Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Afkortings (Lys van algemene afkrortings)
Afkortings [boodskap #124715] Sa, 02 Februarie 2019 14:38
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Lys van algemene Afrikaanse afkortings word hieronder aangegee. Laat weet asseblief as u addisionele afkortings het wat ons kan bysit, of as enige van die bestaande inskrywings verbeter kan word.

A

a/d – aan die
aanb. – aanbod
aand. – aandeel
aanh. – aanhangsel
aank. – aankoms
aanm. – aanmerking
aant. – aantekening
aanvr. – aanvraag
aanw. – aanwysende
Aardk. – Aardkunde (in onbruik; gebruik aardk.)
aardk. – aardkundige
Aardr. – Aardrykskunde (in onbruik;gebruk aardr.)
aardr. – aardrykskundige
A.A.U.B – antwoord asseblief (in onbruik; gebruik a.asb.)
A/B – afleweringsbrief (in onbruik; gebruik AB)
A.B. – Afrikaner-Broederbond (in onbruik; gebruik AB)
A.B. – Algemeen Beskaaf (in onbruik; vir Algemeen-beskaaf(de) gebruik AB)
a.b. – aanboord
ABC – alfabet (ook abc)
ab init.ab initio (v.d. begin af)
abl. – ablatief; ablaut
A.B.M – Aktiewe Burgermag (in onbruik; ABM word vandag gebruik vir antiballistiese missiel)
abstr. -abstrak(te)
A.C.Anno Christi (in die jaar van Christus; vandag geskryf as AC)
A.C.V.V. – Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (vandag geskryf as ACVV)
A.D.Anno Domini (in die jaar van ons Here; vandag geskryf as AD)
a.d. ante diem (voor die dag); a dato v. d. dagtekening af
ad fin.ad finem (tot aan die end)
ad inf.ad infinitum (tot die oneindige)
ad init. ad initium (aan die begin)
adj. – adjektief
adjk. – adjunk (in onbruik; gebruik adj.)
adjt. – adjudant
adjt.-genl. – adjudant-generaal
ad lib.ad libium (na keuse)
ad loc. ad locum (op hierdie plek)
admin. – administrateur; administrasie
adml. – admiraal (in onbruik; gebruik adm.)
adv. – adverbum, adverbiaal; adverbiale; advies; adviseur; advokaat
ad val.ad valorum (volgens waarde)
advt. – advertensie
advv. – advokate
aet.aetatis (v.d. ouderdom)
afb. – afbeelding
afd. – afdeling
afk. – afkorting
afl. – afleiding; aflewering
Afr. – Afrikaans(e); Afrikaner
afs. – afsender
A.G. – adjudant-generaal (in onbruik; adjt.-genl.)
agb. – agbare
a.g.v. – as gevolg van
a.i.ad interim (vir die teenwoordige)
Akad. – Akademie (ook akad.)
akk. – akkusatief
aks. – akseptasie; aksepteer
al.alinea (reël), alias (anders)
ald. – aldaar
Alg. – Algebra (in onbruik; gebruik alg.)
alg. – algemeen(-mene); algebraïes(e)
Amerik. – Amerikaanse (gebruik Amer.)
Am. – Amerika(ans) (vandag die afkorting vir Amos; gebruik Amer.)
amp.ampère (eenheid by elektriese stroomsterkte) (of gebruik A)
Angl. – Anglisisme (ook angl.)
anon. – anoniem(e); anonimus
anorg. – anorganies(e)
A.N.S. – Afrikaans-Nasionale Studentebond
antw. – antwoord
antw. bet. – antwoord betaal
A.N.V. – Algemeen Nederlands Verbond (in onbruik; ANV)
app. – appellant
appl. – applikant; applous
Apr. – April
Arab. – Arabies(e)
Arb. – Arbeider (lid van party)
Arm. – Armeens(e)
art. – artikel; artillerie (ook a.)
As. – Angel-Saksies(e)
a.s. – aanstaande
A.S.B. – Afrikaanse Studentebond (in onbruik; gebruik ASB)
asb. – asseblief
A.S.K. – Algemene Sendingkommisie (in onbruik; gebruik ASK)
ass. – assessor of assosiaat
assur. – assuransie
asst. – assistent
asste. – assistente (vir vroulike assistent in onbruik weens taalpolitiek, maar wel vir meervoudsvorm toelaatbaar)
Astr. – Astronomie (in onbruik; gebruik astron.)
A.T.G. – Afrikaanse Taalgenootskap (in onbruik; gebruik ATG)
A.T.K.V. – Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (in onbruik; gebruik ATKV)
atm. – atmosfeer
A.T.V. – Afrikaanse Taalvereniging (in onbruik; gebruik ATV)
a.u.b. – as u blief (in onbruik; gebruik asb.)
Aug. – Augustus
avoir. – avoirdupois (in onbruik; gebruik avdp.)
avdps. – avoirdupois (in onbruik; gebruik avdp.)
a.w. – aangehaalde werk

