Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » solied
solied [boodskap #147032] So, 17 November 2024 16:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20745
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
solied
Afbreking: so•lied


Byvoeglike naamwoord: solied
Vergrotende trap: solieder
Oortreffende trap: soliedste
Attributief: soliede
Partitief: solieds

Betekenis:
• Wat 'n harde, stewige, vaste massa het.
• (figuurlik) Betroubaar.

Gebruik:
• Dryfsand lyk solied, maar 'n mens sak maklik daarin weg.
• Hy is 'n soliede werker en 'n aanwins vir enige besigheid.

Sinoniem:
• duursaam
• hard
• onbreekbaar
• sterk
• stewig
• betroubaar

Antoniem:
• insolied
• onsolied

Afgelei:
• soliedheid

Vertaling:
Engels: solid, substantial; respectable
Nederlands: solied

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 17 November 2024 18:47]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: skuldbewus
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 19:35:37 MGT 2024