Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » EK WIL HUISTOE GAAN
EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22714] Do, 29 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Luke Vanvuuren  is tans af-lyn  Luke Vanvuuren
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is in die Oranje Vrystaat gebore , en het in al die provinsies van SA
gewoon. Die laaste plek waar ek gebly het is Kaapstad. SA het my redelik
opgefok en na diensplig het ek die land in 89 verlaat .
Ek wil n boek skryf oor my ervaringe maar weet nie wie belang sal stel
daarin nie.
Ek woon tans in Oxford maar verlang bitterlik huistoe.
Ek wil graag kommunikeer met oopkop Afrikaners wat positief is oor die
toekoms.
Hoe langer ek wegbly hoe moeiliker is dit om terug te gaan.
Hier is elke jaar meer suid afrikaners wat hulle hier kom vestig , maar vir
heeltemal ander redes as wat ek die land verlaat het.
Daar was n staduim wat ek my paspoort wou verbrand , maar na die eerste
verkiesing het ek nuwe hoop vir die land gekry.
Dit lyk egter of dit verniet was , want niemand het enige iets positief om
te se van siud afrika nie.
Is ek die enigste een wat hoop het of het ek net hoop omdat ek hier bly en
nie daar nie.

Afrikaners bly in Suid Afrika
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22727 is 'n antwoord op boodskap #22714] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Apr 1999 17:08:32 +0100, "Luke Vanvuuren"
<Five...@tesco.net> wrote:

<<>Dit lyk egter of dit verniet was , want niemand het enige iets positief om
> te se van siud afrika nie.>>

JY praat met die verkeerde mense.
Ek bly in Jhb.
Ek dink SA is great na apartheid.

Hier gebeur great goed.
Daar is probleme, maar hulle gaan uitgesorteer word.

Die ekonomie is vir die eeste keer in dekades besig om op n goeie voet
te kom.

Daar is 'n werklike demokrasie aan die ontwikkel in SA.
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22728 is 'n antwoord op boodskap #22714] Vr, 30 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Marais  is tans af-lyn  Charl Marais
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
> positief om
>> te se van siud afrika nie.>>
>
>
> JY praat met die verkeerde mense.
> Ek bly in Jhb.
> Ek dink SA is great na apartheid.

Waar bly jy ? Sandton ?

> Hier gebeur great goed.

Soos moord, verkragting, kapings, ens....

> Daar is probleme, maar hulle gaan uitgesorteer word.

"probleme" : nogal heel sag gestel.
Let wel: "GAAN uitgesorteer word". presies wanneer ? ons wag darem
nou al lank vir die uitsortering...

> Die ekonomie is vir die eeste keer in dekades besig om op n goeie voet
> te kom.

jy moet meer vir za.humour pos...

> Daar is 'n werklike demokrasie aan die ontwikkel in SA.

klink beter, maar nie heeltemal so goed as misdadigers meer as
wetsgehoorsame burgers beskerm word nie...
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22743 is 'n antwoord op boodskap #22714] So, 02 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Malherbe  is tans af-lyn  Hans Malherbe
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
> JY praat met die verkeerde mense.
> Ek bly in Jhb.
> Ek dink SA is great na apartheid.
>
> Hier gebeur great goed.

Ja, ek betaal elke maand duisende rande aan 'n regering wat met elke wet of
regulasie my belange op die hande dra.
Nou weet ek wat ek gemis het in die ou bedeling, iemand wat regtig omgee vir
die blanke Afrikaner.

--- hou my hand, ek brand ---
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22754 is 'n antwoord op boodskap #22714] Ma, 03 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Apr 1999 20:45:15 +0200, "@ing" wrote:

>

Nee. Tussen Jeppe en Bez Valley.

> Hier gebeur great goed.
>
> Soos moord, verkragting, kapings, ens....>>>

Soos versoening en demokrasie.
Demokrasie.
Dink bietjie oor die begrip.
Dis waarvoor die Afrikaners aan die einde van die vorige eeu oorlog
gemaak het.
En wat hulle verloor het.

En great sport.
En great musiek.

[/color]
> "probleme" : nogal heel sag gestel.
> Let wel: "GAAN uitgesorteer word". presies wanneer ? ons wag darem
> nou al lank vir die uitsortering...>>

Ja.
Van so middel van die vorige eeu.
Dit het veral erg geraak in die jare 70, onthou jy?
En toe PW atoombomme begin bou het en buurlande begin inval het soos n
voorloper van Melocivic, toe het die peofies rerig die fan gestrike.
Toe is ons ekonomie ook mos sommer die drein af, onthou jy?
Onthou jy daai dae so teen 1987 toe n mens by Dion ingestap het en jou
doodgeskrik het omdat al die rakke wat voorheen so vol items was, toe
skielik leeg was?
Önthou jy? Dit was toe ons ekonomie negatief begin groei het met die
krokodil in Tuynhuis.

Wel, nou groei die ekonomie positief.

En die rakke is vol.

En die keuse van produkte is meer as ooit tevore in die land se
bestaan want die sosialistiese knelband van regulasies op die ekonomie
is gebreek.