B

b/d – by die
beh. – behoort, behorende
bev. – bevolking
bg. – bogenoemde
bl. – bladsy
b.nw. – byvoeglike naamwoord
Bpk. – beperk
bv. – byvoorbeeld
bw. – bywoord

C

c. – circa (ook ca., ongeveer, omstreeks)
°C – grade Celsius
ca. – circa (ongeveer, omstreeks, omtrent, naastenby)
c.c. – kubieke sentimeter
cg. – sentigram
Chr. – Christelike
cl. – sentiliter
cm. – sentimeter
C.N.O. – Christelike Nasionale Onderwys
C.P.R. – Canadian Pacific Railway

D

Dan. – Daniël
DBV – dierebeskermingsvereniging
d/d – deur die
dept. – departement
deelw. – voltooide deelwoord
Des. – Desember
Deut. – Deuteronomium
dg. – desigram
Dg. – dekagram
d.i. – dit is
dist. – distrik
dl. – desiliter
Dl. – dekaliter
dm. – duim, desimeter
Dm. – dekameter
d.m.v. – deur middel van
dr. – (akademiese) doktor, (mediese) dokter
ds. – dominee
Du. – Duits
d.w.s. – dit wil sê

E

e.a. – en ander
e/d – en die
e.d. – en dergelike
ed. – edisie
Ed. – Edele
Ed.Agb. – Edelagbare
Ed.Gestr. – Edelgestrenge
e.d.m. – en dergelike (dies) meer
Edms. – Eiendoms
eerw. – eerwaarde
Ef.Efese (Efesiërs)
eg. – eersgenoemde
e.g.n. – eersgenoemde; exempli gratia (byvoorbeeld) (in onbruik; skryf eg. vir eersgenoemde en e.g. vir exempli gratia)
eint. – eintlik(e)
e.k. – eerskomende (in onbruik; skryf ek.)
E.K. – eerste kwartier (in onbruik; skryf EK)
Ekon. – Ekonomie (in onbruik; skryf ekon.)
ekon. – ekonomies(e)
Eks. – Eksellensie
eks. – eksemplaar
ekv. – enkelvoud
e.l. – elektriese lig
elektr. – elektrisiteit; elektries(e)
Em. – Eminensie
em.emeritus
e.m.a. – en meer andere (in onbruik)
Eng. – Engels(e); Engeland
enkl. – enklities(e) (in onbruik)
enkv. – enkelvoud
ens. – ensovoorts
e.o.ex officio (ampshalwe)
ere-sektr. – ere-sektretaris
Eseg. – Esegiël
esk. – eskader, eskadron
e.s.m. – en so meer
etc. – et cetera (ensovoorts)
Etnol. – Etnologie (in onbruik; skryf etnol.)
etnol. – etnologies(e)
euf. – eufemisme; eufemisties(e)
ev. – eersvolgende; eventueel, elektron-volt
Ev. – Evangelie
e.v. – en volgende
E.V.K. – Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (in onbruik; skryf ESKOM)
Ex.Eksodus
ex off.ex officio (ampshalwe)

F

°F – grade Fahrenheit
F. – Fahrenheit (termometer)
f.forte (sterk)
F.A.K. – Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (in onbruik; skryf FAK)
fakt. – faktuur
fam. – familie
Febr. – Februarie
fec.fecit (gemaak)
ff. – fortissimo (baie sterk/hard)
fig. – figuur; figuurlik(e)
fis. – fisika
fl. – floryn (Hollandse gulden)
fol. – folio
Fonet. – Fonetiek (in onbruik; skryf fonet.)
fonet. – foneties(e)
Fonol. – Fonologie (in onbruik; skryf fonol.)
fonol. – fonologies(e)
fot. – foto, fotografiese (vir fotografie skryf fotogr.)
fr. – frank
Fr. – Frans(e); Frankryk
Fri. – Fries(e)
Frk. – Frankies(e)
fut.futurum

G

g. – gram
geb. – gebore
gell. – gelling
gem. – gemiddeld(e)
Gen. – Genesis
genl. – generaal
Geref. – gereformeerde
gew. – gewoonlik
G.G. – goewerneur-generaal
gm. – gram
goew. – goewerneur
Gr. – Grieks(e)

