Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "'n Kleinvers vir Ma" deur ANNE-MARIE CONRADIE
"'n Kleinvers vir Ma" deur ANNE-MARIE CONRADIE [boodskap #25364] Di, 17 Augustus 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

‘N KLEINVERS VIR MA
Anne-Marie Conradie

Ma, saam met moedersmelk
het ons Totius, Leipoldt en Visser verteer;
kwartelklein woorde ontsnap uit koutjies
spalk arendsvlerke oor die aarde uit
moedersmelkwoorde lê donsig in vreemde lande
tussen blaaie van bundels vol verse
in doolhowe van boekrakke in biblioteke
tussen Cervantes en Guido Gezelle
lê my tenger vere by digkuns van poëte.
Vorige onderwerp: Uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Ek graaf met my geadgtes - Totius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:03:28 MGT 2024