> te kom.[/color]
>
> jy moet meer vir za.humour pos...>>

En jy moet begin oplet na ekonomiese syfers.
Doen n toetsie. n Kleintjie. Moet vir niemand daarvan se nie. Loer na
ekonomiese syfers van die jare tagtig en van die afgelope 5 jaar - ja,
in die tye van n wereld ekonomiese krisis.
Loer net suutjies daana.
Sluit sommer die inflasiesyfer ook in.
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22758 is 'n antwoord op boodskap #22714] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37305621.11064482@news.icon.co.za...

< Sny uit-'n paar waarhede en 'n paar optimistiese stellings>

> En jy moet begin oplet na ekonomiese syfers.
> Doen n toetsie. n Kleintjie. Moet vir niemand daarvan se nie. Loer na
> ekonomiese syfers van die jare tagtig en van die afgelope 5 jaar - ja,
> in die tye van n wereld ekonomiese krisis.
> Loer net suutjies daana.
> Sluit sommer die inflasiesyfer ook in.
>

Haai Ferdi,

Mag ek ook na die wisselkoers kyk - dis mos gewoonlik 'n indirekte
weerspieëling van buitelandse vertroue in die land.
Miskien sit ek die pot mis - jy verwys seker net na die plaaslike
mense, en vir hulle beteken die wisselkoers seker nie veel nie.

Ek verbeel my ook dat ek onlangs reële groeikoerssyfers vir die jaar
gesien het wat negatief was - ek het seker maar 'n fout gemaak.

Dis 'n great plek - veral die moontlikhede deesdae om 'n huis teen 'n
'bargain' te koop, pryse in sommige gevalle laer as 10 jaar gelede -
ek wonder hoekom?
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22759 is 'n antwoord op boodskap #22714] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:372fbf47.6422120@news.icon.co.za...
> On Tue, 4 May 1999 16:37:23 +1200, "nomad" wrote:
>
> 'n
>> 'bargain' te koop, pryse in sommige gevalle laer as 10 jaar gelede -
>> ek wonder hoekom?>>
>
> Laer as in 1989?
> Jy is seker van jou sinne beroof.
> Gaan kyk bietjie na die pryse.
>

Soos jy gesê het - jy bly nie in Sandton nie, dus kan ek jou nie
veroordeel dat jy nie bewus is wat daar aangaan nie. Jy is die ou met
die argument, ek is die ou met die ondervinding.

Miskien is dit net die rentekoerse se skuld - met watter lande sal ons
dit mee vergelyk?
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22760 is 'n antwoord op boodskap #22714] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:372fbf47.6422120@news.icon.co.za...
>
> jaar
>> gesien het wat negatief was - ek het seker maar 'n fout gemaak.>>
>
> Miskien was dit 'n fout miskien nie. Ek sal nie weet nie want jy se
> nie wat dit is wat jy gesien het nie.
>
O ja, nou onthou ek waar ek dit gesien het. Die Reserwebank het gesê
dat die reële groeikoers in die BBP vir die jaar 1998, minus 0,5% was
(miskien kan ons hoop dat hul nuwe aanstellings hierdie tipe van ding
sal kan elimineer, of verban). Jy het gesê dat die ekonomie NOU
positief groei - baie van jou stellings stem ek mee saam (veral oor
die diktators van vroeër), maar dit help nie jou saak as jy
onwaarhede tussenin gooi in en histeries raak nie. Dit laat my dink
aan Leendert se hekseverbrandery......... Nou waar het ek onlangs nou
weer gehoor dat 'n gerespekteerde uittredende Amerikaanse joernalis
gesê het dat dit die taak van 'n joernalis is om die feite te
verdraai? :-)

Ek moet darem toegee dat daar een gebied is waar die land nou verbeter
het, en dit is sy internasionale kompetitiwiteit: SA is nou 42e uit 47
lande maar het verbeter vanaf 44e in 1996 en 1997. Soos die FM ook
tereg meld: Dit is moeilik om te sê of hierdie iets beteken, maar dis
definitief nie goeie publisiteit nie.
Re: EK WIL HUISTOE GAAN [boodskap #22762 is 'n antwoord op boodskap #22714] Di, 04 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 May 1999 16:37:23 +1200, "nomad" wrote:

Gaan kyk na ekonomiese groei oor 'n aantal jare - sê van 1980 tot
1990.
Jy sal vind dat Suid-Afrika in n patroon van negatiewe ekonomiese
groei verval het in die einde van die 80s en die begin van die 90s.
Jy sal ook vind dat die ekonomie teen die middel van die 90s begin
groei het.
Dan gaan kyk jy sommer ook na die SA ekonomie teen die agtergrond van
die wereldwye ekonomiese crash van die afgelope 3 jaar.
Jy sal vind dat SA dit merkwaardig goed deurstaan het.
Jy sal ook vind dat in die tydperk van die crash het die Rand minder
waarde verloor as selfs die Australiese of Nieu-Seelandse geld-eenhede
as ek reg onthou.

>[/color]

Miskien was dit 'n fout miskien nie. Ek sal nie weet nie want jy se
nie wat dit is wat jy gesien het nie.
Vorige onderwerp: Gee geen gas: Vrydag 30 April petrolboikot
Volgende onderwerp: Squirrel = ons eie intellekuele dorpsboemelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:24:13 MGT 2024