H

Ha. – hektaar
Hand. – Handelinge
H.d.L. – Heil die Leser
Hebr. – Hebreeus(e)
Herv. – Hervormde
Hg. – hektogram
Hl. – hektoliter
Hm. – hektometer
hoofkmdt. – hoofkommandant
hoofs. – hoofsaaklik
hoofst. – hoofstad
Hoogl. – Hooglied (van Salomo)
hoogl. – hoogleraar
hosp. – hospitaal
Hot. – Hottentots

I

i/d – in die
iem. – iemand
i.g.v. – in geval van
internas. – internasionale
i.p.v. – in plaas van
i.s. – in sake
It. Ital. – Italiaans(e)
i.v.m. – in verband met

J

j. – jaar
J. – Jodium (in onbruik; skryf die skeikundige simbool I)
Jak.Jakobus
Jan. – Januarie
Jap. – Japan, Japans(e); Japannees, Japannese
Jav. – Java; Javaanse
J'burg – Johannesburg
J.C. – Jesus Christus (ook JC)
Jer.Jeremia
Jes.Jesaja
jg. – jaargang
jhr. – jonkheer
jl. – jongslede
Joh.Johannes
Jos.Josua
jr. – jaar; junior (jongere)
J.S. – Junior-Sertifikaat (ook JS)
jt. – jaart
Jul. – Julie
Jun. – Junie

K

kapt. – kaptein
Kg. – kilogram
K.G. – kommandant-generaal
K.K. – Kaapkolonie
Klaagl. – Klaagliedere (van Jeremia)
Km. – kilometer
kmdt. – kommandant
kol. – kolonel
Kon. – Konings
Kor. – Korinthiërs
K.P. – Kaapprovinsie
Kron. – Kronieke
K'stad – Kaapstad
kw. – kilowatt

L

l. – liter
Lat. – Latyn
lb. – pond
lettk. – letterkunde, letterkundige
lg. – laasgenoemde
lit. – literatuur, literêre
L.P.R. – lid van die Provinsiale Raad
lt. – luitenant
lt.kol. – luitenant-kolonel
Luk. – Lukas
L.V. – lid van die Volksraad

M

m. – myl, meter
maj. – majoor
maks. – maksimum, maksimale
Mal. – Maleagi, Maleis(e)
Mal.-Port. – Maleis-Portugees
Matt. – Mattheus
m.a.w. – met ander woorde
m.b.t. – met betrekking tot
m/d – met die
mej. – mejuffrou
mev. – mevrou
mg. – milligram
milj. – miljoen
min. – minimum
Mk. – Markus
mnr. – meneer
m.p.s. – myl per sekonde
m.p.u. – myl per uur
Mr. – meester (in die regte)
ms(s). – manuskrip(te)
mv. – meervoud

N

N. – noord, noorde(like), ten noorde
nas. – nasionale
n.a.v. – na aanleiding van
N.Br. – Noorderbreedte
n.C. – na Christus
n/d – na die
Ndl. – Nederland(s)(e)
Ned. – Nederduits(e)
Neh. – Nehemia
N.G. – Nederduits Gereformeerd(e)
nl. – naamlik
nm. – namiddag
N.O. – noordoos, noordooste(like), ten noordooste
Nov. – November
N.P. – Nasionale Party
N.R. – Noord-Rhodesië
N.T. – Nuwe Testament(iese)
Ntl. – Natal Num., Numeri
N.W. – noordwes, noordwestelike), ten noordweste

O

O. – oos, ooste(like), ten ooste
o.a. – onder andere
O.B. – Ossewa-Brandwag
Okt. – Oktober
O.L. – Oosterlengte
o.l.v. – onder leiding van
o.m. – onder meer
oorl. – oorlede
oorspr. – oorspronklik
Openb. – Openbaringe
oppervl. – oppervlak(te)
O.Prov. – Oostelike Provinsie
O.R.S. – Oranjerivier-Soewereiniteit
o.s. – onderstaande
O.T. – Ou Testament(iese)
O.V.S. – Oranje-Vrystaat
o.w. – onder wie

P

parl. – parlement
P.E. – Port Elizabeth
p.j. – per jaar
pk. – perdekrag
pol. – politiek
Port. – Portugees(ese), Portugal
Pred. – Prediker
pres. – president
prof(f). – professor(e)
Prot. – Protestant(se)
prov. – provinsie
Ps(s). – Psalm(s)

Q

q.a.quod attestor (wat ek getuig)
q.e.quod est(wat beteken)
q.e.d.quod erat demonstrandum (wat bewys moes word)
q.e.f.quad erat faciendum (wat gedoen moes word)
q.l.quantum libet (soveel as mens belief)
q.p., q.pl.quantum placet (soveel as wat mens wil; versover mens wil)
q.q.qualitate qua (in hoedanigheid van, ampshalwe)
q.s.quantum satis of sufficit (soveel as genoeg is)
q.v.quod vide (waarna u verwys word); quantum vis (soveel as u wil)

