Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Reise van 'n alleenloper" deur CHARL DURAND
"Reise van 'n alleenloper" deur CHARL DURAND [boodskap #22882] Do, 13 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Reise van 'n alleenloper
Charl Durand

Deel 1 - Ballon

Daar bo is die hemel, so sê hulle, en daaronder is die
Krokodilrivier, dit sien ek. Dis doodstil in die mandjie,
net nou en dan trek die loods die sneller en dan skiet
'n geelblou vlam die ballon se binneste in, swoesj! en
wieg ons bietjie hoër. Pasop, lag die loods, netnou skroei
jou hare. Dis 'n stil Sondagoggend op my planeet, is ek
skielik god? Ek is, want ek kan sien wie se tuin het 'n
skoonmaak nodig, wie steek vullis in die agterplaas weg,
en wie't vergeet om gisteraand die motor in te trek.

Opstaan! blaf 'n swart hond wat om 'n huis met geel
pampoene op die dak hol, julle gaan laat wees vir kerk!

Deel 2

Meditasie

Vandag is so stil, ek het onder my droomboom in die
botaniese tuin sit en Krishnamurti lees, die Hadida het
kwaad gekwê omdat ek te naby sy eetplek is. Die rose
gooi geel en pienk blomblare soos konfetti in die bedding,
so asof hulle troue vir hulself hou. Naderhand het die
stories in Krishnamurti se joernaal saam met die omgewing
begin smelt, die motors het stil geword, ek kon sweer ek
stap saam met hom deur sy woud, en hy ervaar saam met my
die blomkersies en die waterfonteine in die middel van
Johannesburg. Toe ek opstaan en die Hadida opvlieg het ek
omgekyk, ek kon myself nog onder die boom sien sit, want die
keuse wat ek gemaak het was onbelangrik, die oomblik wel.
Vorige onderwerp: Volkskwatryne opgeteken deur Pieter Grobbelaar
Volgende onderwerp: "Septemberkind" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 05:05:19 MGT 2024