Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Volkskwatryne opgeteken deur Pieter Grobbelaar
Volkskwatryne opgeteken deur Pieter Grobbelaar [boodskap #22858] Di, 11 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VOLKSKWATRYNE
opgeteken deur Pieter W. Grobbelaar

Die ergste tugriem vir 'n man
is nie sy vrou se wafelpan.
Ek sê vir jou, ek weet dit, jong:
hy is veel banger vir haar tong.

Sakke sakke vol dagga
kanne kanne vol wyn
bottels bottels vol whiskey
en hope hope sjêmpyn.

Gesondheid
in die rondheid
steek jou hand in jou sak
en haal 'n pond uit.

Dis nie mijne nie, dis nie joue nie,
Dis 'n ander man s'n goed waar julle oëer dwing.
Ander man s'n koffie, ander man s'n tee,
Ander man s'n dogters dans julle mee.

Oupa en Ouma sit op die stoep.
Oupa gee 'n harde roep.
Ouma sê: Wat ruik soos lood?
Oupa sê: Dis die twaalfuur skoot.

Ou tante Koba met haar boekenhoutbas
sy knyp die viool met haar groottoon vas
o alla wêreld die mans word gek
hulle is verlief op haar ou suikerbek.

Ek steek my sak
vol koolblare
en ek vry met die tanne
met die vaal hare.

Ek steek my sak
vol silwer lepeltjies
en ek vry met die tannie
met die skewe tepeltjies.

(Uit "Die rooi lappieskombers: volkskwatryne"
deur Pieter W Grobbelaar.)
Vorige onderwerp: "Salome Dans" deur NP van Wyk Louw
Volgende onderwerp: "Reise van 'n alleenloper" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 06:19:06 MGT 2024