R

resp. – respektiewelik
Rhod. – Rhodesië
Rigt. – Rigters
riv. – rivier
R.K. – Rooms-Katoliek(e)
Rom. – Romeine

S

S. – suid, suide(like), ten suide
S.A. – Suid-Afrika(anse), Republiek van Suid-Afrika
Sam. – Samuel
samev. – samevoeging
S.A.S. – Suid-Afrikaanse Spoorweë
S'bosch – Stellenbosch
S.Br. – Suiderbreedte
sekr. – sekretaris
Sept. – September
sg. – sogenaamde
s.g. – soortlike gewig
s.i. – syns insiens
s.nw. – selfstandige naamwoord
snw(e). – selfstandige naamwoord(e)
S.O. – suidoos, suidooste(like), ten suidooste
Spr. – Spreuke (van Salomo)
S.R. – Suid-Rhodesië
St. – Sint
S.W. – suidwes, suidweste(like), ten suidweste
S.W.A. – Suidwes-Afrika

T

t/d – tot die
teensw. – teenswoordige
t.o.v. – ten opsigte van
Tvl(se). – Transvaal(se)
tw. – tussenwerpsel
t.w. – te wete
t.w.v. – ter wille van

U

u/d – uit die
u. – uur in verbindinge soos m.p.u.
U dw. dnr. – U dienswillige dienaar
U Ed. – U Edele
u.i.ut infra (soos onder)
uitbr. – uitbreiding
uitdr. – uitdrukking
U.K. – Universiteit van Kaapstad; Uitvoerende Komitee (in onbruik; skryf as UK)
U.K.O.V.S – Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (in onbruik; skryf as UKOVS)
ult.ultimo (laaste)
UNESCO – United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (ook Unesco)
univ. – universiteit
U.N.O – United Nations Organisation, nl. V.V.O. (vandag is dit die Verenigde Nasies; VN)
U.P. – Universiteit van Pretoria; Unie-Parlement (in onbruik; skryf as UP)
U.R. – Uitvoerende Raad; Unie-Regering (in onbruik; skryf as UR)
U.S. – Universiteit van Stellenbosch (in onbruik; skryf as US)
u.s.ut supra (soos bo)
U.S.S.R. – Unie van die Sosialistiese Sowjetrepublieke (in onbruik; skryf as USSR)
U.V.M. – Unie-Verdedigingsmag (histories; skryf as UVM)
U.W. – Universiteit v. d. Witwatersrand (in onbruik; skryf as UW)

V

var. – variëteit
v.C. – voor Christus
V.C. – Victoria Cross
v/d – van die
vgl. – vergelyk
vk. – vierkante, veldkornet
vm. – voormiddag
vnw(e). – voornaamwoord(e)
V.O.C. – Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
vol. – volume
voors. – voorsetsel
voors. – voorsitter
V.P. – Verenigde Party
V.S.A. – Verenigde State van Amerika
V.S.B. – Vroue-Sendingbond
vt. – voet

W

W. – wes, weste(like), ten weste
w. – woord; watt; wys (woord = wd. ; watt = W)
waarsk. – waarskynlik
wdb. – woordeboek
wed. – weduwee
WelEd. – Weledele (in onbruik; skryf as W.Ed.)
WelEd. Gestr. – WelEdelgestrenge (in onbruik)
WelEerw. – Weleerwaarde (in onbruik; skryf as W.Eerw.)
wetb. – wetboek
w.g. – was geteken
W.Germ. – Wes-Germaans
wh. – watt-uur (in onbruik; skryf wattuur as Wh)
W.I. – Wes-Indië; Wes-Indies (in onbruik; skryf as WI)
Wisk. – Wiskunde (in onbruik; skryf wiskunde en wiskundig as wisk.)
wisk. – wiskundig
W.L. – westerlengte (in onbruik; skryf as WL)
wnd. – waarnemend(e)
W.Nfr. – Wes-Nederfrankies (in onbruik; skryf as W.NFrk)
W.N.W. – wes-noordwes (in onbruik; skryf wesnoordwes as WNW)
wo. – waaronder
Wo. – Woensdag
W.O. I (II) – Eerste Wêreldoorlog (Tweede)
W.P. – Westelike Provinsie (in onbruik; skryf as WP)
W.Vl. – Wes-Vlaams(e)
ww. – werkwoord
Wysb. – Wysbegeerte (in onbruik; skryf wysbegeerte as wysb.)

Z

Z.A.R. – Zuid-Afrikaanse Republiek
Vorige onderwerp: terugtog
Volgende onderwerp: Woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:20:12 MGT 2024