit werklik afstootlik in jou geskrywerydat jy altyd sulke snedige
>> opmerkings oor vroumense
>> maak. As dit nie jou skoonma is nie, is dit iemand anders
>> van die vroulike geslag. Ek wonder ook of jy bewus is
>> van die statistiek wat aandui dat ouer vroue baie meer
>> gelukkig is en ook baie gesonder is as ouer mans (wat
>> byvoorbeeld hulle vrouens verloor het, in watter geval
>> hulle baie makliker en gouer doodgaan.) Ek dink ook
>> dat vir iemand wat homself vir 'n Christen uitgee, jy
>> moet waak teen hierdie snedige opmerkings teen jou
>> medemens. Ek dink nie Christus sou daarvan gehou
>> het as jy so oor ander lede van die menslike geslag
>> gepraat het nie.
>>
>> Gloudina
>>
>>>
>>>
>>> |
>>>
>>>
>>>
>
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25349 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre Du Plessis  is tans af-lyn  Pierre Du Plessis
Boodskappe: 7
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
My genade - die ou tannie (Gloudina) het nou skoon die dam onder die eend se gat
uitgeruk!

@sympatico.ca wrote:

> Johan wrote:
>
>> - ek dink
>> hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou tannies met nat
>> broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
>> ook al mag wees.
>
> Johan, ek vind dit werklik afstootlik in jou geskrywerydat jy altyd sulke snedige
> opmerkings oor vroumense
> maak. As dit nie jou skoonma is nie, is dit iemand anders
> van die vroulike geslag. Ek wonder ook of jy bewus is
> van die statistiek wat aandui dat ouer vroue baie meer
> gelukkig is en ook baie gesonder is as ouer mans (wat
> byvoorbeeld hulle vrouens verloor het, in watter geval
> hulle baie makliker en gouer doodgaan.) Ek dink ook
> dat vir iemand wat homself vir 'n Christen uitgee, jy
> moet waak teen hierdie snedige opmerkings teen jou
> medemens. Ek dink nie Christus sou daarvan gehou
> het as jy so oor ander lede van die menslike geslag
> gepraat het nie.
>
> Gloudina
>
>>
>>
>> |
>>
>>
>>
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25350 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
" - ek dink
hy het seker ook maar net 'n goeie antwoord uitgedink vir die ou omies met nat
broeke wat altyd met treurmares sit en kla oor hoe onregverdig die lewe dan nou
ook al mag wees."

In die afgelope dertig jaar het "ou tannie met 'n nat broek" 'n uitdrukking
geword - dis deel van moderne Afrikaans wat ek tot twee jaar terug nog gereeld
gehoor het.

Maar vir jou afstootlike oordrewe polities korrekte oor sal ek dit
herfraseer....
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25351 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 14:46:48 -0400, Pierre Du Plessis
wrote:

|This is a multi-part message in MIME format.
|--------------00192377D2CBB71CC3736D72
|Content-Type: text/plain; charset=us-ascii
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|My genade - die ou tannie (Gloudina) het nou skoon die dam onder die eend se gat
|uitgeruk!
|
Onthou net dat jy sonder twyfel stel dat dit 'n mannetjies eend is!!!!!!!!!
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25352 is 'n antwoord op boodskap #25249] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 21:38:08 +0200, "Krokkie" wrote:

|Ja , die baba met sy badwater by die deur uitgegooi
|
'n seuntjie baba........
Re: Ek graaf met my geadgtes - Totius [boodskap #25370 is 'n antwoord op boodskap #25249] Wo, 18 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Life is not fair, But God is good!"

Ek stem saam, Totius chicken uit. Maar die punt is, die
lewe is regverdig. Die aarde is so geskape met 'n doel - om
geestelike ontwikkeling te verseker. Van dit wat ons nie
van hou nie, sodat ons kan ontwikkel vanaf brakwater na
pragtige blomme, om die Namakwaland gedig op te haal.
Anders sou alles net stagneer het, en vervelig wees. Dit is
die diepere les van die lewe, sodat die mens sy gees kan
ontwikkel deur geestelike kennis toe te pas. Totius
verstaan net een helfte van die prentjie. Gaan krap maar in
die yin / yang van die Oosterse gelowe, en jy kom
uiteindelik by die waarheid uit.

Vorige onderwerp: "'n Kleinvers vir Ma" deur ANNE-MARIE CONRADIE
Volgende onderwerp: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:25:47 MGT 2024